Kleinboer as Johannesburgse flaneur, met spesifieke verwysing na Werfsonde

Burger, Bibi (2018-04-04)

CITATION: Burger, B. 2018. Kleinboer as Johannesburgse flaneur, met spesifieke verwysing na Werfsonde. Journal of Literary Studies, 34(1):38-60, doi:10.1080/02564718.2018.1447868.

The original publication is available at https://www.tandfonline.com

Article

In sy resensie van Werfsonde (2012) sê Van Coller (2013: 193) dat die outobiografiese roman se hooffiguur nie beskou kan word as ’n flaneur nie. Hy definieer “flaneren” as “doelloos rondswerf” en sê dat dié konsep ’n baie spesifieke betekenis in die Europese literatuurgeskiedenis het. Hierdie artikel argumenteer dat die verteller van Werfsonde wél as flaneur beskryf kan word. Walter Benjamin (1997: 55) konseptualiseer die flaneur nie as iemand wat slegs ronddwaal nie, maar voer aan dat ’n flaneurteks een is waarin die skrywer of verteller se eksplisiete politieke kommentaar van minder belang is as die maniere waarop die teks gemerk is deur die stedelike omgewing waardeur die flaneur beweeg. Hierdeur word die teenstrydighede van die flaneur se samelewing in die teks ontbloot. Hierdie artikel voer aan dat Benjamin se teoretisering oor die flaneur gebruik kan word om ’n algemene diskoers binne die Suid-Afrikaanse literatuurteorie – waarbinne die literêre uitbeelding van beweging deur die stad gekonsepsualiseer word as bemagtigend en simbolies van karakters se agentskap – te nuanseer. Werfsonde dien as ’n gepaste teks vir die verkenning van die beperkings van hierdie diskoers omdat die verteller se beweging deur Johannesburg beïnvloed word deur ’n verskeidenheid faktore, insluitend sy klas, ras en geslag. Benjamin (1997: 104) se beskrywing van die flaneur as ’n skrywer wat homself nie heeltemal van sy omgewing kan distansieer om kritiek daarop te lewer nie, maar wat toelaat dat die stad hom en sy werk merk op ’n manier wat wel kan lei tot politieke insigte, dien dus as ’n manier om die politieke belang van Werfsonde te verken sonder dat die verteller gekonsepsualiseer word as ’n ten volle outonome mens wat agentskap uitoefen deur sy bewegings deur Johannesburg.

Reviewing Werfsonde (2012) by Kleinboer, Van Coller (2013: 193) says that the novel’s protagonist cannot be considered a flâneur. He defines flâneur-ing as “aimless wandering” and says the concept has a very specific meaning in European literary history. This article argues that the narrator of Werfsonde can in fact be described as a flâneur. Walter Benjamin (1997: 55) doesn’t conceive the flâneur simply as someone who wanders, but argues that a flâneur text is one in which the explicit political commentary of the writer or narrator is of less importance than the ways in which the text is marked by the urban environment through which the flâneur moves. Through these marks the contradictions of the society in which the flâneur is situated are exposed. In this article, I argue that Benjamin’s theorisation on the flâneur can be used to add nuance to a prominent discourse within South African literary theory – a discourse in which the literary representation of movement is conceptualised as empowering and symbolic of characters’ agency. Werfsonde serves as a suitable text for the exploration of the limitations of this discourse, because the narrator’s movements through Johannesburg are influenced by a variety of factors, including his class, race and gender. Benjamin’s (1997: 104) description of the flâneur as a writer who cannot completely distance himself from his environment in order to critique it, but who allows the city to mark him and his writing in a way that can lead to political insights, serves as a way of exploring the political implications of Werfsonde without conceptualising the narrator as a fully autonomous person able to enact agency through his movements in Johannesburg.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/106256
This item appears in the following collections: