ITEM VIEW

Die "grense van menswees" en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015)

dc.contributor.authorBarendse, Joan-Marien_ZA
dc.date.accessioned2017-07-17T06:37:40Z
dc.date.available2017-07-17T06:37:40Z
dc.date.issued2016-08-23
dc.identifier.citationBarendse, J.-M. 2016. Die "grense van menswees" en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015). LitNet Akademies, 13(3):1-25.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/101976
dc.descriptionCITATION: Barendse, J.-M. 2016. Die "grense van menswees" en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015). LitNet Akademies, 13(3):1-25.
dc.descriptionThe original publication is available at http://www.litnet.co.za
dc.description.abstractIn hierdie artikel ondersoek ek die rol van insekte in Willem Anker se toneelstuk Samsa-masjien (2015). Anker se stuk handel oor ’n bejaarde demensielyer, Gregor Samsa, wat saam met sy vrou Josefine by hulle dogter en skoonseun woon. Gregor en Josefine ondergaan albei ’n tipe insekwording waarin hulle al hoe meer soos insekte begin optree. Deel hiervan is dat hulle met klanke en geraas in plaas van taal kommunikeer. Samsa-masjien eindig met die dood van Gregor en Josefine. Ek maak gebruik van die raamwerk van mens-dier-studies (MDS), waarin die fokus op die verweefdheid van mens en dier is. MDS is ’n interdissiplinêre veld wat insigte uit denkrigtings soos die filosofie en posthumanisme betrek. In my bespreking maak ek dan ook gebruik van Deleuze en Guattari (2005) se konsep van dierwording en Derrida (2002) se stelling dat taal die grootste skeiding tussen mens en dier is. Ek verwys verder na Diamond (2008) se uitgangspunt dat die grens tussen mens en dier oorskry word as die mens bewus word van sy/haar liggaamlikheid en weerloosheid. My gevolgtrekking is dat Samsa-masjien, ’n verhaal wat uiteindelik oor mense gaan, wel die grens tussen mens en dier afbreek. Die oorskryding van grense strek selfs verder deurdat die skeiding tussen mens, dier en masjien opgehef word. Gregor en Josefine ondergaan ’n posthumanistiese wording waarin die humanistiese subjek nie meer bestaan nie. Hulle verset hulle teen ’n kunsmatige, kliniese hedendaagse verbruikerskultuur deur vuil te word, “dier” te word, liggaam te word. Die grens tussen mens en dier word finaal oorskry deur Gregor en Josefine se weerloosheid en dood: dit wat mens en dier met mekaar verbind. Die dood is egter nie ’n einde nie, maar net nog ’n wording in die voortdurende verandering en beweging van die versplinterde nomadiese subjek.en_ZA
dc.description.urihttp://www.litnet.co.za/die-grense-van-menswees-en-insekwording-willem-anker-se-samsa-masjien-2015/
dc.format.extent25 pages
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherLitNet
dc.subjectAnker, Willemen_ZA
dc.subjectPosthumanismen_ZA
dc.titleDie "grense van menswees" en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015)af_ZA
dc.typeArticleen_ZA
dc.description.versionPublisher's version
dc.rights.holderAuthor retains copyright


Files in this item

Thumbnail
Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

ITEM VIEW