Ouers van kinders in hulle middelkinderjare met aandagtekort- en hiperaktiwiteitsversteuring se belewing : ’n veerkragtigheidsperspektief

Du Toit, Susan ; Swart, Estelle (2018)

CITATION: Du Toit, S. & Swart, E. 2018. Ouers van kinders in hulle middelkinderjare met aandagtekort- en hiperaktiwiteitsversteuring se belewing : ’n veerkragtigheidsperspektief. LitNet Akademies, 15(2):397-435.

The original publication is available at http://www.litnet.co.za

Article

Aandagtekort- en Hiperaktiwiteitsversteuring (ATHV) word gekenmerk deur ‘n aanhoudende patroon van onoplettendheid en/of hiperaktiwiteit-impulsiwiteit wat ‘n negatiewe invloed op daaglikse funksionering en ontwikkeling het. Statistiek dui daarop dat al hoe meer kinders, ook in die middelkinderjare, daardeur geraak word. Middelkinderjare verwys na die ouderdomme van ses tot twaalf jaar. Kinders met ATHV in die middelkinderjare het eiesoortige ondersteuning nodig in die bemeestering van verskeie ontwikkelingstake eie aan hierdie fase. Dit plaas, bo en behalwe die gewone eise van ouerskap, eiesoortige druk en stres op ouers. Hierdie studie is vanuit bekwaamheidsteorie as teoretiese raamwerk benader, wat die navorsing gerig het om individuele bepalers, hulpbronne, sosiale bepalers, en faktore van veerkragtigheid te identifiseer in die beantwoording van die navorsingsvrae, te wete: Wat is die belewing van ouers van kinders met ATHV in hulle middelkinderjare? en Wat is die bepalers vir die vergestalting van veerkragtige ouerskap in terme van kinders met ATHV in hulle middelkinderjare? ‘n Verkennende narratiewe gevallestudie is as navorsingsontwerp gevolg. Een-en-twintig ouers van kinders met ATHV in hulle middelkinderjare het aan die studie deelgeneem. Data is oor ‘n tydperk van twee maande en primêr deur semigestruktureerde onderhoude gegenereer. Tematiese ontleding het ses temas opgelewer, naamlik (1) die proses van diagnose en behandeling; (2) ‘n ouer se algemene ervaring en emosies; (3) die invloed van ATHV op die gesinsdinamika; (4) die invloed van ‘n skoolstelsel; (5) die waarde van ‘n ondersteuningstelsel; en (6) die samelewing se persepsie van ATHV. Bevindinge is in ‘n diagrammatiese voorstelling saamgevat wat enkele bepalers van en hindernisse tot veerkragtigheid, asook prosesse wat hiermee verband hou, illustreer. Samevattend is onkunde van die samelewing as die grootste hindernis tot die vergestalting van veerkragtige ouerskap bevind, en hou dit klaarblyklik verband met mense se kritiek en oordeel, die uitsluiting van kinders met ATHV in hoofstroomskole, en die stigma wat aan die gebruik van medikasie, asook die plasing van kinders met hierdie toestand in spesiale skole, kleef. Die bepalers van deelnemers se veerkragtigheid sluit in: ‘n positiewe ingesteldheid en ‘n streng roetine tuis, tyd en ervaring om by hierdie toestand aan te pas, en die ondersteuning wat deur familie, die personeel van spesiale skole en ander ouers van kinders met ATHV in hulle middelkinderjare gebied word. In die lig hiervan lewer die studie ‘n bydrae tot die begryping van die belewing en vergestalting van veerkragtige ouerskap in terme van die teikengroep.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/104425
This item appears in the following collections: