'n Kritiese beskouing van Winfried Ludemann se teoretisering oor 'n musikale versoeningsdialoog

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet Akademies
Abstract
In sy gewigtige en komplekse teoretisering oor musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en Suid-Afrikaanse demokrasie formuleer Winfried Lüdemann ’n metodologie – of selfs ’n bloudruk – wat die georganiseerde beskerming van postapartheid Suid-Afrika se musiekkulturele diversiteit voorstaan. Sy voorgestelde aksie van dialoogvoering word aangebied as ’n versoeningsmeganisme waarsonder die moontlikheid van ’n multikulturele demokrasie ongedaan gemaak kan word. Alhoewel die teoretiese raamwerk van Lüdemann se gedagtegang ingewikkelde invalshoeke aan onder andere paleomusikologie en ekumeniese teologie ontleen, is daar ’n ongekompliseerde samevalling tussen sy betoog vir die beskerming van musiekkulturele diversiteit en eietydse, spesifiek Afrikaanse veldtogte by universiteite vir die beskerming van taaldiversiteit in postapartheid Suid-Afrika. In hierdie artikel word uitvoerig ondersoek ingestel na die spesifieke gedagtes en redenerings wat Lüdemann in hierdie verband met musiek se beskerming voorhou. Tesame met die uitwysing van enkele drogredenasies in sy voorgestelde sillogistiese metode om musiekkulturele diversiteit te implementeer en in stand te hou, word in hierdie artikel verskil met sy mening dat multikulturele samelewings se vreedsame naasbestaan afhanklik is van musikale interaksie en ’n versoenende musikale dialoogvoering rondom die gemeenskaplike waarde van menslikheid of menswaardigheid. Melding word gemaak van hoe enige toepassing van Lüdemann se voorgestelde metodologie of bloudruk onopsetlik die anachronistiese kulturele landskap van apartheid sou ondersteun in ’n scenario waar monistiese musiekkulture mekaar op ’n denkbeeldige tussengrond moet probeer ontmoet en daarna met mekaar ’n versoeningsdialoog voer. Indringende vrae word gestel oor sy opvatting dat veral Westerse en Suid-Afrikaanse kunsmusiek beskerm moet word om te dien as bolwerk teen die eenvormige versmelting van musiekkulturele diversiteit en die daarmee gepaardgaande en oënskynlike ongedaanmaking van Suid-Afrika se postapartheid demokrasie. Lüdemann se oortuiging dat interkulturele dialoogvoering met musiek nie deur middel van vertaling kan gebeur nie, word ook aan kritiese bevraagtekening onderwerp.
Winfried Lüdemann is one of the prominent examples of South African musicologists who are sometimes regarded as practising a neutral and apolitical approach to their discipline. In this regard, my research in this article thoroughly investigates Lüdemann’s thinking. My criticism throughout of Lüdemann should be understood as an attempt to understand South African musicology’s disciplinary problem of effecting a transition from apartheid’s intellectual framework to that of the post-apartheid era, specifically by using one academic’s work as an important example. Lüdemann’s weighty and complex theorisation about music, cultural diversity, human dignity and South African democracy – or, more briefly, what in my article title is called his theorisation of a musical dialogue of reconciliation – is the overriding theme, selected from more or less three decades of his musicological research, through which this investigation into the transition of South African musicology is conducted.
Description
CITATION: Viviers, E. 2020. 'n Kritiese beskouing van Winfried Ludemann se teoretisering oor 'n musikale versoeningsdialoog. LitNet Akademies, 17(2):42-81.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Musicology -- History, Music -- History and criticism, Ludemann, Winfried -- Criticism and interpretation, Dignity, Democracy -- South Africa
Citation
Viviers, E. 2020. 'n Kritiese beskouing van Winfried Ludemann se teoretisering oor 'n musikale versoeningsdialoog. LitNet Akademies, 17(2):42-81.
Collections