Resource-constrained scheduling for construction projects

Griebenow, Margaretha Aletta (2017-03)

Thesis (MEng)--Stellenbosch University, 2017.

Thesis

ENGLISH ABSTRACT: Project management and scheduling has been the topic of research for years, yet projects in industry are often completed after the deadline and significantly over budget. There is a large discrepancy between project scheduling in research and in practice. Even more worrying is a significant lack of research into construction project scheduling, an especially challenging field. The focus of this thesis will be project scheduling for construction projects. Advancements in project scheduling in research will make the required advancements in practice possible. Two models will be investigated and compared, one utilising exact procedures and another utilising optimisation. Due to the limitations of exact procedures, this thesis will focus on developing a model capable of the optimisation of project schedules for the construction environment. The framework will be such that the entire solution procedure will utilise optimisation, and the format will allow more advanced objective functions to be utilised. Construction projects are highly volatile. Two objective functions are presented which can lead to an improvement in the robustness of the schedule of the project, and therefore combat the effect of delays on the schedule of a construction project. Both functions are multi-objective and suited specifically to the construction environment. The functions minimise makespan while maximising the total slack, or distributed slack, in the schedule. The multi-objective format allows the relative importance of slack maximisation and makespan minimisation to be specified by the user, something which will be of great value to the construction industry where the robustness of a schedule is particularly important. The distributed slack and makespan function makes use of a risk model, where the importance of different activities having slack can be specified. This increases the likelihood that critical activities will have slack in the final schedule, and will be of great value to project managers.

AFRIKAANSE OPSOMMING: Projekbestuur en skedulering word reeds jare lank nagevors en in die praktyk gebruik. Desnieteenstaande word industrieprojekte dikwels laat voltooi en die begrotings word beduidend oorskry. 'n Groot gaping bestaan tussen projekskedulering in navorsing en in die praktyk. 'n Selfs groter probleem is dat daar te min navorsing oor konstruksie-projekskedulering gedoen word, 'n besonder uitdagende veld. navorsing oor konstruksie-projekskedulering gedoen word, 'n besonder uitdagende veld. Die fokus van hierdie tesis val op skedulering van konstruksieprojekte. Verbeteringe in projekskedulering in navorsing kan die benodigde vooruitgang in die praktyk moontlik maak. Twee modelle sal ondersoek en vergelyk word. Die een maak gebruik van eksakte prosedures en die ander van optimering. As gevolg van die beperkings van eksakte prosedures sal die tesis fokus op die ontwikkeling van 'n model wat in staat is om projekskedules vir konstruksieprojekte te optimeer. Die raamwerk sal sodanig wees dat die oplossingsprosedure van optimering gebruik maak en die formaat sal dit moontlik maak om meer gevorderde doelwit-funksies te gebruik. Konstruksieprojekte is onderhewig aan gereelde veranderinge en twee doelwit-funksies word voorgestel om die robuustheid van die skedule te verhoog. Daardeur word die effek van vertragings op die projekskedule teengewerk. Beide funksies kan multi-doelwitte hanteer en is spesifiek geskik vir die konstruksieomgewing. Die funksies minimeer die konstruksie tydspan, terwyl dit ook die totale tyd-speling, óf die verspreide tyd-speling van aktiwiteite in die projek sal maksimeer. Die multi-doelwit formaat maak dit moontlik dat die relatiewe belangrikheid van tyd-speling maksimering en tydspan minimering deur die gebruiker gespesifiseer word. Dit kan 'n groot bydrae lewer in die konstruksie industrie waar die robuustheid van 'n skedule besonder belangrik is. Die verspreide tyd-speling en tydspan funksie maak gebruik van 'n risiko model waarin die belangrikheid dat verskillende aktiwiteite tyd-speling moet hê gespesifiseer kan word. Dit verhoog die waarskynlikheid dat kritiese aktiwiteite wel tyd-speling sal hê in die finale skedule en dit sal van groot waarde wees vir projekbestuurders.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/100843
This item appears in the following collections: