Investigation of the chemical composition and nutritional value of smoothhound shark (Mustelus mustelus) meat

Date
2012-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study was to determine the proximate composition of five individual body sites of the Mustelus mustelus shark in order to evaluate the cross carcass variation of the individual proximate components (moisture, protein, lipid, ash) of the meat. This variation was determined in order to find a representative sample of the edible part of the shark (fillet and body flap). Secondly, this sample representing the entire shark fillet was used to investigate the endogenous factors (gender, size and life cycle stage) and their effects on the individual proximate components and other meat components (amino acids, fatty acids, minerals, histamine and mercury contents). Finally, all this data was combined to describe the average chemical composition and nutritional value of M. mustelus meat. None of the proximate components showed any variation between the different fillet positions. This indicated that the fillet is homogenous and samples for chemical analyses can be taken anywhere on the fillet as representative of the entire fillet. It was found that all three main effects (gender, size and life cycle stage) did not have major influences on most of the components of the chemical composition of M. mustelus meat analysed. Higher fatty acid levels (SFA, MUFA and PUFA) were observed in large females than in large males as well as in non-pregnant large females compared to pregnant large females. According to statistical analysis, large males had higher total mercury levels than large females. The only component affected by size variation was the fatty acids, showing a trend to decrease in quantity before maturity was reached. Variation due to life cycle stages was mostly evident in the fatty acid component with some small effects on two mineral components, aluminium and copper, which had slightly higher levels in pregnant large females than in non-pregnant large females. M. mustelus meat has an average proximate composition of 75% moisture, 23% protein, 1.6% lipids and 1.4% ash (weight per wet weight). The protein is, however, an over-estimation of the true protein value as the meat contains significant amounts of non-protein nitrogen (NPN) in the form of urea which contributes to the N concentration. M. mustelus meat is a good source of some essential amino acids, especially lysine and threonine (78% of the daily requirements for an adult in a 100g portion), but low in minerals. The meat has a healthy lipid content with a good ratio (>0.45) of PUFA:SFA (0.83) as well as a healthy (<4) n-6:n-3 fatty acid ratio of 0.39. The histamine content was very low or not detectable but some samples contained total mercury values above the maximum safe limit. Although further research is needed for some meat components, these results are a valuable contribution to the new South African Food Composition Tables being compiled.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die proksimale samestelling van die vleis vanaf vyf afsonderlike posisies op die liggaam van die Mustelus mustelus haai te bepaal. Sodoende is die variasie, met betrekking tot die verskillende proksimale komponente (vog, proteïen, lipiede en as), in terme van die totale karkas, bepaal. Die proksimale variasie is bepaal om vas te stel hoe ʼn verteenwoordigende monster van die totale karkas geneem kan word. Gevolglik is hierdie verteenwoordigende monster gebruik om die effek van geslag, grootte en die verskillende fases van die lewens-siklus op die afsonderlike proksimale komponente asook ander vleis komponente (aminosure, vetsure, minerale, histamien en kwik inhoud) te ondersoek. Laastens is al hierdie inligting gebruik om die algemene samestelling en voedingswaarde van M. mustelus vleis te bespreek. Geen van die proksimale komponente het enige variasie getoon tussen afsonderlike liggaamsposisies nie. Hierdie resultaat dui daarop dat die vleis van ʼn M. mustelus haai homogeen is regoor die karkas en dat ʼn vleis monster vanaf enige posisie op die karkas geneem kan word as ʼn verteenwoordigende monster. Daar is gevind dat geslag, grootte en fase van die lewens-siklus geen merkwaardige invloed het op die vleis se samestelling nie. Hoër vetsuur konsentrasies (versadigde, monoonversadigde en poli-onversadigde vetsure) is gevind in groot vroulike haaie en nie-dragtige vroulike haaie as in groot manlike haaie en dragtige vroulike haaie onderskeidelik. Statisties, het groot manlike haaie hoër vlakke van totale kwik as groot vroulike haaie. Die enigste vleis komponent wat beïnvloed is deur die grootte van die haai, is die vetsure, wat verminder het voor volwassenheid bereik is en dan weer vermeerder soos die haai groter word. Variasie as gevolg van die verskillende fases van die lewens-siklus is meestal gevind in die vetsuursamestelling, en die minimale het ook gevarieer ten opsigte van die elemente aluminium en boor wat effense hoër vlakke getoon het in dragtige haaie as in nie-dragtige haaie. M. mustelus vleis het ʼn gemiddelde proksimale samestelling van 75% vog, 23% proteïen, 1.6% lipiede en 1.4% as (nat massa). Die proteïen waarde is ʼn oorskatting van die ware proteïen waarde as gevolg van hoë nie-proteïen stikstof in die vorm van ureum wat bydra tot die totale stikstof inhoud. M. mustelus vleis blyk ʼn goeie bron van sommige essensiële aminosure soos lisien en treonien (78% van die daaglikse aanbevole dosis), maar laag in mineraal inhoud. Die vleis het ʼn gesonde vet inhoud met ʼn goeie (>0.045) poli-onversadigde:versadigde vetsuur verhouding (0.83) asook ʼn gesonde (<4) omega 6 tot omega 3 vetsuur verhouding van 0.39. Die histamien inhoud van die vleis was baie laag of onder die meetbare limiet, maar sekere monsters het ʼn totale kwik inhoud getoon wat bo die maksimum veilige limiet is. Hoewel verdere navorsing ten opsigte van sekere van die vleis komponente vereis word, lewer hierdie resultate ʼn waardevolle bydrae tot die nuwe Suid-Afrikaanse voedsel samestellings tabelle wat tans opgestel word.
Description
Thesis (MSc Food Sc)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Mustelus, Smoothhound shark meat -- Chemical composition, Dissertations -- Food science, Theses -- Food science, Nutritional value, Shark industry -- South Africa, Shark products
Citation