The effect of barefoot training on speed, agility, power and balance in netball players

Venter, Ranel ; De Villiers, Johanna Elsabe ; Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Sport Science. (2011-12)

Thesis (M Sport Sc)--Stellenbosch University, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: The running industry has seen a lot of changes over the past years. Minimalistic footwear and barefoot training are redefining the running industry and community. These new developments have led to extensive research being conducted on the effects of barefoot running on kinetics, kinematics, energy expenditure and the prevention of injuries. Most of the shoe manufacturers have come up with an idea to mimic barefoot running. Barefoot running has shown to increase running economy and decrease impact forces. Inconclusive evidence exists as to whether barefoot training improves proprioception and muscle strength or reduces running-related injuries. The primary aim of the study was to determine the effects of barefoot training on speed, agility, power and balance in netball players. Twenty women netball players (age: 20 ± 2 years) volunteered for the study and were randomly assigned to the barefoot group (n = 10) and the shod group (n = 10). All participants had to attend at least 14 training sessions, where the barefoot group gradually increased the barefoot exercise time. Speed, agility, vertical jump height, single leg stability and lower leg circumferences were measured prior to and after completion of the intervention programme. At the completion of the intervention programme, participants had to give verbal feedback regarding their subjective experience of barefoot training. Seventy percent of the barefoot participants preferred barefoot training to shod training. The speed test showed a small improvement over 10-metres (P > 0.05), but not over 20-metres (P > 0.05).Agility had a significant improvement (0.14 seconds ± 0.10 seconds; P < 0.05) on the left and right leg (0.19 seconds ± 0.07 seconds; P < 0.05) for the barefoot group. There was also an improvement in the single leg stability with the right leg showing a significant improvement (P < 0.05) in anterior/posterior, medial/lateral and overall stability for the barefoot group. All except the left anterior/posterior index had a small practical effect post-intervention. No significant increases were found in the circumferences or the vertical jump height. The results show that barefoot training results in improved agility and single leg stability, compared to shod training. The effect it has on the prevention of injuries could not be determined, as the duration of the study was too short. In conclusion it can be deduced that barefoot training has a positive effect on agility and stability, thus possibly leading to improved performance.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar het baie veranderinge in die hardloopwêreld plaasgevind die afgelope paar jaar. Minimalistiese skoene en kaalvoetoefening is van die grootste redes daarvoor. Baie navorsing oor die effek van kaalvoet hardloop op die kinetiese en kinematiese veranderinge in die voet, sowel as die energieverbruik en die voorkoming van beserings is die laaste tyd gedoen. Die meeste van die groot skoenvervaardigers het ook nie agtergebly nie en spog elk met hul eie minimalistiese skoen. Daar is reeds bewys dat kaalvoetoefening effektiwiteit tydens hardloop verbeter en dat die kragte wat op die liggaam inwerk tydens kaalvoetaktiwiteite, minder is tydens kaalvoethardloop as wanneer daar met skoene gehardloop word. Baie navorsers beweer ook dat kaalvoetoefening propriosepsie en spierkrag verbeter en dat oefengeïnduseerde beserings verminder word as gevolg daarvan. Hierdie bewerings is egter nog nie deur die navorsing bewys nie en kan dus net as bewerings gesien word. Die hoofdoel van die studie was om die effek van kaalvoetoefening op die spoed, ratsheid, plofkrag en balans van netbalspelers te bepaal. Die steekproef het uit 20 vroulike netbalspelers bestaan (ouderdom: 20 ± 2 jaar), wat lukraak in die kaalvoet- (n = 10) en die kontrole groep (n = 10) opgedeel is. Daar is van die spelers verwag om ‘n minimum van 14 oefensessies by te woon. Tydens die oefensessies het die kaalvoet-groep die hoeveelheid tyd wat hulle kaalvoet oefeninge doen stelselmatig vermeerder. Spoed, ratsheid, vertikale sprong hoogte, eenbeen stabiliteit en omtrekke van die onderbeen is voor en na die intervensieprogram gemeet. Die spelers hetverbale terugvoering gegee oor hul ervaring van kaalvoetoefening. ‘n Meerderheid van die deelnemers (70%) het kaalvoetoefening bo oefening in skoene verkies. Daar was ‘n effense verbetering in die 10-meter spoedtoets (P > 0.05), maar oor 20-meter kon dit nie volgehou word nie. ‘n Betekenisvolle verbetering tydens die ratsheid toets is waargeneem vir die linker- (0.14 sekondes ± 0.10 sekondes; P < 0.05) en regterbeen (0.19sek ± 0.07sek; P < 0.05) van die kaalvoetgroep. Daar was ook ‘n verbetering in die stabiliteit van die regterbeen in die anterior/posterior, mediaal/lateraal en algemene stabiliteit (P < 0.05). Daar was ‘n klein praktiese effek in al die post-intervensie metings ten opsigte van stabiliteit, behalwe vir die anterior/posterior indeks van die linkerbeen. Geen betekenisvolle verskille het na die intervensie voorgekom vir die plofkrag of onderbeen omtrekke nie. Die resultate van die studie dui daarop dat kaalvoetoefening kan lei tot ‘n verbetering in ratsheid en stabiliteit. Die invloed wat kaalvoetoefening het op die voorkoming van beserings kon egter nie bepaal word nie, aangesien die duur van die studie nie lank genoeg was nie. Die gevolgtrekking van die studie is dat kaalvoetoefening ‘n positiewe effek op ratsheid en stabiliteit het, dus kan dit ook moontlik ‘n positiewe effek op prestasie hê.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/18021
This item appears in the following collections: