Parent-adolescent communication and sexual risk-taking behaviours of adolescents

Wang, Zhaohua (2009-12)

Thesis (MA (Psychology))--University of Stellenbosch, 2009.


ENGLISH ABSTRACT: With the growing HIV/AIDS epidemic in South Africa, it is important to understand the sexual behaviours that place youth at risk of HIV/AIDS, other sexually transmitted diseases (STDs) and unwanted pregnancies in order to develop and implement appropriate health-promoting interventions. Parents are in a unique position to help adolescents to have responsible attitudes and behaviour towards sex, and to educate adolescents into healthy sexual adults. The study aimed to investigate parent-adolescent communication and adolescents’ sexual risk-taking behaviour, and the relationship between them. An exploratory, descriptive research design and a quantitative methodological approach were used. One biographical questionnaire, three measuring scales of parent-adolescent communication and one questionnaire about adolescent sexual risk-taking behaviour were used as measuring instruments. Data from 95 female adolescents who were attending the family planning facilities of two clinics in the Metropole Region of the Western Cape were employed for the study. The collected data were analysed using descriptive statistics, Spearman’s correlations, analyses of variance and multiple regression analysis. The findings revealed a high prevalence of sexual risk-taking behaviours among adolescents in the Western Cape. Family environment characteristics, especially the parents’ marital status, play a significant role in both parent-adolescent communication and sexual risk-taking behaviour. Unexpected findings were some significant correlations that were found between different factors of both general and sexual parent-adolescent communication. Spearman’s correlations and best subsets multiple regression analysis were performed on the data to ascertain which factors are significantly correlated or associated with adolescent sexual risk-taking behaviour. In both statistical analyses, the amount of parent-adolescent communication about sexual issues was the most important. A significant negative correlation between adolescents’ sexual risk-taking behaviours and the amount of parent-adolescent communication about sexual issues illustrates the positive influence of amount of parent-adolescent sexual communication on adolescents’ sexual risk-taking behaviour.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die groeiende MIV/VIGS epidemie in Suid-Afrika is dit belangrik om te verstaan watter gedrag jong mense in gevaar stel om MIV of ander seksueel oordraagbare siektes op te doen of om ongewens swanger te word om daardeur programme wat hierdie gedrag verminder, te kan ontwikkel en implementeer. Ouers is in ‘n unieke posisie om te verseker dat hulle adolessente kinders verantwoordelike houdings en optrede teenoor seks ontwikkel en om hulle op te voed tot volwassenes wat ‘n gesonde houding tot seks het. Die doel van hierdie studie was om die verhouding tussen ouer-adolessente kommunikasie en die seksuele waaggedrag van jong mense te ondersoek en die verhouding tussen hulle te bepaal. ‘n Ondersoekende, beskrywende navorsingsontwerp en ‘n kwantitatiewe metodologiese benadering is gebruik. ‘n Biografiese vraelys, drie vraelyste oor ouer-adolessente kommunikasie en een vraelys oor die seksuele waaggedrag van jong mense is deur 95 adolessente meisies voltooi wat die gesinsbeplanningsfasiliteite by twee klinieke in die Wes-Kaapse metropool besoek het. Die data is ontleed deur die berekening van Spearman (Rho)-korrelasies, variansieontleding, meervoudige regressie-analise en beskrywende statistiek. Die bevindings dui op ‘n hoë voorkoms van seksuele waaggedrag onder adolessente in die Wes-Kaap. Gesinsomstandighede, veral die ouers se huwelikstatus, speel ‘n belangrike rol in ouer-adolessente kommunikasie en seksuele waaggedrag. Onvoorsiene bevindings was die beduidende korrelasies tussen verskillende faktore van beide algemene en seksuele ouer-adolessente kommunikasie. Spearman-korrelasies en best subsets meervoudige regressie-analise is op die data uitgevoer om te bepaal watter faktore betekenisvol met adolessente waaggedrag korreleer of daarmee geassosieer is. In beide statistiese analises is gevind dat die hoeveelheid ouer-adolessente kommunikasie oor seksuele kwessies die belangrikste was. Daar was ‘n statisties beduidende negatiewe korrelasie tussen die adolessent se seksuele waaggedrag en die hoeveelheid kommunikasie tussen die ouer en adolessent oor seks, wat beteken dat adolessente minder seksuele waaggedrag sal vertoon indien hulle ouers meer met hulle oor seksuele sake sal praat.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL:
This item appears in the following collections: