ITEM VIEW

Kan gister beter word? In gesprek met Jörn Rüsen oor die verwerking van 'n troebel verlede

dc.contributor.authorLategan, Bernard C.en_ZA
dc.date.accessioned2017-07-17T10:29:00Z
dc.date.available2017-07-17T10:29:00Z
dc.date.issued2016-07-17
dc.identifier.citationLategan, B. C. 2016. Kan gister beter word? In gesprek met Jörn Rüsen oor die verwerking van 'n troebel verlede. LitNet Akademies, 13(2):306-328.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/101981
dc.descriptionCITATION: Lategan, B. C. 2016. Kan gister beter word? In gesprek met Jörn Rüsen oor die verwerking van 'n troebel verlede. LitNet Akademies, 13(2):306-328.
dc.descriptionThe original publication is available at http://www.litnet.co.za
dc.description.abstractDie artikel ontleed ’n minder bekende opstel van die kultuurhistorikus Jörn Rüsen waarin hy voorstelle maak oor hoe ’n negatiewe verlede verwerk kan word sodat hierdie verlede uiteindelik “beter” word. Die onlangse opvlamming van protes teen figure soos Cecil Rhodes en Jan van Riebeeck is slegs die jongste voorbeelde van hoe die verlede gemoedere in die hede steeds in beweging kan bring. Dit illustreer terselfdertyd die toekomspotensiaal van herinnering. Rüsen ondersoek die aard van herinnering na aanleiding van ’n gesprek tussen twee karakters uit die bekende Peanuts-strokiesprent. Terwyl Linus meen dat dit verkeerd is om jou oor môre te bekommer, en eerder net aan vandag te dink, is Charlie Brown se antwoord dat dit sou beteken dat ons die handdoek ingooi wat die verlede betref: “Ek hoop nog steeds dat gister beter kan word.” Aan die hand van Charlie se antwoord ondersoek Rüsen die aard van herinnering, met name die toekomsgerigte geneigdheid daarvan om vas te stel hoe gister “beter” kan word. Volgens hom is hierdie gerigtheid toe te skryf aan die feit dat ons voortdurend soek om sin te maak van die verlede en dat dit ons motiveer om in die toekoms op ’n bepaalde wyse op te tree. Rüsen se groot verdienste is dat hy hierdie toekomspotensiaal van herinnering as uitgangspunt neem. Die probleem is egter eerstens dat hy van ’n toekomsverwagting uitgaan wat te beperkend vir sy doel is en tweedens dat hy die toekomspotensiaal van herinnering nie konsekwent ontgin nie. Op voetspoor van Droysen (1977) en Von Ranke (1975) gee hy voorkeur aan ’n teleologiese opvatting van die geskiedenis, naamlik dat alle gebeure uiteindelik op ’n bepaalde doel afstuur. So ’n opvatting laat egter ruimte vir sogenaamde meesterverhale om die verstaan van gebeure te oorheers en vir ideologieë om wortel te skiet. ’n Utopiese geskiednisbeskouing is nie veel beter nie, omdat dit ’n ontkoppeling van die verlede veronderstel en nie duidelik maak hoe laasgenoemde vrugbaar vir die toekoms aangewend kan word nie. Apokaliptiese voorstellings is ook nie bruikbaar nie, omdat die fokus van die toekoms na die hede verskuif en die vernietiging van laasgenoemde die voorwaarde word vir die aanbreek van die einde. ’n Eskatologiese geskiedenisbeskouing is waarskynlik die mees bruikbare vir die “beter word” van die verlede omdat dit van die kontinuïteit tussen hede en toekoms uitgaan en ’n spanning tussen beide veronderstel wat toekomsgerigte optrede stimuleer. Ten slotte is ’n meer konsekwente ontginning van die toekomspotensiaal van herinnering nodig voordat werklik verby ’n negatiewe verlede beweeg kan word. Dit beteken dat in elke spesifieke geval die moontlike toekoms van ’n herinnering – ook en veral van ’n negatiewe herinnering – intensief bedink moet word. Hierdie toekoms kan sowel negatiewe (“nooit weer nie!”) as positiewe vorme aanneem – byvoorbeeld in die verbintenis tot beter keuses en meer konstruktiewe optrede in die toekoms. Hiervoor is dit egter nodig dat die blikrigting – anders as die engel in die skildery van Paul Klee – van die verlede na die toekoms gewend sal word.en_ZA
dc.description.abstractHow do we deal with a difficult – or worse still, a damning – past? The recent uproar about the statue of Cecil John Rhodes and related “colonial” images and symbols illustrates how vibrant memory can be and how strongly it affects current debates – long after these events were supposed to have been relegated to the past. The critical question is how memories of this kind influence present realities and impact on future developments. In this respect a lesser-known essay with the title Kann gestern besser werden? (“Can yesterday become better?”) by the cultural historian Jörn Rüsen offers insights worthy of further exploration. According to Rüsen we are dealing with the contrast between experience and interpretation – a paradox giving rise to two opposing responses: a modern and a post-modern approach. The former follows the “scientific” route and wants to determine – à la Leopoldt von Ranke (1975) – what really happened to arrive at critically tested and objective, reliable knowledge. The latter takes the present as the point of departure, accepting that all knowledge about the past exists only in mediated form, having already undergone a process of interpretation. Since this “linguistic turn”, the nature of historiography has changed for many historians, making the concept of “objective” knowledge a problematic one.
dc.description.urihttp://www.litnet.co.za/kan-gister-beter-word-gesprek-met-jorn-rusen-oor-die-verwerking-van-n-troebel-verlede/
dc.format.extent23 pages
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherLitNet
dc.subjectHistoriographyen_ZA
dc.subjectRusen, Jornen_ZA
dc.subjectMemoryen_ZA
dc.titleKan gister beter word? In gesprek met Jörn Rüsen oor die verwerking van 'n troebel verledeaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
dc.description.versionPublisher's version
dc.rights.holderAuthor retains copyright


Files in this item

Thumbnail
Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

ITEM VIEW