Uitverkiesing en evangeliese spiritualiteit

Date
2016-03-29
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Hierdie is die eerste van twee artikels oor die rol van die uitverkiesingsleer in die NG Kerk. Eers word daar geargumenteer dat leerstukke soos die Gereformeerde leer van sola gratia mettertyd verskillend geïnterpreteer word. Calvyn se uitverkiesingsleer is één so ’n interpretasie, wat afgestem was op die vrae waarmee hy in sy tyd gekonfronteer was. Vervolgens word Calvyn se uitverkiesingsleer ontleed en aangetoon dat dit ’n hele aantal lastige vrae oproep wat dit in ons tyd vir mense moeilik maak om dit sonder meer te onderskryf. Daarna word die debat in die 1880’s tussen Abraham Kuyper en J.J. Gunning jr. in Nederland bespreek, omdat hulle twee standpunte oor die uitverkiesingsleer verdedig het wat ook in Suid-Afrika ’n rol gespeel het. Ten slotte word die debat in Suid-Afrika uitvoerig ontleed en word daar aangetoon dat daar in die NG Kerk spanning was tussen die oorwegend evangeliese spiritualiteit van die Kerk en ’n streng Calvinistiese uitverkiesingsleer. Ten spyte van sporadiese protes was die neiging in die Kerk oor die algemeen om die evangeliese spiritualiteit uit te leef en terselfdertyd die uitverkiesingsleer as ortodoks Gereformeerd formeel te onderskryf sonder om die konsekwensies daarvan te aanvaar. Dat hier ’n teenstrydigheid bestaan het, is gewoon aanvaar sonder om dit te probeer oplos. Soos Andrew Murray dit gestel het, die geloof impliseer nou eenmaal teenstrydighede wat die verstand nie kan oplos nie. In ’n volgende artikel sal die debat oor hierdie spanning wat in die 1930’s uitgebars het, uitvoeriger ontleed word en sal daar nagegaan word wat die gevolge daarvan was vir die Kerk, vir die Afrikanernasionalisme en vir die (apartheids)politiek.
Description
CITATION: Brummer, V. 2016. Uitverkiesing en evangeliese spiritualiteit. LitNet Akademies, 13(1):322-344.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Predestination, Kuyper, Abraham, 1837-1920, Murray, Andrew, 1828-1917, Calvinism, Election (Theology)
Citation
Brummer, V. 2016. Uitverkiesing en evangeliese spiritualiteit. LitNet Akademies, 13(1):322-344.