Die rol van waardetoevoeging in die produksie, verwerking en verspreiding van rooivleis in die Langeberg

Date
2012-03
Authors
Cloete, Johanna Cecilia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study investigates, primarily, value adding in the red meat value chain, and secondary, the scope of red meat consumption in the Langeberg on a formal level. The value chain is proposed as a value system, since the latter dispose of feedback capacity. This ability of a system means that the elements identified can change and influence each other, unlike a value chain, where information is traditionally sent linearly. Vanaf a systems approach, the production, processing and distribution of red meat are investigated by means of a qualitative and quantitative analysis of data. Critical points of change are identified to improve resource use within the value chain in order to decrease the price of meat. Changes in the red meat industry over the past 80 years had a distinct influence on the current structure of the red meat value chain. It is therefore necessary to understand the history in order to predict the future. Vanaf this viewpoint the Red Meat Scheme is discussed, as well as the typical structure of the value chain, which serves as a benchmark for the analysis to follow. Red meat refers to beef, sheep/lamb and pork. The analysis of data is done using Interactive Qualitative Analysis© and descriptive statistics. Open and close ended questions are included in questionnaires for the interviews. Respondents included are role players in the Langeberg red meat industry which are situated in the area as well as those who are directly involved, but not situated in the area. Role players in the Langeberg include producers, feedlots, agents, abattoirs, supermarkets and butcheries, while wholesalers vanaf outside who are involved in the area, are also contacted. Some interesting finding vanaf the quantitative analysis include 1) supermarkets and butcheries in the Langeberg differ, on average, only 29c/kg on a selection of meat cuts, 2) labour is the single largest expense for the majority of respondents, and 3) the per capita consumption of red meat in the area is considerably lower that the national norm: 15.78kg versus 25.39kg. If is apparent that the role of the informal market cannot be ignored and questions arise about the validity of the national norm. After analysing around 700 data cards the Red Meat Value System of the Langeberg were constructed. The most important characteristics of the system are that government regulations and supermarket standards seems to be the largest driver of change within the system, while price is the biggest receiver of influence (and therefore the largest “variable”). Recommendation that are supported by the analysis: Increase in genetic material of weaned animals leads to better quality meat; Direct supply by abattoirs to retailers increase both parties‟ ability to add value; Vertical integration in the value chain can increase the viability of enterprises; Availability of meat of different grading on retail level can increase the quality of carcasses within a given grading level; The regressive nature of VAT can decrease with the abolition of VAT on lower graded carcasses, while total abolition will benefit both the industry and consumers.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die studie ondersoek primêr die waardetoevoeging in die rooivleis waardeketting en sekondêr die omvang van verbruik in die Langeberg op 'n formele vlak. Die waardeketting word voorgestel as 'n waardestelsel, aangesien laasgenoemde oor wederkerende/terugvoer kapasiteit beskik. Hierdie vermoë van 'n stelsel beteken dat die elemente wat geïdentifiseer word mekaar kan verander en beïnvloed, terwyl 'n waardeketting, tradisioneel, inligting slegs lineêre aanstuur. Vanuit 'n stelselsbenadering word die produksie, verwerking en verspreiding van rooivleis ondersoek, deur gebruik te maak van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe ontledings van data. Kritiese punte van verandering word geïdentifiseer om hulpbronne in die waardeketting beter te benut en sodoende vleis goedkoper aan die verbruiker beskikbaar te stel. Oor die afgelope 80 jaar het veranderinge in die rooivleisbedryf bepaald 'n invloed gehad op die huidige struktuur van die rooivleis waardeketting. Dit is dus nodig om die geskiedenis te verstaan om die toekoms te voorspel. Met hierdie uitgangspunt is die Rooivleisskema bespreek asook die tipiese struktuur van die waardeketting, as maatstaf vir die ontleding van data wat volg. Rooivleis verwys na bees-, skaap- en varkvleis. Die ontleding van data is gedoen m.b.v. Interactive Qualitative Analysis© en beskrywende statistiek. Vraelyste met ope en geslote vrae is gebruik tydens onderhoude. Respondente wat ingesluit is, is rolspelers in die bedryf in die Langeberg wat binne die area gesetel is, sowel as diegene wat direk betrokke is, maar nie in die area gesetel is nie. Rolspelers in die Langeberg sluit in produsente, voerkrale, agente, abattoirs, supermarkte en slaghuise, terwyl groothandelaars van buite die area wat in die area betrokke is, ook genader is. Verskeie interessanthede is gevind met die kwantitatiewe data ontleding; onder andere dat 1) supermarkte en slaghuise in die Langeberg, vir 'n mandjie van vleissnitte, met gemiddeld slegs 29c/kg verskil, 2) arbeid die grootste enkele uitgawe is vir die meerderheid van respondente en 3) die per kapita verbruik van rooivleis in die area heelwat laer is as wat die nasionale norm is, naamlik 15.78kg teenoor 25.39kg. Dit is dus duidelik dat die rol van die informele mark nie geïgnoreer kan word nie en vrae ontstaan oor die geldigheid van die nasionale norm. Na 'n ontleding van ongeveer 700 data kaarte is die Rooivleis-waardestelsel vir die Langeberg gekonstrueer. Die belangrikste kenmerke van die stelsel is dat dit wil voorkom asof regering regulasies en kettingwinkel standaarde die grootste drywer van verandering in die stelsel is, terwyl prys die grootste ontvanger van invloed (en dus die grootste “veranderlike”) is. Aanbevelings wat deur die ontleding ondersteun word: Verbetering in die genetiese materiaal van gespeende diere lei tot beter kwaliteit vleis; Direkte verskaffing deur abattoirs aan kleinhandelaars verbeter beide partye se vermoë om waarde toe te voeg; Vertikale integrasie in die waardeketting die lewensvatbaarheid van ondernemings kan verhoog; Beskikbaarstelling van verskillende graderings vleis op kleinhandelvlak die kwaliteit van die karkasse binne 'n gegewe graderingsvlak kan verbeter; Die regressiewe aard van BTW kan verminder word deur die afskaffing van BTW op laer gradering karkasse, alhoewel totale afskaffing tot groter voordeel van die bedryf en verbruikers sal wees.
Description
Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Meat industry and trade -- Economic aspects -- South Africa -- Langeberg Area, Dissertations -- Agricultural economics, Theses -- Agricultural economics
Citation