Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet Akademies
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie ondersoek is om gesinsprosesse en -kenmerke wat verband hou met veerkragtigheid in enkelma-gesinne waar ’n kind van ’n ander ras as dié van die ma aangeneem is, te identifiseer en te beskryf. As teoretiese vertrekpunt is ’n sterkteperspektief wat in die positiewe sielkunde gegrond is, gekies. McCubbin en McCubbin (2001) en Walsh (2016) se gesinsveerkragtigheidsteorieë vorm gesamentlik die raamwerk waarbinne hierdie ondersoek beplan en gedoen is. As deel van ’n verkennende navorsingsontwerp is onderhoude gevoer met ses wit vroue wat in die Wes-Kaap woonagtig was en ’n kind of kinders van ’n ander ras aangeneem het. Inligting is deur middel van semigestruktureerde onderhoude ingesamel en die inligting is met behulp van die Atlas.ti-rekenaarprogram (ATLAS.ti.v7, URL 2013) ontleed. Die volgende gesinsveerkragtigheidskenmerke het na vore gekom: Die transrasaangenome kind is goed toegerus met vaardighede om potensiële krisisse rakende sy transrasaangenome status te hanteer; die moeder is voorberei vir moederskap voor die aanneming plaasgevind het; sosiale kontak en die ondersteuning van die uitgebreide familie is vir die gesin van belang; gevestigde gesinspatrone, openlikheid oor die aanneming en die benutting van eksterne hulpbronne help ook die transrasgesin om krisissituasies beter te hanteer. Hierdie bevindinge kan van nut wees en as hulpbronne dien vir potensiële aanneemma’s ten einde hulle voor te berei vir die aanneming van ’n kind van ’n ander ras. Die bevindings verskaf ook belangrike inligting aan ondersteuningspartye (byvoorbeeld die maatskaplike werker) wat betrokke is by transrasaanneming in Suid-Afrika.
ENGLISH ABSTRACT: Families in which there is an adopted child of another race are confronted by all “normal” adoptive family crises, while they also need to handle crises that arise from transracial adoption. The greatest challenge with which the adoptive parent is confronted is to help the transracial adopted child to form his/her own identity (Quintana 2007; Vonk 2001). The aim of this study was to identify and describe the family processes and characteristics related to resilience in single-mother families in which there is an adopted child from a race other than that of the mother.
Description
CITATION: Oosthuizen, M. & Greeff, A. P. 2020. Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin. LitNet Akademies, 17(2):82-112.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Single mothers, Interracial adoption, Adopted children, Adopted children -- Family relationships
Citation
Oosthuizen, M. & Greeff, A. P. 2020. Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin. LitNet Akademies, 17(2):82-112.