'n Kritiese blik op 21ste-eeuse onderrig en leer deur 'n onderwyser- en leerderbril

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Tegnologie het die potensiaal om te verander hoe daar onderrig en geleer word. Baie navorsers en onderwyspersoneel ondersoek derhalwe doeltreffender benaderings om aan die eise van die 21ste eeu te voldoen en leerders as betrokke, medeskeppers van kennis in die klaskamer te erken. In hierdie artikel ondersoek ons onderwyser- en leerderperspektiewe aangaande ’n 21ste-eeuse taalonderrigruimte deur middel van ’n interpretivistiese gevallestudiebenadering. Die perspektiewe is bekom deur middel van semigestruktureerde onderhoude met agt taalopvoeders, ’n fokusgroep met vier onderwyserdeelnemers en ’n vraelys aan 66 leerders wat deur die betrokke onderwysers onderrig word. Die rasionaal vir die ondersoek is gesetel in ons oortuiging dat die snelle tegnologiese vooruitgang wat so kenmerkend van die 21ste eeu is, dit moontlik maak om vernuwing in die taalklas mee te bring en positief te spreek tot die behoeftes van die hedendaagse leerders wat ons taalklasse bevolk. Om hierdie ideaal te kan verwesenlik moet onderwysers toegerus word om beide moderne opvoedkundige leertegnologieë én tradisionele leerervarings effektief binne die kurrikulum te integreer. Ons het in hierdie studie gevind dat die uiteindelike sinvolle implementering van vernuwende onderrig- en leerpraktyke grootliks by die onderwyser berus. Gevolglik beveel ons aan dat onderwysers deur middel van ’n onder-na-bo benadering by die integrasie van tegnologie in die taalklas betrek word. Ons steun dus ’n skoolkultuur van bemagtiging waar onderwysers as rolspelers in die beleidsintegrasie van onderrigtegnologieë erken word. Samewerkende verhoudings tussen interne en eksterne beleidshervormers, onderwysleiers, praktisyns, leerders en ouerverteenwoordigers sal meer volhoubare en sinvolle beleide vir tegnologie-integrasie oplewer. Uit die onderwyser- en leerderperspektiewe kon ons aflei dat ’n betekenisvolle leerderbetrokkenheid binne die taalonderrigruimte een van die grootste dryfvere vir tegnologie-integrasie is. Onderwysers moet leerders by samewerkende leeroefeninge betrek en tegnologie gebruik om nuwe, voorheen ondenkbare take te skep en om samewerkende, konstruktivistiese en outentieke leerervarings te ondersteun. Die erkenning van onderwysers, leerders en die skoolgemeenskap as kernrolspelers word deur ons beklemtoon as ’n deurslaggewende faktor ten opsigte van sinvolle onderrig- en leerveranderinge vir die 21ste eeu. Ons navorsing berus op die dringendheid om onderwyseren leerderperspektiewe aangaande die gebruik van tegnologie in die klaskamer in die plaaslike navorsingsdomein te erken.
Technology has the potential to change how we teach and learn. Many researchers and teaching staff are therefore exploring more effective approaches to meet the demands of the 21st century and to recognise learners as involved co-creators of knowledge in the classroom. In this article, we explore teacher and learner perspectives within a 21st-century language teaching context through an interpretivist case study approach. The perspectives were obtained through semi-structured interviews with eight language educators, a focus group with four teacher participants and a questionnaire presented to 66 learners taught by the language teachers concerned. The rationale for the inquiry was rooted in our belief that the rapid technological advancement that is so characteristic of the 21st century makes it possible to bring innovation to language education and to respond positively to the needs learners who populate these classes now. The world of the 21st-century learner differs significantly from that of learners of the previous century. As Lemke (2003:5) points out, current learners have a virtual world – with all its promises and pitfalls – at their disposal.
Description
CITATION: Pedro, M. & Van der Merwe, M. 2020. 'n Kritiese blik op 21ste-eeuse onderrig en leer deur 'n onderwyser- en leerderbril. LitNet Akademies, 17(1):440-472.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Education, Education -- South Africa -- 21st century, Teachers -- Attitudes -- South Africa, Learners -- South Africa
Citation
Pedro, M. & Van der Merwe, M. 2020. 'n Kritiese blik op 21ste-eeuse onderrig en leer deur 'n onderwyser- en leerderbril. LitNet Akademies, 17(1):440-472.