ITEM VIEW

Anton Goosen se bydrae tot die Afrikaanse luisterliedjie

dc.contributor.advisorLudemann, W.en_ZA
dc.contributor.authorStofberg, Roleneen_ZA
dc.contributor.otherStellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music.en_ZA
dc.date.accessioned2018-02-20T12:00:18Z
dc.date.accessioned2018-04-09T07:01:14Z
dc.date.available2018-02-20T12:00:18Z
dc.date.available2018-04-09T07:01:14Z
dc.date.issued2018-03
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/103567
dc.descriptionThesis (MMus)--Stellenbosch University, 2018.en_ZA
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: The popular Afrikaans music industry of the late seventies was characterised by a number of musical developments. This study focuses on these developments, with specific reference to the songs on Anton Goosen's LP, Boy van die Suburbs (1979), as representative of the music that emerged around the initiative ‘Musiek en Liriek’ (music and lyrics). The approach that was followed in this study attempts to link style-critical and historic-contextual perspectives, whilst at the same time acknowledging the existence of a broader level of meaning in popular music that surpasses the established form-stylistic terminology2, but can still be described by using a musical vocabulary. The investigation of popular Afrikaans music from such a multitude of perspectives is still an unexplored field of study. The revival of the popular Afrikaans song was driven by a group of musicians, including Goosen, who performed under the auspices of Musiek en Liriek and the so-called luisterlied (listening song). By looking at the history and state of popular Afrikaans music before Musiek en Liriek, a historiccontextual framework was created that contextualises the developments during the late seventies. This includes a description of both traditional Afrikaans folk music and early popular Afrikaans music. Compared to the older popular Afrikaans songs and lekkerliedjies (nice or fun songs), the luisterlied offered a more sophisticated alternative, with a focus on original and poetic lyrics. One of the characteristics of the luisterlied is that it systematically turned towards a more critical perspective on the challenges of the time, although an outlet for true protest in popular Afrikaans music would only be found later on. Central to this study is the search for the exact site of meaning of the songs on Boy van die Suburbs. The opinion is that a broader level of meaning exists in Goosen’s songs, standing alongside the narrow form-stylistic and contextual characteristics, and that the true level of meaning in his music is to be found at this level. Goosen’s popularity can be attributed mainly to these factors. He creates this broader level of meaning by using specific positive and negative (‘ontkennende’) semantic indicators based on culture-specific references in his lyrics, musical embodiment and instrumentation. In this respect, he relies on the associative characteristics of these references. On the one hand, references to traditional foodstuffs such as koeksisters and melkkos are used in conjunction with instruments such as the concertina to emphasise the traditional aspects of the Afrikaners’ cultural practices. On the other hand, Goosen implements contemporary stylistic elements in his music – which speak to a modern listener – of which Afrikaans rock music is the most significant example. By using rock music, Goosen rebels against the Afrikaans cultural institutions of his day and against older popular Afrikaans music, unlocking the potential of popular Afrikaans music by making it receptive to renewal. The study should not be understood only as appreciation of an influential artist, but as a contribution to the critical evaluation of a genre that, with all its inherent contradictions, forms an essential phase in the history of popular Afrikaans music.en_ZA
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Die populêre Afrikaanse musiekbedryf van die laat 1970’s word gekenmerk vir die musikale ontwikkelinge wat op hierdie gebied plaasgevind het. Hierdie studie fokus op dié musikale ontwikkelinge, met spesifieke verwysing na die liedjies op Anton Goosen se LP, Boy van die Suburbs (1979), as verteenwoordigend van die musiek wat rondom die inisiatief “Musiek en Liriek” na vore gekom het. Die benadering wat gevolg word poog om stylkritiese en histories-kontekstuele perspektiewe met mekaar te verbind. Terselfdertyd word erken dat daar ander betekenisvlakke in populêre musiek aanwesig is wat die gevestigde vormstilistiese terminologie1 oorskry maar nogtans met ‘n musikale woordeskat omskryf kan word. Die bestudering van Afrikaanse populêre musiek vanuit so `n veelvuldige perspektief is steeds ‘n onontginde studieveld. Die vernuwings wat aan die populêre Afrikaanse lied aangebring is, is deur ‘n groep musikante gedryf, waarvan Anton Goosen deel was, wat hul inisiatiewe onder die vaandel van “Musiek en Liriek” en die sogenaamde luisterlied uitgevoer het. Deur na die geskiedenis en stand van populêre Afrikaanse musiek voor “Musiek en Liriek” te kyk, is ‘n histories-kontekstuele raamwerk geskep wat die ontwikkelinge gedurende die laat sewentiger jare in perspektief plaas. Dit sluit `n beskrywing van tradisionele Afrikaanse volksmusiek en vroeë Afrikaanse populêre musiek in. Teenoor die ouer populêre- en lekkerliedjies, het die luisterlied ‘n meer gesofistikeerde alternatief voorgestel waarvan die fokus op oorspronklike en digterlike lirieke geval het. Een van die kenmerke van die luisterlied was dat dit stelselmatig ‘n meer kritiese perspektief teenoor die uitdagings van die tyd ingeneem het, alhoewel ware protes eers later ‘n werklike uitlaatklep in populêre Afrikaanse musiek sou vind. ‘n Vraag wat sentraal staan tot die studie behels die soeke na waar die betekenis van die liedere op Boy van die Suburbs lê. Die opinie is dat daar ander betekenisvlakke in Goosen se liedjies teenwoordig is wat langs die eng vormstilistiese en kontekstuele eienskappe daarvan staan, en dat die uiteindelike betekenisvlak van sy musiek eerder hier geleë is. Daar is ook gevind dat sy populariteit grotendeels hieraan toegeskryf kan word. Hy skep hierdie betekenisvlakke deur die gebruik van spesifieke positiewe en ontkennende semantiese indikatore wat berus op kultuurspesifieke verwysings in sy lirieke, musikale vergestalting en instrumentasie. In al hierdie opsigte maak hy staat op die assosiatiewe eienskappe van sy verwysings. Aan die een kant word verwysings na koeksisters en melkkos in samewerking met instrumente soos die konsertina gebruik om die tradisionele aspekte van die Afrikaners se kulturele gebruike te beklemtoon. Aan die ander kant implementeer Goosen ook eietydse stylelemente in sy musiek wat eerder spreek tot ‘n moderne luisteraar, waarvan Afrikaanse rockmusiek die mees noemenswaardige voorbeeld is. Deur die gebruik van rockmusiek rebelleer Goosen teen die Afrikaanse kulturele instellings van sy tyd sowel as teen ouer populêre Afrikaanse musiek, en breek hy die potensiaal van populêre Afrikaanse musiek oop deur dit ontvanklik te maak vir vernuwing. Die studie volstaan by die gedagte dat dit nie net as die waardering van `n invloedryke kunstenaar verstaan moet word nie, maar dat dit geag word as `n bydrae tot `n kritiese evaluering van `n musiekgenre wat, met al sy inherente teenstrydighede, tog as `n belangrike fase in die geskiedenis van Afrikaanse populêre musiek beskou moet word.af_ZA
dc.format.extent93 pages : illustrations, music
dc.language.isoaf_ZAaf_ZA
dc.publisherStellenbosch : Stellenbosch Universityen_ZA
dc.subjectUCTDen_ZA
dc.subject.lcshSongs, Afrikaans
dc.subject.lcshAfrikaans literature
dc.subject.lcshGoosen, Anton
dc.titleAnton Goosen se bydrae tot die Afrikaanse luisterliedjieaf_ZA
dc.typeThesisen_ZA
dc.rights.holderStellenbosch Universityen_ZA


Files in this item

Thumbnail
Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

ITEM VIEW