Investing in a low inflation environment

Van Niekerk, Elsa (2007-03)

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2007.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: In Februarie 2000 het die Minister van Finansies aangekondig dat die regering besluit het om 'n inflasie teiken van 3 tot 6 persent vir 2002 daar te stel en het dus 'n beleid om 'n bepaalde inflasiekoers na te streef, aangeneem. 'n Eksplisiete lae inflasiekoersteiken is gestel as deel van die regering se ekonomiese beleid. Dit is 'n aanvaarde aanname dat hierdie teikenkoers vir die afsienbare toekoms sal geld. Veranderinge in die inflasiekoers, ongeag of dit na hoer of laer vlakke beweeg, het 'n invloed op hoe bateklasse reageer. Dit is dus belangrik dat beleggers die dinamika van inflasie verstaan en hoe dit beleggingsopbrengste bernvloed. Dit sal hulle help om deurdagte beleggingsbesluite te neem en om realistiese verwagtinge van be leggings - en polisopbrengste te he. Vir verskaffers van beleggingsprodukte in Suid-Afrika, veral die lewensversekeringsindustrie, is daar twee beduidende uitdagings in die huidige omgewing van lae rentekoerse en lae inflasie: om 'n winsgewende kontantvloei te genereer en om aan kliente se verwagtinge te valdoen. Volgens kliente is daar in die onlangse verlede nie aan hul verwagtinge valdoen nie, aangesien il1lustratiewe uitkeerwaardes wat gekwoteer is toe die polis uitgeneem is, nie geldig is in die huidige lae-inflasie omgewing nie. Kliente is ook teleurgesteld met huidige nomina Ie opbrengste wat laer is wat voorheen bereik is. Alhoewe[ dit algemeen aanvaar word dat 'n lae en stabiele inflasiekoers 'n voorvereiste is vir volhoubare ekonomiese groei en vooruitgang. verander dit die beleggingsomgewing vir private beleggers, verskaffers van beleggingsprodukte en beheerliggame. Hierdie verslag ondersoek die impak van lae inflasie op beleggingsopbrengste asook die implikasie daarvan vir beleggers, beleggingsproduk-verskaffers en beheerliggame in die finansiele dienstesektor in Suid-Afrika.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/21387
This item appears in the following collections: