Skedulering van gade-vermydende gemengde dubbels rondomtalie-tennistoernooie

Burger, A. P. ; Van Vuuren, J. H. (2009-03)

The original publication is available at http://www.satnt.ac.za/

Article

By die opstel van ’n gade-vermydende gemengde-dubbels rondomtalie-tennistoernooi van orde n word daar gesoek na ’n spelskedule waarvolgens n getroude pare op s´o ’n manier in gemengde-dubbels tennispotte kragte meet dat geen speler saam met sy/haar eggenoot in ’n span afgepaar word nie, geen speler teen sy/haar eggenoot te staan kom nie, elke speler presies een keer teen elke ander speler van dieselfde geslag te staan kom, elke speler presies een keer saam met elke speler van die teenoorgestelde geslag (behalwe sy/haar gade) in ’n span afgepaar word, en elke speler presies een keer teen elke speler van die teenoorgestelde geslag (behalwe sy/haar gade) te staan kom. Hierdie potte moet boonop in die kleinste moontlike aantal rondtes ingedeel word sodat geen speler in meer as een pot per rondte meeding nie, en sodat die aantal potte per rondte dieselfde en ’n maksimum is. Spelskedules vir sulke toernooie word vir n ≤ 20 opgestel en ter wille van naslaandoeleindes op ’n gebruikersvriendelike manier gedokumenteer.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/19562
This item appears in the following collections: