Die invloed van die Universiteit Stellenbosch se jaarboeke op die beeld van die Universiteit

Gous, Chantelle (2011-12)

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2011.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: In this study the focus is on the yearbooks of the Stellenbosch University with spesific reference to the consumer friendliness thereof. The researcher focused on the General Yearbook as well as an extract from the Humanities Yearbook of the Stellenbosch University. The goals of this study is to firstly determine (a) what is the present image that prospective students have of the Stellenbosch University, (b) if the SU Yearbooks have any impact on the image formation of these prospective students and (c) if so, what is the exact impact of the yearbooks on the image formation process of these students and how can it be improved. There are five important factors that measure the consumer friendliness of a document. These factors refer to the physical access to a document, the external structure, the ergonomy of a document, the style of writing and the cognitive access (understanding) of the text. These factors are closely tied to each other, but for the sake of this study, the researcher decided to focus only on the factors that directly influence the consumer friendliness of a document. The researcher decided on four stylistic aspects that influence the consumer friendliness of a document. These refer, firstly, to the external structure of a document with specific reference to the margins, headings and paragraphs in the chosen document. Secondly, the focus is on the information distribution of the document, i.e. the organisation and representation of information. The third aspect refers to forms of address in the document including both references to the writer as well as to the reader. The last aspect that is researched in this study is the style concept of formality. The researcher primarily focuses on difficult words and phrases in the text as well as the use of passive and active sentence constructions. The researcher also tests the concept of consumer-friendliness with a usability test based on an extract taken out of the Yearbook of Humanities. The researcher’s hypothesis claimes that the yearbooks of the Stellenbosch University are not consumer-friendly and that this can have a negative influence on the image that the prospective student forms of the SU. By determining this perception under the prospective students in the study, the researcher could find a suitable solution from the results to improve the image that the current documentation reflects and also to help the yearbooks of the SU fulfill its purpose which is to serve as an accessible information guide that is consumer-friendly. The Integrated Model for Formation and Projection, the IFP-model, on which this study is based, determines that different messages in a document can have an effect on the image of an institution. These messages can however be manipulated in order to determine or adjust the image of an institution. 123 respondents from the Paarl Gymnasium High School and Luckhoff High took part in this study. Gender and race were incorporated as independent variables in the study. These respondents’ attitudes were measured by means of questionnaires as the primary methodology. Statistical methods were used in order to determine the results from the questionnaires and to identify certain tendencies from the research. The results show that prospective students show a preference for yearbooks that are more consumer-friendly. As the hypothesis predicted, prospective students have a very positive image of the Stellenbosch University. After the introduction to the yearbooks, these images changed to a more neutral, and even in some cases to a more negative image of the University. By means of testing the different style aspects in this study, the researcher also concluede that the respondents preferred a more people-oriented and consumer-friendly yearbook. The respondents in this study had a definite preference for a yearbook which is more consumer-friendly en that therefore have a more positive influence on the image of the University.

AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie word daar gefokus op die jaarboeke van die Universiteit Stellenbosch met spesifieke verwysing na die gebruikersvriendelikheid daarvan. Die navorser het gefokus op die Algemene Jaarboek en ’n uittreksel uit die Jaarboek Lettere en Wysbegeerte van die Universiteit Stellenbosch. Die doelwitte van hierdie studie is om te bepaal wat is (a) voornemende studente se huidige beeld van die Universiteit Stellenbosch, (b) of die US-jaarboeke enige invloed het op die beeldvormingsproses (van die US) van hierdie voornemende studente en (c) indien wel, wat is die uitwerking van die jaarboeke op die beeldvormingsprosesse en hoe kan dit verbeter word? Daar is vyf belangrike faktore waaraan die gebruikersvriendelikheid van ‘n teks gemeet kan word. Hierdie faktore verwys na die fisiese toegang tot die dokument, die uiterlike struktuur, die ergonomie van die dokument, die skryfstyl en laastens die kognitiewe toegang (verstaanbaarheid) van die teks. Die faktore hou sterk verband met mekaar, maar vir die doeleindes van hierdie studie het die navorser haar studie beperk tot slegs die faktore wat die gebruikersvriendelikheid van die teks beïnvloed, sowel as die faktore wat ‘n invloed het op die beeldvormingswaarde van ‘n teks. Die navorser het vier stilistiese aspekte gekies wat met die gebruikersvriendelikheid van ’n dokument verband hou. Hierdie vier aspekte verwys eerstens na die uiterlike struktuur van ’n teks met spesifieke verwysing na die kantlyne, opskrifte en paragrawe van die betrokke dokument. Die tweede aspek verwys na die inligtingsverspreiding van die dokument en dit behels die organisering en voorstelling van inligting in die betrokke dokument. Die derde aspek verwys na die aanspreekvorme in die dokument met spesiale fokus op die aanspreekvorme wat verwys na die leser asook dié wat verwys na die skrywer. Laastens, word die stylaspek formaliteit ook in hierdie studie bespreek deur te fokus op moeilike woorde en frases asook passief- en aktiefkonstruksies in die dokument. Die aspek gebruikersvriendelikheid word in geheel getoets deur die respondente bloot te stel aan ’n tipe begripstoets en sodoende te bepaal of die dokument gebruikersvriendelik is vir voornemende studente. Die navorser se hipotese in die studie was dat die jaarboeke van die US nie so gebruikersvriendelik is nie en dat dit ‘n negatiewe impak kan hê op die beeld wat die voornemende student van die US vorm. Deur hierdie persepsie te kon vasstel onder voornemende studente, kon die navorser uit die resultate ‘n werkbare oplossing kry om die beeld wat die dokumentasie tans skep te verbeter en ook om die US-jaarboek in sy doel te laat slaag – om ‘n toeganklike inligtingsgids te wees wat gebruikersvriendelik is. Die studie word gegrond op die Geïntegreerde Kommunikasiemodel vir Beeldvorming en -projeksie (Integrated Model for Formation and Projection, kortweg die IFP-model genoem). Hierdie model beweer dat verskillende deelboodskappe in ’n dokument ’n effek het op die beeld van die instansie. Hierdie boodskappe kan egter deur middel van dokumentontwerp-aspekte gemanipuleer word ten einde die beeld van die instansie te bepaal of te verstel. 123 respondente uit twee skole, naamlik Hoërskool Paarl Gimnasium en Hoërskool Luckhoff, het in hierdie studie deelgeneem. Geslag en ras is as onafhanklike veranderlikes in die studie in berekening gebring. Respondente se houdings is getoets met vraelyste as die primêre metodologie. Statistiese metodes is aangewend om die resultate van die vraelyste te verwerk en op grond daarvan is sekere tendense geïdentifiseer. Die resultate toon dat voornemende studente ’n voorkeur het vir ’n Jaarboek wat meer gebruikersvriendelik is. Soos die hipotese bepaal het, was voornemende studente se houdings teenoor die US baie positief. Na kennismaking met die US Jaarboeke, het hierdie beeld meer neutraal en in somminge gevalle meer negatief geword. Deur die verskillende stylaspekte te toets, kon die navorser ook bepaal dat die respondente ’n meer mensgerigte en gebruikersvriendelike Jaarboek verkies. Die respondente wat aan hierdie studie deelgeneem het verkies dus ’n Jaarboek wat meer gebruikersvriendelik is en wat sodoende ’n meer positiewe invloed sal hê op die beeld van die Universiteit Stellenbosch.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/17953
This item appears in the following collections: