Abstract:
Daar is waarskynlik bitter min tekste in die teologiese wêreld met ‘n langer Wirkungsgeschichte
as die diglot-teks in Grieks (en Latyn) en Engels van die Apostoliese vaders deur die groot Engelse
geleerde Joseph Barber Lightfoot (1828–1889), ‘n voormalige Hulsean- en Lady Margaret-professor
in Godgeleerdheid aan Cambridge, en later biskop van Durham. Hierdie teks is finaal geredigeer en
afgerond deur sy jonger kollega J.R. Harmer, waarna Macmillan in Londen dit in 1891 (twee jaar ná
Lightfoot se dood) gepubliseer het. Die teks wat hier bespreek word, is op dié oerteks van Lightfoot en
Harmer gegrond.