Abstract:
Twintig toetslinge, 17 mans en 3 dames, tussen die ouderdomme
18 en 26 jaar is onder verskillende eksperimentele situasies
getoets om die invloed van 'n aantal sielkundige faktore op die
bepaling van luidheid te bepaal. Die metode van konstante
stimuli is gebruik om die luidheidspeil onder die verskillende
eksperimentele situasies te verkry. Die resultate van die
ondersoek word bespreek in terme van toekomstige navorsing
op hierdie gebied asook die implikasies wat dit vir die bedryf
inhou.