Optimale toewysing en skedulering van werkers en take op 'n monteerbaan

Date
2009-03
Authors
Venter, L.
Visagie, Stephan E.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS OpenJournals
Abstract
Die optimale aanwending van kruisopgeleide werkslui in ’n produksielyn word ondersoek. Kruisopgeleide werkslui het die vermo¨e om haas enige taak in die produksieproses te verrig. ’n Wiskundige model om die optimale toewysing van werkers aan take te bepaal, word geformuleer. Die invloed van vaardige of onvaardige tydelike werkslui op die produksielyn word ook ondersoek. Die finale model neem verskeie doelwitte in ag. In die eerste fase word ’n nutsfunksie van produksie gemaksimeer terwyl werkers aan take toegewys word. Daarmee saam word die verbetering van die werkers se vaardigheidsvlakke gemaksimeer terwyl die effek van die leer en vergeet van vaardighede in ag geneem word. Die arbeidskoste van produksie word ook geminimeer terwyl die tipe werkers en die manier waarop hulle aangestel en afgelˆe moet word, bepaal word. Laastens word die totale produksietyd geminimeer terwyl die optimale volgorde van die take in die produksieproses bepaal word. Die praktiese bruikbaarheid van die model word ook met behulp van ’n gevallestudie gedemonstreer.
Description
The original article is available at http://www.satnt.ac.za/
Keywords
Produksie-skedulering, Leerkrommes, Meerdoelige optimering, Monteerbaanbalansering
Citation
Venter, L. and Visagie, S.E. 2009. Optimale toewysing en skedulering van werkers en take op 'n monteerbaan. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 28(1), 64-84.
Collections