Die gebruik van gedigte in die onderrig van Afrikaans as addisionele taal

Date
2019
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Dié artikel lewer verslag van ’n literatuurstudie en lesvoorstel wat spruit uit ’n projek wat onderneem is oor die gebruik van letterkunde as taalverwerwingshulpmiddel en as onderrigmetodologie in ’n Afrikaanse tweedetaalklaskamer1 (Adendorff 2014a). Hierdie opvolgstudie se fokuspunt is op die gebruik van gedigte2 as ’n suksesvolle, interaktiewe benadering tot taakgebaseerde leeraktiwiteite in taalverwerwingsklasse. Die gebruik van gedigte as hulpmiddel tot die aanleer van Afrikaans in die Afrikaanse addisioneletaalklaskamer3 is, nes die gebruik van letterkunde, ’n onderwerp wat nog nie deeglik ondersoek is nie. Navorsers soos Nasr (2001), Yavuz (2010) en Mittal (2014) problematiseer die onderwerp van gedigte as taalonderrighulpmiddel en kom tot die gevolgtrekking dat gedigte wel in die addisioneletaalklaskamer gebruik kan word om ’n nuwe taal aan te leer. Die doel van die artikel is om oor die volgende navorsingsvraag verslag te lewer: Hoe suksesvol kan gedigte in ’n taakgebaseerde onderrigprogram gebruik word om Afrikaans as addisionele taal te onderrig? Die eerste subdoelwit van die artikel is om te kyk na hoe en tot watter mate gedigte binne die taakgebaseerde benadering gebruik kan word ten einde die onderrig en leer van Afrikaans as addisionele taal te vernuwe en te verruim. ’n Verdere doelwit is om ’n geïntegreerde onderrigmetodologie voor te stel wat in skole gebruik kan word omdat dit een van die doelwitte in die Nasionale Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van die Departement van Basiese Onderwys is. Hierdie studie vind binne die teoretiese raamwerk van die taakgebaseerde benadering vir die leer en onderrig van addisionele tale plaas. Die taakgebaseerde benadering is ’n taalonderrigbenadering wat die klem op betekenis deur middel van outentieke taalgebruik plaas. Die metodiek wat gevolg word, sluit ’n literatuurondersoek na die gebruik van gedigte in taalverwerwing in, asook die gebruik van gedigte binne die taakgebaseerde benadering, en laastens ’n taakgebaseerde voorbeeldles. Uit die literatuurondersoek en die voorbeeldles wil dit voorkom of gedigte wel as taalverwerwingshulpmiddel in die addisioneletaalklaskamer gebruik kan word.
This article reports on a literary study and a lesson plan on the use of poems in a language acquisition class. It forms part of a project and broader study on the use of literature as a teaching resource and as a teaching methodology for Afrikaans language acquisition (Adendorff 2014a). This follow-up study focuses on using poems in task-based learning activities as a successful and interactive approach in language acquisition classes.
Description
CITATION: Adendorff, E. 2019. Die gebruik van gedigte in die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. LitNet Akademies, 16(1):473-503.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Afrikaans language -- Study and teaching -- Foreign speakers, Afrikaans poetry in education, Language acquisition, Competency-based education
Citation
Adendorff, E. 2019. Die gebruik van gedigte in die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. LitNet Akademies, 16(1):473-503.