Abstract:
Die samelewing raak maklik immuun teen mense se armoede.
Party sal dalk sê dis deels vanweë die Bybelse argument dat ons
die armes altyd met ons sal hê. Of dit kan wees dat, hoewel meer
welvarende mense bewus is dat armoede bestaan, die verskynsel
so veelvlakkig en ingewikkeld is – en so fi sies verwyder – dat dit
moeilik is om ten volle te begryp.