Elaboration and empirical evaluation of the De Goede learning potential structural model

Burger, Richelle (2012-03)

Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2012.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: South Africa’s past has shaped the way Human Resource management should look to the future. South Africa has a history of racial discrimination that was lead by the Apartheid system. The effects of the past have left members of the previously disadvantaged group with underdeveloped job competency potential. This has subsequently led to adverse impact in valid, fair (in the Cleary sense of the term) strict-top-down selection. The fundamental cause of Black under-representation in higher level jobs is due to the legacy of the previous political dispensation. The root problem is that South Africa’s intellectual capital is not, and has not been, uniformly developed and distributed across races. The current situation must be dealt with not only as the situation could potentially become volatile, but also as it is simply the right thing to do. Those individuals from the previously disadvantaged group that have the potential to learn should be identified and subsequently developed. A need therefore exists in South Africa for a method to identify individuals who will gain maximum benefit from affirmative developmental opportunities, especially cognitively demanding development opportunities, and hence display a high potential to learn. A need in addition exist to arrange circumstances to optimise the prognosis that those identified with learning potential will successfully realise their potential. Learning performance is complexly determined. To successfully address the negative effects of the past in South Africa through affirmative development the determinants of learning performance need to be understood. Accelerated affirmative development will be effective to the extent to which a comprehensive understanding exists of the factors underlying learning performance and the manner in which they combine to determine learning performance. The primary objective of this study consequently was to expand on De Goede’s (2007) learning potential structural model. Non-cognitive factors were added to the De Goede (2007) learning potential structural model in order to gain a deeper understanding of the complexity underlying learning and the determinants of learning performance. A subset of the hypothesised learning potential structural model was then empirically evaluated. The initial reduced model failed to converge and was subsequently revised by deleting a single causal path from the model. The revised model was found to fit the data well. All paths contained in the final model were empirically corroborated. Suggestions for future research are made by indicating how the model can be further elaborated.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika se verlede het gestalte gegee aan die wyse waarop Menslike Hulpbronbestuur na die toekoms behoort te kyk. Suid-Afrika het ’n geskiedenis van rassediskriminasie wat deur die Apartheidstelsel aangevoer is. Die gevolge van die verlede het die lede van die voorheen agtergeblewe groep met onderontwikkelde werkbevoegdheidspotensiaal gelaat. Dit het vervolgens gelei tot nadelige impak in geldige, billike (in die Cleary-sin van die woord) streng bo-na-onder keuring. Die fundamentele oorsaak van swart onderverteenwoordiging in hoër-vlak posisies is tot ‘n groot mate te wyte aan die nalentskap van die vorige politieke bedeling. Die kernprobleem is dat Suid-Afrika se intellektuele kapitaal nie nou of voorheen eenvormig oor die rasse heen ontwikkel en versprei is nie. Die huidige situasie moet hanteer word, nie net omdat dit potensieel onbestendig mag word nie, maar ook bloot omdat dit die regte ding is om te doen. Dié individue uit ‘n voorheen agtergeblewe groep wat wel die vermoë het om te leer, behoort geïdentifiseer en vervolgens ontwikkel te word. Dus bestaan daar in Suid-Afrika ’n behoefte aan ’n metode om individue te identifiseer wat ’n hoë leerpotensiaal het en derhalwe die meeste voordeel sal trek uit geleenthede vir regstellende ontwikkeling, veral dié geleenthede van ’n veeleisende kognitiewe aard. Daar bestaan voorts ook ’n behoefte om omstandighede te reël om die prognose te optimaliseer dat diegene wat met leerpotensiaal geïdentifiseer is, hul potensiaal suksesvol sal kan verwesenlik. Leerprestasie word deur ‘n komplekse netwerk van veranderlikes bepaal. Om die negatiewe gevolge van die verlede in Suid-Afrika deur regstellende ontwikkeling aan te spreek, moet die determinante van leerprestasie verstaan word. Versnelde regstellende ontwikkeling sal doeltreffend wees in dié mate waartoe ’n omvattende begrip bestaan van die faktore onderliggend aan leerprestasie en die wyse waarop hulle kombineer om leerprestasie te bepaal. Die primêre doelwit van hierdie studie was gevolglik om de Goede (2007) se leerpotensiaal-strukturele model uit te brei. Nie-kognitiewe faktore is tot de Goede (2007) se model toegegevoeg om ’n meer indringende begrip van die kompleksiteit onderliggend aan leer en die determinante van leerprestasie te verkry. ’n Subversameling van die voorgestelde leerpotensiaal-strukturele model is vervolgens empiries geëvalueer. Die aanvanklike gereduseerde model het nie gekonvergeer nie en is vervolgens hersien deur ’n enkele kousale baan uit die model te verwyder. Die bevinding was dat die hersiene model die data goed pas. Alle bane in die finale model is empiries bevestig. Voorstelle vir toekomstige navorsing is gemaak deur aan te dui hoe die model verder uitgebrei kan word.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/19960
This item appears in the following collections: