Liability for products in the Consumer Protection Bill 2006: a comparative critique

Loubser, Max ; Reid, Elspeth (2006-03)

CITATION: Loubser, M. & Reid, E. 2006. Liability for products in the Consumer Protection Bill 2006 : a comparative critique. Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif 17(3):412-453.

The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_slr

Article

INTRODUCTION: The Draft Consumer Protection Bill, recently published by the Department of Trade and Industry, encapsulates a vision for a ‘‘new consumer law’’, which has as its objective the establishment of ‘‘a fair, accessible and sustainable marketplace for consumer products and services’’. The cultural change necessary to address South Africa’s lack of ‘‘a vibrant and strong consumer movement’’ requires to be underpinned by legal certainty and accessibility. This is particularly important in areas of liability ‘‘characterised by imbalances in information and bargaining power between businesses and consumers’’. An important dimension to the proposed reform is therefore the creation of a strict liability framework to provide redress for consumers who have suffered harm due to defects in products.

Die verbruikersbeskermingswetsontwerp 2006 maak voorsiening vir skuldlose aanspreeklikheid van vervaardigers en andere teenoor verbruikers van defekte produkte. Tot op hede is aanspreeklikheid vir skade weens defekte produkte gegrond op skuld, meestal nalatigheid. In Wagener and Cuttings v Pharmacare Ltd 2003 (4) SA 285 (SCA) was die Hoogste Hof van Appe` l nie bereid om af te wyk van die skuldgrondslag vir hierdie soort aanspreeklikheid nie in die uitspraak is geso˜ dat ree¨ ls ten opsigte van skuldlose aanspreeklikheid vir defekte produkte deur die wetgewer geskep sal moet word. Hierdie Wetsontwerp skep nou sulke ree¨ ls, soortgelyk aan reSˇ ls wat reeds in talle ander regstelsels geld. Prominente voorbeelde van sulke ree¨ ls is te vinde in die Amerikaanse Restatement Third, Torts: Products Liability en die Europese riglyne vir produkteaanspreeklikheid van 1985, wat tot die aanname van ooreenstemmende wetgewing in al die Europese lidlande gelei het. Die Verbruikersbeskermingswetsontwerp volg in ’n groot mate die Europese model, in besonder die Consumer Protection Act 1987 van die Verenigde Koninkryk. In hierdie artikel word aangevoer dat ’n stelsel van skuldlose aanspreeklikheid vir defekte produkte in Suid-Afrika om beleidsredes geregverdig is, maar dat die Europese model nie as ’n ongekwalifiseerde sukses ervaar is nie en dat die onkritiese navolging van hierdie model sekere onduidelikhede skep; en dat die beoogde ree¨ ls in sekere opsigte nie goed aanpas by die beginsels van die Suid-Afrikaanse deliktereg nie. Besondere vrae wat vanuit hierdie perspektief bespreek word, sluit in die volgende: Ten opsigte van watter produkte in die Wetsontwerp genoem ‘‘goods’’ - moet skuldlose aanspreeklikheid erken word (ook vir defekte in grond en gebrekkige inligting?); wanneer moet ’n produk as ‘‘defek’’ beskou word (is die maatstaf van verbruikersverwagtinge ‘‘consumer expectations’’ ’n geskikte een en is dit versoenbaar met die onregmatigheidsvereiste vir deliktuele aanspreeklikheid?); wie moet as verweerders teenoor die verbruikers van ’n defekte produk aanspreeklik wees (vervaardigers, verspreiders en ook andere?); vir watter soort skade moet aanspreeklikheid erken word (moet buiten vergoeding vir saakskade en liggaamlike besering ook ekonomiese verlies vergoed word?); watter verwere moet vir die vervaardiger of verspreider beskikbaar wees (ook die sogenaamde ontwikkelingsrisikoverweer ‘‘development risk defence’’?); en vrae oor spesiale ree¨ ls vir kousaliteit en verjaring.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/103988
This item appears in the following collections: