Annuity decision-making

Date
2021-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : As a standard practice, retirement capital is converted into a subsequent income stream. There are two main annuity income products to choose from, namely: (i) a guaranteed/life annuity (or annuitisation); and (ii) a living annuity (or self-annuitisation). The former guarantees an annuity income for life, whereas the latter exposes capital to volatile investment returns, with the possible danger of depletion before death, especially in the wake of excessive withdrawals. The world-wide phenomenon of reticence among retirees to protect themselves against longevity risk, is an annuity puzzle that has been the subject of vigorous academic debate. This study investigated the factors that relate to individuals’ annuity perceptions, intention and satisfaction. Based on existing literature in this field, a theoretical framework is presented with respect to the annuity puzzle, on the basis of which two questionnaires are designed as measurement instruments, namely: (i) a questionnaire for employees who are members of various retirement funds in order to ascertain the factors that relate to annuity perception and intention; and (ii) a questionnaire for pensioners, in order to measure their satisfaction levels that relate to the eventual outcome of their annuity choice. Based on an investigation into the factors that relate to annuity decision-making, the principal conclusions of this study are: (i) a bias towards self-annuitisation before retirement is mainly related to investor confidence in earning an above-average income based on the capital growth generated by the underlying capital, although the accompanying issues with respect to managing these investments often prove problematic; (ii) the bequest motive, which refers to the desire to leave retirement capital to heirs, often results in an unjustified belief in living annuity desirability, with the possible negative outcome of outliving retirement capital and facing poverty in retirement, the result of which could lead to dependency on the state or family members; (iii) a substantial impact on individuals’ perception and intention to annuitise, is the expectation of a predictable and consistent annuity income stream, without continuous involvement in investment decision-making; (iv) trust in the integrity of financial advisors significantly relates to individuals’ annuity perceptions and intentions. Finally, this study presents a new annuity decision-making tool, consisting of two questionnaires and user’s manuals, to be used by benefit counsellors and financial advisors, in guiding their clients with respect to their choice of an optimal annuity income option. In summary, this study therefore provides further insights into the intriguing annuity puzzle.
AFRIKAANSE OPSOMMING : As 'n standaardpraktyk word aftreekapitaal in 'n daaropvolgende inkomstestroom omgeskakel. Individue kies gewoonlik uit twee hoofprodukte vir annuïteitsinkomste, naamlik: (i) 'n gewaarborgde/lewensannuïteit (of annuïtasie); en (ii) 'n lewende annuïteit (of selfannuïtasie). Eersgenoemde waarborg lewenslank 'n annuïteitsinkomste, terwyl laasgenoemde kapitaal blootstel aan wisselvallige beleggingsopbrengste, met die moontlike gevaar van uitputting voor dood, veral as gevolg van buitensporige onttrekkings. Die wêreldwye verskynsel van onwilligheid onder afgetredenes om hulself teen die risiko van langlewendheid te beskerm, is 'n annuïteitsraaisel wat die onderwerp van hewige akademiese debat is. Hierdie studie het die faktore ondersoek wat verband hou met individue se annuïteitspersepsies, hul -voornemens en -tevredenheid. Bestaande literatuur op hierdie gebied het die basis gevorm vir 'n teoretiese raamwerk ten opsigte van die annuïteitsraaisel. Op grond van hierdie raamwerk is twee vraelyste as meetinstrumente ontwerp, naamlik: (i) 'n vraelys vir werknemers wat lede is van verskeie aftreefondse om die faktore wat verband hou met annuïteitspersepsie en -voorneme vas te stel; en (ii) 'n vraelys vir pensioenarisse, om hul tevredenheidsvlakke te meet wat verband hou met die uiteindelike uitkoms van hul annuïteitskeuse. Gebaseer op 'n ondersoek na die faktore wat verband hou met annuïteitsbesluitneming, is die vernaamste gevolgtrekkings van hierdie studie: (i) 'n vooroordeel teenoor self-annuïtasie voor aftrede hou hoofsaaklik verband met beleggersvertroue om 'n bogemiddelde inkomste te verdien gebaseer op die kapitaalgroei gegenereer deur die onderliggende kapitaal, hoewel die gepaardgaande kwessies ten opsigte van die bestuur van hierdie beleggings dikwels problematies blyk; (ii) die bemakingsmotief, wat verwys na die begeerte om aftreekapitaal aan erfgename na te laat, lei dikwels tot 'n ongeregverdigde geloof in die wenslikheid van lewende annuïteite, met die moontlike negatiewe uitkoms om aftreekapitaal te oorleef en armoede in die gesig te staar tydens aftrede, met die moontlike gevolglike afhanklikheid van die staat of familielede; (iii) 'n wesenlike impak op individue se persepsie en voorneme om te annuïteer, is die verwagting van 'n voorspelbare en konsekwente annuïteit-inkomstestroom, sonder voortdurende betrokkenheid by beleggingsbesluitneming; (iv) vertroue in die integriteit van finansiële adviseurs hou beduidend verband met individue se annuïteitspersepsies en -voornemens. Laastens bied hierdie studie 'n nuwe besluitnemingsinstrument vir annuïteite aan, bestaande uit twee vraelyste en gebruikershandleidings, wat deur voordeelberaders en finansiële adviseurs gebruik sou kon word om leiding te gee aan hul kliënte met betrekking tot hul keuse van 'n optimale annuïteitsinkomste-opsie. Samevattend bied hierdie studie dus verdere insigte oor die ontwykende annuïteitsraaisel.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Annuities -- Decision making, Annuities -- Risk assessment, Retirement -- Economic aspects, Life annuities, Guaranteed annuities, Investments -- Risk assessment, UCTD
Citation