The elaboration and empirical evaluation of a partial talent management competency model in the nursing profession

Date
2011-12
Authors
Smuts, Nicolette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study stems from an urgent need to understand which factors contribute to nurse practitioners’ intention to quit, and consequently what organisations can do to retain these practitioners. There is increased pressure on the healthcare sector, more specifically nursing, due to a severe shortage in this discipline. These shortages are not an isolated phenomenon, but influence the private as well as public sector worldwide, as well as in South Africa. A multitude of factors contribute to the fact that nursing is a scarce skill worldwide. Some factors are controllable, others not. By isolating the controllable factors, organisations and managers can be equipped to put action plans in place to decrease the impact of this crisis. Processes and action plans to enlarge the nursing pool, and also to retain the current workforce, can contribute to overcoming this challenge. There is proof that the implementation of a structured talent management programme can contribute to overcoming this challenge. Line managers and their competence regarding the management of personnel play a key role in such a talent management programme. This study has as its objective to re-evaluate an existing talent management competency model for line managers, and to propose additional variables that can influence organisational outcomes like job satisfaction, organisational commitment and turnover intention. By understanding which line manager competencies influence organisational outcomes, and the manner in which they influence these outcomes, line managers as well as organisations can be equipped to formulate processes and programmes that can contribute to the retention of a scarce skill, and importantly, also minimise the impact of a worldwide crisis. The results of the study indicated that the operationalisation of the talent management competencies failed. The originally proposed model consequently had to be reduced by deleting all talent management latent variables from the model. Poor model fit was obtained for the reduced model. Modifications were, however, made to the reduced model based on modification index suggestions derived from the data. The modified model showed good fit and support was obtained for all the paths in the modified model. Crossvalidation of the modified model was recommended.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie spruit uit ‘n dringende behoefte om te verstaan watter faktore daartoe bydra dat verpleegkundiges die voorneme ontwikkel om ‘n organisasie te verlaat, en gevolglik wat organisasies kan doen om verpleegkundiges wel te behou. Toenemende druk word in die gesondheidsorgsektor ervaar, meer spesifiek op verpleging, weens ernstige tekorte in hierdie dissipline. Hierdie tekorte is nie ‘n geïsoleerde verskynsel nie, maar raak die privaatsektor sowel as die publieke sektor wêreldwyd, sowel as Suid-Afrika. ‘n Veelvoud van faktore dra daartoe by dat verpleegkunde ‘n skaars vaardigheid wêreldwyd is. Sekere faktore is beheerbaar, ander nie. Deur die beheerbare faktore te isoleer, kan organisasies en bestuurders aksieplanne in plek stel om die impak van hierdie krisis te verminder. Prosesse en aksieplanne om byvoorbeeld die verplegingpoel te vergroot, en ook om die huidige werksmag te behou, kan bydra tot die oorbrugging van hierdie uitdaging. Daar is bewyse dat die implementering van ‘n gestruktureerde talentbestuurprogram kan bydra om hierdie uitdaging te oorkom. ‘n Sleutelrol in so ‘n talentbestuurprogram, is die lynbestuurder en sy/haar bevoegdheid ten opsigte van die bestuur van personeel. Hierdie studie het ten doel om ‘n bestaande talentbestuurmodel vir lynbestuurders te her-evalueer en addisionele veranderlikes voor te stel wat organisasie-uitkomste soos werkstevredenheid, organisasie-verbondenheid en voorneme om te bedank beïnvloed. Deur te verstaan watter lynbestuurbevoegdhede organisasie-uitkomste beïnvloed en die wyse waarop hierdie bevoegdhede op hierdie uitkomste inwerk, kan lynbestuurders, sowel as organisasies, toegerus word om prosesse en programme te formuleer. Hierdie programme kan ‘n bydra lewer tot die behoud van ‘n skaars vaardigheid, en sodoende die impak van ‘n wêreldwye krisis minimaliseer. Die resultate van die studie het aangetoon dat die operasionalisering van die talentbestuurbevoegdhede onsuksesvol was. Die oorspronklik voorgestelde model moes gevolglik gereduseer word deur die talentbestuur-latente veranderlikes uit die model te verwyder. Swak modelpassing is vir die gereduseerde model bevind. Wysigings is egter aan die gereduseerde model aangebring gebaseer op modifikasie-indeksvoorstelle afgelei uit die data. Die gewysigde model het goeie passing getoon en steun is vir al die bane in die gewysigde model gevind. Kruisvalidasie van die gewysigde gereduseerde model is aanbeveel.
Description
Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Nurses -- Job satisfaction, Intention to quit, Talent management programmes, Line managers -- Personnel management, Dissertations -- Industrial psychology, Theses -- Industrial psychology
Citation