Die logos-leer van Filo van Aleksandrie : 'n kultuur-historiese ondersoek

Van Schalkwyk, C. H. J., 1971- (2004-12)

Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 2004.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Philo is a writer who lived in Alexandria in 30 BC – 50 AD. Traditionally scholars classified Philo as philosopher, exegete and apologist. With these classifications in mind, Philo’s works is read and interpreted. In this study a methodology of postmodernism (which is inherently a cultural historical understanding of reality) will be used, and it will become clear that this classification of the scholars is not satisfactory. The question that arises, is: How must Philo be read and understood in the context of a postmodern methodology? By means of a study of the logos-concept it is suggested that Philo must be understood as a threshold person, who stands on the cutting edges of the cultures in Alexandria; he therefore creates a new universe of symbols. In this new universe of symbols it is possible for the different cultures to communicate effectively, because they now have a joint vocabulary. Philo is not a postmodernist, but he makes use of techniques which occurs in post modern philosophy to create this new universe of symbols. Through the use of these techniques it becomes possible for the reader to take into account the different philosophical dimensions that are part of Philo’s thoughts. This helps the reader to understand the contradiction in Philo’s thought in connection with the logos-concept. It also helps the reader to place the logos-concept of Philo in its proper cultural historical background.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Filo is ’n skrywer wat in Aleksandrië gewoon het in die tydperk 30 vC – 50 nC. Tradisioneel het geleerdes Filo getipeer as filosoof, eksegeet en apologeet. Aan die hand van hierdie tiperings is Filo se werke dan gelees en geïnterpreteer. In hierdie studie word daar met ’n postmoderne metodologiese vertrekpunt gewerk (wat ten diepste gebaseer word op ’n kultuur historiese verstaan van die werklikheid) en word dit duidelik dat hierdie tiperings nie bevredigend is nie. Die vraag wat nou ontstaan, is: Hoe moet Filo dan gelees en verstaan word binne die raamwerk van ’n postmoderne metodologie? Aan die hand van ’n studie van die logos-begrip word daar voorgestel dat Filo gelees en verstaan moet word as ’n deurdrumpel-persoon, wat op die snypunt van al die verskillende kulture in Aleksandrië staan en daarom ’n nuwe simbole universum skep. Binne hierdie nuwe simbole universum kan verskillende kulture effektief met mekaar kommunikeer, aangesien hulle nou oor ’n gedeelde woordeskat beskik. Filo self was nie ’n postmodernis nie, maar hy maak wel van tegnieke gebruik wat ook voorkom in die postmoderne filosofie om hierdie nuwe simbole universum te skep. Deur middel van hierdie tegnieke is dit vir die leser moontlik om die verskillende filosofiese nuanses wat op Filo se denke ten opsigte van die logos ingewerk het, te verreken en om hierdie oënskynlike teenstrydighede in sy denke rakende die logos-begrip te verstaan teen die kultuur-historiese agtergrond waarbinne hy hom in Aleksandrië bevind.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/16076
This item appears in the following collections: