The relationship between transformational leadership, employee engagement, job characteristics and intention to quit

Date
2012-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In the current recessive times, in which the war for talent is rife, organisations and researchers are increasingly taking interest in how not only to retain their talent, but also to optimise their leadership and engagement practices to maximise organisational outcomes through their talent. However, research on the dynamics of the relationships between specific leadership behaviours, employee engagement, work-related factors and employee intention to quit is limited to investigating single constructs, or only the relationships between two constructs. This study attempted to gain some insights into the relationships between perceived leader behaviour, employee engagement, job characteristics and employee intention to quit by testing a conceptual model of hypothesised relationships derived from research on the body of literature relating to these constructs. A non-experimental quantitative research design was applied using a sample of managers in a local JSE-listed manufacturing organisation (n = 185). Participants completed a questionnaire that measured the perceived presence of the transformational leadership style, experienced work engagement, perceived motivating potential of work and employee intention to quit. Reliability analysis was done to assess the measurement properties of the respective measures, and all scales showed adequate reliability. Univariate relationships between the measured ordinal variables, using Spearman correlations, corroborated all hypothesised relationships between the respective constructs. The results indicate that there are significant positive relationships between transformational leadership and employee engagement, the motivating potential of a job and employee engagement, and transformational leadership and the motivating potential of a job. Also significant negative relationships exist between transformational leadership and intention to quit, and employee engagement and intention to quit. The mediating effects of employee engagement, as measured using Sobel’s test, confirm engagement to be a mediator of the relationship between transformational leadership and intention to quit, as well as of the relationship between the motivating potential of a job and intention to quit. This study adds to existing literature on intention to quit, transformational leadership, employee engagement and job characteristics (motivating potential of a job) by providing insights into the strength and directions of relationships among these constructs. Furthermore, it provides valuable insights into the mediating effects of the engagement construct. The findings of this study provide valuable information to consider in business practice for the development of interventions aimed at mitigating turnover behaviour and maximising organisational outcomes through an engaged workforce. The limitations and recommendations of the study provide insights into possibilities that could be explored in future research.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die huidige tyd van resessie is organisasies in gedurige stryd om hul talent te behou. Navorsers en organisasies is dus toenemend besig om te ondersoek hoe om hul leierskap en menslike hulpbronne sodanig aan te wend om optimale resultate vir die organisasie te verseker. Die navorsing verwant aan die dinamika tussen leierskapsgedrag, betrokkenheid, taakeienskappe en intensies tot bedanking is beperk tot ondersoeke ingestel op slegs enkele konstrukte, of op die verhouding tussen twee van hierdie konstrukte. Die doel van hierdie studie was om nuwe insae te bied oor die verhoudings tussen hierdie konstrukte. Dit is bereik deur ondersoek in te stel na die hipotese wat opgestel is in die vorm van ‘n konseptuele model oor hierdie verhoudings op grond van die inligting wat deur die literatuurstudie gelewer is. ‘n Nie-eksperimentele kwantitatiewe navorsingsontwerp is toegepas op ‘n steekproef (n = 185) bestaande uit bestuurdersin ‘n vervaardigingsmaatskappy wat op die JSE gelys is. Deelnemers aan hierdie studie het ‘n vraelys voltooi wat die transformasionele leierskapstyl, betrokkenheid, waargenome motiveringspotensiaal van werk (taakeienskappe) en intensies tot bedanking gemeet het. Die betroubaarheidsanalise gedoen op die verwante meetinstrumente het voldoende betroubaarheid gelewer. Eenvariantverhoudings tussen die ordinale veranderlikes is met Spearman korrelasies gemeet en die resultate het alle hipoteses oor die verwante verhoudings tussen hierdie konstrukte bevestig. Die uitslae het getoon dat daar beduidende positiewe verhoudings bestaan tussen transformasionele leierskapsgedrag en betrokkenheid; die motiversingspotensiaal van werk (taakeienskappe) en betrokkenheid; en transformasionele leierskapsgedrag en die motiversingspotensiaal van werk . Dit het verder ook aangedui dat daar beduidend negatiewe verhoudings bestaan tussen transformasionele leierskapsgedrag en intensies tot bedanking, asook tussen betrokkenheid en intensies tot bedanking. Die modererende gedrag van die betrokkenheidskonstruk is deur die Sobel toets gemeet en het bevestig dat hierdie konstruk ‘n bemiddelaar is in die verhouding tussen transformasionele leierskapsgedrag en intensies tot bedanking, asook in die verhouding tussen die motiveringspotensiaal van werk (taakeienskappe) en intensies tot bedanking. Hierdie studie dra by tot die bestaande literatuur oor intensies tot bedanking, transformasionele leierskapsgedrag, betrokkenheid en die motiveringspotensiaal van werk (taakeienskappe) deurdat dit insae lewer oor die sterkte en rigting van verhoudings tussen hierdie konstrukte. Verder dra dit by tot waardevolle insigte in die invloed van die betrokkenheidskonstruk op die werknemer se bedoeling om te bedank. Die bevindinge van hierdie studie gee waardevolle inligting om in aanmerking te neem in besigheidspraktyke gemik op die versagting van omsetgedrag in organisasies, en om optimale betrokkenheidsgedrag te verseker vir optimale uitkomstes vir die organisasie. Die beperkings en aanbevelings van die studie bied insigte en moontlikhede wat vir toekomstige navorsing aangewend kan word.
Description
Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Transformational leadership, Employee engagement, Job characteristics, Intention to quit, Dissertations -- Industrial psychology, Theses -- Industrial psychology
Citation