Some thoughts on the meaning of expenditure in the Income Tax Act

Besinning oor die betekenis van onkoste in die Inkomstebelastingwet

Jansen van Rensburg, E. C. (2013-01)

CITATION: Jansen van Rensburg, E. C. 2013. Some thoughts on the meaning of "expenditure" in the Income Tax Act. Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 2013(1):58-73.

The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_tsar

Article

In calculating a taxpayer’s taxable income under the Income Tax Act 58 of 1962 (“the act”), a deduction of his “expenditure … actually incurred” is allowed against the taxpayer’s income. The meaning of the word “expenditure” has in the past enjoyed relative little attention in our courts. However, this changed with C:SARS v Labat Africa Limited, in which the supreme court of appeal ruled that the issuing of shares by a company as consideration for the acquisition of assets does not constitute “expenditure” for purposes of the act.

In C:SARS v Labat Africa Limited 2012 1 All SA 613 (HHA) is bevind dat 'n maatskappy wat bates verkry deur middel van die uitreiking van aandele, geen "onkoste" vir doeleindes van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 aangaan nie. Hierdie beslissing steun op die gewone omskrywing van "onkoste", ingevolge waarvan daar 'n vermindering in die bates van die belastingpligtige moet wees. Aangesien die uitreiking van aandele nie 'n vermindering in die bates van die maatskappy teweegbring nie, gaan die maatskappy geen "onkoste" aan nie. In die uitspraak word die argument van die belastinghof in ITC 1801 (68 SATC 57) dus verwerp. In laasgenoemde beslissing het die hof aanvaar dat die maatskappy wel "onkoste" aangegaan het, aangesien die maatskappy 'n onvoorwaardelike verpligting aangegaan het (om aandele uit te reik). Die hoogste hof van appèl het egter bevind dat, alhoewel die aangaan van 'n onvoorwaardelike verpligting daarop dui dat die "werklik aangegaan"-vereiste nagekom is, dit nie 'n aanduiding daarvan is dat die "onkoste"-vereiste nagekom is nie. 'n Alternatiewe argument wat in ITC 1801 geopper is en wat deur die Engelse howe aanvaar word, is weens verskille in die bewoording van die twee lande se belastingwetgewing nie deur die hof oorweeg nie. Ingevolge hierdie argument het 'n maatskappy 'n primêre reg om kontant te ontvang by die uitreiking van aandele. Indien die maatskappy dus ooreenkom om 'n bate anders as geld te ontvang, doen die maatskappy afstand van hierdie reg en is daar wel 'n vermindering in die bates van die maatskappy. By nadere oorweging van hierdie argument blyk dit egter dat 'n maatskappy, uit 'n regsoogpunt, geen "reg" op kontant het wat opgegee word nie. In die lig van die beslissing in Ackermans Limited v C:SARS; Pep Stores (SA) Limited v C:SARS 2011 1 SA 1 (HHA), is dit onwaarskynlik dat die hof sal aanvaar dat 'n belastingpligtige "onkoste" aangegaan het bloot op grond daarvan dat die belastingpligtige ooreengekom het om vergoeding anders as geld te aanvaar.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/104507
This item appears in the following collections: