An exploratory study on how policy guidelines of the right to development in South Africa are advanced through cultural relativism

Teleki, Mofihli Moeketsi (2020-03)

Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2020.

Thesis

ENGLISH SUMMARY : An assessment of how the constitutional guidelines and policies of the right to development are advanced through cultural relativism in South Africa could give a perspective on how the actual policies are applied and implemented as well as how policies could be improved. This explorative research investigation did not seek to clarify only whether the policy guidelines exist, but also in what forms and manifestations such influences appear. The importance of this lies in the fact that the form and shaping of policy is a matter of public interest in the sense that the policy-creation process involves the interface between government and citizens. In light of the fact that the Declaration on the Right to Development is a universal instrument that a number of state parties are signatory to, its application through policy deserves an assessment for a number of reasons. Firstly, universal declarations, protocols and conventions ought to be given spirit in domestic policies. Secondly, the application of national policies may or may not follow a historical and domestic frame of thought, which could be influenced by cultures

AFRIKAANSE OPSOMMING : ‘n Assessering van hoe die beleidsriglyne van die reg op ontwikkeling in Suid-Afrika deur kulturele relativisme bevorder word, kan ‘n perspektief bied op die wyse waarop die werklike beleide toegepas word asook hoe beleide verbeter kan word. Hierdie verkennende navorsingsondersoek se oogmerk is nie net om te verduidelik of die vermelde beleidsriglyne bestaan nie, maar ook in watter formaat en gestalte sulke invloede verskyn. Die belangrikheid hiervan lê in die feit dat die formaat en vorming van beleid ‘n saak van openbare belang is in die sin dat die beleidsskeppingsproses die koppelvlak tussen regering en burgers is, en die betrokkenheid van burgers behels. Aangesien die Verklaring op die Reg op Ontwikkeling ‘n universele staatsdokument is, waarvan ‘n aantal staatspartye ondertekenaars is, verdien die toepassing van die verklaring deur beleide ‘n assessering vir ‘n aantal redes. Eerstens behoort universele verklarings, protokolle en konvensies huisvesting te vind in binnelandse beleid. Tweedens mag die toepassing van beleide dalk ‘n historiese of plaaslike denkraamwerk volg wat deur kulture of die toestand van ‘n land beïnvloed kan word al dan nie. Om internasionale instrumente deur beleid aan te pas by die plaaslike opset vereis dat welke beleid die aspirasies van ‘n land reflekteer en hersien en aangepas moet word om plaaslike prioriteite en kulturele aspekte aan te spreek. Die studie het bevind dat die relatiewe invloed van kulturele aspekte deur die reg op ontwikkeling gestalte verkry in verskeie beleide en op verskeie maniere. Die studie het gegronde kennis en inligting bewerkstellig oor die bestaan van die reg op ontwikkeling in Suid-Afrika. Die studie het ook bevind dat Suid-Afrika die reg op ontwikkeling toepas uit Grondwetlike bepalings, wat ook deur makrobeleide toegepas word. Suid-Afrika se verlede en huidige makrobeleidsraamwerk was en is daarop gemik om die reg op ontwikkeling te bevorder. Dit is deur hierdie studie bewys dat die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram en die Nasionale Ontwikkelingsplan die belangrikste beleide is wat die reg op ontwikkeling in Suid-Afrika bevorder. Verder is daar bevind dat die beleide oor die reg op ontwikkeling bevorder word deur kulturele relativisme in Suid-Afrika en kom kulturele relativisme dus voor in die Grondwet (1996) en in provinsiale regering- en regeringstekste. Kwessies van historiese besonderheid kan plek vind en lewe gegee word in binnelandse beleid. So ‘n verskynsel kan die mate waartoe kwessies wat spesifiek in die nasionale beleid geraam word, verklaar. Dit kan belangrik wees aangesien beleid ‘n weerspieëling van die behoeftes en aspirasies van mense moet wees. Om ‘n beleid met ‘n uitkyk wat nie in lyn is met die algemene vooruitsigte van die besonderheid van 'n bevolking nie, te implementeer, kan problematies wees. In hierdie geval is dit die moeite werd om te bepaal of die beleide van die reg op ontwikkeling in Suid-Afrika met relativisme tot die kultuur/e van die burgers gegraveer is. Daarbenewens het die studie bevind dat die reg op ontwikkeling ‘n integrale deel van publieke administrasie in Suid-Afrika vorm. Die reg op ontwikkeling word eintlik bevorder deur die Handves van Regte in Suid-Afrika se Grondwet (1996). Die uittreksels uit die Handves van Regte sover dit die reg tot ontwikkeling betref word ook gevind in verlede en huidige makrobeleide. Spesifieke beleide wat uitstaan is die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram en die Nuwe Groeipad, asook dié se beleidsimplementeringsplan, die Nasionale Ontwikkelingsplan. Die bevindinge van hierdie navorsingstudie het toekomstige implikasies vir die Suid-Afrikaans beleidsontwerp wat betref nakoming van internasionale staatsdokumente. Internasionale staatsdokumente moet dien as riglyn vir beleidsontwikkeling, maar dit is die lande en hul regerings wat beleid moet vestig wat die plaaslike faktore van die land in ag neem.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/108322
This item appears in the following collections: