DIE RETORIESE ROL VAN LITER?RE FEESTE, MET TOESPITSING US WOORDFEES EN DIE AMSTERDAMSE WEERWOORDFESTIVAL Jacoba Catharina (Karin) L?tter Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad Magister in Afrikaans en Nederlands Universiteit van Stellenbosch Studieleier: Mede- Departement Afrikaans en Nederlands DIE R RI SE L N LIT EES T OESP OP DIE US RDF EN DI ERD WEER OR STIV deur co Ca ?tt s i deel eli en n rei gr in fr en an aan die Lettere en Sosiale Wetenskappe Un versi it an en Prof. D.P. van Zyl studieleier:Prof. T. Hauptfleisch De arte A rik Maart 2012 n So le kap , Verklaring Deur hierdie tesis/proefskrif elektronies in te lewer, verklaar ek dat die geheel van die werk hierin vervat, my eie, oorspronklike werk is, dat ek die alleenouteur daarvan is (behalwe in die mate uitdruklik anders aangedui), dat reproduksie en publikasie daarvan deur die Universiteit van Stellenbosch nie derdepartyregte sal skend nie en dat ek dit nie vantevore, in die geheel of gedeeltelik, ter verkryging van enige kwalifikasie aangebied het nie. Maart 2012 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za OPSOMMING Die liter?re fees, as tipe gebeurtenis wat toenemend nasionaal ?n internasionaal aangebied word, het tot dusver min aandag van navorsers geniet. Ten einde die sosio-kulturele funksie en krag daarvan in ?n gasheergemeenskap te probeer vasstel en te omskryf, asook om by te dra tot ?n meer omvangryke diskoers oor hierdie fenomeen, word bestaande teorie? oor feeste in die algemeen dus in hierdie studie as vertrekpunt gebruik en aangepas by liter?re feeste. Die hipotese is eerstens dat liter?re feeste ontstaan in reaksie op behoeftes in die gasheergemeenskap en tweedens dat die aanwending van retoriese strategie? in liter?re feeste ?n positiewe sosio-kulturele impak tot gevolg kan h?. Na aanleiding van Aristoteles se uitgangspunte oor die retorika word voorgestel dat die funksie en werking van liter?re feeste retories van aard is: Die organiseerders wil feesdeelnemers oorreed dat lees, skryf, debattering en vrye meningswisseling esteties, opvoedkundig en moreel waardevol is, om sodoende ?n groter belangstelling in en deelname aan liter?re aktiwiteite te probeer bewerkstellig. Die volgende teoretici se uitgangspunte word veral gebruik: di? van Itamar Even-Zohar oor die sisteemteorie, Gerard Hauser se toepassing van die retorika op ?n openbare sfeer, ritueelteorie? deur Victor Turner en Jeremy Boissevain, sowel as feesteorie? van Mikhail Bakhtin, Donald Getz, Henri Schoenmakers, Paul Kaptein, William Sauter, Don Handelman, Temple Hauptfleisch en Michael Kamp. Deur ?n vergelykende studie van die ruimer konteks, feesprogramme en ander relevante tekste wat deel uitmaak van twee liter?re feeste, naamlik die Universiteit Stellenbosch Woordfees en die Amsterdamse Weerwoordfestival, word nagegaan hoe hierdie feeste strategies en oorredend funksioneer deurdat beide liter?re ?n nie-liter?re elemente geselekteer (inventio) en gekombineer (dispositio) is om ?n sterker positiewe eventiserende betekenis oor te dra as in die alledaagse lewe. Die gevolgtrekking is dat effektiewe retoriese strategie? sterk afhanklik is van die konteks waarbinne feeste plaasvind. Die voortbestaan en volhoubaarbaarheid van liter?re feeste word veral bepaal deur die vestiging van ?n sterk eie identiteit; goeie bestuur (ook in krisisse); doeltreffende netwerke, asook deur die oorreding van beide teikengroepe ?n belanghebbers dat hulle wen deur die fees te ondersteun. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za SUMMARY The establishment of literary festivals as a type of event that is presented both nationally and internationally has expanded tremendously in recent years, but it has not as yet received the necessary attention to fully understand its impact on and sociocultural function in a host community. This thesis attempts to formulate a working definition for the phenomenon, in order to gain more insight in its sociocultural function and impact in a host community and thus to contribute towards a more substantial discourse on the subject. The hypothesis is firstly that literary festivals come into existence due to specific needs in the host society and secondly that the strategic application of rhetorical strategies have a positive sociocultural impact. It is argumented that literary festivals function according to the principles of Aristotle?s rhetoric, by convincing festival visitors that books, reading, writing, debating and freedom of speech are of great aesthetic, moral and educational value. The eventual aim is to cause festival visitors to show greater appreciation for literary texts, as illustrated by their increased participation in reading, writing and other literary activities. The following theories serve as points of departure: the system theory as expounded by Itamar Even-Zohar, Gerard Hauser?s application of rhetorics to the public sphere, the ritual theories of Victor Turner and Jeremy Boissevain, as well as festival theories by Mikhail Bakhtin, Donald Getz, Henri Schoenmakers, Paul Kaptein, William Sauter, Don Handelman, Temple Hauptfleisch and Michael Kamp. The programmes, festival contents and other relevant texts that form part of two selected literary festivals, i.e. the Stellenbosch University?s (SU) Wordfest (Woordfees) and the Amsterdam Weerwoordfestival, are scrutinised in order to prove that these festivals are strategically constructed to have a persuasive effect on festivalgoers. A festival?s survival and sustainability is determinated by its establishment of a strong own character; good management (also in times of crisis); effective networks; and the persuasion of both target groups and interest groups that supporting the festival is to their own advantage. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za BEDANKINGS Ek spreek graag my hartlike dank en waardering uit teenoor * my studieleier, prof. Dorothea van Zyl, vir die geleenthede wat sy vir my geskep het en sonder wie se waardevolle insette, geduld en opbouende kritiek hierdie studie nooit moontlik sou wees nie. * my medestudieleier, prof. Temple Hauptfleisch, vir sy noukeurige werk en bereidheid om in te spring as ?n objektiewe niebelanghebbende. * die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek, die Nederlandse Taalunie, die Stichting Studiefonds, die Van Ewijck-stigting, die Departement Afrikaans en Nederlands, die Vrije Universiteit van Amsterdam en die Universiteit Stellenbosch wat my finansieel ondersteun het deur die loop van my studie en wat my die uitsonderlike geleentheid gebied het om in Nederland te gaan navorsing doen. * die kundiges wat bereid was om tyd af te staan vir persoonlike onderhoude en entoesiasties insette gelewer het. * Marc Verstappen en Harri?tte Haasen van die Weerwoordfestival in Amsterdam op wie se hulp ek altyd kon staatmaak. * prof. Ena Jansen aan die Vrije Universiteit van Amsterdam vir die belangrike rol wat sy gespeel het om my navorsing by hierdie universiteit moontlik te gemaak het. * my liewe ouers, Andr? en Lenska, wat weereens hul onvoorwaardelike liefde bewys het deur my te bly ondersteun, help en moed inpraat, al het hulle soms die uitlaatkleppe vir my frustrasies geword. * Ouma Ina en Ouma Marie, my broers en skoonsussies, Ernest, Anelda, Frederik en Geraldine, op wie ek altyd kon staatmaak vir ondersteuning, bemoediging en belangstelling. * my vriende, wat my nie vergeet het toe ek vaal en antisosiaal geword het nie en wat my soms voor die rekenaar kom wegvoer het. * My Hemelse Vader wat my die krag en geleentheid gegee het om my studie te voltooi. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za INHOUDSOPGAWE INLEIDING I Afbakening van die studieterrein 1 II Die liter?re fees as teks binne die kader van Afrikaanse en Nederlandse literatuur 3 III Benadering van ?n wetenskaplike studie oor die US Woordfees met die feesdirekteur as studieleier 8 IIII Gevallestudies en metodologie 9 HOOFSTUK 1 14 Die (liter?re) fees as verskynsel: ?n teoretiese en historiese oorsig 1. Teoretiese oorsig 15 1.1 Kerndefinisies en eienskappe van feeste 15 1.1.1 Die fees binne ?n bepaalde konteks: die ontstaansredes 16 1.1.2 Die fees as semanties funksioneel: feesdoelwitte 19 1.1.3 Die fees as toonbeeld van ?n besondere struktuur: basiese eienskappe 21 1.1.4 Die fees as kommunikasiemedium: funksionele werking 24 1.1.5 Die fees as ?n samehangende geheel van taalgebruik 36 1.2 Verwante terme: fees teenoor karnaval, spektakel en ander gebeurtenisse 37 2. Die fees as (poli-)sisteem 40 3. Historiese oorsig 45 3.1 Globale oorsig 45 3.2 Nasionale oorsig 48 4. Deduksie: van feeste in die algemeen na ?n definisie vir liter?re feeste 52 4.1 Die segmentering van feeste 52 4.2 Van kunstefeeste tot liter?re feeste 55 4.3 Die liter?re fees 58 4.3.1 Suid-Afrikaanse liter?re feeste 59 4.3.2 Nederlandse liter?re feeste 63 4.3.3 ?n Bespreking van die resultate 66 4.3.4 ?n Model vir liter?re feeste 68 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za a) 'n Deduktiewe model vir feeste 68 b) 'n Deduktiewe model vir liter?re feeste 69 HOOFSTUK 2 72 Die liter?re fees as retoriese werktuig 1. ?n Sistematisering van die retorika: van Aristoteles tot Hauser 74 1.1 Aristoteles as grondlegger vir die hedendaagse toepassing van die retorika 74 1.2 Die ?nuwe retorika? as denkrigting sedert die twintigste eeu 75 1.3 Agtergrond tot Gerard Hauser se retoriese benadering tot die openbare sfeer 77 1.4 Die openbare sfeer: ?n toepassingsmodel van die ?nuwe retorika? 79 1.4.1 Hauser se perspektief op die openbare sfeer 79 1.4.2 Hauser se begrip van die retorika 82 1.4.3 Die retoriese eienskappe van die openbare sfeer 85 2. Die liter?re fees as retoriese werktuig 90 HOOFSTUK 3 104 Die retoriese werking van die Universiteit Stellenbosch Woordfees 1. Inleidend tot ?n vergelykende studie tussen die twee feeste 104 2. US Woordfees as liter?re fees en die retoriese aard daarvan 106 2.1 Die US Woordfees se interaktiewe verhouding met sy konteks 106 2.1.1 Die redes vir die oprigting van die US Woordfees 107 2.1.2 Omliggende sisteme en die US Woordfees as sisteem 109 a) Historiese agtergrond van Afrikaans op Stellenbosch 109 b) Huidige situasie 112 c) Bestaande inisiatiewe vir Afrikaans en Nederlands 116 d) Maatskaplike situasie, lees en geletterdheid 117 e) Sisteme wat bedoel is om geletterdheid te bevorder: die Woorde Open W?relde (WOW)-projek en andere 122 f) Kulturele eienskappe van debatvoering 125 g) Ekonomie 128 2.2 Die US Woordfees as ?n openbare gebeurtenis met literatuur as onderwerp 134 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 2.3 Die US Woordfees as ?n skeiding van die alledaagse lewensorde 141 2.4 Die doelwitte van die US Woordfees rakende die literatuur 145 a) Die bevordering van ?n lees- en skryfkultuur 146 b) Die skep van ?n bewussyn omtrent (veral Afrikaanse) liter?re werke 147 c) Die handhawing van liter?re netwerke tussen mense 149 d) Die stimulering van diskoers en debat oor aktuele sake 150 2.5 Die US Woordfees as platform vir ?n diverse versameling gebeurtenisse 152 2.6 Die US Woordfees as viering gerig op bepaalde belangegroepe as gemeenskap 155 3. Die impak van die US Woordfees 158 4. Slotsom 162 HOOFSTUK 4 164 Die retoriese werking van die Amsterdamse Weerwoordfestival 1. Weerwoordfestival as liter?re fees en die retoriese aard daarvan 164 1.1 Die Weerwoordfestival se interaktiewe verhouding met sy konteks 164 1.1.1. Die redes vir die oprigting en be?indiging van die Weerwoordfestival 165 1.1.2 Omliggende sisteme en die Weerwoordfestival as sisteem 168 a) Historiese agtergrond 168 b) Huidige situasie 168 c) Maatskaplike situasie, lees en geletterdheid 172 d) Ekonomiese posisie 176 e) Kulturele eienskappe van debatvoering 177 1.2 Die Weerwoordfestival as ?n openbare gebeurtenis met literatuur as onderwerp 178 a) Die oordrag van die literatuur as onderwerp 178 b) Openbare aard van die Weerwoordfestival 181 c) Weerwoordfestival as inklusiewe ontmoetingsplek wat meningsvorming stimuleer 182 1.3 Weerwoordfestival as ?n skeiding van die alledaagse 184 1.4 Die doelwitte van die Weerwoordfestival rakende die literatuur 189 a) Die skep van ?n bewussyn omtrent liter?re aktiwiteite 189 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za b) Die totstandbring en handhaaf van liter?re netwerke tussen mense 192 c) Vernuwing in die literatuur 193 d) Die stimulering van polemiek en debat oor aktuele sake 193 1.5 Die Weerwoordfestival as platform vir ?n diverse versameling gebeurtenisse 194 1.6 Die Weerwoordfestival as viering gerig op bepaalde belangegroepe 195 2. Die impak van die Weerwoordfestival 197 3. Gevolgtrekkings: ?n vergelyking van die twee feeste 199 SLOTSOM 204 BRONNELYS Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 1 INLEIDING I Die nasionale en internasionale toename in nuwe feeste (Getz, 1991:67; Kaptein, 1996:677) lok toenemend vrae uit oor die maniere waarop feeste ?n impak kan maak op gasheergemeenskappe en waaraan hierdie vermo? om byvoorbeeld sosiokulturele veranderinge te bewerkstellig, toegeskryf kan word (vgl. Saayman en Saayman, 2004, in Brits, Strydom en Van Zyl, 2007:223; Schoenmakers, 2007:27). Ondersoek wat fokus op die strategiese samestelling van spesifiek liter?re feeste en hoe dit daarop ingestel is om gemeenskappe te oorreed tot liter?re waardes, soos die belang van ?n lees- en skryfkultuur, is egter tot dusver op die agtergrond geskuif. In Suid-Afrika neem getalle ten opsigte van ??k hierdie feessoort egter tans byna jaarliks toe, wat ?n groei in belangstelling uitwys. Hierdie leemte op ondersoekgebied wil ek dus graag help aanvul deur middel van my navorsing en teoretisering, met ?n Afrikaanse en ?n Nederlandse fees, naamlik die Universiteit Stellenbosch (US) Woordfees en die Amsterdamse Weerwoordfestival, as ondersoekmateriaal. Die hipotese wat onder meer ondersoek word, is die mate waarin feeste ontstaan in reaksie op behoeftes in die gasheergemeenskap en hoe die aanwending van retoriese strategie? deur veral liter?re feeste daarop gerig is om ?n positiewe sosiokulturele impak tot gevolg te h?. Die Afrikaanse woord fees stem morfologies ooreen met die Nederlandse woord feest, maar dit geld nie volkome op semantiese vlak nie. Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (Odendal en Gouws, 2000:220) definieer fees as ?n ?geleentheid? of ?tydperk in die besonder gewy aan iets?, byvoorbeeld musiek. Alhoewel hierdie definisie in ?n groot mate ooreenstem met die betekenis wat die Nederlandse woordeboek Van Dale aan fees toeskryf, blyk dat die woord festival vir ?n openbare viering wat langer as een dag kan duur beter ooreenstem met die betekenis van fees in die konteks van hierdie tesis. Van Dale (Geerts en Heestermans, 1984:765) definieer festival as ?een geregeld terugkerende reeks van muziek-, toneel- en andere uitvoeringen in bepaalde verband?, byvoorbeeld die Holland Festival, teenoor feest wat eerder verwys na ?n ?[p]lechtige, vreugdevolle viering van een gedenkdag?, byvoorbeeld verlowings, troues of Kersfeesvierings (Geerts en Heestermans, 1984:762). Die Engelse festival, wat deur die South African Concise Oxford Dictionary gedefinieer word as ?a day or Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 2 period of celebrations? ?f ?an organized series of concerts, films, etc., typically [...] held annually in the same place? (Kavanagh, 2007:425), stem dus ooreen met sowel die Nederlandse gebruik van feest (een dag) as van festival, ?n met die Afrikaanse fees. Dit wil dus voorkom asof daar in Nederlands ?n onderskeid voorkom wat in Afrikaans en Engels ontbreek. Festival is in ieder geval die gebruiklike woord in Nederlands vir wat in Afrikaans fees en in Engels festival genoem word. Die Nederlandse dramaturg Paul Kaptein (1996:677) het die term festivalisering gemunt om die eksponensi?le groei in die totstandkoming van nuwe feeste sedert die 1970?s in Nederland te beskryf. Festival as Nederlandse leenwoord uit Engels het onder andere tot gevolg gehad dat Temple Hauptfleisch (2007:39) die term maklik na Engels kon vertaal as festivalising en steeds kon aansluit by die oorspronklike Nederlandse term. ?n Blote verbuiging van die Afrikaanse woord fees kan egter nie ewe gemaklik die betekenis van die oorspronklike term oordra nie, hoewel ?n mens miskien van festivisering sou kon praat. In hierdie tesis verkies ek egter festivalisering, soos deur Paul Kaptein (1996:677) gebruik. Feeste word beskou as ?n tipe event (naamlik enige openbare, opmerklike verskynsel, sien Getz, 1991:43) wat op hul beurt bestaan uit ?n versameling enkele events. Van Zyl et al (2007:226) gebruik die woord geleentheid as vertaling vir die Engelse event, maar ek verkies die woord gebeurtenis as verwysend na dieselfde konsep. Geleentheid roep myns insiens die assosiasie met opportunity op, teenoor gebeurtenis wat vertaal kan word as happening en dus nader aan die betekenis van ?n tipe kunsvorm of performance is. Temple Hauptfleisch (2007:39) stel voor dat feeste ?n eventifying effek het op hierdie enkele gebeurtenisse waaruit dit saamgestel word. Hiermee bedoel hy dat die feesopset ?n omgewing skep waarin feesgangers meer betekenis heg aan ?n gebeurtenis as wat buite hierdie konteks die geval sou wees. Eventify is ?n problematiese begrip om in Afrikaans te vertaal met gebeurtenis as uitgangspunt, wat nie met dieselfde betekenislading as werkwoord (gebeur) gebruik kan word nie.1 Die term eventiseer word dus gebruik om aan te sluit by die oorspronklike Engelse 1 Die Nederlandse woord teatraliseer sou moontlik wel oorweeg kon word in sommige situasies, maar dit voeg ?n melodramatiese element toe wat negatief gelees kan word, in plaas van positief soos die geval is met eventify. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 3 begrip eventify en dit sodoende herkenbaar te maak as behorende tot die bestaande Engelse diskoers rondom hierdie begrip. Di? vergelykende studie wil in die lig van bogenoemde graag ?n diskoers op gang help bring oor liter?re feeste as sodanig en hoe dit funksioneer om ?n sosiokulturele impak te maak op spesifiek die feesdeelnemers binne ?n gasheergemeenskap. Met die doel voor o? om die oorredingskrag van liter?re feeste te ondersoek, word onder meer nagegaan in watter mate die strategiese samestelling van spesifiek die US Woordfees 2009 en die Amsterdamse Weerwoordfestival 2009 in verband gebring kan word met die teoretiese uitgangspunte van die retorika, die basismodel wat reeds vanaf die 5de eeu voor Christus oorredingsmeganismes beskryf. Ek gaan onder andere uit van Aristoteles se bre? definisie van die retorika, naamlik die vermo? om die beskikbare oorredingsmiddele in elke saak te ontdek (Leeman en Braet, 1987:10), asook van Gerard Hauser (1999:18) se toepassing daarvan op ?n openbare ontmoetingsplek, naamlik die openbare sfeer. II Soos die titel aandui, ondersoek hierdie studie nie in die eerste plek ?n konvensionele liter?re teks binne ?n genre soos prosa, po?sie of drama nie, maar iets wat moontlik eerder ?n antropologiese verskynsel genoem kan word, naamlik feeste. Gevolglik mag dit vrae oproep of die ondersoeksveld binne of buite die kader van die vakgebied Afrikaanse en Nederlandse literatuur val. Naas die feit dat hierdie tesis ?n liter?r-historiese ondersoek wil bied na die impak van spesifiek liter?re feeste op deelnemers, kan feeste danksy die teksbegrip van postmodernistiese diskoers, wat onder andere ?n verruiming en grensoorskryding2 inhou rakende bestaande begrippe en vakgebiede, wel bestudeer word as strategies-saamgestelde tekste, met ?n struktuur en funksionele substrukture, wat die samelewing retories kan aanspoor tot verandering. Daar word verder ook verwys na die mate waarin hierdie tipe feeste steun op die retoriese strategie? van die literatuur en woordkuns of performance (podium)-literatuur3. 2 Steven Best en Donald Kellner (1991:135) noem dat die postmodernisme konvensioneel omskrewe grense bevraagteken deur dit te ?renounce, implode, deconstruct, subvert? en te parodieer. 3 Wilmar Sauter (2007:22) noem feeste ?n gewilde tuiste vir ?performance art? of podiumkuns, wat volgens hom selfs hier domineer. Liter?re performances en happenings dui op ?n teatralisering van die literatuur, sodat Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 4 Die postmodernistiese diskoers l? onder andere klem op die verskuiwing van belangstelling in gesentraliseerde na periferale ruimtes en die uitdagings vir gekanoniseerde beskouings en wetmatighede (vgl. Offermans, 1991, in Foster, 2001:16). Op grond van hierdie uitgangspunte word die liter?re fees dus as periferale terrein binne die literatuur ondersoek, terwyl meer gekanoniseerde en wetmatige beskouings van begrippe soos literatuur en teks geproblematiseer en verruim word sodat di? feeste ook in bepaalde opsigte as liter?re tekste beskou kan word. Deurdat feeste gewoonlik geassosieer word met ?n wye verskeidenheid aktiwiteite, kunsvorme en optredes, weerspie?l die wesensaard daarvan die postmodernistiese gees. Gepaardgaande met die opheffing van gevestigde grense en kategorie? is postmoderne kultuurvorme tipies eklekties en kombineer dit ?n ?host of different forms, often in playful and ironic ways? (Best en Kellner, 1991:135). Die begrip literatuur hoef nie beperk te word tot bloot die geskrewe tekste van byvoorbeeld gedigte of romans nie (vgl. Miller, 2002:2). Vooruitlopende op die postmodernistiese denkwyse, het Joeri Tynjanov (in Van Heusden et al., 2001:83) reeds in 1924 daarop gewys dat literatuur ?n evolusion?re fenomeen is wat nie tot een statiese definisie gereduseer kan word nie. Ook Joeri Lotman (in Van Heusden et al., 2001:153) problematiseer literatuur as begrip deur die grens tussen liter?re en nieliter?re tekste as beweeglik voor te stel. Die enigste voorwaardes wat hy wel aan liter?re tekste stel om dit te onderskei van nieliter?re tekste, is dat dit eerstens ?n estetiese funksie moet vervul deur oor verdere betekenis as slegs die natuurlike taal te beskik, en tweedens die interne struktuur en organisasie moet kan toon wat aandui op watter wyse die dubbele kodering (van natuurlike taal ?n verdere betekenis) vermag is. So ?n liter?re teks hoef nie noodwendig op ?n enkelwerk te dui nie, maar volgens Lotman (Van Heusden et al., 2001:160) kan selfs groeperinge binne die literatuur, byvoorbeeld ho? of lae literatuur, ?n periode binne die literatuur of ?n bepaalde genre, as liter?re tekste beskou word. Deurdat liter?re feeste gewoonlik gebruik maak van ?n korpus liter?re tekste wat baiemaal volgens tema verwant is aan mekaar en in verskillende manifestasies op die fees na vore literatuur die grense oorskry van die geskrewe teks deurdat skrywers hul werk as?t ware vir ?n publiek ?opvoer?. By die gewilde podiumpo?sie, waar digters hul gedigte voorlees, dramatiseer of toonset (vgl. Adendorff, 2005), word ?n groter publiek bereik deurdat die gebruik van popul?re kunsvorme soos rap-musiek ook nielesers bereik en bekendstel aan die literatuur - vergelyk Foster (2001:14-15), wat ook vind dat liter?re feeste (woordfeeste) aansluit by hierdie fenomeen, maar meermale eerder spreek van ?n ?ernstiger? sfeer (2001:15). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 5 gebring word, kan geredeneer word dat so ?n fees in sy geheel op dieselfde wyse as ?n liter?re teks funksioneer (sien Lotman, 1924, in Van Heusden et al., 2001:160). Ooreenkomstig met die eienskappe wat Lotman aan liter?re tekste toeskryf, beskik liter?re feeste eerstens oor ?n betekenislaag of filosofiese inhoud, wat ek onderneem om deur die loop van my studie te dekodeer, en tweedens oor die fundamentele strukture wat strategies saamgestel is om dit oor te dra, wat ek sal naspeur en bespreek in terme van die retorika- teorie. Hierdie betekenis wat in die liter?re feeste gekodeer is, sluit aan by Mikhail Bakhtin (1984:8, datum van eerste publikasie 1941) se waarnemings oor Middeleeuse feesvierings. Volgens hom beskik feeste oor ?n essensi?le en betekenisvolle filosofiese inhoud, of ?n ideologiese dimensie. Alhoewel die inhoud van liter?re feeste dus ooreenkomste toon met die literatuur, bestaan die vraag egter steeds of dit werklik as tekste beskou kan word. Dorothea van Zyl (1995:61) noem tereg dat die begrip teks ?n ondersoeker ?voor ?n mynveld van moontlike interpretasies? te staan bring en dus oopgestel kan word vir ruim opvattinge. Carstens (1991, in Van Zyl, 1995:61) het ?n teksdefinisie opgestel na aanleiding van 50 uitgangspunte. Hy het tot die slotsom gekom dat ?n teks ?n samehangende eenheid van taalgebruik is wat ?n besondere struktuur vertoon en ?n duidelike semantiese funksie vervul binne ?n bepaalde konteks, met die doel om kommunikatiewe kontak tussen mense moontlik te maak. Ook feeste is samehangend en gestruktureerd ten einde hul vooropgestelde doelwitte te verwesenlik (sien Henri Schoenmakers se bespreking van die fees as meta-gebeurtenis op p. 22). Beide die taalgebruik ?n struktuur kan waargeneem word in die geskrewe feesprogram en met betrekking tot die kenmerkende diversiteit aan optredes en produksies. Die semantiese funksie van liter?re feeste is myns insiens om deur die lok van sowel ge?nteresseerde as minder belangstellende feesgangers op ?n langer termyn liter?re waardes in te skerp by die gasheergemeenskap - die fees is dus van betekenis vir die gemeenskap. Ek gebruik die term liter?re waardes om te verwys na die beskouing van die literatuur (met gepaardgaande boeke en skrywers) as esteties, moreel en opvoedkundig essensieel vir sowel die individu as vir die samelewing as geheel. Ook ander teksteoretici dui daarop dat die aard van feeste wel versoenbaar is met die teksbegrip. Lotman (sien Van Heusden et al., 2001:153) verstaan die teksbegrip as iets wat Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 6 nie alleen dui op standhoudende media soos skriftelike of gedrukte tekste nie, maar ook op vervlietende media soos mondelinge en gedramatiseerde voorstellings. Feesvierings is tipies tydelik van aard en bestaan uit ?n diverse reeks aktiwiteite en opvoerings (Marris, 1987, in Getz, 1991:45) wat in di? studie as gebeurtenisse beskryf word. Volgens Roland Barthes (in Van Zyl, 1995:62) in sy poststrukturalistiese4 fase, is die teks nie beperk tot liter?re genres of die kunste nie, maar is dit ook op byvoorbeeld musiek, die beeldhoukuns en die skilderkuns van toepassing. Best en Kellner (1991:135) neem hierdie opvatting verder deur daarop te wys dat die poststrukturalistiese betekenis van die woord teks op enige kuns- of sosiale skepping kan dui wat konseptueel ge?nterpreteer kan word. Hiervolgens kan selfs geboue, landskappe en stede as tekste beskou word. Die verwagtinge wat teksteoretici aan tekste stel, kom meermale konkreet in feeste na vore. In Michael Hoey (2001:11) se Textual Interaction. An Introduction to Written Discourse Analysis definieer hy die teks as sigbare bewys van ?a reasonably self-contained purposeful interaction between one or more writers and one or more readers, in which the writer(s) control the interaction and produce most of (characteristically all) the language? (my beklemtoning). Alhoewel Hoey vir sy fokus in hierdie boek ?n definisie opgestel het vir die geskrewe diskoers en gevolglik verwys na ?writers? en ?reader(s)?, noem hy ook dat tekste nie uit die staanspoor geskrewe hoef te wees nie en dat die definisie dus aangepas kan word vir tekste in ?n ander formaat. Hierdie definisie maak voorsiening vir die aanwesigheid van meer as een sender en/of ontvanger van die betekenis wat oorgedra word. Die openbare en gemeenskapsgerigte aard van feeste bring myns insiens mee dat alle feeste in sommige opsigte as tekste beskou kan word, omdat daar sprake is van interaksie tussen die mense (kunstenaars, sprekers, e.a.) wat deur die feessamestellers aangewys is om op te tree en die publiek wat die fees bywoon. Die ontmoeting, sosiale ruimte (Barthes, 1977, in Van Zyl, 1995:62) of kommunikatiewe kontak (Carstens, 1991, in Van Zyl, 1995:61) in geskrewe tekste, waar kommunikasie kan plaasvind ten spyte van ?n fisiese afstand in tyd en ruimte tussen die senders en ontvangers van die boodskap, funksioneer dus meer abstrak as in die geval van feeste waar die sosiale ruimte moontlikhede vir meer konkrete ontmoetings en 4 Die poststrukturalistiese diskoers stel byvoorbeeld taal en narratiewe voor as eenhede wat onafhanklik is van ?n eksterne ?waarheid? of ?realiteit? as oorsprong tot betekenis. So ?n eenheid bestaan uit ?n struktuur of kode met onderdele wat in wisselwerking verkeer om betekenisinhoude te verskaf (vgl. Allen, 2003:66-69). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 7 kontak bied. Vir liter?re feeste geld hierdie definisie waarskynlik sterker as vir ander feesgeleenthede. Die aanbieders van en optreders by di? feeste se onderskeie gebeurtenisse wat duidelike semantiese betekenis(se) (Carstens, 1991, in Van Zyl, 1995:61) oordra, en dus as senders optree wat die ?purposeful interaction? (Hoey, 2001: 11) inisieer, is baiemaal skrywers en die ontvangers is dikwels mense wat lief is vir lees (lesers). Ook Roland Barthes (1986) se poststrukturalistiese voorstel van die skryfmatige teks, wat behels dat die leser van ?n teks nie ?n passiewe ontvanger is nie, maar self deelneem aan die betekenisskeppende proses (in Allen, 2003:88), reflekteer die rol van deelnemers aan ?n fees. Hierdie ?ontvangers? van die fees dra nie alleen by tot die betekenis van die fees deur die interpretasie wat hulle daaromtrent vorm nie. Omdat feesgebeurtenisse baiemaal op dieselfde tydstip plaasvind, inisieer en verwesenlik elke deelnemer ook letterlik sy eie, unieke ervaring van die fees deur self te selekteer watter gebeurtenisse om by te woon. Liter?re feeste tree dus op soos literatuur ?n as tekste, maar die verskeidenheid media waarvan feeste gebruik maak om te funksioneer, maak dit hoogs omvattende tekste. Teenoor die gedrukte dramateks wat byvoorbeeld nie opgevoer hoef te word om semanties funksioneel te wees nie, maar ook deur die verbeelding van lesers tot sy reg kan kom, is die gedrukte program van ?n fees onlosmaakbaar van die ?lewende? teks van gebeurtenisse om sy betekenis voldoende oor te dra. Die gedrukte feesprogram vind sy neerslag in die ?lewende? teks van gebeurtenisse, net soos die ?lewende? fees afhanklik is van die aanvullende betekenis wat in die program oorgedra word (sien Hoofstuk 1 vir ?n bespreking rakende die funksie van feesetikette soos die program). Die ?lewende? fees word deur Henri Schoenmakers (2007:28) as meta-gebeurtenis beskryf, omdat die substrukture daarvan ?n diverse reeks aktiwiteite en tentoonstellings is - s? kan uiteenlopende vermaaklikhede (gebeurtenisse), byvoorbeeld teaterstukke, fynproewery en fotografietentoonstellings, deel uitmaak van een feesprogram. Die feesprogram omvat egter nie noodwendig die volle betekenislading van elke gebeurtenis nie. Die groot omvang van ?n fees en die diverse partye wat daardeur betrek word, maak dat dit ook as sisteem funksioneer wat voortdurend interaktief is met ander sisteme binne ?n ruimer konteks. Alhoewel my uitgangspunt is om die fees as teks te bespreek, verwys ek ook na die sistemiese eienskappe daarvan. Vir die doeleindes van my studie word uitgegaan van Itamar Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 8 Even-Zohar se sisteembenadering. Hy (2005:1) definieer sisteme as ?networks of relations that can be hypothesized for a certain set of assumed observables (?occurrences?/phenomena)?. In aansluiting daarby dat die definisie veralgemenende terme soos netwerke, verhoudings en ??n sekere stel waarneembaarhede? insluit, is die velde waarbinne dit toegepas kan word, veelvoudig en bykans onbeperk. Die tesis sal verder uitwys dat die toename in liter?re feeste nie alleen ?n nasionale tendens is nie, maar dat dit aansluit by ?n internasionale eksponensi?le toename in die totstandkoming van nuwe feeste (Getz, 1991:67; Kaptein, 1996:677). Alhoewel verskillende vorme van feesvierings klaarblyklik reeds duisende jare deel vorm van die mensdom in sy verskillende hoedanighede (Falassi, 1987:1; Van Zyl, 2006:3), het die internasionale opbloei in feeste sedert die 1970?s (Boissevain 1992:10) en die nasionale opbloei sedert die 1990- erjare (Kamp, 2003:3; Visser, 2007:101; Kitshoff, 2006:3; Hauptfleisch, 2007b:80) nuwe belangstelling in die feesfenomeen aangevuur, sowel as ?n gepaardgaande behoefte aan navorsing op di? gebied (Saayman en Saayman, 2004, in Brits, Strydom en Van Zyl, 2007:223; Schoenmakers, 2007:27). Die twee feeste wat in hierdie studie ondersoek word, naamlik die Universiteit Stellenbosch (US) Woordfees (2009) en die Amsterdamse Weerwoordfestival (2009) is onderskeidelik in 2000 en 2005 tot stand gebring. III Die keuse van die US Woordfees as spesifieke gevallestudie bied heelwat voordele vir die studie, soos hierbo uitgestippel. Deurdat die Woordfeesdirekteur daartoe bereid was om as studieleier op te tree, is vrye toegang tot ongepubliseerde dokumentasie rakende die Woordfees verkry, terwyl haar kennis oor en ervaring van sowel die retorika as van die Woordfeesorganisasie ?n waardevolle meerwaarde kon bied tot die navorsing. ?n Potensi?le nadeel was egter dat vrae oor die objektiwiteit van uitsprake en gevolgtrekkings tereg opgeroep kon word weens haar direkte belange by die fees. Ten einde vrese van hierdie aard te besweer, is die teaternavorser en feeskenner Temple Hauptfleisch genader om as ?n mede-studieleier op te tree, en kon die studie ook baat by sy spesifieke kundigheid in teater- en feesnavorsing. IIII Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 9 Die hoofsaaklik Afrikaanse US Woordfees word met die Nederlandse Weerwoordfestival vergelyk vanwe? die semantiese en kultuurhistoriese bande tussen Nederlands en Afrikaans en omdat beide feeste die ?woord? in sy vele verskyningsvorme sentraal stel. Hierdie gevallestudies werp lig op die mag van liter?re feeste as fenomeen wat die potensiaal het om ?n retoriese impak op die gasheergemeenskap uit te oefen. Deur spesifiek op die tiende US Woordfees (2009) te fokus (wel met inagneming van vorige en latere Woordfeeste) en dit te vergelyk met die vyfde (en laaste) Amsterdamse Weerwoordfestival (2009), word nagegaan hoe die strategie? wat met betrekking tot die onderskeie feeste nagespeur kan word, aansluit by sentrale doelwitte wat die feesbestuurders geformuleer het. Hierdie strategie? word bestudeer en bespreek aan die hand van veral die retorika as teoretiese uitgangspunt. Die Stellenbosse Woordfees is aanvanklik as studie-onderwerp gekies omdat dit allerwe? beskou word as die belangrikste liter?re fees in die land, en die Weerwoordfestival, omdat dit uit my navorsing in Nederland geblyk het dat die profiel daarvan die meeste ooreenstem met di? van die US Woordfees. Die feit dat die Weerwoordfestival (soos later bespreek) na die vyfde fees ophou bestaan het, kon op daardie stadium nie voorspel word nie. Dit het egter gelei tot relevante vrae oor die redes waarom ?n gevestigde fees in ?n meer welvarende land tot niet kon gaan, terwyl ?n ander fees in ?n veel minder welvarende land in dieselfde finansieel-problematiese tydperk juis gefloreer het. Die Woordfees se eerste deurnagfees, naamlik die Nag van Passie, is aangebied op 17-18 Maart 2000 (sien Hoofstuk 3 vir die geskiedenis van die fees). Die oorspronklike feesmissie bly steeds behoue en word as volg verwoord (Van Zyl en Rosenstrauch, 2009:2): Die Woordfees van die Universiteit Stellenbosch is ?n viering van die woord binne sy konteks en in soveel vorme moontlik - soos po?sie, prosa, debat, verskillende vorme van drama en musiek. Die fokus val op Afrikaans, maar ander tale waarmee geografiese of ander verwantskappe bestaan (onder meer van Afrika en die Nederlande) is ook welkom. Die fees is gerig op studente, skoliere en die publiek en wil so inklusief moontlik wees. In aansluiting by Bakhtin, wat die totstandkoming van nuwe feeste regdeur die geskiedenis koppel aan ?moments of crisis, of breaking points in the cycle of nature or in the life of society and man? of aan stadiums van ?change and renewal? (1984:9), het die US Woordfees ontstaan binne ?n Suid-Afrikaanse konteks waarin kommer geheers het oor die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 10 onderontwikkelde leeskultuur (Bonthuys, 2000:16) en die onverteenwoordigende posisies van die ander offisi?le landstale (teenoor Engels), wat toenemend vir hul bestaansreg en reg as onderrigtaal vir moedertaalsprekers moes veg (Ideaal van ?n lesende nasie, 2000:12). Die Woordfees is in 2009 vir die tiende keer aangebied en het in die tydperk sedert 2000 gegroei tot een van die grootste liter?re feeste in Suid-Afrika ?n Afrika (Van Zyl en Myburgh, 2010:1). In hierdie lig word di? fees as instrument tot taalbemagtiging en die uitbreiding van ?n leeskultuur ondersoek. Die feesprogramme van die US Woordfees en die Weerwoordfestival in 2009 word bestudeer as retoriese tekste wat strategies saamgestel is om die publiek te lok en ten opsigte van bepaalde liter?re waardes te oorreed. In die proses word die US Woordfees se eiesoortige samestelling ? ten einde teikengroepe binne bepaalde kulturele, historiese, sosiale, ekonomiese en politieke kontekste met betrekking tot liter?re waardes te oorreed ? vergelyk met ?n fees wat ooreenkomstige doelwitte en kulturele raakpunte het, maar binne ?n totaal ander konteks plaasvind. ?n Liter?re fees binne ?n ontwikkelende land (Suid-Afrika) word dus vergelyk met ?n soortgelyke fees binne ?n ontwikkelde land (Nederland). ?n Sekond?re resultaat hiervan sou selfs verdere kulturele kruisbestuiwing kon wees, met moontlikhede tot wedersydse aanvulling en uitbreiding. Die Weerwoordfestival is vanaf 2005 tot 2009 aangebied as produk van die gunstige liter?re sisteem in Amsterdam. Binne ?n konteks van ?n veel sterker liter?re kultuur as in Suid-Afrika, was die oorredende rol van hierdie fees dus veral om die waarde van literatuur te herbevestig en vrye meningswisseling binne ?n denkende nasie se openbare diskoers te promoveer (sien bespreking in Hoofstuk 4). Hierdie fees se doel om debat en polemiek oor aktuele kwessies te stimuleer, word veral ondersoek. Enige vergelyking tussen feeste en die doelwitte daarvan is n?? gekoppel met ?n ondersoek na die afsonderlike kontekste waarbinne hulle ontstaan en funksioneer. Behalwe dat die kulturele konteks ?n vormende invloed op ?n fees het deurdat dit bepaal hoe enige fees ontvang en ge?dentifiseer word (sien byvoorbeeld Cremona, 2007:5) en dat die strategie? wat vir retoriese oorreding toegepas word slegs suksesvol sal wees indien dit korrespondeer met die situasie en kulturele verwysingsraamwerk waarbinne dit funksioneer (vgl. Leeman en Braet, 1987:46), oefen ?n hele spektrum ander sosiale konstruksies of sisteme in die feesomgewing ?n vormende invloed uit. Die manier waarop ?n fees funksioneer, kan slegs Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 11 verklaar word indien daar ook ondersoek ingestel word na die historiese agtergrond, die politieke klimaat, die maatskaplike situasie en die ekonomiese posisie met betrekking tot die feesomgewing. Alhoewel hierdie aspekte streng gesproke buite die fokusarea van my tesis val, noop die belang daarvan my tot ?n kort oorsig van die onderskeie kontekste waarin die US Woordfees enersyds en die Amsterdamse Weerwoordfestival andersyds funksioneer. Die kombinasie van hierdie invloedryke sisteme gee nie alleen aanleiding tot die ontstaan van nuwe feeste nie, maar bepaal ook grootliks feeste se moontlikhede ?n beperkinge ten opsigte van retoriese strategie?. In ?n poging om hierdie dinamika binne die feesomgewing te illustreer, maak ek gebruik van Itamar Even-Zohar se polisisteemteorie. Die doel van die polisisteemteorie is om ?n sisteem as dinamies en heterogeen voor te stel en die kompleksiteit van die strukture waaruit dit bestaan, te benadruk. Hiervolgens bestaan ?n samelewing uit ?n spektrum sisteme wat voortdurend wedywer, mekaar be?nvloed en vorm. Die werking van ?n sisteem, byvoorbeeld ?n fees, kan dus nie in isolasie bestudeer word nie, maar kan slegs verstaan word indien die omliggende sisteme waarmee dit wedywer ook in ag geneem word (Even-Zohar, 2005:3-4). Die teorie benadruk vanuit die staanspoor die veranderlikheid van sisteme en daarom kan die resultate van polisistemiese ondersoeke slegs geldig wees indien daar na ongeveer dieselfde tydstip in die geskiedenis verwys word (Even-Zohar, 1990:13). Die resultate wat vergelyk word, hou dus verband met sowel die datums waarop die onderskeie feeste ontstaan het, as met die datums waarop die feeste onder bespreking plaasgevind het (2009). Uit my bronnesoektog tot dusver het dit geblyk dat daar heelwat ondersoeke bestaan na feeste as sodanig (sien bv. Brits, Strydom en Van Zyl, 2007:223). Vir my doeleindes word meestal (naas retoriese teorie?) gebruik gemaak van teorie? oor feeste deur navorsers soos Mikhail Bakhtin, Donald Getz, Henri Schoenmakers, Paul Kaptein, Wilmar Sauter, Don Handelman, Temple Hauptfleisch en Michael Kamp; sowel as van die ritueelteorie, soos geformuleer deur Victor Turner en Jeremy Boissevain. Ek het wel geen liter?re ondersoeke of navorsing gevind wat die werking van feeste verklaar met behulp van die retorika-teorie nie. Die toepassing van die retorika is egter by uitstek geskik vir my ondersoek, saam met die polisisteemteorie, omdat die retorika eweneens met ?n ruim teksbegrip werk. Van Gorp (1993:344) definieer die retorika as die teorie van en Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 12 opleiding tot versorgde (ars bene dicendi) en oortuigende (ars persuadendi) redevoering. Soos met Aristoteles se definisie van die begrip, as die vermo? om in elke saak die beskikbare oorredingsmiddele te ontdek, word die oorredende krag daarvan dus benadruk, maar volgens hom word s? ?n teks boonop gemeet aan die mate waartoe dit versorg is. Van Gorp brei ook die retorika uit volgens die toepassingsmoontlikhede daarvan. Hy onderskei twee kategorie? met betrekking tot die retorika: een wat riglyne bied aan die spreker (opleiding) ?n een wat ?n ondersoekmodel bied om teks-verankerde retoriese strategie? in retrospek na te speur. Vir my doeleindes maak ek eerder gebruik van die term retorika as van retoriek, aangesien laasgenoemde slegs fokus op die spreker (of sender as bre?r begrip) en riglyne bied omtrent die tegniese vaardighede wat hy benodig om sy toespraak so strategies moontlik uit te bou (vgl. Jansen en Witteveen, 1991, in Van Zyl, 1995:58). Gerard Hauser het Aristoteles se definisie van die retorika as ruim begrip toegepas op die openbare sfeer as inklusiewe ontmoetingsruimte waar diskoers plaasvind om ?n openbare mening te vorm. Omdat die eienskappe van die openbare sfeer raakpunte het met di? van ?n liter?re fees, en veral met gebeurtenisse wat omgaan met diskoers en debat oor aktuele sake, word Hauser se teorie betrek om die retoriese werking van hierdie gebeurtenisse beter te begryp. Die sosiokulturele doelstellings van liter?re feeste in die twee gevallestudies word dus nagegaan, sowel as die prosesse wat in 2009 gevolg is om dit te verwesenlik. Samevattend: ?n Postmodernistiese benadering tot die begrippe teks en literatuur toon dus dat feeste, en veral liter?re feeste, kan optree as liter?re tekste. Hiervolgens het feeste ?n estetiese en filosofiese inhoud naas natuurlike taal (literatuur) en vertoon dit tekstuele eienskappe soos ?n samehangende geheel van taalgebruik, ?n besondere struktuur, (?n) duidelike semantiese funksie(s) binne ?n bepaalde konteks en maak dit kommunikatiewe kontak tussen mense moontlik. Die konteks waarbinne ?n fees plaasvind, is belangrik om in ag te neem juis omdat dit die moontlikhede daarvan bepaal (op watter maniere die fees ?n positiewe invloed op die omgewing kan uitoefen, deur byvoorbeeld die deelnemers met betrekking tot liter?re waardes te oorreed), sowel as die bedreigings en uitdagings wat dit inhou (byvoorbeeld hoe beskikbaar fondse is om die voortbestaan van die fees te verseker). Deur eerstens ondersoek in te stel na die generiese eienskappe van feeste en dit te bespreek volgens die genoemde tekstuele eienskappe, word ?n definisie vir feeste, en uiteindelik Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 13 liter?re feeste, in Hoofstuk 1 vasgestel. In Hoofstuk 2 word die teorie van die retorika nagegaan om te bepaal in watter mate die oorredende werking van feeste daarmee versoenbaar is. Die hipotese van my tesis, naamlik dat liter?re feeste eerstens ontstaan in reaksie op behoeftes in die gasheergemeenskap as konteks, en tweedens dat die aanwending van retoriese strategie? in liter?re feeste ?n positiewe sosiokulturele impak tot gevolg kan h?, word getoets deur middel van twee gevallestudies. Hoofstuk 3 behels ?n meer omvattende bespreking van die US Woordfees 2009 as ?n retoriese teks binne die Suid- Afrikaanse (Stellenbosse) konteks en in Hoofstuk 4 word die Weerwoordfestival 2009 se oorredende (retoriese) werking binne ?n Nederlandse (Amsterdamse) konteks bespreek. Ter afsluiting volg die samevatting en slotopmerkings. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 14 HOOFSTUK 1 Die (liter?re) fees as verskynsel: ?n teoretiese en historiese oorsig As gevolg van die tekort aan navorsing oor die fokusarea van my ondersoek, naamlik die werking van liter?re feeste en die sosiokulturele impak daarvan, steun ek op die algemene insigte van feesteoretici as vertrekpunt om eers die ?fondamente? waarop feeste in die algemeen gebou is, na te gaan, en daarn? te probeer vasstel hoe liter?re feeste di? beginsels toepas. Die hedendaagse gebruik (sien Getz, 1991:54) is om ?n fees te benoem op grond van sy fokus5 ten einde dit sodoende te posisioneer tussen ander feeste. Die doelwitte wat met ?n fees gepaardgaan, spesifiseer in samehang met die fokus daarvan die maniere waarop die fees die waardes van sy omgewing reflekteer en hoe dit positiewe verandering wil bring deur byvoorbeeld mense se aksies te be?nvloed. Hierdie doelwitte is gewoonlik nou verwant aan die ontstaansredes vir die fees. Ter inleiding tot my bespreking oor die wyse waarop liter?re feeste gebruik kan word as instrumente om doelwitte te verwesenlik deurdat dit retories- saamgestelde konstruksies is (Hoofstuk 2), werp hierdie hoofstuk lig op die redes vir die ontstaan van nuwe feeste, die doelwitte wat aanvanklik gestel word en op die funksionele werking daarvan in die praktyk. Daar word ook verwys na die polisistemiese aard van feeste deurdat hulle optree as produkte van ?n instrumente binne hul omgewings. Volgens Getz (1991:189) kan alle feeste se doelwitte in ten minste vyf kategorie? verdeel word. Ek beperk my ondersoek tot een van Getz se kategorie?, naamlik di? oogmerke wat sosiokultureel van aard is en ?n filosofiese inslag het - in die sin dat dit die feesdeelnemers tot bepaalde waardes wil oorreed. Die drie tipes oogmerke wat volgens Getz in hierdie 5 Met fokus word verwys na die veld van belange waarom die fees gesentreer is. Ek verkies hierdie begrip bo Donald Getz (1991:54) se gebruik van tema vir dieselfde konsep, omdat laasgenoemde ander, verwarrende assosiasies oproep. Alhoewel tema onder andere kan verwys na die ?onderwerp ter bespreking? (Odendal et al., 2000:1148), word dit ook dikwels in feesverslae gebruik om na die jaarlikse veranderende subtema te verwys. Die fokus van die Woordfees, byvoorbeeld, om (veral) die Afrikaanse woord in sy vele uitdrukkingsvorme te vier, het nog sedert die ontstaansjaar in 2000 onveranderd gebly, maar die tema (vgl. Rosenstrauch, 2009:2,13) word elke jaar verander. S? was die ?tema? van Woordfees 2009 ?Lag-lag tien jaar!? en in 2010 ?Baljaar?. Myns insiens staan die veranderende tema van ?n fees dus in diens van die feesfokus, wat basies onveranderd bly. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 15 kategorie voorkom, is as volg: ?[t]o foster the arts and sports and create leisure opportunities? deur feesgangers meer bewus te maak daarvan en die deelname aan hierdie aktiwiteite te verhoog; ?[t]o promote heritage conservation? en ?[t]o foster community support and pride? (Getz, 1991:189). Paul Kaptein (1996:677) noem dat die kultuurverwante doelwitte van feeste as van di? belangrikste geag word in die internasionale feesdiskoers en dat dit die bestaan van honderde Europese feeste regverdig. Die ander vier kategorie? wat Getz voorstel, word egter in hierdie ondersoek buite rekening gelaat: organisasie-verwante doelstellings soos die vestiging van netwerke en die uitbreiding van politieke ondersteuning; ekonomiese en finansi?le uitgangspunte (om byvoorbeeld ?n positiewe ekonomiese impak op die omgewing te h?); toerisme- en bemarkingsge?rienteerde oogmerke (om byvoorbeeld maniere te vind om besoekers langer te laat bly) en omgewingsverwante motiverings (om byvoorbeeld ?n bydrae tot die gemeenskap se infrastruktuur te lewer (Getz, 1991:189). Die volgende teoretiese en historiese oorsig bied ?n samevatting van prominente navorsing wat oor die werking van feeste gedoen is en gaan in op die wyse waarop hierdie feeste tot dusver diverse rolle in die geskiedenis gespeel het. Ten einde die teoretiese bespreking van feeste te rig op die res van my ondersoek, is di? deduktiewe benadering tot feeste daarop gerig om vas te stel hoe liter?re feeste geposisioneer is tussen ander feeste. 1. Teoretiese oorsig 1.1 Kerndefinisies en eienskappe van feeste In aansluiting by die inleidende bespreking van die fees as teks word Carstens se teksdefinisie in hierdie hoofstuk ?vertaal? met betrekking tot die feesopset, ten einde ?n skematiese oorsig te bied van die basiese eienskappe van feeste, asook van die redes waarom dit ontstaan, die impak wat dit op ?n gemeenskap uitoefen en die moontlike formule(s) wat die fees se funksionering bepaal. Daar word ook vasgestel hoe feeste onderskei kan word van ander openbare gebeurtenisse (as vertaling vir die term event) soos karnavalle en skouspele (as vertaling vir die Engelse term spectacle). Deur die ondersoek in hierdie hoofstuk wil ek onder meer probeer vasstel of feesdoelwitte die werking van feeste be?nvloed en, indien wel, in watter opsigte. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 16 Daar word voorts ge?llustreer hoe Carstens se ruim afbakening van tekste toepaslik is op enkelfeeste, wat ook kan optree as ?n ?samehangende geheel van taalgebruik wat ?n besondere struktuur vertoon en ?n duidelike semantiese funksie vervul binne ?n bepaalde konteks met die doel om kommunikatiewe kontak tussen mense moontlik te maak? (Carstens, 1991, in Van Zyl, 1995:61). 1.1.1 Die fees binne ?n bepaalde konteks: die ontstaansredes Die konteks waarna Carstens verwys as onafskeidbaar van tekste is van besondere belang vir enige fees. Vicki Ann Cremona (2007:5-6) ag die kulturele konteks s? belangrik dat sy dit sentraal stel in haar definisie van feeste. Volgens haar is ?n fees ?n openbare gebeurtenis wat in ?n spesifieke kultuur geplaas word. Daardeur word eienskappe daaraan toegeken wat bepaal hoe dit ontvang en ge?dentifiseer word (eie kursivering). Kulture kan vormende invloede op die konstruksie van feeste uitoefen deurdat tradisionele of heersende idees rondom die estetika by feesprogramme ge?ntegreer word (Sauter 2007:19). Navorsers soos Henri Schoenmakers (2007:27) vind dat feeste moeilik tot een definisie beperk kan word. Die redes wat hy hiervoor aanvoer, is eerstens dat die konsep nog nie analities genoeg benader is nie en tweedens dat die aard van feeste kultuurgebonde is. Die woord kultuur word hier gebruik as verwysend na ?n spesifieke gemeenskap se gesamentlike kennis, denkwyses, ondervinding, oortuigings, waardes, houdings, en betekenis wat aan simbole geheg word. Alhoewel gemeenskapsbehoeftes ook wel kultuurgebonde k?n wees, is dit egter nie noodwendig oorheersend nie. Beide die US Woordfees en die Amsterdamse Weerwoordfestival gee byvoorbeeld (onder andere) blootstelling aan die woord in sy verskillende hoedanighede en met oorwegend gelyksoortige strategie?. Dit blyk dus dat daar wel ooreenkomstige denkwyses tussen hierdie twee verskillende kulturele groepe uit lande op ?n afstand van mekaar kan wees (sien Hoofstuk 3 en 4 vir die bespreking). Die werking van spesifiek liter?re feeste verskil dus nie noodwendig so ingrypend in verskillende ?geografiese? kulture en kontekste nie, want daar kan steeds sprake wees van ?n internasionale liter?re kultuur. Hiervolgens kan mense, ten spyte van kulturele herkomste wat byvoorbeeld verskille in kennis en ondervinding tot gevolg kan h?, wel ?n liter?re kultuur deel omdat hulle dieselfde dink oor literatuur (en dieselfde positiewe waarde daaraan heg). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 17 Behalwe die kulturele konteks, kan die manier waarop die fees funksioneer ook nie geskei word van ander kontekstuele invloede nie, soos die ekonomiese klimaat (vgl. Sauter 2007:19), die historiese agtergrond, die politieke omstandighede en die maatskaplike situasie (soos die stand van opvoeding) nie. Farber (1983) huldig ?n soortgelyke siening, deur te argumenteer dat ?n studie van gebeurtenisse soos feeste informasie kan verskaf omtrent die simboliese, ekonomiese, sosiale en politieke lewe van ?n gemeenskap (sien Getz, 1991:56). Ook Wilmar Sauter (2007:18) noem dat enige gebeurtenis nie slegs ?n byeenkoms tussen mense, of tussen optreders en hul toeskouers is nie, maar dat dit ook aansluit by die ?kompleksiteite? van die gemeenskap waarin dit plaasvind. Mikhail Bakhtin (1984:9) is van mening dat die ontstaan van nuwe feeste ?n reaksie is op bepaalde omstandighede in die gasheergemeenskap. Volgens hom is die oprigting van nuwe feeste (soos genoem in die Inleiding) deur al die fases van historiese ontwikkeling gekoppel aan ?krisismomente? of ?breekpunte? in die natuurlike of kulturele siklus: Moments of death and revival, of change and renewal, always led to a festive perception of the world. These moments, expressed in concrete form, created the peculiar character of the feasts. Deur te praat van ?krisismomente? en ?breekpunte?, laat Bakhtin dit klink asof feeste ontstaan in gemeenskappe wat moontlik bedreig voel deur nuwe omstandighede (dus ongewenste veranderinge), maar die positiewe (of niebedreigende) assosiasie wat met ?revival? en ?renewal? gepaard kan gaan, laat dit ??k lyk asof feeste kan ontstaan in tye waarin welkome niebedreigende veranderinge gevier word. My gevolgtrekking ten opsigte van feeste se sosiokulturele impak is dat dit dus met betrekking tot beide tipe omstandighede beskou kan word as gemeenskapsinstrumente wat aangewend kan word om ?n gees van optimisme te kweek - ?f om ?n gevoel van hoop te bied, ?f om die gemeenskap positief te stem teenoor veranderende omstandighede en herlewing. Paul Kaptein (1996:678) wys egter, in ?n meer oppervlakkige opmerking, daarop dat ?n fees ook opgerig kan word met die doel om as ?n statussimbool te dien vir die gemeenskap. Hy noem dat ?[v]rijwel ieder zichzelf respecterende stad [...] een eigen festival? organiseer. Dit bevestig die positiewe konnotasies wat die woord fees binne verskillende kontekste oproep (sien die Inleiding). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 18 Die vormende rol van die feeskonteks word verder benadruk in Don Handelman (1982:166) se beskrywing van feeste as iets wat dikwels die ?overall unity and integration of [the] cosmic and social order? vier. Die fokus van feeste kan sakraal (verbind met die ?kosmiese orde?) ?f profaan (verbind met die ?sosiale orde?) van aard wees - Handelman se waarnemings sluit beide moontlikhede in. Volgens hom word ?afbeeldings? of representasies van die gemeenskapsituasie buite die feesopset gebruik om die deelnemers se houdings daarteenoor te be?nvloed: Within [the festival], perhaps at its core, are revealed symbols [...] of extreme significance to all participants. These may be re-enactments of common myths of origin, sacred relics to the basic indivisibility of group members and their relation to the cosmos, or symbols which venerate a communal sense of cultural and historical identity. Vir die doel van my ondersoek verwys ek slegs na die profane uitwerking van feeste, dit wil s? Handelman se voorstel dat hierdie simbole uit die alledaagse lewe die deelnemers be?nvloed deurdat dit ?n homogene kulturele en historiese identiteit tussen hulle wil vestig. Handelman se omskrywing van ?n simbool as iets wat kan voorkom in die vorm van handelinge wat ?n skynbare gemeenskaplike kwessie tussen die deelnemers voorstel (?re- enactments of common myths of origin?) en dan besondere betekenis vir feesdeelnemers inhou; wat onderdele is van die basiese onverdeelbaarheid van groepslede, of wat ?n gemeenskaplike sin van kulturele en historiese identiteit skep, stem in ?n groot mate ooreen met die definisie van symbool as ?n ?[v]orm van indirecte betekenistoekenning die een beeld (een voorwerp, handeling, een gebaar [...]) verbindt met een begrip? in Van Gorp et al (1993:388). ?n Kulturele simbool verwys na betekenis wat teen die agtergrond van ?n bepaalde kultuur ge?nterpreteer word en dus nie binne enige gemeenskap aan ?n spesifieke saak geheg sal word nie (Van Gorp et al., 1993:388). Op grond hiervan kan afgelei word dat konkrete handelinge tydens ?n fees kan verwys na gemeenskaplike betekenisse (of kwessies) binne die alledaagse lewe van die kulturele gemeenskap wat aan die fees deelneem en dus ?n simboolwaarde kan aanneem binne die feeskonteks. Die betekenis wat aan konkrete sake in die werklikheid buite die fees gegee word, word dus as representasies gebruik om deelnemers se opvattinge daaroor te be?nvloed. Laasgenoemde konsep word deur Victor Turner (1985:84) as ?social dramas? beskryf. In ?n verdere bespreking oor die werking van feeste (p. 27-30) word gekyk na die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 19 verskillende eienskappe wat hierdie representasies kan aanneem en hoe dit die deelnemers tot verskillende insigte wil bring. Die representasies vind dus binne die feesopset plaas, wat dit skei van die ?werklike? w?reld waar dit oorspronklik voorkom. Die deelnemers se kennis omtrent die fees se omliggende konteks (of voorgrond, Cremona, 2007:5) is dus belangrik om verskynsels op ?n fees te verstaan. Feeste is dus (samevattend) enersyds produkte van die kulturele (in die sin van onder andere tradisies en heersende idees rondom die estetika), ekonomiese, geskiedkundige, politieke, maatskaplike ?n ander kontekste waarbinne dit plaasvind, en word terselfdertyd andersyds opgerig om te dien as gemeenskaplike instrumente wat ?n invloed uitoefen op dieselfde gemeenskap. Feeste kan dus ?n sosiokulturele impak op die gemeenskapslede uitoefen wat aan die fees deelneem deur die alledaagse bestaan op verskillende maniere te representeer en sodoende hul siening daaromtrent te be?nvloed. Verandering in enige aspek van die gemeenskapsbelange, hetsy van bedreigende, positiewe ?f bloot aktuele aard, kan aanleiding gee tot die oprigting van ?n nuwe fees om die gemeenskapslede positief te stem. In sommige gevalle ontstaan feeste om as ?n statussimbool vir ?n gemeenskap en sy omgewing te dien. 1.1.2 Die fees as semanties funksioneel: feesdoelwitte Hoewel die vooropgestelde doelwitte van ?n fees uiteenlopend van aard kan wees, kan deur ?n fokus op die sosiokulturele doelwitte getoon word dat feeste die semantiese funksie kan vervul om waardes aan feesdeelnemers oor te dra deur kulturele simbole (in enige kunsvorm) te vier en te verkondig. Die belangrikste teorie in hierdie verband is di? van Mikhail Bakhtin (1984:8): The feast had [sic] always an essential, meaningful philosophical content. No rest period or breathing spell can be rendered festive per se; something must be added from the spiritual and ideological dimension. They must be sanctioned not by the world of practical conditions but by the highest aims of human existence, that is, by the world of ideals. Without this sanction there can be no festivity. Wilmar Sauter (2007:24) bevestig Bakhtin se waarneming dat feeste oor ?n betekenisvolle inhoud moet beskik deur voor te stel dat feeste opvoedkundige, morele, estetiese en ander waardes behoort te bied. Alessandro Falassi (1987:2) benadruk dat die waardes wat deur ?n fees gevier word, verwant is aan die simboliese betekenis van die fees en dat dit ?n sosiale Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 20 funksie vervul, omdat hierdie waardes deur die gemeenskap herken en erken kan word as essensieel vir hul ideologiese en w?reldbeskouing, hul sosiale identiteit, historiese vooruitgang en selfs vir hul fisiese oorlewing. Feeste se semantiese funksionaliteit word ook benadruk deur verskeie navorsers wat uitwys watter impak feeste op deelnemers het. Beide Hall, 1989 en Getz, 1997, (in Allen, O?Toole et al., 2002:21) maak melding van die direkte sosiale en kulturele impak van gebeurtenisse soos feeste op deelnemers en op die res van die gasheergemeenskappe. In ?n ideale situasie neem politici die besluit om ?n feesorganisasie te ondersteun as ?n strategiese manier om kulturele resultate in die samelewing te verkry (vgl. Sauter, 2007:23). Behalwe die waardes wat deur middel van feesvierings aan die deelnemers daarvan oorgedra word, speel dit dus ook ?n noemenswaardige rol in die gemeenskap waarin dit plaasvind. Die Nederlandse dramaturg Paul Kaptein (1996:677), wat feeste ook as ?culturele machtsfactoren? beskryf, gebruik die term festivalisering om te dui op die internasionale en Nederlandse eksponensi?le groei in feeste sedert die 1970?s. Michael Kamp (2003) pas in sy magisterverhandeling aan die Universiteit van Amsterdam getitel Festivalisering: Een culturele stem van het Zuid-Afrika van vandaag, die term spesifiek toe op die rol van Suid- Afrikaanse kunstefeeste deur na die ?festivalisering van cultuur? te verwys (2003:89,91): Festivalisering betekent in Zuid-Afrika meer dan slechts toename een [sic] van festivals. Het is tevens de tendens waarbij festivals niet alleen dragers maar ook uitdragers van cultuur zijn. Die betekenisvolle waarde wat onder meer deur feeste aan deelnemers, en in ?n mindere mate aan die res van die gemeenskap oorgedra word, is dat die onderwerp waarop die fees gefokus is (byvoorbeeld die kunste by kunstefeeste), asook die gepaardgaande waardes wat in die feesvisie en -missie vervat word, deugsaam en goed is, en daarom gevier (vergelyk die uitdrukking feesviering) behoort te word. Die belang van die kunste word op kunstefeeste benadruk deurdat feesdeelnemers binne die tydbestek van ?n paar dae aan ?n ho? konsentrasie diverse werke, selfs binne een genre, blootgestel word (vgl. Cremona, 2007:6). Aristoteles (in Leeman en Braet, 1987:2,73) assosieer feestelike byeenkomste met die ?lofrede?, wat behels dat aanvaarde feite, soos die deugde van ?n bepaalde saak, geamplifiseer word. Amplificatio, wat deur Aristoteles uitgewys is as ?n retoriese strategie, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 21 behels die uitvergroting van die eie saak en kan onder meer saam met patos (emosionele ontroering) gebruik word om die gehoor entoesiasties te maak (Van Zyl, 1995:9). Die feesnavorser Temple Hauptfleisch (2007:39) pas die gebruik van die term festivalisering aan deur dit te laat verwys na die krag waaroor feeste beskik om ?n eventiserende (afgelei van eventifying) effek te h?. Hiermee word bedoel dat die feesopset ?n besondere invloed het op die ontvangs van die enkelgebeurtenisse waaruit dit saamgestel word. Die veronderstelling is dat deelnemers meer waarde en dus meer betekenis heg aan byvoorbeeld ?n toneelstuk wanneer dit binne die feeskonteks opgevoer word as wanneer gekyk word na dieselfde drama as ?n enkelvertoning in ?n teater in die alledaagse lewe. Behalwe die impak wat feeste ook in ander opsigte op die gasheergemeenskap kan h?, kan daar dus tot die gevolgtrekking gekom word dat feeste onlosmaaklik verbonde is aan ?n sterk positiewe semantiese betekenisinhoud. Feeste dra sosiokulturele waardes aan die publiek in die algemeen en deelnemers in die besonder oor deur kulturele simbole te vier en te verkondig. Hierdie waardes is baiemaal opvoedkundig, moreel en esteties van aard en verrig ?n sosiale funksie deurdat dit bydra tot onder andere deelnemers se ideologiese en w?reldbeskouing, sosiale identiteit en (in hul o?) historiese vooruitgang. Die betekenis van die kulturele simbole wat by feeste ge?ntegreer word, word deur ?n proses van eventisering geamplifiseer - as produk van die feesopset. Die oorhoofse betekenis wat deur ?n fees oorgedra word, is dat sowel die onderwerpe waarop die fees fokus, as die waardes wat (meer verskuild) vervat word in die feesvisie en -missie, goed en deugsaam is, en gevolglik redes vir feesviering bied. 1.1.3 Die fees as toonbeeld van ?n besondere struktuur: basiese eienskappe Don Handelman (1990:11,15-30) sien in elke openbare gebeurtenis ?n programmatiese opset wat die relatiewe formalisering van tyd, ruimte en gedrag betref en wat dit onderskei van formalisering in die alledaagse lewe. Die fees is dus wel ?n openbare gebeurtenis met unieke eienskappe in die laasgenoemde opsigte, maar Handelman onderskei dit nie hiervolgens van ander gebeurtenisse nie. Donald Getz (1991:54) onderskei daarteenoor feeste op grond van drie kern-eienskappe: enige fees moet openbaar van aard wees, dit moet ?n viering behels en ?n spesifieke fokus h? (soos reeds genoem, praat Getz van tema om na dieselfde konsep te verwys). Ook Alessandro Falassi (1987:1) verken die feesstruktuur as besondere Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 22 ondersoekterrein. Hy noem dat ?n fees prim?r gekenmerk word deur sy verskil van die alledaagse en dat dit daarom besonders is. Samevattend kan as eienskappe van ?n fees dus aangedui word dat dit ?n openbare viering met ?n fokus is wat ?n relatiewe formalisering van tyd, ruimte en gedrag behels en op grond van laasgenoemde onderskei word van die alledaagse norme in die gemeenskap. Hierdie bre? afbakenings word vervolgens as basiese en essensi?le eienskappe van feeste beskou in die meer genuanseerde oorsig wat volg: Een van die maniere waarop feeste verskil van die alledaagse is eerstens die duur daarvan, wat aan ?n tydsbeperking gekoppel word. Die begin- en einddatums van feeste is altyd voorafbepaald (vgl. Dimmock en Tiyce, 2001, in Brits, Strydom en Van Zyl, 2007:229; Falassi, 1987:2; Getz, 1991:54) en dit vind dikwels slegs een keer per jaar op min of meer dieselfde tyd plaas (Getz, 1991:45; Falassi, 1987:2). Hierdie eienskap kan selfs uit ?n oorsprong van die woord afgelei word deurdat die etimologie van fees dui op Latynse woorde soos festum of festa (wat respektiewelik feesdag of feesdae beteken) en dus die assosiasie met tydsduur oproep (vgl. Handelman, 1982:165; Cloete et al., 2003:113). Volgens die Special Event Report (1983, in Getz, 1991:54) is daar al vasgestel dat 8 tot 14 dae die ideale lengte vir ?n fees is, omdat dit genoeg tyd bied vir die fees om momentum op te bou en ook kort genoeg is dat die deelnemers steeds die dringendheid ervaar om die fees by te woon en gevolglik in groot getalle opdaag. Die gees van viering lok tweedens positiewe gevoelens van goedkeuring uit deurdat dit ?n weergawe van die werklikheid aan die deelnemers voorhou wat vrolikheid vooropstel. Hierdie kenmerk van ?n fees (Falassi, 1987:2; Getz, 1991:55) kan teruggevind word in ?n ander moontlike stamwoord, naamlik die Latynse festivus, wat gedenoteer kan word as vrolik en sorgeloos (Handelman, 1982:165). Die tipiese gedragsfeer waarna feesorganiseerders streef om ?n aantreklike alternatief vir die alledaagse lewe voor te hou, is dus die idee van ?n alomteenwoordige viering wat aanleiding gee tot ?n opgeruimde gees. Die ruimte wat ?n fees beslaan, word derdens kenmerkend gekoppel aan ?n bepaalde streek of area. Dit word jaarliks op dieselfde plek aangebied in en op oorwegend dieselfde lokale en terreine (Getz, 1991:45), maar hierdie gebied word slegs een keer ?n jaar omskep om as feesstruktuur te dien (Getz, 1991:45) en word dus vir die res van die jaar vir ander, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 23 alledaagse doeleindes gebruik. In sy artikel ?The social uses of festival: transformation and disfiguration? verwys August Staub (1992:27-28) na transformasie as die sikliese proses waardeur die normale sosiale vloei onderbreek word met ?n teatrale gebeurtenis, om daarn? terug te keer na die oorspronklike stand van sake. Hy gebruik die term om na akteurs te verwys wat hulself as tydelike karakters in ?n toneelstuk transformeer en sodoende die oordrag van betekenis duideliker en meer besienswaardig maak met behulp van kuns. Na die vertoning word die siklus voltooi deurdat hulle terugkeer na hul eie identiteit. Staub noem dat transformasie besonder funksioneel is by feeste en dat dit in verskeie opsigte voorkom: mense, groepe of selfs sosiale praktyke kan tydelik ongewone of oordrewe rolle vervul. In hierdie geval pas ek die term toe op ?n sosiale struktuur wat dus tydelik getransformeer word tot ?n aanskoulikheid wat die gemeenskap se aandag trek, betekenis oordra en feesgangers lok tot deelname. Die transformasie van ?n alledaagse omgewing tot iets ongewoons is ?n strategie wat ooreenstem met wat die Russiese Formalis Viktor Scklovsky (1916, in Rivkin en Ryan, 2004:16) ostranenie of vreemdmaking genoem het. In ?n poging om die funksionele werking van kuns, en meer spesifiek literatuur te beskryf, beteken hierdie konsep dat kuns gebruik word om bekende, alledaagse voorwerpe en idees te vervreem sodat lesers of toeskouers dit met ?n vars perspektief kan beskou en gevolglik meer vatbaar is vir nuwe betekenisse daaromtrent (Scklovsky, 1916, in Rivkin en Ryan, 2004:16): The technique of art is to make objects ?unfamiliar? [...] After we see an object several times, we begin to recognize it. The object is in front of us and we know about it, but we do not see it - hence we cannot say anything significant about it. Art removes objects from the automatism of perception in several ways. ?n Reeks aktiwiteite wat ?n abstrakte weergawe van die werklikheid vertoon en na gelang van die dissipline of genre waarop die fees fokus verband hou met mekaar, vind vierdens teen hierdie agtergrond plaas. Die reekse diverse aktiwiteite wat deur feeste aangebied word (vgl. Getz, 1991:45), word deur Henri Schoenmakers (2007:28) beskou as teatrale gebeurtenisse binne die feesgeheel as meta-gebeurtenis. Enkel-aktiwiteite, items of gebeurtenisse (soos podiumkuns of ander optredes en tentoonstellings) word geselekteer as onderdele van die fees. Hierdie gebeurtenisse word meestal nie deur die feesorganiseerders saamgestel nie, maar is die produkte van onafhanklike individue of groepe wat deur die organiseerders aangewys word. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 24 Benewens die doel van die gebeurtenisse om byvoorbeeld die kunste as fokusarea van ?n fees voorop te stel, vervul dit ook die simboliese rol om die deelnemers aan abstrakte weergawes van die werklikheid bloot te stel - deur spel word die maatskaplike stand van sake in die gasheergemeenskap as verbeterbaar voorgestel en word die deelnemers dus uitgedaag om dit te bevraagteken. Daarteenoor bevestig ?rituele? die maatskaplike situasie as juis en optimaal. Die verskillende weergawes van die werklikheid, asook die gepaardgaande betekenisse en oorredende strategie?, word bespreek in die volgende afdeling. Tog vind Donald Getz (1991:55) dat kuns- of teaterfeeste soms te weinig ooreenstem met openbare vieringe. Volgens hom (1991:56) is die uitdaging van hierdie feeste om nie net ?n program daar te stel met ?n reeks optredes in verskillende lokale wat voorsien in die behoeftes van elite-gehore nie, maar om ook as?t ware self spesiale gebeurtenisse te wees wat openbare en vrolike elemente bevat. Getz (1991:56) verwys onder andere na Reynolds (1987) se waarskuwing dat hierdie tipe feeste staatmaak op die skouspelagtige en betekeniswekkende eienskappe van die kunste as sodanig, maar uiteindelik in blote kunsprogramme ontaard. ?n Fees moet daarteenoor steeds ?n duidelike eenheid vorm en ?n vrolike sfeer oproep. Alhoewel die kunste kan optree as ?n medium van feestelikheid, behoort hulle in diens van die fees te bly en nie die feestelike taak daarvan oor te neem nie. Uit my ondersoek na die retoriese werking van liter?re feeste in die hoofstuk wat volg, sal blyk in watter mate die retoriese krag van die literatuur (Van Zyl, 1995:303) wat in ?n verskeidenheid vorme by so ?n fees na vore kom, sekond?r gestel kan word aan die retoriese krag van die fees self. Die afwesigheid van ?n gevoel van openbare viering blyk veral ?n gevaar by liter?re feeste (of ?woordfeeste?) te wees deurdat hulle meer dikwels gekenmerk word deur ?n meer ?gewyde? en ernstige atmosfeer as ander tipes feeste (Foster, 2001:15). Samevattend: Die ?deursnee? fees vertoon dus die volgende eienskappe: dit behels ?n openbare gebeurtenis en gaan gepaard met die viering van ?n bepaalde fokusonderwerp. ?n Verskil van die alledaagse lewensorde word bespeur wat tyd, ruimte en gedrag betref. Feesvierings vind tipies jaarliks plaas op min of meer dieselfde datum en het jaarliks ongeveer dieselfde tydsduur. Die streek, lokale en terreine waar ?n fees plaasvind, bly dieselfde, maar die feesstruktuur behels altyd die omskepping van ?n ruimte wat deur die res Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 25 van die jaar vir ander doeleindes gebruik word. ?n Fees kan ook beskou word as ?n meta- gebeurtenis, omdat dit saamgestel word uit diverse gebeurtenisse saamgestel deur onafhanklike skeppers, maar wat deur die feesorganiseerders geselekteer word op grond van die fees se fokus. Die feestelike struktuur word onderskei van die alledaagse lewe waarmee die feesdeelnemers bekend is (die fees se ?voorgrond?) deurdat dit eerstens tydelik en dus verbygaande is; tweedens in ?n ongewone ruimte aangebied word wat nie gedurende ander tye van die jaar in dieselfde staat bestaan nie, en derdens ?n buitengewoon vrolike gees daarstel wat as ?n invloedryke interne feeskonteks dien. Daarbinne word aktiwiteite uitgevoer wat skouspelagtige, verwronge of vereenvoudigde weergawes van die eksterne feeskonteks (die alledaagse wat die fees voorafgaan) representeer. 1.1.4 Die fees as kommunikasiemedium: funksionele werking In die afdeling oor die semantiese funksionaliteit van feeste is tot die gevolgtrekking gekom dat die ?deursnee? fees gekenmerk word deur ?n betekenisinhoud deurdat dit vooropgestelde waardes aan die deelnemers oordra. Die vorige afdeling het getoon dat hierdie waardes geamplifiseer word deur die manier waarop feeste saamgestel word - die feesformule skep dus ?n tipe sfeer wat besonder gunstig is vir kommunikasie omdat dit prosesse soos eventisering aan die gang sit. Feeste se kragtige potensiaal kan meermale toegeskryf word aan eienskappe wat grootliks ooreenstem met Michael Kamp (2003:86) se waarneming dat feeste ?een moment, of periode [is] wanneer er een sterke relatie is tussen wat plaatsvindt, het gebeuren tussen de kunstenaar en een publiek, met een notie van ruimte, tijd, nabijheid en levenslust?. Die kommunikasie tydens feeste tussen feesorganiseerders en feesgangers word verder bevestig deur die ooreenkomste wat dikwels tussen ?n feesopset en ?n teateropvoering uitgewys word (sien byvoorbeeld Schoenmakers, 2007:28, wat sy teorie oor feeste as ?teatrale gebeurtenisse? baseer op die beginsels van opgevoerde dramas). Die betekenisse wat in die kommunikasieproses oorgedra word, kan gevolglik beskou word as boodskappe aan die feesgangers as die ontvangers. Die instansies wat die fees strategies saamstel om die boodskappe so effektief en duidelik moontlik oor te dra, sluit onder andere die feesdirekteur, direksie, ko?rdineerders en feesorganiseerders in. Hulle tree op as die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 26 senders van die betekenisvolle boodskappe, omdat hulle bepaal wat die aard daarvan is, op watter manier dit oorgedra word en aan wie die boodskap gerig word. In aansluiting hierby word in di? afdeling aandag gegee aan die manier waarop die feesformule as ?n medium tot betekenisskepping- en amplifisering kan dien en w??rom dit plaasvind. Met die oog hierop gebruik ek ?n eenvoudige weergawe van ?n kommunikasiemodel wat in 1948 deur Claude Elwood Shannon opgestel en deur Warren Weaver verpopulariseer is. Soos in die benadering wat ek sal volg, word die elemente wat in die model ter sprake kom, dikwels gereduseer tot die sender van ?n betekenisvolle boodskap, die boodskap self en die ontvanger daarvan (Nightingale, 1996:26). Vroe?r is hierdie uiteensetting alreeds deur Aristoteles toegepas (vgl. Van Zyl, 1995:5). Alhoewel die sogenaamde Shannon en Weaver- model reeds in 1949 gepubliseer is, stem die beginsels daarvan steeds ooreen met die fundamentele aanname van kommunikasiestudies (Nightingale, 1996:26). Sergio Verd? beaam hierdie waarneming deur die titel van sy artikel: ?Fifty years of Shannon theory? (Verd?, 2000:13). Die feesdirekteur en -organiseerders bepaal onder andere as senders watter gemeenskaplike waardes deur die fees gevier word en op watter manier dit oorgedra moet word om die kragtigste tot die spesifieke gemeenskap te spreek. Die feesetikette word gevolglik deur die organiseerders opgestel. Dit behels onder andere die naam (aansluitend by die fokus) van die fees, die tema, die program en gepaardgaande programnotas (Cremona, 2007:6-7). Ook die korporatiewe identiteit van ?n fees, die ?look and feel? van die advertensiekampanje, insluitende materiaal soos plakkate, brosjures, geskrewe en mondelinge berigte (?n die glimlagbankies as ?n deel van ?n landskapkunswerk by die tiende US Woordfees) kan as voorbeelde van feesetikette beskou word. Die organiseerders kan dus op ?n naam besluit wat nie net die fees se fokus en intensies verkondig nie, maar boonop ?n positiewe identiteit skep in die gemeenskap deurdat dit ooreenstem met waardes of emosies wat die gemeenskap belangrik ag. Die feestema wat by onder meer die US Woordfees jaarliks verander word, het myns insiens vier funksies: Dit sluit eerstens aan by die gemeenskapswaardes wat in die naam gesuggereer word, en tweedens dra dit by tot die fees se identiteit deur dit as vernuwend en aktueel voor te stel. Derdens lok die tema jaarliks van voor af potensi?le deelnemers deurdat hul aandag getrek Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 27 word en hulle nuuskierig gemaak word omtrent die feesverrigtinge, en vierdens skep dit eenheid tussen die gebeurtenisse wat aansluit by die tema. Weens die diversiteit wat met feeste geassosieer word, kan ?n enkeltema egter ook beperkend wees - vandaar dat feesprogramme dit dikwels oorskry. Dit maak die keuse van ?n tema inderwaarheid ?n speelse element, met die hoofdoel om die aandag van die publiek te trek en te behou, ?n tipiese retoriese uitgangspunt. Beide die program ?n programnotas word meermale deur organiseerders aangewend om ?n groter doel te dien as om bloot die gids te wees wat die datum, tyd en plek van gebeurtenisse aanwys, die feesgebeurtenisse as ?n geheel illustreer of om potensi?le deelnemers van ?n kort, voorbereidende samevatting van die gebeurtenisse te voorsien. Indien die mate waartoe ?n deelnemer bewus is van die konteks waarin ?n enkelgebeurtenis plaasvind ?n effek het op die manier waarop hy dit waarneem, interpreteer en ervaar (soos Schoenmakers, 2007:31, voorstel), kan die program en programnotas die informasieprosesse van ?n deelnemer be?nvloed deur die verwysingsraamwerk waarbinne die gebeurtenis plaasvind, te stuur. S? kan die strategiese groeperinge van gebeurtenisse op die feesprogram ?n invloed h? op hoe die deelnemer ?n gebeurtenis wat hy bywoon, interpreteer. Kontrasterende gebeurtenisse kan byvoorbeeld saamgegroepeer word sodat die deelnemers vergelykings kan tref tussen gebeurtenisse waarmee hulle in ander omstandighede nie te doen sou kry nie. Die programnotas kan ook betekenisvolle onderdele van gebeurtenisse uitlig of uitsprake maak wat die waarde daarvan beklemtoon (Schoenmakers, 2007:32). Die taak van die organiseerders is dus om onafhanklike gebeurtenisse te selekteer en strategies saam te bring tot ?n geheel waarin elke gebeurtenis ge?ventiseer word deur dit beide prim?re betekenisse te laat oordra op grond van die gebeurtenis self ?n dit op een of ander manier te laat aansluit by die oorkoepelende feeswaardes (vgl. Schoenmakers, 2007:28). Die feesetikette wat hier bespreek is, is egter net di? wat meer sigbaar is en die algemeenste voorkom. Alhoewel hy nie die benaming feesetiket gebruik nie, blyk hierdie konsep ooreen te stem met Donald Getz (1991:206) se voorstelle vir maniere waarop die fokus van ?n fees aangedui kan word. Behalwe strategie? soos die veelseggende benoeming van ?n fees en die relevante seleksie van aktiwiteite (gebeurtenisse) en aanloklikhede, wys hy Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 28 ook op die gebruik van mascots, betekenisvolle ontwerpe, die manier waarop voedsel en drank gepresenteer word, die spesifieke items wat verkoop word, asook ?n eenvormige toepassing van styl en reklame. Feesorganiseerders kan ook in berigte strategies verwys na die fokus en waardes wat die fees wil oordra. Met betrekking tot die boodskap van feessenders aan hul ontvangers word die volgende twee terme meermale gebruik as verteenwoordigend van twee verskillende perspektiewe op die maatskaplike orde in die feesomgewing: sommige feeste wil die deelnemers oorreed dat die stand van sake goed is en onveranderd behoort te bly, terwyl ander feeste die deelnemers uitdaag om die omstandighede waarin die gemeenskap hom bevind, te bevraagteken deur dit as oneffektief en verbeterbaar voor te stel. Hierdie boodskappe kom na vore in die meer abstrakte weergawes van die alledaagse lewe wat deur feeste uitgebeeld word - die ritueel bied ?n vereenvoudigde, maar mimetiese voorstelling daarvan om die deelnemers te oorreed dat dit optimaal en selfs onveranderbaar is, terwyl spel dit ?f as ?n veranderbare konstruksie voorstel en soms ?n ?beter? alternatief vir di? stand van sake bied ?f di? huidige orde op ?n bespotlike manier en dus as onaanvaarbaar uitbeeld. Spel en ritueel integreer dus beide die orde ?n gebruike van die gemeenskap voor wie dit afspeel, in wat Victor Turner beskryf as sosiale dramas: ?n ?kind of collective ?autobiography,? a means by which a group creates its identity by telling itself a story about itself [...] Some social dramas may be more ?definitional? than others, it is true, but most social dramas contain, if only implicitly, some means of public reflexivity in their redressive processes? (1985:84,292,294). ?n Meer mimetiese of ?definisie-vaste? sosiale drama sal volgens hom eienskappe vertoon wat sterker ooreenstem met die tipiese ritueel en di? wat ?selfrefleksiwiteit van die publiek? verwag deurdat dit meer ?teregwysend? saamgestel is, sal spel-eienskappe vertoon. Turner se sosiale dramas word gekoppel met die veranderlikes arena en veld. Arena verwys na die ?values, meanings, and resources possessed by the actors but not directly employed by them in the purposeful processes which activate the field? (Turner, 1985:84), naamlik na die bronne wat kenmerkend is van die gemeenskap waarin die sosiale drama plaasvind en wat gevolglik as erkende simbole implementeerbaar is. Hierteenoor dui veld op die seleksie uit hierdie sosiale bronne (?values, meanings, resources, and relationships?) wat wel Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 29 gebruik, gegenereer en geartikuleer word deur die rolspelers in ?n sosiale drama. Deurdat veld verwys na die seleksie bronne uit die beskikbare arena, kan ritueel en spel dus beskou word as twee tipiese patrone waarin die veld breedweg gekonkretiseer kan word. In die geval van beide ritueel ?n spel hang die sukses van die betekenisoordrag egter daarvan af dat die produk ?n duidelike skeiding van die alledaagse lewe verteenwoordig en, met verwysing na die bespreking in die vorige afdeling, bied die fees dus ?n geskikte konteks (vgl. ook Handelman, 1982:163; Boissevain, 1992:13; Turner, 1967:93). Don Handelman (1982) fokus op spel as ?n tipe weergawe van die werklikheid, terwyl ander navorsers soos Jeremy Boissevain (1992) en Victor Turner (1967) die ritueel ondersoek. Volgens Moore en Myerhoff (1978, in Handelman, 1982:163) bestaan die essensie van die ritueel daaruit dat dit ?untrammeled inquiry? ontmoedig en die kosmiese of sosiale orde as ?n ?phenomenal coherence? voorhou. Jeremy Boissevain (1992:13) se beskrywing laat ook blyk dat rituele die bestaande orde met betrekking tot die werklikheid wil bewaar, maar hy bied ?n meer politieke perspektief deur rituele te beskou as gebeurtenisse wat deur maghebbendes ge?mplementeer en gereguleer word om hul outoriteit te herbevestig. Hy onderskei die volgende kenmerke ten opsigte van hierdie rituele: ?n ernstige atmosfeer, ?n formele stel re?ls, ?n hi?rargiese verskil tussen die uitvoerders en die ?onderhoriges? daarvan, en beperkinge van tyd en plek. Die Engelse antropoloog Victor Turner se omvattende navorsing oor rituele is grootliks gebaseer op die kulturele praktyke van die Ndembu-stam in Sentraal-Afrika. Sy definisies illustreer die kultuur waarbinne hy dit waargeneem het deurdat dit klem plaas op die rol van bonatuurlike magte in rituele (vgl. Turner, 1977:183; Turner, 1968:14-15). Alle feeste het egter nie ?n sakrale fokus nie en verteenwoordig nie noodwendig ?n gemeenskap wat bonatuurlike magte erken nie; dus blyk hierdie definisies kultuurgebonde te wees en gevolglik nie toepasbaar op elke feesopset nie. Heelwat van die eienskappe wat Turner toeken aan rituele sluit egter goed aan by meer algemene teorie? en dien wel as nuttige uitbreiding daarvan. S? beskryf hy die ritueel as ?n proses waartydens die individu verandering ondergaan (Turner, 1967:93-103). Die ritueel vind as ?n ?oorgangs-?, ?drumpel-? of ?liminale fase? plaas tussen twee ?toestande?, as ?n tipe staat van gewaarwording waartydens die individue, soos Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 30 in die geval van feeste, afgesonder word van hul alledaagse sosiale strukture. Die ?toestand? waarin die individue verkeer voordat die ritueel uitgevoer word, word be?nvloed en gevolglik verander deur die ?liminale? of drumpelfase, omdat di? fase gepaardgaan met die vertoon van kulturele artikels en die uitvoer van aksies en bevele wat die eenheid en stabiliteit van die gemeenskap simboliseer en die individu sodoende aanspoor om oor die alledaagse sosiale strukture te besin. Hierdie kulturele artikels, wat volgens Griswold (1987, in Berezin, 1997:372) as ?significance embodied in form? beskryf kan word, dien dus ?n belangrike funksie in die betekenisoordrag aan die deelnemers. Die perspektief van die individu op sy samelewing en die gebruike wat daarmee saamgaan, verander gevolglik in die proses. Turner verwys na simbole as die kleinste ritueel-eenheid (Turner, 1967:19), wat dus kan dui op enige van die artikels, aksies of bevele wat in die liminale fase gebruik word. Laasgenoemde kan in verband gebring word met sommige gebeurtenisse of aktiwiteite in die fees as meta- gebeurtenis. Turner (1967:19) noem self dat hierdie simbole gebeurtenisse, voorwerpe, aktiwiteite, woorde, verhoudings, gebare of ruimtelike eenhede kan wees. Sommige navorsers beskryf die tipiese eienskappe van spel in terme van die ritueeI, naamlik as ?n denotasie daarvan, maar met kenmerke wat in baie opsigte daarmee kontrasteer. Victor Turner (1969) praat van ?ritual[s] of reversal? (sien Handelman, 1982:172) om rituele met die tipiese eienskappe van spel te beskryf en Mikhail Bakhtin (1984:8) verwys na tipiese spel as ?komiese rituele?, omdat dit ?n vroliker atmosfeer oproep as ?ander? rituele. Ook Handelman (1982:172) wys daarop dat spel soms as ?n opsionele onderdeel van ritueel kan dien. Turner (1985:294,297-298) se beskouing van die ritueel se funksie stem eweneens ooreen met di? van spel in die opsig dat hy die ritueel nie alleen assosieer met die oorbeklemtoning van bekende eienskappe van die alledaagse bestaan nie, maar ook met die herorganisasie en distorsie van di? bekende aspekte om die deelnemers aan die ritueel tot selfrefleksiwiteit en dus ?n veranderende perspektief op die samelewing aan te spoor. Spel word deur Handelman (1977, in Handelman, 1982:166) beskryf as ?n simbool met sosiale betekenis (sien p.18), maar word oorwegend beskou as die ?teenpool? van ritueel. Boissevain (1992:13) skets die teenstelling met ritueel deurdat die atmosfeer wat geskep word, nie ernstig is nie, maar vrolik en laf. Die re?lmatigheid word vervang met wanordelikheid en innovasie, outoriteit word ondermyn en ?n gees van egalitarisme heers. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 31 Volgens Handelman (1982:163) bied spel ook ?n ?kognitiewe brug? aan die deelnemers deurdat dit ?n alternatiewe organisasie vir die realiteit van die deelnemers se alledaagse lewe voorstel en hulle dus aanmoedig om te reflekteer oor die geldigheid van die aanvaarde beginsels waaruit hul lewensorde bestaan. Die alternatiewe voorstelling vir die realiteit word as ?n nodige verbetering op die huidige bestaan uitgebeeld. Die maniere waarop die bestaande orde uitgedaag word, is onder andere deur dit om te keer, te parodieer, te satiriseer of deur ?n bespottende model van die bestaande samelewing op te stel (Handelman, 1982:163). Langer (1953, in Handelman, 1982:163) wys daarop dat kulturele gebeurtenisse soos feeste ?n gewilde konteks vir spel is en dat dit baiemaal in die vorm van voordrag [byvoorbeeld toneelvoorstellings of kabaret - JCL] plaasvind. Handelman (1990:15- 30) benadruk ook die kommunikatiewe aspekte van hierdie abstrakte weergawes van die maatskaplike orde in openbare gebeurtenisse, omdat dit die kombinasie van aksie, kennis en ervaring gebruik om betekenis aan die deelnemers oor te dra. ?n Gebeurtenis binne die feeskonteks kan die kenmerke van die ritueel ?f spel vertoon, maar dit lyk ook asof feeste ?n kombinasie van die twee tipes gebeurtenisse kan akkommodeer, of selfs dat een gebeurtenis elemente van beide abstrakte representasies kan insluit. So noem Caillois (1959, in Handelman, 1982:165) dat feesdeelnemers blootgestel word aan ?n verskeidenheid soorte ?uitspattighede? wat boodskappe oordra omtrent die vernuwing ?n herlewing van die sosiale orde. Die maniere waarop eienskappe van die ritueel en spel in die praktyk as vorme van sosiale drama na vore kom in feeste, word vervolgens kortliks nagegaan: Die fees as gebeurtenis kan eerstens in sy geheel as ?n sosiale drama optree (ritueel, spel of ?n kombinasie van die twee), wat gebruik maak van ?n seleksie kulturele simbole (die enkelgebeurtenisse waaruit ?n fees saamgestel is as die veld) om ?n (meer) positiewe beeld omtrent die fokusonderwerp, byvoorbeeld die kunste, by feesdeelnemers te skep. Turner (1967:19) verwys na simbole as die kleinste ritueel-eenheid en daarom kan elkeen van die gebeurtenisse waaruit ?n fees bestaan en wat as kulturele simbole optree, ook op hul beurt as sosiale dramas beskou word wat saamgestel word in ?n veld van eie kulturele simbole, en die deelnemers se gewaarwordings op unieke wyses be?nvloed. In die derde plek kan die kulturele simbole wat in enkelgebeurtenisse gebruik word ?n eie ritualistiese funksie vervul en dus feesdeelnemers Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 32 se gewaarwording omtrent hul alledaagse bestaan verander. Soos Victor Turner (1967:19) noem, kan selfs gebeurtenisse, voorwerpe, aktiwiteite, woorde, verhoudings, gebare of ruimtelike eenhede as rituele optree. In hierdie opsig kan die enkelgebeurtenisse dus beskryf word as sosiale dramas ?n (meta-)simbole. Mabel Berezin (1997:371) wys daarop dat aspekte van kuns en literatuur as simbole in byvoorbeeld rituele gebruik kan word om betekenis oor te dra - ?n waarneming wat van groot waarde is vir besprekings van liter?re feeste in die hoofstukke wat volg: Cultural practices such as rituals and symbols, broadly defined to include national constitutions and histories as well as more standard aesthetic objects such as art and literature, provide the empirical contributions in an attempt to theorize the autonomous, or sometimes relatively autonomous, state of culture. Indien Handelman se definisie van simbool toegepas word (sien p. 18), kan ges? word dat ?n handeling soos ?n toneelstuk byvoorbeeld simboolwaarde verkry omdat dit ?n representasie is van gemeenskaplike handelinge buite die feesopset wat bepaalde betekenis of kwessie in die gemeenskap oproep. Dit tree op as kulturele simbool wanneer die kwessie en betekenis kultureel beperk is tot die spesifieke gemeenskap, maar terselfdertyd ook as sosiale drama (ritueel ?n spel) wanneer dit bekende eienskappe van die gemeenskap se alledaagse lewe vertoon (deur die gebruik van kulturele simbole), omdat dit ?n voorafbepaalde ordening behels en deur ?n outoriteit soos ?n skrywer en/of regisseur beplan is (vgl. Boissevain, 1992:13), wat die bestaande, uitgebeelde lewensorde gewoonlik herorganiseer en anders voorstel of bevraagteken (vgl. Turner, 1985:292-294). Die kulturele simbole wat in so ?n toneelstuk na vore kan kom, is onder andere die kleredrag van akteurs wat herinner aan die alledaagse, aktuele kwessies en idiomatiese uitdrukkings in die dialoog, artefakte wat die werklikheid op die verhoog representeer, ens. Die eienskappe van sosiale dramas dien as belangrike aanwysers - kennis hiervan kan meehelp om die strategiese en oorredende oordrag van boodskappe in die feeskonteks te evalueer. Om die sosiale krag van feeste so goed moontlik te verstaan, word daar ook gekyk na die effek van die reeds bespreekte feeseienskappe en -werking op die feesdeelnemers as ontvangers van die boodskap. Temple Hauptfleisch (2003:261) noem dat die aard van feesgangers as ontvangers en rolspelers in feeste een van die belangrikste areas is wat nagegaan moet word in ?n studie oor die fees as fenomeen. Cina van Zyl (2006:150) wys op Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 33 die belang van navorsing oor mense se motiverings om feeste en ander gebeurtenisse by te woon in haar artikel, ?Motivating factors of local residents for attending the Aardklop National Arts Festival? en kom tot ?n slotsom wat sterk ooreenstem met die kerneienskappe van feeste wat reeds bespreek is. Sonder inagneming van die eienskappe wat die ?deursnee? fees kenmerk, wys empiriese ondersoeke deur Uysal, Gahan en Martin (1993, in Van Zyl, 2006:151) oor die bywoning van die gemeenskapsfees in Suid-Carolina, sowel as di? van Mohr, Backman en Gahan (1993) oor die bywoning van die Noord-Amerikaanse Warmlugballonfees, ook uit dat die tydelike bevryding van die alledaagse orde, die opwindende atmosfeer wat met die feesvieringe gepaardgaan, die ongewoonheid (?novelty?) van die gebeurtenis(se), die groot mate van sosialisering en die geleentheid wat gebied word vir die familie om byeen te kom, die vyf belangrikste motiverings was vir deelnemers om die onderskeie feeste by te woon (Van Zyl, 2006:151). Douglas et al. (2001) en Formica en Uysal (1998) se navorsing bevestig hierdie resultate deur die behoefte aan bevryding van die alledaagse, sosialisering, die atmosfeer en die moontlikhede vir familie- samekoms sleutelfaktore vir feesdeelname te noem, maar hulle sluit verdere faktore in soos ontspanning, status, nostalgie en ?n behoefte om te leer. ?n Bemarkingsperspektief bied ?n ander verklaring vir feeste se aantrekkingskrag: volgens Leonard Hoyle (2002:35) moet bemarkers van spesiale gebeurtenisse die tydelikheid daarvan gebruik om ?n gevoel van dringendheid by potensi?le deelnemers of toeskouers te skep - dit sal hulle sterker aanspoor om die gebeurtenis by te woon indien hulle besef dat dit kortstondig is of selde voorkom, en dat hulle dus iets groots kan misloop as hulle nie gaan nie. Om te verstaan waarom die bre? feesformule n?? gekoppel kan word met ?n versameling suksesvolle retoriese of oorredende strategie? om gemeenskapslede te lok, en om te begryp hoe dit funksioneer om die deelnemers te oorreed om die feeswaardes te aanvaar, moet die basiese psigologiese aard van die mens in ag geneem word. Uit ?n ondersoek deur Henri Schoenmakers (2007:34) blyk dat die samestelling van feeste basiese sielkundige eienskappe en behoeftes van mense kan komplementeer en bevredig, en dat dit juis daarom dus beskou kan word as ?n kragtige trekpleister en instrument tot oorreding. Schoenmakers (2007:34- 35) verwys na drie belangrike eienskappe van mense in hierdie verband: eerstens beskik hulle oor die vermo? om gedurende aktiwiteite vry van afleidings of onderbreking in ?n staat van voortdurende energieke fokus te verkeer; tweedens kan hulle emosionele ervarings wat Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 34 deur ?n bepaalde situasie gestimuleer word, transformeer na ander, opvolgende situasies, en derdens het hulle ?n basiese behoefte aan affiliasie. Vloei is ?n term wat die sielkundige Mih?ly Csikzentimih?lyi (1992, in Schoenmakers, 2007:34) gemunt het om te verwys na die staat waarin dokters byvoorbeeld verkeer wanneer hulle ?n operasie op ?n pasi?nt ure lank ononderbroke uitvoer. Hy definieer hierdie toestand as ?n situasie waarin aandag vrylik gegee kan word aan die verwesenliking van ?n mens se doelwitte, omdat daar geen bedreigings of afleidings voorkom wat hom daarvan weerhou nie. Schoenmakers (2007:34) verwys ook na Raymond Williams (1974) en John Fiske (1987) se gebruik van die term om ?n ervaring te beskryf waarin die grenslyne tussen aktiwiteite minder duidelik word en deel raak van een ge?ntegreerde ervaring. Die simboliese bevryding uit die alledaagse bestaan wat ?n fees bied, in kombinasie met ?n heersende gees van vrolikheid, kan dus die indruk by die feesdeelnemers skep dat hulle tydelik geskei is van die sosiale orde en verpligtinge waarmee hulle bekend is. Hierdie uitweg wat ?n fees bied, word deur Mikhail Bakhtin (1984:8) as ?n ?tweede lewe? beskryf. Die gevolg is dat hulle oopgestel word aan die moontlikheid om in ?n staat van vloei te verkeer waartydens hulle, soos Csikzentimih?lyi (1992, in Schoenmakers, 2007:34) voorstel, hul volle aandag kan toespits op die verskillende boodskappe wat deur die fees oorgedra word. Volgens Williams (1974) en Fiske (1987, in Schoenmakers, 2007:34) se begrip van die term vloei kan die grense tussen verskillende gebeurtenisse vir ?n feesdeelnemer vervaag en kan hy gevolglik die betekenis uit die seleksie waaraan hy deelneem, integreer in aansluiting by die oorkoepelende feeswaardes wat oorgedra word. Dolf Zillman (1972, 1974, in Schoenmakers, 2007:34) praat van opwindingstransformasie as die konsep waarvolgens die emosionele stimulus veroorsaak deur ?n situasie oorgedra word na die ervaring van ?n volgende situasie - selfs wanneer daar geen tematiese of oorsaaklike verband tussen die twee emosionele ervarings is nie. Die feesopset, gekenmerk deur ?n versameling gebeurtenisse wat gekonsentreerd binne ?n beperkte tydperk plaasvind en afspeel binne ?n atmosfeer van vrolikheid, kan dus veroorsaak dat deelnemers hul positiewe ervaring van die atmosfeer transformeer na die gebeurtenisse wat hulle bywoon en dit gevolglik ??k geniet, ?f die positiewe ervaring van een gebeurtenis herlei na ?n algehele positiewe ervaring van die fees. Die diverse gebeurtenisse wat ?n fees bied, word s? Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 35 saamgestel dat dit voorsiening maak vir die uiteenlopende voorkeure van die gemeenskap wat dit bedien, sodat elke deelnemer sy eie seleksie kan maak. Deur middel van die opwindingstransformasie-effek kan deelnemers dus onder die indruk verkeer dat ?n totale fees genotvol is, al word gebeurtenisse waarskynlik ingesluit wat glad nie of minder in die deelnemer se smaak val. Selfs feesgangers wat blootgestel word aan gebeurtenisse waaroor hulle nie in ander situasies ?n positiewe oordeel sou vel nie, brei moontlik hul voorkeure uit deurdat die positiewe ervarings van ander produksies hul gemoedstemming be?nvloed en gevolglik hul oordeel swaai. Die twee reeds-bespreekte eienskappe van mense, naamlik hul vermo? om ?n ho? vlak van konsentrasie te handhaaf in ononderbroke omstandighede en dat hulle daartoe in staat is om ?n gevoel van opwinding te transformeer tot opvolgende situasies waarin hulle hul bevind, verklaar ook die eventiserende effek wat feeste het op die betekenis van gebeurtenisse as onderdele daarvan. Wilmar Sauter (2003, in Kitshoff, 2006:136) sluit hierby aan: During a festival, the density and temporal extention of the event heightens the awareness and displays the multitude of the experienced values. That state of mind is most likely the main attraction of festival culture, even seen from a global perspective. In Temple Hauptfleisch (2003:261) se artikel oor sy besoek aan die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in 2003, bied hy ?n komiese beskrywing van deelnemersgedrag tydens feeste, wat die werking van eventisering in die praktyk goed illustreer: Years ago, when I started going to the Grahamstown Festival, I remember going to up to five or more presentations a day, getting to bed at past midnight. I could do this for a week at a stretch. And here we were surrounded by people still doing that apparently. People for whom this is their once-a-year cultural high. You recognize them immediately, sitting on the edges of their seats at shows, a programme clutched in the hand, their watches frequently consulted, sprinting to the door as the lights go down, heading for the next performance, then standing there already planning their next show and their route there. There is a slightly manic light in their eyes as they scuttle down the road. [...] This hysteria is a rather prominent feature of festivals [...]. Die derde menslike eienskap wat Schoenmakers (2007:35) bespreek as verklarend vir die werking van feeste, is die menslike behoefte aan affiliasie. Hiervolgens wil mense emosionele kontak met ander mense maak en daarom word vriendskappe en verhoudings ontwikkel. Omdat feeste ?n openbare gebeurtenis is en dus aangewese is op die deelname Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 36 van groot groepe gemeenskapslede, bied dit moontlikhede vir die interaksie tussen mense. Victor Turner (1967:100) praat van communitas as ?n kenmerk van die liminale fase in rituele en ?n essensi?le onderdeel daarvan. Hiervolgens kom die representasies van die sosiale struktuur wat met die ritueel gepaardgaan, neer op ?n enkele hi?rargiese onderskeid tussen die outoriteite wat die ritueel inisieer en di? wat dit ondergaan. Tussen hierdie ?onderhoriges? verdwyn die sosiostrukturele onderskeidings egter in die guns van ?n gelykheid en kameraderie wat as communitas bekend staan. Ook die kenmerke wat met spel gepaardgaan, sluit aan by die behoefte aan menslike interaksie. Die tipies vrolike aard van spel kan ?n gemaklike en gesellige atmosfeer tussen mense skep en die egalitarisme wat heers, breek sosiale grense tussen mense af. Soos Pierssens (1972, in Handelman, 1982:165) tereg noem, dien feeste dus ook as ?n ?symbol of a retrieved homogeneity? en die ?staging of a total unity? tussen mense, wat die geleentheid vir ?n gemeenskap bied om hulself oor te gee aan die ?exclusive law of mingling?. Feeste bied dus ?n sosiale sfeer waarin mense tydelik van hul ongelykhede bevry kan word en wat hul behoeftes aan vriendskaplike bande kan bevredig. Die kommunikasieproses by feeste tussen die feesorganiseerders as senders en die feesgangers as ontvangers vind dus plaas deur die toepassing van feesetikette en deurdat gebeurtenisse die beginsels van ritueel en/of spel toepas. Boonop bied die openbare aard van feeste ?n sosiale sfeer waarin mense tydelik van hul ongelykhede bevry kan word en hul behoeftes aan vriendskapsbande bevredig kan word. Feeste se afwyking van die alledaagse orde bring mee dat waardes meer effektief oorgedra kan word aan die deelnemers, omdat dit hulle die geleentheid bied om in ?n verhoogde konsentrasiestaat te verkeer en hul positiewe ondervindings van die feesvieringe op die gebeurtenisse te laat reflekteer. 1.1.5 Die fees as ?n samehangende geheel van taalgebruik Feesetikette soos die naam, tema, gedrukte program en programnotas, plakkate, e-posse, baniere, ens. in stukke ter beskrywing van die kenmerkende diversiteit aan feesgebeurtenisse wys op ?n veelvuldige toepassing van taal om vorm en betekenis aan ?n fees te gee. ?n Vername funksie hiervan is om eenheid en samehang te verleen aan die diverse en eklektiese versameling gebeurtenisse. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 37 Boonop kan enige taaluitinge deur die ontvangers van feestekste ook beskou word as behorende tot die taalgebruik van die fees as geheel, omdat feesgangers self deel vorm van die fees as teks. Schneider en Backman (1996, in Van Zyl, 2006a:151) wys byvoorbeeld daarop dat deelnemers aan kruiskulturele feeste die observering van (en gesprek oor) feesgangers wat tot ?n ander kultuur hoort as di? van hul eie, geniet as deel van die vermaak en ongewoonheid wat met ?n fees gepaardgaan. Onderdele het ook gewoonlik name ?n lok gesprek of selfs debat en polemiek uit tussen deelnemers - die kommunikatiewe basis waarop dit berus, bly dan die gebruik van woorde. Die omvattende aard van die fees as teks word deur die ontvangers se dubbele rol bevestig: as deelnemers aan ?n openbare gebeurtenis wat fisies nie kan plaasvind sonder hulle teenwoordigheid nie, ?ontvang? hulle nie alleen die teks as instrument tot kommunikatiewe kontak tussen mense nie, maar vorm hulle self deel van hierdie ?instrument?. Feeste is volkome afhanklik van deelnemers - dit word by uitstek aangebied met die oog daarop om soveel deelnemers moontlik te trek en enkelgebeurtenisse op die program kan nie in hulle afwesigheid plaasvind nie. ?Taal? kan ook ruimer ge?nterpreteer word, om gebeurtenisse in te sluit wat betekenis deur middel van ander kodes as die gesproke of geskrewe taal oordra, byvoorbeeld deur klank (instrumentale musiek), smaak (fynproewery by voedselfeeste) of beelde (fotografie of ander visuele kuns). Feesgangers maak ook gebruik van liggaamstaal soos ?n geklap van hande ter applous by ?n konsert. Liggaamstaal kan tot 55% van menslike kommunikasie uitmaak (Van Zyl, s.a.:19). Samevattend kan ges? word dat taal ?n belangrike rol speel by feeste in ?n veelvoud opsigte: ?n verskeidenheid gedrukte media word gebruik wat grootliks taalgebonde is, ontvangers as ?n belangrike onderdeel van die fees as teks gebruik taal, die gebeurtenisse wat plaasvind kommunikeer met deelnemers deur middel van taal, en selfs liggaamstaal wat tydens die fees gebruik word, dra by tot die totale aanbod van taalgebruik tydens ?n fees. 1.2 Verwante terme: fees teenoor karnaval, skouspel en ander gebeurtenisse ?n Fees kan beskou word as sowel ?n gebeurtenis (Falassi, 1987:2) as ?n meta-gebeurtenis, omdat dit uit ?n versameling enkelgebeurtenisse bestaan (Schoenmakers, 2007:28) en daarom is ook die aard van die enkelgebeurtenisse en die verskillende tipes wat voorkom, van belang. Gebeurtenisse kan breedweg in drie kategorie? verdeel word, naamlik Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 38 grootskaalse gebeurtenisse (mega-gebeurtenisse), keurgebeurtenisse (hallmark- gebeurtenisse) en spesiale gebeurtenisse. Daarnaas word feeste, karnavalle en skouspele as verskillende soorte gebeurtenisse van mekaar onderskei. ?n Gebeurtenis (event) dien as besonder inklusiewe term en verwys na enige ?notable occurrence? (sien Getz, 1991:43) wat van verbygaande aard is en gekenmerk word deur ?n unieke vermenging van duur, plasing, bestuur en teikengroep (Brits, Strydom en Van Zyl, 2007:229). Feeste beantwoord ook aan hierdie definisie en maak gebruik van ?n unieke tydsduur, plasing, bestuur en seleksie mense: dit vind gewoonlik jaarliks plaas, binne ?n beperkte tyd, en nie slegs eenmalig soos heelwat ander gebeurtenisse nie (vgl. Hall, 1992, in Brits et al., 2007:229). Die ligging bly konstant en die mense wat betrek word, is meestal die spesifieke gemeenskap van die area waar die fees aangebied word. Die bestuur kan verdeel word tussen enersyds die oorhoofse feesdirekteur- en organiseerders wat die fees as meta- gebeurtenis organiseer en ?n tema vir die versameling gebeurtenisse as substrukture van die fees selekteer, en andersyds die bestuurders of ko?rdineerders wat elkeen onderling verantwoordelik is vir enkelgebeurtenisse waaruit die fees saamgestel word. Gebeurtenisse kan ook verskillende eienskappe aanneem, byvoorbeeld met betrekking tot die drie genoemde bre? kategorie?: met mega-gebeurtenisse word op ?n kenmerkende groot skaal te werk gegaan: miljoene besoekers word gewoonlik betrek, volle ekonomie? word geaffekteer en die globale media word bereik (Marris, 1987, in Getz, 1991:45; McDonnell et al., 1999:11). Voorbeelde van mega-gebeurtenisse is die Olimpiese Spele, asook die W?reldrugby- of W?reldsokkerbeker (Van Zyl, 2006:150). Die tweede groepering, naamlik spesiale gebeurtenisse, kom gewoonlik eenmalig voor - dit is dus seldsaam (vgl. Brits et al., 2007:230) en verskil van alledaagse tipe gebeurtenisse (Brits et al., 2007:230; Getz, 1991:43). Derdens het hallmark-gebeurtenisse die prim?re doel om aan die area waar dit plaasvind, blootstelling te gee en dit dus as ?n toerisme-bestemming te bemark. Laasgenoemde tipe bestemmings word baiemaal gekenmerk deur die tipe hallmark- gebeurtenis wat daar plaasvind (Getz, 1991:51) - s? word die Mardi Gras-karnaval byvoorbeeld sterk geassosieer met New Orleans in die Verenigde State van Amerika (McDonnell et al., 1999:11). Die omvang van di? feeste is nie so groot soos di? van mega- gebeurtenisse nie en dit is nie eenmalig soos spesiale gebeurtenisse nie. Feeste word egter Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 39 wel geassosieer met die streek of area waarin dit plaasvind en kan dus die beste beskryf word as hallmark-gebeurtenisse. Ander tipe gebeurtenisse wat van die fees onderskei kan word, is die karnaval en die skouspel. Soos ?n fees kan ?n karnaval as herhalende en gemeenskapsgerigte fenomeen ook die beste beskryf word as ?n hallmark-gebeurtenis. Net soos die fees bied karnavalle ?n ?tweede lewe? wat die deelnemers bevry van die norme en wette van die alledaagse bestaan (vgl. Bakhtin, 1984:7-8), en word dit prim?r gekenmerk deur ?n ?lagkultuur? (Bakhtin, 1984: 8) wat vergelykbaar is met die vrolikheid van feeste. Aansluitend hierby is die woord karnaval vermoedelik afkomstig van die Italiaanse ?carne levale? wat ?opruim van die vlees? beteken (Rasch, 19-s.a.:47). Karnavalle bied egter ?n verdere bevryding van outoriteit en word meer spesifiek bepaal deur die beginsels van spel: Bakhtin (1984:7) onderskei karnavalle van feeste ten opsigte van die verskillende rolle wat deelnemers by die twee gebeurtenisse vervul. Volgens hom ?ken karnavalle nie voetligte? soos in die geval van feeste waar die deelnemers byvoorbeeld opvoerings kan bywoon nie, maar alle deelnemers is gelyk in status. Die karnaval tref geen onderskeid tussen mense wat optree of diegene wat meer passiewe toeskouers is nie; dis eerder ?n alternatiewe vorm van lewe waarin elke deelnemer net soveel uitdruk as ervaar: The carnival crowd in the marketplace or in the streets is not merely a crowd. It is the people as a whole, but organized in their own way, the way of the people. It is outside of and contrary to all existing forms of the coercive socioeconomic and political organization, which is suspended for the time of the festivity (Bakhtin, 1984:225). Bakhtin (1984:7) wys hoe hierdie gebeurtenisse in die Middeleeue ?n heel ander leefwyse gesimboliseer het as die norme van die outorit?re Rooms-Katolieke Kerk en hoe hierdie gebruike bevraagteken is deur dit te parodieer. In Suid-Afrika het die destydse ?Coon Carnival? of Klopse-karnaval, wat tot ?n mate getransformeer het sedert die afskaffing van apartheid in 1994 en vandag meer bekend is as die ?Cape Town Minstrel Festival? of Kaapse Klopse-fees, jaarliks saam met die aanbreek van die nuwe jaar plaasgevind om bruin mense tydelik te bevry van hul sosiale onderdrukking: ?[At the Carnival] there was indeed something of that reversal of social structure and political power in the temporary occupation of the centre of the Mother City on New Year [...]? (Martin, 1999:39). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 40 Deelnemers aan die Klopse-karnaval het baiemaal maskers gedra om aan te dui dat hulle simbolies bevry is van die alledaagse (Martin, 1999:37): Revellers choose their mask - they can be what they are not allowed to be during the rest of the year, what they would not dare be. The mask allows them to identify with the personas of their dreams - rich, handsome, audacious, liberated. In a word the mask confers freedom; freedom to be, freedom to act, freedom to say and freedom to choose. Die skouspel (spectacle) daarteenoor, word juis gekenmerk deur die duidelike onderskeid wat tussen die deelnemers as passiewe toeskouers en die aktiewe optreders getref word (Handelman, 1982:180). Volgens MacAloon (in Handelman, 1982:180) het die skouspel ook nie, soos die fees of karnaval, die doel om ?n (vrolike) gemoedstemming by die deelnemers of toeskouers te skep nie, maar die toeskouer is self daarop aangewese om die inligting wat ontvang word, te interpreteer. Die skouspel as gebeurtenis word dus nie binne ?n konteks vertoon wat op simboliese of fisiese maniere geskei is van die alledaagse lewe nie. Gevolglik is daar ook geen sprake van ?n liminale fase nie en deelnemers word nie tot dieselfde mate aangemoedig om te reflekteer oor die bestaande sosiale orde (Handelman, 1982: 180) soos by die fees of karnaval nie. Skouspele vind dikwels plaas in die vorm van mega-gebeurtenisse soos sport- of atletiekbyeenkomste wat deur massamedia, soos die televisie, gevolg word. ?n Fees is dus, samevattend, as openbare verskynsel ?n tipe gebeurtenis wat onderskei kan word van ander soorte gebeurtenisse op grond van die unieke samestelling daarvan, gekenmerk deur aspekte soos ?n spesifiek-omskryfbare duur, ligging, bestuur en teikengroep(e). Feeste kan die beste beskryf word as hallmark-gebeurtenisse omdat dit plaasvind in ?n spesifieke streek, maar nie soveel blootstelling geniet soos mega- gebeurtenisse nie en nie eenmalig plaasvind soos spesiale gebeurtenisse nie. Feeste verskil ook van ander hallmark-gebeurtenisse soos byvoorbeeld karnavalle, omdat by laasgenoemde minder sprake is van ?n onderskeid tussen besoekers en optreders. Hierteenoor dien skouspele as ?n voorbeeld van hallmark-gebeurtenisse waar die onderskeid tussen deelnemers en toeskouers groter is as by feeste, die gebeurtenis tot ?n mindere mate geskei is van die alledaagse lewe en die effek van betekenisoordrag nie eventiserend is soos in die geval van feeste nie. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 41 2. Die fees as (poli-)sisteem Daar is reeds tot die gevolgtrekking gekom dat feeste opgerig word na aanleiding van veranderinge in die gasheergemeenskap en dat dit voortdurend dien as barometers van di? gemeenskappe se omstandighede en belange met betrekking tot aspekte soos kultuur, geskiedenis en aktuele kwessies. Feeste se interaksie met die gasheergemeenskap word boonop bevestig deurdat hierdie feeste meermale saamgestel word met die doel om as instrumente te dien wat onder andere die feesdeelnemers be?nvloed deur betekenis (soos byvoorbeeld sosiokulturele waardes) aan hulle oor te dra. Op grond van struktuur word ?n fees deur Henri Schoenmakers beskryf as ?n meta-gebeurtenis, omdat dit wel ?n enkelgebeurtenis is met betrekking tot byvoorbeeld naam, fokus en program, maar in werklikheid ?n samestelling is van ?n veelvoud onafhanklike enkelgebeurtenisse. Temple Hauptfleisch (2007:39-47) steun op Itamar Even-Zohar se polisisteemteorie (1979, in Hauptfleisch, 2007a:42) om kenmerke van feeste enersyds te verduidelik en andersyds daarop voort te bou. Itamar Even-Zohar (2005:1) definieer sisteme as ?networks of relations that can be hypothesized for a certain set of assumed observables (?occurrences?/?phenomena?). In aansluiting daarby dat die definisie veralgemenende terme soos netwerke, verhoudings en ??n sekere stel waarneembaarhede? insluit, is die velde waarbinne dit toegepas kan word, veelvoudig en grootliks onbeperk. Die polisisteemteorie gaan uit van die idee dat byvoorbeeld sosiale sisteme eerstens kompleks, dinamies en heterogeen is. Tweedens bestaan ?n samelewing uit ?n spektrum sisteme wat voortdurend wedywer om meer gekanoniseerde rolle in die totale polisisteem te vervul, en wat mekaar in die proses be?nvloed en vorm (Even-Zohar, 2005:3-4). Hauptfleisch beskou die fees enersyds as ?n enkele sisteem omdat dit funksioneer as entiteit wat ten doel het om spesifieke ideologie? en waardes binne ?n kulturele polisisteem oor te dra (2007:39), maar andersyds ook as iets meer kompleks as ?n enkele sisteem - eerder ?n polisisteem. Die redes wat hy hiervoor aanvoer, is dat dit eerstens bestaan uit ?n versameling diverse gebeurtenisse met byvoorbeeld eie samestellers, doelwitte, ?n beoogde impak en spesifieke ondersteuners, en tweedens omdat ander faktore wat deel moet uitmaak van die fees om dit te laat verwesenlik, byvoorbeeld borge en die streek of area wat die fees Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 42 huisves, elkeen seggenskap het oor hoe die fees uiteindelik afspeel (2007:42). Vir die doeleindes van my studie, wat lig werp op die retoriese werking van liter?re feeste in Hoofstuk 2, is dit belangrik om kennis te neem van die volgende twee aspekte: dat die fees as sisteem binne ?n komplekse konteks plaasvind wat die uiteindelike fees vorm, be?nvloed en selfs daarmee wedywer, en dat die feesentiteit uit ?n polisistemiese samestelling bestaan - ter wille van strategie in een opsig (simbole van die alledaagse word gebruik om betekenis effektief oor te dra) en noodsaak in ?n ander (belangegroepe waarvan die fees afhanklik is, se voorkeure moet in ag geneem word). Die kompleksiteite van die polisistemiese feeskonteks, wat terselfdertyd deur die fees as sisteem be?nvloed word ?n ?n vormende invloed op die fees uitoefen, is belangrik by my vergelyking van die US Woordfees se strategiese samestelling en retoriese werking as Suid- Afrikaanse liter?re fees met di? van die Weerwoordfestival as Nederlandse liter?re fees, omdat die konteks van Suid-Afrika as ontwikkelende land in baie opsigte verskil van die ontwikkelde Nederlandse konteks. Even-Zohar (1990:18) maak spesifiek melding daarvan dat die polisisteemteorie toegepas kan word om ?n bepaalde aspek van polisisteme (byvoorbeeld liter?re feeste - JCL) uit verskillende gemeenskappe met mekaar te vergelyk. In Temple Hauptfleisch se bespreking van die fees as sisteem binne ?n konteks as polisisteem (2007:39) fokus hy op die kulturele eienskappe van die konteks (of voorgrond) en benadruk die gekompliseerde aard daarvan. Hy wys daarop dat die meeste w?reldlande multikultureel van aard is en dat geen fees aan alle groepe in ?n gemeenskap se behoeftes kan voldoen nie, want almal deel nie dieselfde intellektuele, sosiale, religieuse, kulturele en politieke oortuigings nie (2007:41-42). Hauptfleisch (2007:46) beskou ?n fees eerder as ?n samekoms van mense met gedeelde belange. As hulle ooreenkomstige waardes deel ten opsigte van byvoorbeeld kuns, kultuur, taal en religie, vergemaklik dit die organisasie daarvan grootliks. Die verwagting dat organiseerders ?n fees kan oprig wat ?n volle gemeenskap sal trek, op die gewenste wyse sal be?nvloed en be?ndruk, kan as na?ef beskou word, maar is volgens Hauptfleisch wel ?a perceived truth, or an aspired-for ideal? (2007:41). Aansluitend hierby kan geen enkele fees ?n representasie wees van byvoorbeeld ?n land se totale kulturele industrie nie, maar is feeste sterk gekoppel aan plaaslike identiteit(e) - van byvoorbeeld Stellenbosch teenoor Suid-Afrika - Hauptfleisch (2007:45). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 43 Die mate waartoe ?n kulturele gemeenskap uit diverse segmente bestaan, verskil volgens Hauptfleisch (2007:41) egter grootliks. Hy verwys na twee uiteenlopende scenario?s: skynbare monokulture soos die pre-koloniale San of Zoeloes in Afrika of hedendaagse kulture in afgele? gebiede soos bewoners van Groenland; of tweedens diverse kulture wat streef na eenheid, soos Duitsland in die 1930-erjare en Suid-Afrika na apartheid sedert 1994. Cohen (1985) in Boissevain (1992:11) stel dat simboliese aksie in die vorm van rituele plaasvind om die sosiale identiteit en groepsolidariteit te versterk wanneer gemeenskapsgrense en identiteite verdof of onbepaald raak. Heelwat voorbeelde van ?simboliese aksies? of ?rituele? as tipe feesgebeurtenisse gerig op versoening tussen Afrikaanssprekendes uit verskillende kulturele en historiese agtergronde in die gemeenskap kan byvoorbeeld op die US Woordfees se program uitgewys word, onder meer op die vlak van kunsopvoerings- en uitstallings, asook van die liter?re en politieke diskoers (sien Hoofstuk 3 vir die bespreking). Diverse mense ontmoet mekaar dus as een gemeenskaplike belangegroep en sodoende word gestreef na ?n sterker netwerk, asook na versoening en eenheid tussen Afrikaanssprekendes wat verskillende kultuur-historiese polisisteme verteenwoordig (sien bespreking op p. 117-119). Vir ?n begrip van die komplekse aard van feeste en die uitdagings wat die organisering daarvan bied om ?n sosiokulturele impak te maak, vind Hauptfleisch (2007:42) dit belangrik om die heterogeniteit van kulture in ag te neem. Die kulturele uitdagings is egter een (poli-)- sisteem tussen ?n spektrum ander wat terselfdertyd deur ?n fees gevorm en be?nvloed word ?n die uiteindelike fees en die debatte daaromheen help vorm. Ander komplekse sisteme wat ook elkeen bestaan uit verdere subsisteme, is byvoorbeeld die geskiedkundige agtergrond van ?n gasheergemeenskap, die politieke klimaat wat heers, asook die maatskaplike en ekonomiese situasie. Die polisisteemteorie is hiernaas egter ook van toepassing op feeste, omdat die eiesoortige aard daarvan nie net as ?n sisteem nie, maar ook as ?n polisisteem beskryf kan word. Henri Schoenmakers se beskrywing van ?n fees as enkelgebeurtenis, saamgestel uit verdere enkelgebeurtenisse (?n meta-gebeurtenis) illustreer dat die fees as sisteem ?n as ?n versameling sisteme beskou kan word, maar Temple Hauptfleisch (2007:42) beskryf die fees ook in ?n ander opsig as ?n polisisteem: Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 44 [A festival exists of] an uneasy composite of (potentially) competing activities. And those involved in it have distinctive, and at times even widely divergent, motivations for being involved - since they too come from distinctive sub-systems and systems within the larger poly-system of the particular society. Naas gebeurtenisse wat dien as trekpleisters vir die fees se gasheergemeenskap beklemtoon Hauptfleisch (2007:44) vervolgens verskeie vormende faktore waarvan ?n fees se aanbieding en voortbestaan afhanklik is, en wat meermale uitdagings vir die handhawing van ?n fees se fokus en doelwitte bied. Di? eiesinnige ?aktiwiteite?, waarna verwys word as die ?parameters? by feeste (2007:43), identifiseer hy soos volg: die feesorganiseerders, borge, kulturele politiek, kunstenaars, fasiliteite, kommersi?le belange, plaaslike ekonomie, plaaslike speelkultuur (die mate waarin verskillende vorme van kuns plaaslik buite feeste opgevoer word), dorp en/of gemeenskap, nasionale speelkultuur (die mate waartoe verskillende vorme van kuns nasionaal buite feeste opgevoer word), plaaslike politiek, algemene publiek, geografie, gehore, nasionale politiek en die media. Volgens Hauptfleisch is elkeen van hierdie parameters by alle kulturele of kunstefeeste ter sprake en kan geen fees plaasvind sonder die vrywillige of geforseerde samewerking tussen al hierdie kragte nie. So ook het elkeen in ?n meerdere of mindere mate ?seggenskap? oor die fees (2007:44). Die fees tree dus nie alleen op as ?n sisteem met ?n oorkoepelende fokus, feesvisie- en missie wat die ?hypothesized [...] assumed observables? (Even-Zohar, 2005:1) aandui en wat wedywer met ander sisteme in die gemeenskaplike polisisteem (soos liter?re feeste wat te kampe het met ?n swak leeskultuur - JCL) nie, maar die onderdele van hierdie sisteem se ?netwerk van verhoudings? (soos die noodsaaklike parameters by die oprigting van ?n fees en die gebeurtenisse wat plaasvind) tree ook op as aparte sisteme met eie, onderlinge doelwitte en belange by die fees. Die fees funksioneer dus inderdaad as ?n polisisteem. Die bespreking van die fees as (poli-)sisteem illustreer eerstens dat ?n fees nie in isolasie bestudeer kan word nie, maar slegs verstaan kan word indien die omliggende sisteme waarmee dit wedywer ook in ag geneem word. Die bestaan van hierdie verskillende sisteme in die feeskonteks, selfs die subsisteme binne een sisteem (soos kultuur), dui op die komplekse aard daarvan en dat feeste selde ?n volle gemeenskap se kulturele waardes kan reflekteer. Tog kan feeste wel gebruik word as instrumente om versoening tussen subsisteme binne ?n kulturele sisteem teweeg te bring, deur diverse groepe met Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 45 gemeenskaplike belange te probeer lok. Daar word tweedens getoon dat organiseerders nie volkome beheer oor die fees kan h? nie, maar gedurig verskillende veranderlikes in ag moet neem wanneer hulle strategie? wil toepas om bepaalde kuns- en kulturele identiteite te help vorm. In Hoofstuk 2 word ge?llustreer word hoe ?n ?netwerk? gebeurtenisse by liter?re feeste strategies gebruik kan word om ?n omliggende groep kulturele sisteme te be?nvloed deur middel van ?n retoriese aanpak. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 46 3. Historiese oorsig 3.1. Globale oorsig Dat feeste as sosiale instrumente in diverse behoeftes van gasheergemeenskappe kan voorsien, blyk onder andere uit die tekens van feesvierings sedert die vroegste tye, in uiteenlopende kulture en omstandighede. Dit is onmoontlik om te bepaal hoe oud die feesfenomeen presies is, omdat die geskiedenis dikwels nie neergeskryf is nie of belangrike bronne mettertyd verlore gegaan het. Tog dui bewyse daarop dat byvoorbeeld die Dionusos- feeste in Antieke Griekeland al ten minste sedert so vroeg as 530 vC begin plaasvind het (Price, 2003:35). Ten einde te illustreer hoe die ?feesformules? en gepaardgaande rituele deur die eeue gefunksioneer het, en hoe dit in Suid-Afrika veral sedert die 1990-erjare as kulturele instrumente benut is, word ?n paar gevallestudies van feeste uit die geskiedenis ondersoek. Die diverse toepassingsmoontlikhede van feeste kom na vore in die verskillende maniere waarop dit binne verskillende tydvakke in die geskiedenis kulturele omstandighede weerspie?l het. Die indruk is dat groot veranderinge in die mens se lewenswyse sedert pre- historiese tye ?n merkwaardige invloed op die fokus en eienskappe van feeste gehad het en dat dit dus ?n ingrypende evolusie ondergaan het. Rasch (s.a.:6) noem dat die fokusonderwerpe van hedendaagse feeste nie meer soveel te make het met die natuurlike siklus van die aarde soos vroe?r nie. Prehistoriese beskawings, wat oorleef het as byvoorbeeld boere, seeliede of vissermanne, het veel nader aan die natuur geleef as wat in die hedendaagse Westerse beskawings denkbaar is. Omdat mense vroe?r meer direk afhanklik was van natuurbronne en omstandighede, het die jaarlikse natuurgebeure vir hulle ?n parallel getoon met hulle eie lewens. Rasch wys byvoorbeeld daarop dat ?midwinterfeeste? ?n algemene fenomeen was in antieke Europese samelewings. Hierdie feeste het gewoonlik op 26 Desember plaasgevind - ?n dag in die middel van die winter waarop dit gelyk het asof die son stilstaan. Feesvieringe is dus gehou om aan die gemeenskappe hoop te gee dat die son weer sou beweeg, dat die natuur weer sy siklus sou voortsit en dat die winter dus sou verbygaan. Die semantiese boodskap wat hierdie feeste wou oordra, is dat die lig die duisternis weer sal oorwin, dat die lewe Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 47 gevolglik ook die dood sal oorwin en dat daar dus rede tot feesviering was. Dit korreleer met die reeds-besproke uitgangspunt dat feeste kan ontstaan na aanleiding van krisismomente, ten einde ?n gees van optimisme in ?n samelewing te help skep. ?n Ander voorbeeld van hierdie tipe feeste is die Persiese Vuurfees, ook bekend as die ?Fees van die vrolike dag?, wat eweneens jaarliks op 26 Desember gevier is. (Rasch, s.a.:19). Reeds in hierdie tye het die koning tydens die fees van sy kroon afstand gedoen, saam met sy onderdane aan tafel plek ingeneem en homself tot op dieselfde vlak gebring as die mense wat buite die feeskonteks, in die alledaagse lewe, as sy onderdane beskou is. ?n Verskil van die alledaagse omstandighede is dus in die vorm van ?n ?verkrege homogeniteit? (Pierssens, 1972, in Handelman, 1982:165) tussen die feesdeelnemers bewerkstellig. Die Bybel bied ?n genuanseerde oorsig omtrent die aard van gewyde feeste in die vroe? geskiedenis. Aansluitend by die evolusie wat feeste ondergaan het, neem Jan Wagenaar (2005:1-2) in hierdie feeste ?n verskuiwing waar tussen die praktyke van vroe? voorpriesterlike feesvierings (Eks. 23:16, 34:22; Deut. 16:13-15) en latere vierings in die tyd van die priesters (vgl. Lev. 23:5-21; Lev. 23:33-36). Dit behels ?n wegbeweeg van die mens se direkte afhanklikheid van sy natuurlike omstandighede. By die ouer feesvierings word die datums naamlik vasgestel in ooreenstemming met die oestye, terwyl daar by priesterlike feesvierings nie na oestye verwys word nie, maar na onafhanklik-vasgestelde datums. Drie van die feeste wat in Die Bybel genoem word, het ontstaan na aanleiding van die Israeliete se tog uit Egipte na die sogenaamde ?Beloofde Land? - ?n gebied wat hulle volgens religieuse oortuigings geglo het hulle sou vind en beskou het as hul uitweg uit onderdrukking en dominansie. Ook hierdie feeste se oprigting kan dus gekoppel word aan ?n groot (positiewe) verandering wat plaasgevind het in die bepaalde gemeenskap. Deur middel van die feesvierings word die religieuse boodskap jaarliks aan die gemeenskap oorgedra dat God hulle gered het en dat Hy gevolglik vereer en gevier behoort te word. Die Pesach- en Massot- feeste (Wagenaar, 2003:2), onderskeidelik die ?Fees van die ongesuurde brood? (Eks. 23:15) en ?Die fees van die weke? (Eks. 34:22), het twee dae na mekaar plaasgevind en is ook gesamentlik die ?Paasfees? genoem (Deut. 16:1-12). Die Shabuot-fees (?Die huttefees?, sien Deut. 16:13) het met die afloop van die oestydperk plaasgevind, ongeveer vyftig dae na die Massot. Hierdie gewyde feeste was sterk ritualisties van aard. Soos met rituele hou dit Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 48 verband met re?lmaat, omdat die deelnemers voorgeskrewe aksies moes uitvoer (Lev. 23:37) wat deur ?n outoriteit ge?nisieer is (vgl. ?Dit is die feestye wat deur die Here bepaal is?, Lev.23:37). Soos die voorbeelde toon, is die datums van die feeste in die Ou Testament vasgestel na aanleiding van onder andere die oestye en nie op grond van onafhanklike datums soos in die Nuwe Testament nie. Die Dionusos-feeste, wat sedert ongeveer 530 vC in Athene in Antieke Griekeland gevier is, kan beskou word as ?n voorganger van die hedendaagse kunstefeeste. Hierdie fees is jaarliks kort na die aanbreek van die lente aan die einde van Mei gevier as ?n ?fees van die belofte?, gewy aan die Dionusos (Grobbelaar, 1975:7) wat in die destydse samelewing opgetree het as die god van wyn, die planteryk en religieuse besit. Saam met Demeter was Dionusos een van die gode wat meer gewild onder die Griekse ?gepeupel? was as by die aristokrasie. Hy was ?n unieke god in die sin dat mense met hom kon kommunikeer - deur alkohol-intoksikasie of deur middel van ?n geestelike ekstase (Sacks et al., 1999:83). Die Dionusos-feeste het waarskynlik ?n gevoel van egalitarisme en ekstase opgeroep wat, soos hedendaagse feeste, deelnemers weggevoer het van die alledaagse. Die kulturele eienskappe was nie alleen sigbaar deurdat die fokus van die fees gerus het op een van hul gode nie, maar ook in ander gemeenskaplike ?simbole? soos oorlogvoering, wat gevier is om waardes soos heldhaftigheid oor te dra. Die seuns van gestorwe oorlogshelde moes tussen teaterstukke voor die deelnemers paradeer en die eer wat deur bondgenote aan Athene gebring is, is ook voor al die deelnemers verkondig. Feesgangers het in die feesgebruike gedeel en die sakrale dimensie van die feesvierings geamplifiseer deur enige alledaagse simbole waaraan hulle heilige waarde geheg het, te dra om Dionusos te vereer (Price, 2003:45). Volgens David Sacks, Oswyn Murray en Margaret Bunson het deelnemers ook maskers gedra as deel van die simboliese gedrag (1999:84): At this festival in primitive times, masked worshippers would impersonate the god, speaking words in his character. By the late 500s B.C. these rites had developed into the beginnings of Athenian stage comedy. Behalwe die ?verhoogkomedie?, verwys Price (2003:45) ook na die dramatisering van tragedies wat daaraan voorafgegaan het: drie dae lank is teatrale opvoerings gehou, waartydens drie nuwe tragedies opgevoer is waarvan die beste stuk deur lukraak verkose beoordelaars met ?n prys beloon is. Ander kunsvorme soos koorsang is ook beoordeel en Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 49 vanaf 486 vC is vyf komedies jaarliks in ?n kompetisie beoordeel. Temple Hauptfleisch (2001:169) wys gevolglik op die belangrike rol van hierdie fees in die ontwikkeling van dans, drama en musiek. Veral sedert die 16de en 17de eeu het feeste ?n meer sekul?re karakter aangeneem, en is religieuse feeste baiemaal vervang deurdat die klem op die mens en sy artistieke potensiaal en uitlewing begin val het (Kitshoff, 2006:1). Soos reeds genoem, het die ritme van baie tradisionele vieringe ook verander ? later deurdat feesdatums eerder volgens gemak en toerisme-seisoene verkies is as in ooreenstemming met ?n natuurlike of landboukundige siklus (sien Boissevain, 1992:12 en Visser, 2007:114). Die aantal feeste wat plaasvind, hang ook n?? saam met politieke en maatskaplike veranderinge. Jeremy Boissevain (1992:10) wys daarop dat Europese feesvierings gedurende die 1950-erjare (na die Tweede W?reldoorlog) minder geword het, maar sedert die 1970?s herleef en eksponensieel begin toeneem het (vgl. Kaptein, 1996:679, se begrip festivalisering). Die toename in stedelike feeste en kunstefeeste is sterk be?nvloed deur die aandag aan popul?re kunsvorme in die 1970?s, en vervolgens deur die opbloei van postmodernistiese idees omtrent onder meer mulikulturalisme. Feeste kon sedertdien as sowel ?n platform vir die uitdaging van elitistiese kunsvorme dien, as om huisvesting te bied vir die popul?re kultuur (Allen et al., 1999:15). 3.2 Nasionale oorsig Ook in Suid-Afrika het ?n grootskaalse toename in nuwe feeste plaasgevind, maar, met uitsondering van die Grahamstadse Nasionale Kunstefees wat uit 1974 dateer, eers sedert die 1990-erjare. Die eerste fees van die Vryburgers aan die Kaap het wel reeds in 1686 in Stellenbosch plaasgevind om Simon van der Stel as die ?stigter? van Stellenbosch se verjaarsdag te vier (Kitshoff, 2006:69). Oorwegend Engelstalige feesvierings was histories-gekoppel: ?Grahamstown has been associated with carnivals and festivals for more than 160 years as British immigrants established the tradition of celebrating landmark anniversaries on a grand scale? (National Arts Festival. About History., 2009). Dit geld ook vir die volksfeeste gegrond op Afrikanerskap, met ?n sterk politieke, nasionalistiese basis, wat die algemeenste voorgekom het, byvoorbeeld die Ossewa-trek ter herdenking van die Groot Trek, die Van Riebeeck-fees en Geloftefeeste (vgl. Grobbelaar, 1974:80). Gedurende die eerste dekades van die 20ste Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 50 eeu het volksfeeste gedien as gewilde tydsverdrywe om eenheid onder veral Afrikaners te bewerkstellig (Kitshoff, 2006:68). Volksfeeste word gedefinieer as gemeenskaplike gebeurtenisse wat oorblyfsels van Oud-Germaanse of Vroeg-Christelike feestye is. Dit behels dus sterk tradisionele handelinge en is deur blanke Europese nasate gebruik om hul identiteit as Europe?rs te herbevestig en te behou (vgl. Grobbelaar, 1975:4). Ook hierdie nasionalistiese feesvierings illustreer dus die politieke klimaat in die pre-apartheid samelewing, toe blanke Europese nasate oortuig was dat hulle kultuur onversoenbaar was met di? van toenmalige Afrika-samelewings. Die eerste taalfees in Suid-Afrika is op 26 en 27 Junie 1882 op Burgersdorp gehou om die ?verkregene vrijheid van de Hollandse Taal? te vier (Grobbelaar, 1975:151). Die Afrikaanse taalfeeste, net soos sommige historiese en kultuurfeeste, is gebore uit die Afrikaner se stryd om ?n eie en selfstandige ?volk? te wees. Soos met die volksfeeste is taalfeeste ook nie gekenmerk deur vrolikheid nie, want die veronderstelling was dat so ?n gees afbreuk sou doen aan die waardigheid van die fees en dat die belangrike werk wat dit moes verrig ?n ernstige atmosfeer regverdig (Grobbelaar, 1975:150). Teen 1975 bemerk Grobbelaar egter ?n ?inkrimping in die omvang en aard van feeste?: ?Meerdaagse programme is vandag, met die uitsondering van sekere plattelandse gebiede en spesiale geleenthede, seldsaam? (1975:72). Grobbelaar se kommentaar volg, ironies genoeg, kort na die ontstaan van die Engelstalige Grahamstown National Arts Festival (1974), wat op beskeie wyse opgerig is om die koms van die 1820-setlaars te herdenk. Hierdie fees, wat in die 1980?s die enigste goed gevestigde fees in Suid-Afrika was, het die weg gebaan vir ?n nuwe feeskultuur (Kamp, 2003:10) wat veral in die 1990?s tot stand begin kom het en van 2000 af ?n hoogtepunt begin bereik het (Brits et al., 2007:228). Die Grahamstown National Arts Festival (NAF) duur tien dae en vind jaarliks in Julie plaas. Sowel op grond van sy pionierstatus as weens sy groot omvang is di? fees van besondere belang by enige bestudering van feeste in Suid-Afrika. In reaksie teen die bevordering van Afrikaans deur die Afrikaans-gedomineerde Nasionale Party in die 1970?s, wou die feesorganiseerders ?n tuiste skep vir die uitbreiding van Engels in die uitdrukking van verskillende kunsvorme. Alhoewel die NAF aanvanklik gemik was op die behoeftes van Engelssprekende Suid-Afrikaners en dikwels gekritiseer is vir die ?koloniale karakter? daarvan (Kitshoff, 2004:249), is die fees se samestelling mettertyd aangepas by die veranderende Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 51 omstandighede en behoeftes van die Suid-Afrika waarin dit plaasvind en word dit tans voorgestel as die enigste nasionale veeltalige fees (van tale ?n literatuur) met ?n klem op ontwikkeling (Hemphill, 2008). Alhoewel Engels steeds meestal gebruik word, kom tale soos Afrikaans, Zulu en Xhosa ook voor en daar is ?n groeiende tendens tot samewerking met betrekking tot gebeurtenisse wat voorbeelde is van kulturele sintese (vgl. Hemphill, 2008; SA Book events, or: who says South Africans don?t read?, 2008).6 Die afskaffing van apartheid in 1994 en die sosiopolitieke gevolge daarvan het nie net nasionalistiese volksfeeste grootliks stopgesit omdat die betekenis daarvan nie meer die heersende ideologie? van die tyd weerspie?l nie, maar het ook gehelp om ?n plaaslike festivaliseringsproses aan die gang te sit. Die rol wat spesifiek kunstefeeste in Suid-Afrika speel, word benadruk deur Michael Kamp (2003:86) wat die funksie daarvan as noodsaaklik vir Suid-Afrika voorstel: ?Festivalisering is in Europa een trend, in Zuid-Afrika is het een overlevingsstrategie voor de kunsten.? Kamp (2003:10) skryf die ontstaan van nuwe feeste in Suid-Afrika sedert die 1990-erjare toe aan drie (positiewe ?n negatiewe) faktore: eerstens het die demokratiseringsprosesse wat met die einde van apartheid as politieke bestel in Suid-Afrika gepaard gegaan het, gelei tot die transformasie van die teater en feeste; tweedens is subsidies en fondse vir die kunste geherstruktureer, en derdens het die nuwe vryhede wat die demokratiese ?Nuwe Suid-Afrika? teweeg gebring het, gelei tot hernude soektogte na kulturele identiteit. Positief was onder meer die invloed van Nelson Mandela wat vanaf 1994 as nuwe staatspresident versoeningsprosesse aan die gang gesit het (Hauptfleisch, 2007b:80). Dit het ?n gees van vernuwing en multikulturalisme in Suid-Afrika laat posvat wat goed deur feeste weerspie?l kon word. Na die oorgang tot demokrasie in Suid-Afrika in 1994 is blank-gedomineerde kulturele praktyke soos die Uitvoerende Kunsterade (?Performing Arts Councils?) wat subsidies vir die 6 Hoewel die NAF aanspraak maak daarop dat Afrikaanse gebeurtenisse voorkom, strook dit egter nie deurgaans met die realiteit nie. Helaas was daar volgens Beeld (Burger, 2009:6) in 2009 ??n Afrikaanse windstilte in [die] Oos-Kaap?, met geen Afrikaanse items op die hoofprogram nie: ?Sowel nasionaal as internasionaal skep die Grahamstad-fees ?n jaarlikse dialoog tussen Suid-Afrika se voorste kunstenaars. Maar waar is die Afrikaanse kunstenaars? Waar was die room van die oes van Afrikaanse teater vanjaar? ?n Groep - dapper jong Turke wat in Afrikaans ?n paar grense op die randfees verskuif? ?n Vinnige kykie na die amptelike feesgids toon ?n skreiende afwesigheid van Afrikaanse teater en musiek. Die enigste produksie wat ?n mens met ?n vinnige oogopslag opspoor, is getiteld Blomtyd, ?n woordkunsvertoning op die randfees.? Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 52 kunste gebied het, gestaak en moes die kunste ander maniere vind om te oorleef (Kamp, 2003:9). Die provinsiale kunsterade uit die apartheidsperiode, naamlik KRUIK, TRUK, NARUK en SUKOVS, is vervang deur die National Arts Council, met veel beperkter fondse vir die kunste. In ?n konteks waar die behoefte aan fondse vir behuising, gesondheid, opvoeding en ander maatskaplike kwessies onvermydelik as prioriteit beskou is (en word), moes die kunste ander ondersteuningsvorme vind en het kunstenaars hul dus tot feeste begin wend (Visser, 2007:105). Herman Kitshoff (2006:3) benadruk die rol wat die nuwe bedreiging vir Afrikaans as destydse ?taal van apartheid? speel in die Suid-Afrikaanse festivaliseringsprosesse: Sedert 1994 het ?n besliste drang onder Afrikaanse kunstenaars in die bre? ontstaan om hul tot die Afrikaanse taal as uitingsvorm te wend. [Die ontstaan van Afrikaanstalige feeste kan] op ?n bepaalde besorgdheid dui jeens die toekoms van die taal in amptelike hoedanigheid, asook op ?n herdefini?ring van die identiteit van die Afrikaanse taal en van sy sprekers. In terme van feeste geskied hierdie herwaardering in die meeste gevalle in ?n feestelike en sorgvrye milieu, terwyl die stryd vir die toekoms van Afrikaans in amptelike en akademiese hoedanigheid met wroegende bepeinsing gepaardgaan. S? is beide die KKNK (sedert 1995 in Oudtshoorn) ?n die Aardklop-kunstefees (sedert 1998 in Potchefstroom) ontwikkel deur private organisasies of instellings, met die doelwit om Afrikaans te bevorder deur ?n groot verskeidenheid kunsdissiplines (Briers, 2005, in Visser, 2007:108). Die KKNK duur jaarliks nege dae en vind meestal in April plaas, in aansluiting by Paasnaweek. Die Aardklop-kunstefees is vyf dae lank en word jaarliks teen die einde van September aangebied. Die US Woordfees, wat gekoppel is aan een van die laaste oorblywende oorwegend Afrikaanse universiteite in Suid-Afrika, het in 2000 tot stand gekom. Dit is een van die produkte wat gebore is uit onder andere ?n bekommernis oor die toekoms van Afrikaans en veral die negatiewe invloed wat swak maatskaplike en ekonomiese omstandighede op die lees- en skryfkultuur en gepaardgaande geletterdheid van Suid-Afrikaners het. Dit word in Hoofstuk 3 bespreek. In Suid-Afrika kan dus ges? word dat die festivaliseringsproses wat veral weens hierdie politieke en kulturele klimaat ontstaan het enersyds ?n reaksie was op ?krisismomente? (omdat die toekoms van byvoorbeeld die teaterkuns en Afrikaans bedreig is), en andersyds Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 53 verband hou met ?n ?breekpunt? in die samelewing, omdat die omstandighede in Suid-Afrika in ?n veelvoud opsigte toenemend verander. Feeste moes dus binne di? konteks voorsien in die behoeftes geskep deur die verskillende omstandighede ?n help om hoop en ?n gees van optimisme te help vestig. Suid-Afrikaanse feeste wat ontstaan het sedert 1974, en veral vanaf die 1990-erjare, het dus meermale politieke wortels en bevestig Bakhtin se siening dat feeste aangebied word na aanleiding van ?breekpunte? of ?krisismomente? in ?n samelewing om ?n gevoel van hoop te help skep (vgl. Bakhtin, 1984:13; sien p. 17). 4. Deduksie: van feeste in die algemeen na ?n definisie vir liter?re feeste In die voorafgaande teoretiese en historiese oorsig oor die polisistemiese aard van feeste is ondersoek ingestel na die generiese eienskappe waaroor feeste in die algemeen beskik, ongeag hul fokus of sosiokulturele doelstellings. Deur feeste in hierdie afdeling op grond van hul spesifieke fokusareas te onderskei, word die vernaamste soortgroeperinge van feeste terselfdertyd kortliks nagegaan. Kunstefeeste word uitgesonder as ?n feeskategorie, omdat dit dien as ?n groter geheel van kunsvorme en baiemaal ??k literatuur as besondere genre huisves. Gevolglik kan dit in hierdie opsig ooreenkomste toon met liter?re feeste. Die eienskappe van spesifiek liter?re feeste in Suid-Afrika en Nederland word vervolgens in o?nskou geneem om ?n model vir hierdie tipe fees te probeer opstel. 4.1 Die segmentering van feeste Om feeste op grond van die genoemde veranderlikes te kategoriseer, byvoorbeeld die unieke samestelling, duur, ligging, bestuur, teikengroep(e) en fokus daarvan, kan tot ?n onpraktiese en oorgekompliseerde skema lei. Hoewel die fokusterreine van die verskillende feeste nie altyd ?n geskikte kriterium is by kategorisering nie weens feeste se omvangryke aard en die gevolglik veelvuldige veranderlikes waaruit dit kan bestaan, is dit tog dikwels die mees prakties haalbare en effektiewe onderskeidingsmeganisme (Getz, 1991:50), wat dus ook in my ondersoek na liter?re feeste gebruik sal word. ?n Fees se fokusarea word dikwels in sy naam weerspie?l (Getz, 1991:50) en dus bied hierdie kriterium ?n maklik toepasbare metode, maar wanneer dit in isolasie gebruik word, kan dit lei tot foutiewe interpretasies. ?n Voorbeeld hiervan is die foutiewe groepering van die US Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 54 Woordfees deur Van Zyl, Strydom en Brits (2007:238). Hulle kategoriseer die ?Afrikaanse Woordfees? as ?n ?gewyde, taal- en godsdienstige fees?. Dit is in sekere sin ?n taal- (of eerder letterkunde-) fees, gefokus op Afrikaans tussen ander tale (vgl. Van Zyl en Rosenstrauch, 2009:2), maar die inhoud daarvan toon ?n sterk ooreenkoms met di? van ?kunstefeeste? en het min te doen met ?gewyde? of ?godsdienstige feeste?. Die naam van die fees het kennelik foutiewe oppervlakkige assosiasies opgeroep met die ?Woord? as verwysend na Die Bybel en dus met die Christelike religie, terwyl dit by die Woordfees eerder gaan om die ?woord? se toepassingsmoontlikhede binne die kunste. So ?n fout wys op die noodsaak tot verifi?ring deur byvoorbeeld die internet te gebruik, eerder as om slegs die naam as uitgangspunt te gebruik. Uit ?n naam soos ?Aardklop? kan byvoorbeeld ook min oor die feesfokus en -inhoud afgelei word. Benewens ?gewyde, taal- en godsdienstige feeste? en ?kunstefeeste?, verdeel Van Zyl et al. (2007:238) die feeste wat in Suid-Afrika voorkom, in die volgende groepe: ?dans, jazz- en musiekfeeste? wat fokus op die viering van spesifiek dans- of musiekuitvoering; ?erfenis- en kultuurfeeste? as vieringe ?wat berus op nostalgie oor die verlede of oorge?rfde kulturele tradisies? (dit wil s? ?n voortsetting van die vroe?r genoemde volksfeeste); en ?oes- en voedselfeeste?, wat ?n bepaalde landbougebied se oes vier. Ook ?sportgebeurtenisse? (?sportgeleenthede?) soos die Comrades-marathon word as feeskategorie? ingesluit, wat myns insiens egter onvanpas is - sien my vroe?re opmerkings oor sportgebeurtenisse as ?mega-gebeurtenisse? wat toeskouers nie dieselfde graad van simboliese afsondering van die alledaagse lewe bied as feeste nie. Die laaste kategorie - ?tentoonstellings, skoue en feeste? - is te wydlopig en die motivering vir di? groepering, naamlik om gebeurtenisse in te sluit wat nie hoort by ?enige van die ander gewilde kategorie? nie? of nie daarby ?pas nie?, kom onoortuigend, onwetenskaplik en misduidend voor. Dit dui aan dat die feesbegrip hier onvoldoende gedefinieer word. Dat andersoortige tipe gebeurtenisse gevolglik ingesluit word, kan slegs verwarring skep. Dit val buite die kader van my ondersoeksterrein om die verskillende feeste self te kategoriseer, maar ek gebruik wel relevante onderdele van Van Zyl, Strydom en Brits, asook van Gustav Visser se kategorisering ten einde eerstens ?n idee te verkry van die vernaamste soorte feeste wat voorkom, en om tweedens liter?re feeste hiervolgens te posisioneer en ?n Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 55 model op te stel op grond van die vernaamste sosiokulturele doelwitte van hierdie tipe fees. Daar word ook nagegaan hoe dit in samestelling verskil van kunstefeeste. Dit is inderdaad nie slegs ?n onuitvoerbare taak om ?n toetsbare skema van alle soorte feeste in Suid-Afrika op te stel nie, maar ook om ondersoek in te stel na ?l die feeste wat tot die algemener, of selfs tot die kunstefeestekategorie? behoort. Die Suid-Afrikaanse feesopset groei toenemend en dien dus as ?n goeie plaaslike illustrasie van die internasionale festivaliseringsproses soos deur Paul Kaptein waargeneem (1996:677). So het Witepski (2002, in Van Zyl et al., 2007:223) in 2002 meer as 85 feeste landswyd vermeld; Hauptfleisch noem dat daar in 2004 meer as 140 feeste voorgekom het (2007:80) en in Visser (2007:110- 111) se peiling van uitsluitlik die aantal feeste in stedelike gebiede wat twee dae of langer duur en plaasvind, het hy gevind dat daar in 2007 reeds 211 jaarlikse feeste aangebied is. Soos Van Zyl, Strydom en Brits (2007:224) tereg wys in hul poging om di? groeiende bedryf te segmenteer, is daar nog te weinig navorsing gedoen oor die omskrywing en algemene kategorisering van feeste. Daar blyk ook verskille oor die indeling te wees by navorsers soos Van Zyl et al. en Gustav Visser. Alhoewel dit slegs as ?n bre? riglyn aangedui word, stel Gustav Visser byvoorbeeld voor dat Suid-Afrikaanse feeste in 19 groepe verdeel word, waarvan 43% landbou-verwant is, 28% tipes kunstefeeste is, 16% ?n kombinasie van kuns- en landboufeeste is en die orige 13% algemene handelsfeeste (2007:115). Sy kategorisering bied enersyds ?n meer diepgaande uiteensetting, maar demonstreer andersyds dat dit hier eerder gaan om graadverskille as om streng-afgebakende groeperinge. Die 19 groepe wat hy voorstel, is kunsfeeste wat fokus op net een kunsvorm; kuns- en musiekfeeste; dansfeeste; dramafeeste; filmfeeste; algemene kunstefeeste ( ?n kombinasie van verskeie kunssoorte), prominente kunstefeeste (?key arts?) waarvan die skaal groter is as by ander kunstefeeste; jazz-feeste; musiekfeeste; landboufeeste; voedselfeeste; voedsel- en wynfeeste; kaas- en wynfeeste; wynfeeste; identiteit-gebaseerde feeste; toerisme-feeste; sportfeeste; spesiale belangstellingsfeeste; sowel as feeste wat enige ander kunste saam met voedsel of vermaak bied (Visser, 2007:113). Ook Visser se segmenteringsvoorstel is aanvegbaar, omdat die onderskeid tussen onderlinge kategorie? nie altyd goed motiveerbaar is nie. So is musiek, drama en film byvoorbeeld kunsvorme, maar dit word nogtans onderskei van feeste wat gesentreer is om een Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 56 kunsvorm, naamlik ?kunsfeeste?. Nogtans is Visser se navorsing veral nuttig vir my doeleindes omdat dit illustreer hoe sterk kunstefeeste, en die verskillende variasies daarvan, na vore kom in die Suid-Afrikaanse feeskonteks. In die Nederlandse konteks wys Michael Kamp (2003:90) op die volgende belangrike ?festivalgenres? wat te make het met die kunste: musiekfeeste; dansfeeste; filmfeeste; skoolfeeste; multidissiplin?re feeste (dus kunstefeeste); skilderkunsfeeste; feeste wat blootstelling bied aan jong talent; liter?re feeste en vernuwende feeste. Hier is veral die laaste kategorie nogal problematies weens die subjektiwiteit wat daarmee saamgaan. 4.2 Van kunstefeeste tot liter?re feeste Daar is in heelwat opsigte eerder sprake van graadverskille as van wesenlike verskille wanneer liter?re feeste vergelyk word met prominente (?key?) kunstefeeste waar letterkunde ook onder meer aan bod kom. Behalwe dat literatuur teoreties as ?n kunsgenre beskou kan word, stem die genrevariasie wat in liter?re feeste voorkom baiemaal ooreen met di? van kunstefeeste. Die klem val egter sterker op die liter?re komponente daarvan, die verskeidenheid liter?re aanbiedings is dikwels groter, en in die feesvisie- en missie word die rol wat die fees met betrekking tot die literatuur of in liter?re opsigte wil speel, sterker uitgelig. Voordat ingegaan word op die eienskappe van liter?re feeste in veral Suid-Afrika en Nederland, word kortliks ingegaan op hoe vier belangrike Suid-Afrikaanse kunstefeeste wel literatuur (of ?woordkuns?) in hul feesprogramme insluit, maar hoe die rol daarvan, soos in die feesdoelwitte gestel, nie sterker na vore kom as di? van ander kunsgenres nie. Die vier sleutel-kunstefeeste (?key arts?) wat al die meeste bestudeer is deur navorsers in Suid- Afrika, soos deur Gustav Visser (2007:107-108) uitgesonder, naamlik die Grahamstown National Arts Festival met Engels as voertaal/lingua franca, asook die oorwegend Afrikaanse Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop en Volksblad-Kunstefees, kan gekombineerde of polikunstefeeste genoem word na aanleiding van Even-Zohar se benamings, wat verskeie kunsvorme aanbied, teenoor feeste wat hulle rig op ?n enkele kunsvorm, soos filmfeeste (vgl. Kitshoff, 2006:4-5). As gekyk word na die 2009-feesprogramme, bied al vier di? kunstefeeste elemente van drama en musiek, almal behalwe die Volksblad-kunstefees bied visuele Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 57 kunste, en die Grahamstad-fees en die Volksblad-fees bied ook film. (Absa KKNK program: 21 tot 29 Maart 2009, 2009; Volksblad feesprogram 2009, 2009; NAF Booking Kit, 2009; Aardklop 2009 program, 2009). Die maniere waarop die literatuur op elkeen van hierdie feeste se program figureer, word voorts bespreek. Benewens die genoemde kunsgenres, bied die Grahamstown National Arts Festival (NAF) (en dikwels ook die KKNK) ook byvoorbeeld handwerk, slypskole en ?n volle fringe of randfees met ?n reeks toegevoegde gebeurtenisse. Die fees het die visie en missie om die vrye en kreatiewe uitdrukking van Suid-Afrikaanse kulture deur die kunste te promoveer en die prestasie daarin te ontwikkel (National Arts Council of South Africa, 2009). Die liter?re komponente wat ingesluit word, kom meestal in die randfees na vore, maar word ook gedeeltelik in die hooffees verteenwoordig deur die sogenaamde ?Think!Fest?, ?n reeks gesprekke en debatte oor aktuele kwessies in Suid-Afrika. Die ?Wordfest? is in 1999 in die lewe geroep7 en dien as die NAF se eie liter?re fees. Saam met die 10-daagse hooffees en randfees duur dit vir 8 dae op dieselfde tyd en plek as die NAF (SA Book events, or: who says South Africans don?t read?, 2008). Behalwe vir die Wordfest, word die literatuur ook gestimuleer deur fringe-afdelings soos ?Performance poetry?, ?Readings? en ?Writing beyond the fringe? (Booking Kit, 2009:39-45; Fringe Booking Kit, 2009:2,45,49-50). ?Writing beyond the fringe? behels ?n skrywerskompetisie tussen outeurs wat gedurende vorige jare opgetree het by die NAF. Op grond van hul tekste word vier skrywers aangewys deur verteenwoordigers van die Passa Porta-fees en De Buren Liter?re Projek in Belgi? om, onder andere, deel te neem aan ?n vierweek-lange befondste uitruilprogram met hierdie land (?National Arts Festival announces winners of ?Writing beyond the fringe??, 2009:22). Die KKNK is daarop gefokus om die kunste, kultuur en gebruike van hoofsaaklik Afrikaanssprekendes te vier, te bevorder, uit te bou en te bewaar. In die proses word gestreef na die vestiging van die kunste as ?n onmisbare hoeksteen in Suid-Afrika (SA Book events, or: who says South Africans don?t read?, 2008). Volgens Herman Kitshoff (2004:247) 7 Hoewel dit kort voor die aanbieding van die eerste Woordfees in 2000 was, het die US Woordfees nie hierdie naam verafrikaans nie. Die benaming ?Woordfees? dateer reeds uit 20 Mei 2006, toe dit gebruik is in ?n voorlegging aan die Kaapse Forum vir Neerlandistiek (Van Zyl, 2006). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 58 is die inhoud van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) inderdaad veel meer kultuur- ge?rienteerd as di? van die NAF: The majority of people visit the KKNK for its atmosphere of festivity, chiefly Afrikaans festivity. For most it is a place where their culture (i.e. song, dance, drinking, eating, talking, laughing, art, theatre, and more - all of these mainly in Afrikaans) is given free reign. At Grahamstown many different cultures are represented, either through the arts or through the festival-goers. Hence, it is the arts in general that are given free reign at Grahamstown, not necessarily the art of any one specific culture. The result: most people go to Oudtshoorn for culture, while most people go to Grahamstown for the arts. Die groter ?kuierkultuur? wat by die KKNK voorkom, verklaar moontlik die afname in belangstelling in liter?re gebeurtenisse wat meer konsentrasie verg. Lina Spies spreek byvoorbeeld in 2004 reeds haar kommer uit dat die Boekeparadys besig was om ?n ?uitgestorwe ruimte? te word (Spies, 2004, in Kitshoff, 2006:111). Die Boekeparadys (waar feesdeelnemers skrywers kon ontmoet en boeke kon koop) het inderdaad in 2008 weggeval, maar die liter?re genre word wel steeds verteenwoordig deur lesings en gesprekke oor aktuele kwessies in die Suid-Afrikaanse gemeenskap waaraan feesgangers in sommige gevalle kan deelneem, professionele werkswinkels (vir onder meer die skryf van dramatekste), boekbekendstellings en hoorbeelde (naamlik voorlesings van liter?re werke). Die Woordkuns-afdeling wat nog in 2008 op die program aangebied is (ABSA KKNK program: 21 tot 29 Maart 2008) en die vertolkings, toonsettings en gesprekke oor bekende Afrikaanse liter?re werke behels het, het egter ook weggeval in 2009. Hierdie veranderinge op die feesprogram demonstreer ?n sterk afname in die letterkundige aanbod. Die naam ?Aardklop? vir di? kunstefees is gekies om potensi?le deelnemers se aandag te trek en hulle nuuskierig te maak oor die woord se betekenis, eerder as om die fokus van die fees aan te dui. Dit illustreer dat die naam van ?n fees nie noodwendig as hulpmiddel kan dien by die kategorisering daarvan nie. Die doel van die fees is om bydrae te lewer tot die viering en ontwikkeling van die plaaslike kunste in hoofsaaklik Afrikaans (SA Book events, or: who says South Africans don?t read?, 2008). Die literatuur kom aan bod by die ?Boeke-oase?, wat boekverkope, gesprekke met skrywers, asook oor skrywers en hul werk behels (?n sterk ooreenkoms met die Boekeparadys by die KKNK). Die ?Sol Plaatje Diskoersreeks? het te Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 59 make met die bespreking van aktuele, gemeenskaplike kwessies (Aardklop 2009 program, 2009). Die Volksblad-kunstefees streef daarna om ?n belangstelling in en entoesiasme vir die kunste te kweek. By hierdie fees word die literatuur w?l in die vooropgestelde doelwitte uitgesonder deurdat die feesorganiseerders ook ??n liefde vir lees en die geskrewe woord? wil versterk (SA Book events, or: who says South Africans don?t read?, 2008). Die deelnemers kan op grond van ?n ?Boekeprogram?, soos aangebied in die Volksblad-kunstefees Woordprogram van 2009, kies om boekvoorlesings, boekbekendstellings en boekbesprekings by te woon. Die letterkunde is dus nog redelik sterk verteenwoordig, hoofsaaklik weens sterk insette van die Departement Afrikaans en Nederlands aan di? Universiteit. Die vier bespreekte kunstefeeste sluit dus almal liter?re gebeurtenisse by die feesprogram in, maar geen van die feeste se vooropgestelde doelwitte (buiten die Volksblad-fees tot ?n mate) sonder die bevordering van en blootstelling aan literatuur of woordkuns uit as kunsgenre nie. Hulle groepeer dit eerder onder dieselfde noemer (?die kunste?) as die ander genres wat voorkom. Teen hierdie agtergrond fokus di? studie verder op feeste wat hulself spesifiek posisioneer as liter?re feeste in sowel Suid-Afrika as in Nederland. Di? feeste word beperk tot di? wat jaarliks op min of meer dieselfde tyd plaasvind in dieselfde omgewing en wat deur die naam daarvan weergee dat dit gefokus is op die viering van literatuur of ?woordkuns? of op ?n liter?re genre soos die po?sie. Alhoewel daar ook kinderliteratuurfeeste in Suid-Afrika ?n Nederland bestaan, rig ek my studie op die eienskappe en inhoud van feeste wat met verskillende vorme van ?volwasse literatuur? omgaan. 4.3 Die liter?re fees Feesorganiseerders verkies dikwels die term ?woordkuns? as uitgangspunt om die fokus van hul vierings te beskryf bo die meer akademiese ?literatuur?, waarskynlik weens die meer popul?re aard daarvan en ruimer toepassingsmoontlikhede - vergelyk die US Woordfees, Amsterdamse Weerwoordfestival, Grahamstown Wordfest, Jozi Spoken Word asook die nuwe Woordpoort-fees. Mareli Hattingh (2005:8) wys tereg daarop dat ?woordkuns binne ?n Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 60 letterkundige raamwerk? letterlik verwys na ?die vernuwende en vernuftige gebruik van woorde om ?n po?tiese, ideomatiese [sic] en/of metaforiese taal daar te stel. Hierdie aanwending van taal word in onder andere po?sie, essays, vertellings, kortverhale, novelles en romans gevind.? Volgens Cloete (1992, in Hattingh, 2005:8) is po?sie die ?liter?re vorm waarin woordkuns as liter?re begrip? die duidelikste waargeneem kan word, omdat die ?geheel fokus op ?n vernuwende of oorspronklike gebruik van woorde om die alledaagse weer te gee, met spesifieke aandag aan die klank- [sic] en ritme van die woorde wat gebruik word?. In my oorsig oor liter?re feeste sluit ek dus voorlopig feeste in wat gerig is op po?sie as genre. In haar magisterverhandeling oor die kontempor?re woordkuns as teatergenre, dus opgevoerde woordkuns of literatuur, verkies Hattingh ook die term ?woordkuns? bo ?literatuur? om sodoende laasgenoemde se assosiasie met die geskrewe vorm te systap (2005:14). Volgens haar is ?woordkuns as genre gegrond in bestaande werke wat nie oorspronklik vir die verhoog geskryf is nie, maar wat wel in so ?n mate aangepas of verwerk word, dat dit op die verhoog aangebied kan word (Hattingh, 2005:8) en wat dus ?bestaande woorde binne ?n nuwe konteks? plaas (Toerien, 2004, in Hattingh, 2005:8). Alhoewel alle vorme van ?woordkuns? by liter?re feeste nie noodwendig ooreenstem met Hattingh se definisie nie, soos podiumpo?sie wat dikwels spesiaal vir voordrag of performance geskryf word, blyk tog dat heelwat liter?re programme en gebeurtenisse geskoei is op verwerkings van geskrewe liter?re tekste (sien Hoofstuk 3), of metatekstueel van aard is om ?n openbare voordrag daarvan te maak. Weens die viering van die multidimensionele en kreatiewe ?woord? of ?woordkuns? lyk dit inderdaad na ?n beter benoeming in Afrikaans as die meer akademiese en formele ?literatuur?-feeste, wat eerder dui op die oorsprong van die gebeurtenisse wat met s? ?n fees geassosieer word. Daar is reeds genoem dat die naam van ?n fees meestal as aanduiding van ?n fees se fokus gebruik word en daarom is ook my steekproef aanvanklik geselekteer op grond van benoemings wat te make het met die ?woord?, po?sie of literatuur. Vir die opstel van ?n bre? definisie gebruik ek egter ook ?n meer akkurate metode, naamlik om na die feeste se visies en missies te kyk. 4.3.1 Suid-Afrikaanse liter?re feeste Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 61 My soektog het die volgende liter?re feeste in Suid-Afrika opgelewer (chronologies aangedui volgens die ontstaandatum): die Poetry Africa International Poetry Festival (1997), Time of the Writer International Writers Festival (1998), Grahamstown Wordfest (1999), Universiteit Stellenbosch Woordfees (2000), Franschhoek Literary Festival (2007), Jozi Spoken Word (2007) en Woordpoort (2009). Die ooreenkoms wat hierdie feeste toon met algemene of prominente kunstefeeste word ge?llustreer deur die algemene kunsgenres wat in die onderskeie feesprogramme voorkom. Vir die ondersoek het ek my toegespits op die feesprogramme van die onderskeie feeste vir 2009. Behalwe die Grahamstown Wordfest-program, wat geen nieliter?re kunsgenres bevat nie - waarskynlik omdat dit afspeel teen die agtergrond van ?n volle kunstefees ?n randfees - sluit die ander liter?re feeste wel meestal die volgende kunsgenres in: Poetry Africa, US Woordfees, Franschhoek Literary Festival en Woordpoort bevat drama; almal behalwe Jozi Spoken Word sluit musiekoptredes in; en die US Woordfees en Woordpoort visuele kunste. Slegs by Woordpoort word films vertoon. (Films was wel ook in die verlede by geleentheid deel van die Woordfeesprogram. In 2002, 2003, 2005, 2006, 2008 en 2009 is byvoorbeeld een of meer films vertoon, en in 2003 vier). ?n Vergelyking tussen die liter?re gebeurtenisse wat by liter?re feeste voorkom en di? wat by algemene of prominente kunstefeeste voorkom, laat blyk dat die verskeidenheid letterkundige aanbiedings by liter?re feeste groter is. Uit my ondersoek het geblyk dat die volgende tipe gebeurtenisse die meeste voorkom - die aantal feeste uit die gesamentlike sewe word aangedui: simposia of gesprekke tussen skrywers en akademici of ander gesaghebbende mense, oor onderwerpe te make met die literatuur en met die openbare diskoers (by 7); skrywerswerkswinkels (by 6); boekbekendstellings (by 5); seminare (by 5); voorlesings deur digters en/of skrywers (by 5); skrywerskompetisies (by 4); brandpuntgesprekke oor aktuele sake (by 4); aankondiging van boekpryse (by 4); luisterprogramme gekombineer met ?n ete (by 3); podiumkuns (by 2) en slam poetry (by 2). Verder is skole betrek (by 3) en gedigte getoonset (by 2). Die inhoud van die bespreekte Suid-Afrikaanse kunstefeeste se liter?re komponente stem in die algemeen ooreen met die ses algemeenste tipe gebeurtenisse wat hier genoem is, maar die besprekings (soos Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 62 simposia, seminare en gesprekvoerings) blyk wel meer liter?r-gerig te wees by liter?re feeste. Die sesdaagse Poetry Africa wat jaarliks gedurende September of Oktober in Durban plaasvind, is die oudste bestaande liter?re fees in Suid-Afrika. Hierdie fees word aangebied deur die Sentrum vir Kreatiewe Kunste - ?n multidissiplin?re kunsorganisasie wat deel uitmaak van die Universiteit van Kwazulu-Natal se Fakulteit Geesteswetenskappe. Digters wat genooi word om by die diverse gebeurtenisse op te tree, kom oorwegend uit Suid-Afrika en Afrika. Die fees het ten doel om po?sie te bevorder en ?n netwerk tussen digters te onderhou, maar bevat ook ?n sterk ontwikkelingskomponent en die organiseerders wil graag die liter?re potensiaal van die streek tot sy reg laat kom (Poetry Africa, 2009). Die Time of the Writer International Writers Festival bied ook ?n sesdaagse program aan. Dit vind in middel-Maart plaas by die Elizabeth Sneddon Teater, ??k van die Universiteit van KwaZulu-Natal en geko?rdineer deur die Sentrum vir Kreatiewe Kunste by die Universiteit. As deel van die fees se voortdurende poging om belangstelling by die publiek in literatuur te ontwikkel en om ?n kultuur van lees, skryf en kreatiewe uitdrukking te kweek en versterk (vgl. Myburg, 2009:1; Versveld, 2007), word skrywers meestal uit Suid-Afrika, maar ook uit ander Afrika-lande, genooi om ?n stimulerende verhoog vir dialoog tussen skrywers te vorm en die publiek die kans te gee om insig te verwerf in die kreatiewe prosesse van die literatuur (vgl. Myburg, 2009:1). Ook hierdie fees gebruik die term ?woord? as ?n ruimer begrip vir literatuur en die gepaardgaande aktiwiteite wat by die fees ingesluit word (Versveld, 2007): The festival is informed by the overall concept of migrating words [kursief in teks], which refers to interpersonal dialogue and intercultural exchange between writers, and between writers and public. The festival format is designed to develop public interest in literature and promote a culture of reading and writing in South Africa. Die doelwitte van die Grahamstown Wordfest is om ?n lesers- en skrywerskultuur in Suid- Afrika te kweek, asook om innoverendheid en prestasie in die woordkunste aan te moedig, met spesiale klem op gemarginaliseerde tale (Mann, 2003; SA Book events, or: who says South Africans don?t read?, 2008). Hierdie fees het selfs ?n daaglikse feeskoerant wat verder bydra tot die liter?re inhoud daarvan. Wordstock, ?n byvoegsel tot die algemene feeskoerant Cue, bied boekresensies, breedvoerige onderhoude met skrywers en ander nuus omtrent die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 63 literatuur. Die tale wat verteenwoordig word, sluit benewens Engels ook Sotho, Tswana, Pedi, Afrikaans en Xhosa in, om skrywers sodoende die kans te bied om die afnemende lesersbevolking van hul onderskeie taalgroepe aan te spoor tot lees (Don?t miss the Wordfest, for lovers of reading and writing, 2005). Die Universiteit Stellenbosch se Woordfees vind jaarliks vir sewe tot tien dae in Maart plaas en het ten doel om verskillende vorme van literatuur (?die woord? in ?vorme? soos ?po?sie, prosa [en] debat?, sien Van Zyl en Rosenstrauch, 2009:2) tussen en in ander kunsgenres soos ?drama en musiek? te vier. Deurdat die fees se produksies en gebeurtenisse oorwegend met Afrikaans te make het en in Afrikaans gevier word, gebruik die organiseerders dit ook om versoening tussen Afrikaanssprekendes te bring. Tale ?waarmee geografiese of ander verwantskappe bestaan (onder meer van Afrika en die Nederlande)? (Van Zyl en Rosenstrauch, 2009:2) word egter ook betrek. Soos met die ander liter?re feeste het die organiseerders van die US Woordfees ook die doelwit om ?n lees- en skrywerskultuur in Suid- Afrika te help kweek en te verstewig (vgl. Van Kerwel, 2008:2; US Woordfees Stellenbosch 6- 15 Maart 2009, 2008:6). Die oprigting van die oorwegend Engelse Franschhoek Literary Festival, wat jaarliks in die middel van Mei vir drie dae plaasvind, was ook ?n doelbewuste poging om geletterdheid te promoveer en ?n liefde vir boeke en skryf aan te moedig (Franschhoek Literary Festival, 2008), sowel as om Suid-Afrikaanse skrywers byeen te bring vir informele besprekings (Anoniem, 2009a). Barbara Tuchman noem dat geskrewe werke hier ?menslik? gemaak word en dat boeke voorgestel word as ?carriers of civilization? en ?engines of change? (Tuchman, in Anoniem, 2009a). Met die doel om uitdrukking te gee aan die ?gesproke en geskrewe woord? in Johannesburg, ?omarm? die Jozi Spoken Word-fees, wat jaarliks aan die einde van Maart plaasvind, ?alle kreatiewe uitdrukkings wat ?n po?tiese gevoel het? (Anoniem, 2007). Die fees wil ook wegdoen met die ?elitistiese assosiasie? wat met die digkuns in die ?koloniale en apartheidsperiodes? gepaard gegaan het. Daar word dus ?n tuiste geskep vir die kreatiewe uitdrukking en belewing van mense wat in die destydse bestel van Suid-Afrika nie die ?krag en plesier? daarvan kon ervaar nie (Anoniem, 2007). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 64 Woordpoort is ?n fees wat aan die einde van September 2009 vir die eerste keer aangebied is om ?n fees vir die ?Afrikaanse woordkuns, soos wat met die US Woordfees die geval is?, in Gauteng te hou. Die FAK bied Woordpoort aan, maar dit vind soos die US Woordfees plaas by ?n universiteit, naamlik die Universiteit van Pretoria. Di? fees fokus uitsluitlik op die Afrikaanse woordkuns - uitvoerend ?n skeppend (Van der Merwe, 2009). Ander Suid-Afrikaanse boekgebeurtenisse wat ek nie in my studie insluit nie is die Cape Town Book Fair en die Overstrand Book Fair wat myns insiens verkeerdelik in Afrikaans vertaal word as onderskeidelik die ?Kaapstadse Boekefees? en die ?Overstrand Boekefees?. Die woord ?fees? is waarskynlik as Afrikaanse eweknie vir die Engelse fair gebruik omdat daar nie ?n goeie vertaling bestaan wat net so kort is nie (vergelyk ?kermis?). Volgens Donald Getz (1991:55) is dit egter verkeerd om die woorde ?fees? en ?fair? (of ?kermis?) as sinonieme te gebruik, want kermisse het ?n eie tradisie as periodieke uitstallings en markte, eerder as ?n openbare viering met ?n fokus. Getz noem ook dat kermisse dikwels vermaak en aanskoulikhede insluit, maar dat dit meer te doen het met produksie en besigheid. Omdat daar tot dusver nog min liter?re feeste in Suid-Afrika aangebied is wat die Afrikaanse woord sentraal stel, verwys ek ook na die BoekJol wat eenmalig by die Universiteit van Pretoria (5-8 Maart 2008) aangebied is. Die skrywers wat deelgeneem het, het wel ook die Engelse en Xhosa literatuur verteenwoordig. Die doel met BoekJol was, soos met die reeds- bespreekte liter?re feeste, om ?n leeskultuur te bevorder. Wat hierdie fees veral besonders gemaak het, was dat dit die eerste Suid-Afrikaanse e-boekefees was, wat besoekers aan die nuwe dimensie van elektroniese en digitale boeke voorgestel het (Anoniem, 2008a). 4.3.2 Nederlandse liter?re feeste Die Nederlandse liter?re feesbedryf bestaan uit ?n groot aantal kleinerskalige en eendaagse feeste of gebeurtenisse wat die Suid-Afrikaanse opset verreweg oortref. Sommige meerdaagse feeste is ook minder standvastig in die opsig dat dit nie elke jaar sedert die oprigting daarvan kon plaasvind nie. Vir my Nederlandse soektog het ek dus op ?n steekproef van drie feeste besluit (chronologies aangedui volgens die ontstaandatum): Rotterdam Poetry International (1970), Winternachten (1995) en die Weerwoordfestival (2005). Volgens di? feeste se 2009-programme het die volgende tipe gebeurtenisse die meeste voorgekom: simposia of gesprekke tussen skrywers en akademici of ander gesaghebbende Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 65 mense oor onderwerpe te make met die literatuur en met openbare bespreking (by 3); brandpuntgesprekke oor aktuele sake (by 3); voorlesings deur digters en/of skrywers (by 3); boekbekendstellings (by 2); luisterprogramme gekombineer met ?n kroeg-opset (by 2); aankondiging van boekpryse (by 2); podiumkuns (by 1) en skrywerskompetisies (by 1). Skole is ook betrek by die onderskeie feeste (by 2) en gedigte is getoonset (by 1). In vergelyking met die Suid-Afrikaanse liter?re feeste is dit opvallend dat hierdie feeste ?n kleiner variasie kunsgenres aanbied. Beide Poetry International en die Weerwoordfestival maak wel gebruik van musiekoptredes, maar slegs Winternachten vertoon visuele kunste en slegs die Weerwoordfestival bied teateroptredes. Film blyk egter sterker na vore te kom in hierdie oorsese liter?re feeste: beide Poetry International en Weerwoord vertoon films, maar dit het wel byna uitsluitlik te make met liter?re onderwerpe (dokument?re films oor skrywers of filmverwerkings van geskrewe liter?re tekste). Teenoor Suid-Afrikaanse liter?re feeste blyk ?n Nederlandse tendens ook te wees om gesprekke en voorlesings te kombineer met ?n kroegopset en formele seminare word minder aangebied. Die oudste fees wat by my studie betrek is, naamlik die Rotterdamse Poetry International wat reeds in 1970 opgerig is en jaarliks in mid-Junie plaasvind, dien as goeie illustrasie van die festivaliseringsproses in Nederland sedert die 1970?s (Paul Kaptein, 1996:677). Die fees is ?n inisiatief van Stichting Poetry International - ?n liter?re organisasie wat blootstelling wil gee aan goeie po?sie uit ?n veelvoud w?reldlande en die internasionale uitwisseling tussen digters, gedigvertalers, po?siekenners en po?sieliefhebbers wil stimuleer (?Organisatie?, 2009). Gedigte van regoor die w?reld word in die oorspronklike tale voorgelees, maar word elke keer saam met ?n Engelse vertaling vertoon. Ooreenkomstig met die omvang van die NAF in Suid-Afrika, word die skaal van hierdie fees ook as uitsonderlik beskou (onderhoud met die Nederlandse digter, voormalige direkteur van die Herfstschrift-fees in Groningen en bestuurder van die liter?re stigting No[o]rdschrift, Maria van Daalen, 10 April 2009, Amsterdam). Volgens Van Daalen beskik Poetry International oor die grootste databank van digters in die w?reld. Winternachten (?n produk van Stichting Winternachten) is ook ?n internasionale fees, maar word toegespits op die werk van skrywers uit Nederland en nie-Westerse lande wat meestal historiese bande met Nederland het, soos Suid-Afrika, Indonesi?, die Nederlandse Antille, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 66 Suriname, Marokko en Turkye. Die fees vind gedurende Januarie in Den Haag plaas, met die doelstelling om ?n netwerk van skrywers tussen die betrokke lande te onderhou en te ontwikkel (Over Winternachten, 2009). Die Amsterdamse Weerwoordfestival het vanaf 2005 - 2009 jaarliks in die laaste week van Januarie plaasgevind. Dit was gesentreer om die Nederlandse literatuur, maar in kombinasie met die literatuur van buurtale, soos Frans, Duits, Vlaams en Engels. Die organiseerders het die fokus van hierdie fees beskou as gegrond op twee hooflyne: ?het Weerwoord van de dichter en het Weerwoord aan de wereld? (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Weerwoord kan in Afrikaans vertaal word as antwoord of repliek, en dus het die fees te make gehad met die repliek van digters (deur hul skryfwerk) en met allerlei ?antwoorde? op w?reldgebeurtenisse (wat verwys na menings, debat en polemiek oor aktuele sake). Deurdat die fees gedien het as ?n podium vir ?fel debat en [...] polemiek?, het ?weerwoord? ook die assosiasie met die ?weer? en veral ?donderweer? opgeroep, omdat meningsverskille tot spanning en dus figuurlike wrywing tussen deelnemers aan die fees kan lei. Die ?po?tiese Weerwoord? het aan bod gekom deur middel van ?aandacht voor de theatrale bewerkingen van literatuur, aandacht voor bijzondere literaire films?, asook aan ?diverse schrijfopdrachten en opdrachten voor lezingen? wat iets toevoeg tot lewende liter?re debat (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). As teenstelling tot hierdie feeste word een van die hoogs gewilde Nederlandse liter?re gebeurtenisse wel uitgesonder, naamlik die Nacht van de Po?zie wat jaarliks in Utrecht plaasvind, juis omdat dit doelbewus saamgestel word om nie feeseienskappe te vertoon nie. Omdat di? gebeurtenis dus as argument gebruik kan word t??n die toepassing van ?n feesformule vir die openbare vertoon van liter?re praktyke, is dit ook belangrik om in ag te neem. Behalwe vir die eerste keer dat die gebeurtenis plaasgevind het in 1981, was die sowat 2 500 beskikbare kaartjies nog elke jaar uitverkoop. Di? digskouspel het, voor die ingrypende en langdurige renovasie van die terrein, jaarliks plaasgevind in die Muziekcentrum Vredenburg, ?n enkele 8-hoekige, hoofsaaklik ondergrondse saal onder die markplein in Utrecht by die Hoog-Catharijne, tussen 20:00 en 04:00, maar nie elke jaar op dieselfde datum nie. Deur die loop van die program kry verskillende digters die geleentheid om hul werke aan die gehoor voor te lees, afgewissel deur dans-, sang- of musiekoptredes Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 67 wat dien as kort pouses tussen die voorlesings. Selfs met die sukses van hierdie byeenkoms, noem die hooforganiseerder Anneke van Dijk egter dat sy die samestelling daarvan nie sal wil transformeer tot ?n meerdaagse feesformule nie (onderhoud op 10 Maart 2009, Utrecht). Teenoor die vrolike gees wat met feeste geassosieer word, stel Van Dijk voor dat die krag van hierdie byeenkoms juis l? in die ?gewyde?, ernstige sfeer wat heers en dus geleentheid vir konsentrasie bied. Behalwe dat so ?n ernstige sfeer volgens Van Dijk meer respek toon vir die digters wat optree, voldoen dit ook aan die behoeftes van die gehoor. Van Dijk vergelyk die byeenkoms met ?n kerk - sy noem dat die gemeenskap waarbinne die gebeurtenis plaasvind, nie meer soveel kerk toe gaan as voorheen nie, maar dat hulle pitkos uit ander bronne as die sakrale haal, byvoorbeeld die po?sie. Haar persoonlike beswaar teen feeste is enersyds dat die vrolike gees met groter luidrugtigheid gepaardgaan (wat sy ?zepgedrag? noem) en andersyds dat die gelyke aanbod van gebeurtenisse in verskillende lokale tot gevolg het dat mense wat lukraak ?n lokaal binnekom en verlaat, ?n steurnis bied. Sy verkies dat die toeskouers die volle program van opeenvolgende gebeurtenisse bywoon eerder as om enkelgebeurtenisse te selekteer, om sodoende ?alle kracht op dat moment te hebben? (onderhoud met direkteur van die Utrechtse Nacht van de Po?zie, Anneke van Dijk, 10 Maart 2009, Utrecht). 4.3.3 ?n Bespreking van die resultate My steekproef dui op liter?re feeste in Suid-Afrika en Nederland wat die woordkuns, literatuur en digkuns tussen ander kunsgenres as fokusonderwerp uitsonder, maar verskillende tendense in die twee lande is ook sigbaar. In die doelwitte van Suid-Afrikaanse liter?re feeste word die bevordering en ontwikkeling van lees- en skryfkulture benadruk, terwyl uit die Nederlandse feesvisies en -missies blyk dat daar glad nie ?n sterk nadruk op ontwikkeling val nie, aangesien dit waarskynlik as ?n gegewe aanvaar word. ?n Strewe heers eerder na netwerkvorming, vernuwing en diskoers binne bestaande liter?re en skrywerskulture. Met Suid-Afrikaanse boekfeeste word kennelik beoog om nie net ?n beter lees- en skryfkultuur aan te moedig nie, maar ook om geletterdheid te bevorder, vooroordele en elitisme omtrent die literatuur af te breek, sowel as om netwerke tussen byvoorbeeld digters te vestig en te onderhou. Ander feesvisies en -missies (feesdoelwitte) is om debat en diskoers oor aktuele sake en die literatuur te stimuleer. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 68 Die Suid-Afrikaanse liter?re feeste vind dus binne ?n konteks plaas wat ?n groter behoefte laat blyk aan die ontwikkeling van ?n lees- en skryfkultuur en dus tekortkominge op hierdie gebied wil beveg. ?n Swakker leeskultuur kan beskou word as een van die simptome van Suid-Afrika as ?n ontwikkelende land, teenoor Nederland wat as ?n ontwikkelde land oor ?n groter netwerk van kulturele praktyke, asook ?n sterker lees- en skryfkultuur beskik. Hierdie kontras tussen die omstandighede in Suid-Afrika en Nederland stem ooreen met Michael Kamp se opmerking dat festivalisering in Suid-Afrika dien as oorlewingstrategie (Kamp, 2003:86). Die agt tipes gebeurtenisse wat die algemeenste by liter?re feeste in sowel Suid-Afrika as Nederland voorkom, is (in afnemende volgorde): simposia en gesprekke tussen skrywers en akademici of ander gesaghebbende mense oor onderwerpe te make met die literatuur en met die openbare diskoers (al die liter?re feeste wat deel is van my ondersoek, het hierdie tipe gebeurtenis bevat); brandpuntgesprekke oor aktuele sake; voorlesings deur digters en/of skrywers; boekbekendstellings; aankondiging van boekpryse; gebeurtenisse wat skole betrek by die fees; gedigte wat getoonset word, en podiumkuns. Die gebeurtenisse tree op as sosiale dramas, omdat dit voorstellings bied van die deelnemers se alledaagse lewensorde. Om die voorstellings egter effektief te maak - en die deelnemers in die proses met betrekking tot die beoogde waardes te oorreed, is die integrasie van relevante kulturele simbole belangrik. Die sosiokulturele waardes wat as betekenis deur die feesorganiseerders aan deelnemers oorgedra word, het spesifiek te make met die literatuur (met sy gepaardgaande boeke en skrywers), lees en die kreatiewe uitdrukking van die woord. Dit word as goed en deugsaam uitgebeeld deurdat die opvoedkundige, estetiese en moreel funksionele eienskappe daarvan vir die individu en die samelewing as geheel beklemtoon word. Ek gebruik die term ?liter?re waardes? as verwysend na hierdie voorstelling van literatuur. Die waardes wat byvoorbeeld by die Franschhoek Literary Festival oorgedra word, dat boeke ?draers van beskawing? is en dien as ?instrumente tot verandering?, stel hierdie boeke as voorbeelde van literatuur respektiewelik voor as opvoedkundig en moreel funksioneel vir die samelewing (vgl. Tuchman, in Anoniem, 2009a). Hierdie voorbeeld illustreer ook goed dat boeke gebruik word as een van die kulturele simbole waarmee hierdie betekenisoordrag geassosieer word. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 69 Uit die vergelyking tussen liter?re feeste wat voorkom in Nederland en in Suid-Afrika, word nogmaals bevestig dat die konteks waarbinne dit plaasvind ?n belangrike invloed uitoefen op die fees se doelwitte en uitkoms. Suid-Afrika as ontwikkelende land se liter?re feeste, wat meer gerig op die versterking van die bestaande lees- en skryfkultuur, word byvoorbeeld oorwegend vanuit universiteite bedryf, eerder as deur private instellings of stigtings soos in Nederland. 4.3.4 ?n Model vir liter?re feeste a) 'n Deduktiewe model vir feeste Die eienskappe van liter?re feeste moet in die eerste plek ooreenstem met die bre?r raamwerk van generiese feeseienskappe, soos genoem in die eerste afdeling van hierdie hoofstuk: ?n Fees is hiervolgens (samevattend) gewoonlik ?n openbare gebeurtenis met ?n fokusonderwerp waar?m die fees gesentreer is. Die onderwerp word as goed en deugsaam gevier, en daarom dra dit ?n sterk positiewe semantiese betekenis oor. Alle feeste het doelwitte wat met die onderwerp verband hou, soos vervat in ?n feesvisie en -missie. Die spesifieke sosiokulturele waardes wat geselekteer word vir ?n fees om oor te dra, sluit aan by hierdie onderwerp en dra by tot die verwesenliking van die feesdoelwitte. Deurdat die fees openbaar is, skep dit ?n sosiale sfeer waarin mense tydelik van hul ongelykhede bevry kan word en hul behoeftes aan vriendskaplike bande kan bevredig. Die fees verder bestaan uit ?n diverse versameling gebeurtenisse wat deur onafhanklike groepe geskep word, maar deur die feesorganiseerders geselekteer word op grond van die fees se fokus en doelwitte. Hierdie gebeurtenisse dien as sosiale dramas, byvoorbeeld as skouspelagtige en verwronge (spel) en/of mimetiese (ritueel-) weergawes van die feesdeelnemers se alledaagse lewensorde en -gebruike. Kulturele artikels, liggaamlike gebare en gebruike wat herkenbaar is vir die feesdeelnemers en dikwels reeds gelaai is met simboliese betekenis, word strategies deur die feesorganiseerders en samestellers van enkelgebeurtenisse ge?ntegreer om die gewenste betekenisse effektief oor te dra. Feeste verskil andersins van die alledaagse lewensorde wat tyd, ruimte en gedrag betref. Dit het tot gevolg dat die betekenis wat oorgedra word, ?n eventiseringsproses ondergaan en dus die ontvangers daarvan meer vatbaar maak vir die oorredende krag van die fees. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 70 Kulturele simbole wat ge?ntegreer word, word gevolglik nie net getoon nie, maar gevier, verkondig en geamplifiseer as gevolg van die eventiserende effek van die feeskonteks. ?n Verdere essensi?le eienskap van feeste is dat dit in ?n veelvoud opsigte ?n besonder interaktiewe verhouding met die feeskonteks het. Nie net integreer bestaande feeste kulturele simbole nie, maar nuwe feeste word terselfdertyd opgerig met die doel om behoeftes in die gasheergemeenskap aan te spreek. Verder word die eindproduk grootliks gevorm deur die samelewing ?n dien as gemeenskaplike instrument wat invloed uitoefen. Omdat die kulturele samestelling van die meeste samelewings kompleks en heterogeen is, spreek die ?deursnee? fees nie tot die totale gemeenskap nie, maar tot bepaalde belangegroepe daarin. Kommunikasie vind dus plaas tussen die feesorganiseerders (direk en indirek) en/of die samestellers van die gebeurtenisse (direk) en die feesdeelnemers deurdat die semantiese betekenisinhoud van ?n fees, byvoorbeeld die spesifieke sosiokulturele waardes wat oorgedra word, as boodskap dien. b) 'n Deduktiewe model vir liter?re feeste Liter?re feeste in die algemeen kan gevolglik gedefinieer word as openbare gebeurtenisse wat hoofsaaklik die literatuur met sy gepaardgaande boeke en skrywers, lees en die kreatiewe uitdrukking van die woord, as goed en deugsaam vier. Die doelwitte wat meestal met hierdie feeste geassosieer word, hou dus met die literatuur verband: om ?n lees- en skryfkultuur te bevorder; ?n bewussyn te skep omtrent liter?re aktiwiteite; liter?re netwerke tussen mense skep, te handhaaf en te versterk, en diskoers en debat oor aktuele sake te stimuleer. Die organiseerders van liter?re feeste blyk meestal verbonde te wees aan universiteite of private instansies wat die belange van die literatuur op die hart dra. Die manier waarop liter?re feeste daarna streef om sosiokulturele feesdoelwitte te verwesenlik, is deur die deelnemers met betrekking tot liter?re waardes te oorreed. Liter?re waardes dui op die voorstelling van literatuur (in verskillende hoedanighede) as ?n aanwins vir die gemeenskap, omdat dit opvoedkundig en esteties is, en ?n morele funksie verrig vir die individu en die samelewing as geheel. Hierdie waardes is daarop gerig om die deelnemers tot aksie te laat oorgaan, deur byvoorbeeld meer te lees, te skryf, boeke te koop en menings oor die literatuur uit te spreek, en daardeur ?n bydrae te lewer tot ?n groter Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 71 dinamiek ten opsigte van die lees- en skryfkultuur. Die openbare aard van di? feeste bring verder mee dat die deelnemers van hul ongelykhede bevry word en gevolglik makliker vriendskaplike bande kan vorm, wat ook versterk word deur die behoefte aan gemeensaamheid - die idee van ?n groep ge?nteresseerde feesgangers wat dieselfde belangstellings en waardes deel. Waardes word in liter?re feeste oorgedra hoofsaaklik deur middel van die diverse versameling gebeurtenisse wat deur die feesorganiseerders geselekteer word en funksioneer as sosiale dramas. As sosiale dramas bied die gebeurtenisse ?n voorstelling van die alledaagse lewensorde wat die deelnemers se gewaarwording daaromtrent be?nvloed en sodoende betekenis oordra. Die tipe gebeurtenisse wat meestal voorkom, is gesprekke, simposia en debatte tussen skrywers en akademici of ander gesaghebbende mense oor onderwerpe te make met die literatuur en met openbare bespreking; brandpuntgesprekke oor aktuele sake; voorlesings deur digters en/of skrywers; boekbekendstellings; die aankondiging van boekpryse; podiumkuns en opvoerings van getoonsette gedigte, asook gebeurtenisse wat skole betrek by die fees. Ander kunsgenres word ook baiemaal in die program opgeneem, byvoorbeeld visuele kunste en musiek sonder lirieke, ten einde gesprekke oor genregrense heen te stimuleer, maar in ?n mindere mate as by algemene kunstefeeste. Sosiale dramas steun sterk op die toepassing van kulturele simbole. By gebeurtenisse geassosieer met liter?re feeste behels dit baiemaal kunswerke uit verskillende genres of ?n taal wat sterk geassosieer word met ?n bepaalde kultuur, maar meestal word geskrewe of gesproke variasies van die literatuur vooropgestel. By ?n boekbekendstelling as sosiale drama sal die boek en skrywer dus as (liter?re) kulturele simbole dien. Die gemeenskaplike entiteite, gebruike of artefakte uit die alledaagse lewe wat tydens liter?re feeste geselekteer word om deelnemers van liter?re waardes te oorreed, is byvoorbeeld (beide abstrak ?n konkreet): skrywers, sangers, boeke, toneelstukke, aktuele gemeenskapskwessies (veral wat met die literatuur en verwikkelinge in di? verband te make het), gedigte, gemeenskaplike gesaghebbendes en vermaaklikheidsterre, asook films wat grootliks te make het met die literatuur. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 72 Liter?re feeste is op so ?n manier saamgestel dat dit deelnemers ?n verskil van die alledaagse lewensorde bied wat tyd, ruimte en gedrag betref. Dit het tot gevolg dat die betekenisvolle simbole, byvoorbeeld boeke, gedigte en skrywers, en die oordrag van liter?re waardes waarvoor hierdie simbole in diens staan, ?n eventiseringsproses ondergaan - die (liter?re) kulturele simbole word gevolglik nie net getoon nie, maar ook gevier, verkondig en sodoende geamplifiseer. Die ontvangers van die betekenisoordrag (die feesdeelnemers) word sodoende meer vatbaar gemaak vir die oorredende krag van die fees. Die manier waarop di? fees literatuur vier en die redes vir die viering word egter bepaal deur die kontekstuele omstandighede (en die gepaardgaande gemeenskapsbelange) waarbinne die fees plaasvind. Die (liter?re) kulturele simbole wat toegepas word, word geselekteer uit die kulturele eienskappe wat relevant geag word binne die feeskonteks. Ook die motiverings vir die oprigting van nuwe feeste sluit direk aan by behoeftes in die gasheergemeenskap. Sodoende is liter?re feeste produkte van omstandighede in die samelewing waarbinne dit opgerig is ?n dien hulle terselfdertyd as gemeenskaplike instrumente wat invloed uitoefen op hierdie samelewing. Liter?re feeste word nie gerig op alle groepe binne ?n gemeenskap se komplekse variasies van subkulture nie, maar meestal op mense wat belang vind by die literatuur. N? ?n bespreking van liter?re feeste se potensiaal om sosiokulturele waardes oor te dra deur middel van retoriese strategie? in Hoofstuk 2, word hierdie bre? raamwerk van eienskappe vir liter?re feeste gebruik om die retoriese werking van die US Woordfees en Weerwoordfestival in onderskeidelik Hoofstuk 3 en 4 te bespreek. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 73 HOOFSTUK 2 Die liter?re fees as retoriese werktuig In hierdie hoofstuk word veral verder ingegaan op die gevolgtrekking in die vorige hoofstuk, en ook die hipotese van di? studie, dat die ?deursnee? fees in reaksie op behoeftes in die gasheergemeenskap ontstaan en dat die aanwending van retoriese strategie? dan kan lei tot ?n positiewe sosiokulturele impak ten opsigte van hierdie belangegroep. Die feeste dra onder andere sosiokulturele waardes oor om die feesdeelnemers gunstig te be?nvloed sodat die feesdoelwitte uiteindelik bereik kan word. Die oordrag van bepaalde (sosiokulturele) waardes wat betrekking het op ?n spesifieke onderwerp, staan dus in diens van die feesdoelwitte. Die sosiokulturele waardes (die ?liter?re waardes?) waarvan hierdie tipe fees die feesdeelnemers wil oorreed, is veral dat verskillende vorme van literatuur ?n aanwins vir die gemeenskap is omdat dit opvoedkundig en esteties is en ?n morele funksie verrig rakende beide die individu ?n die samelewing as geheel. Soos reeds op p.66-67 bespreek, gaan liter?re feeste oor die algemeen uit van veral vier doelwitte, maar vir my doeleindes beperk ek my studie tot twee daarvan, naamlik die bevordering van ?n lees- en skryfkultuur, en om diskoers en debat oor aktuele sake op dreef te bring en in die aandag te hou. Daar word ook voorgestel dat ?n spesifieke taal ?n kulturele simboolwaarde kan kry wat gerig is versoening binne ?n taal- ?n liter?re gemeenskap. Handelman noem dat simbole in die vorm van handelinge (bv. die gebruik van Afrikaans) kan voorkom, omdat dit deur die handeling die betekenis oordra dat die gemeenskap (van Afrikaanssprekendes) basies onverdeelbaar is en ?n gemeenskaplike sin van kulturele en historiese identiteit het. Verdere betekenis wat die hoofsaaklike gebruik van Afrikaans in liter?re werke kan oordra, is dat dit as instrument tot besondere oorspronklikheid kan optree. Die gebruik van Afrikaans dien dus as ?n tipe representasie van di? handeling in die alledaagse lewe, maar met die doel om feesdeelnemers onder ?n bepaalde indruk te plaas. Soos inleidend genoem, kan die oorredingstrategie? wat liter?re feeste gebruik om die genoemde doelwitte te probeer bereik, in verband gebring word met die retorika. Die retorika bied reeds vir meer as 26 eeue sowel praktiese instruksies as teorievorming oor die toepassing van oorredende strategie? (vgl. Leeman en Braet, 1987:2; Van Gorp, 1993:344). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 74 Die omvattende belang en langdurige rol van retorika word bevestig in stellings soos dat die moderne w?reld in sommige opsigte selfs as ?n ?produk van die retorika se uitgebreide en voortdurende invloed? beskryf kan word (Backman, 1971:xiii). Aristoteles (384-322 vC) se benadering in die Rhetorica, wat dien as een van die eerste meer praktiese wetenskaplike benaderings, het te doen met die vroe? teoretiese fondamente van die retorika (Leeman en Braet, 1987:10; Van Zyl, 1995:14). Volgens hom kan die retorika gedefinieer word as die kuns om die beskikbare oorredingsmiddele in elke saak te ontdek (Leeman en Braet, 1987:10). Die destydse retoriese teorie? was meestal gegrond in die gesproke woord, en is deur Aristoteles verdeel in drie tipes redevoerings (genera causarum), naamlik die politieke rede (genus deliberativum), die geregtelike rede (genus iudicale) en die geleentheidsrede (genus demonstrativum) of epideiktiese rede (Leeman en Braet, 1987:2,11). Volgens Aristoteles (Leeman en Braet, 1987:11) is die geleentheidsrede van toepassing op feestelike byeenkomste. Daar word vervolgens na Aristoteles se omskrywing van die geleentheidsrede, sowel as na die hedendaagse ruimer toepassing van die begrip retorika verwys om te illustreer dat die oorredende krag van liter?re feeste onder meer verklaar kan word aan die hand van retoriese strategie?. In een van die ruimer toepassings van die retorika, onder andere van Aristoteles se indeling van die geleentheidsrede, gebruik Gerard Hauser (1999) die term openbare sfeer vir ?n openbare byeenkoms van mense om in gesprek te tree oor ?n gemeenskaplike kwessie. Hierdie teoretisering het talle raakpunte met die aard van liter?re feeste as ?n mens daaraan dink as ?n tipe ontmoetingsplek vir openbare gesprekvoering en meningsvorming, maar veral omdat dit ook as ?n retories-funksionerende sisteem bespreek word. Hauser se model van die openbare sfeer as retoriese meganisme kan daarom beskou word as ?n tipe voorstudie vir feesnavorsing. Dit dien dus enersyds as ?n retoriese strategie om die geldigheid van my eie navorsing te versterk deur dit as voorbeeld of exemplum te gebruik (sien Leeman en Braet, 1987:69; Van Zyl, 1995:8) van die toepassing van die retorika op ?n openbare kommunikatiewe spasie. Andersyds bied Hauser se teoretiese raamwerk waardevolle parallelle en insigte met betrekking tot my ondersoeksveld. Ondersoek word Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 75 gevolglik ingestel na Hauser se model, die retoriese eienskappe daarvan en hoe dit ooreenstem met die (retoriese) samestelling van liter?re feeste8. 1. ?n Sistematisering van die retorika: van Aristoteles tot Hauser 1.1 Aristoteles as grondlegger vir die hedendaagse toepassing van die retorika In my ondersoek word die retorika prim?r as oorredende diskoers beskou wat, soos Aristoteles se sistematisering uitwys, tussen sender en ontvanger in ?n kommunikasiesituasie plaasvind. Die teks wat sodoende tot stand kom, het dus ten doel om ?n gehoor [ontvangers] te be?nvloed (vgl. Van Zyl, 1995:6). Soos in Hoofstuk 1 aangevoer, kan ?n fees ook as ?n teks funksioneer wat kommunikasie tussen sender(s) en ontvanger(s) bewerkstellig. Daar word ook uitgegaan van Aristoteles se idees omdat hy nie die elocutio (die stylkenmerke van ?n oorredende teks) uitgesonder het soos latere teoretici nie, maar eerder die onderwerp (thesis) en die inventio (die vind van oorredende argumente) as die twee essensi?le dele (vgl. Perelman, 1982:146; Van Zyl, 1995:6). Die feit dat Aristoteles retoriese strategie? as oorredend beskou, en nie bloot as oortuigend nie, dui daarop dat dit nie alleen mense se idees omtrent bepaalde sake wil be?nvloed nie (?oortuiging?), maar dat oortuiging slegs ?n stap binne ?n proses is wat ten doel het om mense ook tot aksie te laat oorgaan (Perelman en Olbrechts-Tyteca, 1969:27). Aristoteles se leerstellinge oor die retorika is van groot waarde in enige retoriese ondersoek, want dit oefen steeds vandag ?n dominerende invloed uit op hedendaagse teorievorming en diskoers op hierdie terrein. Volgens Barthes (1988, in Van Zyl, 1995:15) is alle opvattinge van die retorika, behalwe di? van Plato, in beginsel afkomstig van Aristoteles. Van Zyl (1995:15) wys ook daarop dat Aristoteles se naam die algemeenste voorkom in hedendaagse Amerikaanse studies oor die (nuwe) retorika, ?waarskynlik juis vanwe? die intrigerende aard en die vars relevantheid daarvan in baie opsigte, asook die wye reeks toepassingsmoontlikhede.? Die offisi?le Griekse samelewing van die vierde eeu voor Christus het nog nie die ontwikkelde geskrewe kultuur gehad wat vandag in baie samelewings bekend is nie en was 8 Vir my doeleindes word die Latynse retoriese terme gebruik, afkomstig van onder andere Cicero en Quintilianus, wat die retorika verder gesistematiseer en uitgebrei het (vgl. Van Zyl, 1995:5). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 76 dus meer afhanklik van die gesproke woord (Leeman en Braet, 1987:8), soos gereflekteer in die oorspronklike Griekse en Latynse begrippe wat steeds in die retorika gebruik word - in so ?n mate dat die Griekse stamwoorde vir ?retorika? en ?welsprekendheid? dieselfde is (vgl. Corbett, 1971, in Van Zyl, 1995:5). Politieke toesprake was ?n belangrike faktor by die aanvanklike belangstelling in retoriese strategie?, omdat die vermo? tot oorreding groot waarde kon inhou vir politieke partye in Athene as demokratiese stad in Antieke Griekeland (McAdon, 2004:223). Carnes Lord (1994, in McAdon, 2004:216) argumenteer selfs dat Aristoteles minder gerig was op die suiwer teoretiese belang as op die moontlikhede van die retorika in die bestuur van republikeinse politieke stelsels. Ook tans bestaan daar nog groot belangstelling in die politieke invloed wat die gebruik van retorika teweeg kan bring (sien byvoorbeeld Mabel Berezin, 1997:363). Feeste kan egter (soos genoem) veral verbind word met die geleentheidsrede of genus demonstrativum. Terwyl die politieke rede op ?n situasie in die toekoms dui (argumente te make met die voor- en nadele van beleidvorming) en die onderwerp van ?n geregtelike rede verwys na ?n daad in die verlede (daar moet beslis word of die handeling wettig of onwettig was), wys die onderwerp in die geleentheidsrede op ?n situasie in die hede wat as eervol (prysenswaardig) of eerloos voorgestel word. Anders as in die geval van die ander twee genres, oorreed die geleentheidsrede nie die ontvangers deur hulle te lei tot ?n gewenste oordeel oor die spesifieke onderwerp nie - in ?n suksesvolle retoriese situasie word die ontvangers eerder oorreed deurdat hulle onder die gewenste indruk geplaas word - hul gewaarwording van die onderwerp word dus be?nvloed (Leeman en Braet, 1987:71-72). Bryant (1974, in Van Zyl, 1995:15) noem dat Aristoteles se onderskeiding van die epideiktiese rede ook die weg gebaan het vir die grootskaalse toepassing van die retorika op liter?re tekste. 1.2 Die ?nuwe retorika? as denkrigting sedert die twintigste eeu Die hedendaagse diskoers omtrent die retorika beskou dit as ?n veel ruimer begrip, met veel meer toepassingsvelde as die toespraak. Volgens Van Zyl (1995:9,33) word die nuwe benadering tot die retorika sedert die 20ste eeu gekenmerk deur die ?geweldige omvang en pluraliteit met betrekking tot die interpretasie, bestudering en toepassing? daarvan en word dit nie meer beskou as ?n ?vaste model met rigiede kategorie? nie, maar eerder ?n dinamiese metode?. In die inleiding tot Richard McKeon se boek Rhetoric: Essays in Invention & Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 77 Discovery (1971) verwoord Mark Backman McKeon se doktrine omtrent die sogenaamde neo-Aristoteliaanse (sien Van Zyl, 1995:33) ?nuwe retorika? as volg (McKeon, 1971:xii-xiii): McKeon?s history of rhetoric [...] does not have as its subject an art confined by fixed form, content, or terminology. Rhetoric is an art that lacks a unique subject matter but can only be understood in the context of specific uses and ends. This conception liberates the historical analysis of rhetoric from classically determined functions and forms. Volgens Backman bevry Richard McKeon dus die retorika van verouderde benaderings ten opsigte van ?vorm, inhoud en terminologie?: die ?nuwe retorika? is nie net op die geskrewe of gesproke woord van toepassing nie, maar ook op ander kommunikasiemiddele wat aangepas is by die veranderende behoeftes van die tyd (McKeon, 1971:viii). McKeon bevraagteken die slaafse toepassing en navolging van definisies en voorskrifte van begrippe wat dateer uit Antieke Griekeland; hy argumenteer dat dit eerder vernuwe moet word om aan te pas by hedendaagse behoeftes en kontekste. Klassieke begrippe en retoriese eienskappe hoef dus slegs as riglyne gebruik te word: Shifts in the application of rhetorical concepts are usually regarded as arbitrary because underlying assumptions about the nature and function of rhetoric are lost in the analyses of similar terms. Invention, disposition, and style, for example, are examined as if they have fixed, unalterable meanings, while the new meaning given the original conception in the context of its novel application generally passes unnoticed (Backman in McKeon, 1971:xii). Gevolglik word deesdae aanvaar dat die argumentatio (die verskillende, verkose argumente wat gebruik word om mense van ?n standpunt te oorreed) ?veel meer uiteenloop as wat voorheen besef is - elke ondersoeksveld word gekenmerk deur sy eie vindings, strategie? en retoriese patrone? (Van Zyl, 1995:49). Volgens Backman stel McKeon ook voor dat die ?nuwe retorika? se inventio nie alleen na woorde nie, maar ook na byvoorbeeld feite, data, metodes en sisteme kan verwys (McKeon, 1971:xx, Backman se kursivering): Rhetoric is more than an expressive art; it is an organizational principle that provides the framework within which we can reveal and arrange the significant parts of any human undertaking. Ideas are expressed in structures developed to guide action - political communities, educational systems, business enterprises - as well as in the artifacts of literary or artistic creativity. Language is still an effective tool, but it follows from the creation of new ways of conceiving and acting upon change. Iets soos ?n liter?re fees kan vanuit die raamwerk van die ?nuwe retorika? as ?organisatoriese beginsel? beskou word, as ?n ?menslike onderneming? wat op grond van ?strukture? Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 78 saamgestel is om ?n beoogde aksie te rig. Die organiseerders van liter?re feeste het die doelstelling om feesdeelnemers se gewaarwording omtrent belangrike sake uit die alledaagse lewe te be?nvloed - deur byvoorbeeld die sosiokulturele waardes waarmee dit vereenselwig word, te verander. Die onderliggende ?strukture? as deel van die feesformule, wat breedvoerig in Hoofstuk 1 bespreek is, sluit goed hierby aan. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 79 1.3 Agtergrond tot Gerard Hauser se retoriese benadering tot die openbare sfeer Gerard Hauser (1999) het voortgebou op die konsep van die public sphere (openbare sfeer), wat in 1962 deur J?rgen Habermas gemunt is en dui op openbare, demokratiese gesprekvoering wat waardevorming tot gevolg het. Hauser se perspektief op die konsep word geformuleer deur die teorie van die retorika daarop toe te pas. Hauser se netwerkvormende openbare sfeer toon heelwat ooreenkomste met die opset van liter?re feeste (sien 2.2) en daarom word hierdie navorsing as vertrekpunt gebruik by ?n ondersoek na relevante retoriese strategie? wat gerig is om feesdeelnemers. Die oorspronklike openbare sfeer, soos gemunt deur J?rgen Habermas, is ?n konsep wat gevorm is in reaksie op die filosoof Georg Hegel (1820) se begrip civil society (Berezin, 1997:365). Dit is oorspronklik in Duits geformuleer as die b?rgerliche Gesellschaft, wat dus in Afrikaans vertaal kan word as burgerlike geselskap/gemeenskap. Dit verwys na enige vrywillige, demokratiese sosiale organisasie of institusie wat bydra tot die funksionering van ?n samelewing en wat onafhanklik staan van die staat, sy politieke stelsel en kommersialisme (vgl. Berezin, 1997:365). Volgens Hegel (1952:157) word die mense wat deel vorm van s? ?n gemeenskap byeengebring op grond van die ?particular and common interests? wat hulle wil bewaar. J?rgen Habermas (1962, in Berezin, 1997:365) se begrip openbare sfeer dien as ?n voorstelling van ?n tipe burgerlike geselskap/gemeenskap, naamlik ?n ?oop? maatskappy. In beginsel is dit ook ?n openbare byeenkoms van individue wat nie verbonde is met die gewin van ?n mark, kerk of staat nie, maar wat deur middel van debatvoering politieke idees en praktyke uitruil in ?n demokratiese gees. Dit is dus ?n kommunikatiewe spasie waarin demokratiese praktyke en waardes beslag kry. Hierdie konsep het oorspronklik voorgekom in Habermas se Strukturwandel der ?ffentlichkeit. Untersuchungen zu einer Kategorie der b?rgerlichen Gesellschaft (1962, in die Engelse vertaling van 1989 The Structural Transformation of the Public Sphere) wat gelei het tot heelwat diskoers rondom die term public sphere. Die Duitse woord ?ffentlichkeit kan meer direk in Afrikaans vertaal word as openlikheid of openheid. Volgens die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (Odendal en Gouws, 2000:806) beteken openlikheid om iets ?in die openbaar? te doen; ?sonder om iets weg te steek?. Soos in die geval van die Engelse vertaling, verkies ek egter die term openbare Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 80 sfeer bo openlike sfeer, omdat eersgenoemde groter klem plaas op die inklusiewe aard van hierdie ontmoetingsplek. Soos gesien, roep die woord openlike egter ??k sterk assosiasies met eerlike kommunikasie op, wat nie genoeg bydra tot die kerngedagte waarin hierdie konsep gegrond is nie. Die konsep l? eerder sterk nadruk op die inklusiwiteit van die sfeer teenoor die individue wat belangstel om deel te neem en ook teenoor hul unieke, vari?rende idees wat tot die debatte toegevoeg word (vgl. Habermas, 1989:36; Negt en Kluge, 1993:15). Soos die definisie van openbaar aandui (Odendal en Gouws, 2000:806), kan die woord ?n ontmoetingsplek beskryf wat ?[v]ir iedereen bestem? is en dus ?toeganklik? is. Openbare word gekombineer met die woord sfeer, omdat dit die betekenis oproep van ?n ?mensegroep [met] sekere opvattinge? (Odendal en Gouws, 2000:973). Die term openbare sfeer, as ?n tipe burgerlike geselskap, se spesifieke eienskappe word deur Habermas ge?llustreer aan die hand van ?n gevallestudie, naamlik die ?bourgeois public sphere? (of bourgeois openbare sfeer [JCL], in Habermas, 1989:27) oor ?n praktyk uit veral die 18de tot middel-19de eeu in hoofsaaklik Engeland, Frankryk, die Verenigde State van Amerika en Duitsland. Weens verskeie sosiale, kulturele, filosofiese en politieke veranderinge het ?n klas tot stand gekom wat meer geletterd geraak het en daarmee saam geleer het om meer krities oor hulself en hul maatskaplike omstandighede te reflekteer (Habermas, 1989:xi). Die meer monargistiese state van vroe?r, wat makliker beheer kon uitoefen oor samelewings wat toe meer be?nvloedbaar was, sou voortaan uitgedaag word deur ?n samelewing wat meer bewus geword het van hul mag en moontlikhede (vgl. Habermas, 1989:xi). Die meer intellektuele klas (vgl. ?bourgeois?; Hauser, 1999:61) het as private mense byeen begin kom om hul eie belange uit te lig in rasioneel-kritiese debatvoering in die bourgeois openbare sfeer, in stryd met di? van die offisi?le, outorit?re orde (Habermas, 1989:30), deur byeen te kom (Habermas, 1989:xi,27) - om dus openbare mening (Habermas, 1989:31) te vorm en daarop te reageer. In die bourgeois openbare sfeer kon gewone burgers magstrukture bevraagteken deur vrylik te besin en te debatteer oor die algemene re?ls waarvolgens algemeen-aktuele kwessies soos handel dryf en sosiale arbeid gereguleer is (Habermas, 1989:27; Fraser, 1990:57). Volgens Habermas kon hierdie ruimtes verwys na byvoorbeeld die 18de-eeuse Britse koffiehuise as vergaderplekke vir gesprekvoering, Franse kroe?, die Duitse Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 81 ?Tischgesellschaften? (samekomste van digters, kunstenaars en kunsliefhebbers) en die vrye pers in sy kinderskoene (Habermas, 1989:36; Berezin, 1997:365). Alhoewel hierdie openbare sfere in ?size and compositions of their publics? verskil het, stel Habermas voor dat ?they all organized discussion among people that tended to be ongoing; hence they had a number of institutional criteria in common?: statusonderskeide tussen mense is ontken, die bespreekte onderwerpe het gehandel oor kwessies wat van gemeenskaplike belang was en dit was in beginsel inklusief vir enigiemand om deel te neem (Habermas, 1989:36). Die uiteindelike doel van hierdie gesprekvoerings was om ?n tipe konsensus te bereik - volgens Habermas die public opinion (in Habermas, 1989:31). Die openbare mening is uiteindelik grotendeels aanvaar as perspektiewe gedeel deur private mense wat byeengekom het. Groepsolidariteit is gevolglik geskep. Die bestaan van ?n openbare sfeer kan hoofsaaklik beskou word as ?n kulturele bydrae tot ?n gemeenskap; ?n sosiale arena waar betekenis geartikuleer, onderhandel en versprei word (Berezin, 1997:365; Negt en Kluge, 1993:15). Die konsep sentreer om die idee dat gewone mense politieke aksie kan be?nvloed (Hauser, 1998:86). Deurdat dit verwyderd is van die kommersialisme en die staat, dien hierdie sfeer uitsluitlik as ?n ?theater for debating and deliberating rather than for buying and selling? (Fraser, 1992:110). 1.4 Die openbare sfeer: ?n toepassingsmodel van die nuwe retorika 1.4.1 Hauser se perspektief op die openbare sfeer In ?n poging om voort te bou op Habermas se openbare sfeer, verken Hauser die diskursiewe dimensies van publieke, openbare sfere en openbare mening - veral in sy boek Vernacular Voices: The Rhetorics of Publics and Public Spheres (1999). Die titel, ?vernacular voices?, dui Hauser se grootste aanpassing van Habermas se model aan, naamlik dat dit veel meer kompleks en divers voorgestel word. Hy suggereer dat ?n openbare sfeer nie in beginsel beskryf kan word as ?n byeenkoms van een, homogene publiek nie, want die mense het nie gemeenskaplike belange nie, maar vergader wel om een, gemeenskaplike kwessie. Hauser beskryf die groepe eerder as publieke, want mense met uiteenlopende ideologie? en voorkeure kom byeen om by te dra tot die verskillende gesigspunte en gevolge gekoppel met ?n enkele gemeenskaplike kwessie. Hauser stel dat die toepassing van retoriese Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 82 strategie? die indruk skep dat homogeniteit tussen hierdie lede bestaan, wat tot samewerking lei en soms selfs openbare mening tot gevolg het. Voortbouend op J?rgen Habermas, is Gerard Hauser (1999:64) se definisie van die openbare sfeer as volg: [A public sphere is a] discursive space in which strangers discuss issues they perceive to be of consequence for them and their group. Its rhetorical exchanges are the bases for shared awareness of common issues, shared interests, tendencies of extent and strength of difference and agreement, and self-constitution as a public whose opinions bear on the organization of society. In teenstelling met Habermas wat die publiek - as deelnemers aan ?n openbare sfeer - meet aan hul ?gedeelde belange?, beklemtoon Hauser dus die verskille wat tussen mense in ontwikkelde samelewings heers (1999:30, my kursief): Perhaps the most obvious difficulty stems from grounding ?the public? in shared interests. The utter diversity of developed societies provides us with daily reminders of our differences. An emphasis on interests necessarily accentuates these differences between peoples and groups. Except for the most transcendent causes and problems, such as natural disasters, epidemics, or national emergencies, hotly contested public issues parse along lines of age, gender, region, ethnicity, class, and a host of considerations that lead to incompatible and, perhaps, incommensurable attitudes and beliefs. Unlike social and political movements of the past that centered on class interests [verwysende na die bourgeois openbare sfeer - JCL], today?s movements are spawned by issues that reflect our ideological fragmentation. Hauser verkies die term ?reticulate public sphere? (netwerkvormende openbare sfeer) om aan te dui dat hierdie ruimte aansluit by ander ontmoetingsplekke wat soortgelyke diskoerse behandel. Volgens Hauser (1999:xi) is s? ?n openbare sfeer saamgestel uit ?multiple, local, interactive webs of meaning and commitment that arise through discourse? en die diverse diskoerse (?vernacular rhetorics?) wat deur die verskillende partye gevoer word, kompeteer op grond van die kragtige toepassings van ?expert knowledge and universal ideals? om invloed uit te oefen en openbare mening te vorm. Die konsep van ?n netwerkvormende openbare sfeer kan ook verduidelik word aan die hand van die polisisteemteorie wat in Hoofstuk 1 kortliks nagegaan is. Daarvolgens kan Hauser se beskouing van ?n openbare sfeer beskryf word as ?n sisteem waarvan die onderdele (die diskoerse waaruit dit bestaan) saamwerk om openbare mening voort te bring. Hauser stel voor dat die openbare mening wat deur ?n bepaalde openbare sfeer bereik is, op sy beurt Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 83 kan funksioneer as ?n enkele diskoers tussen die openbare menings van ander openbare sfere wat dieselfde kwessie aanspreek. Hierdie meta-sfere of ?netwerk? wat ?gevorm? kan word tussen openbare sfere, en werk op dieselfde beginsel as ?n polisisteem, kan volgens Hauser ?n arena of bloot openbare sfere genoem word (Hauser, 1999:40). Elke openbare sfeer kan dus as sisteem binne die polisisteem of arena beskou word; dus, ?n groter netwerk van openbare sfere wat elkeen onafhanklik ?n openbare mening oor dieselfde gemeenskaplike kwessie vorm. Die openbare menings wat deur die verskillende openbare sfere in die groter netwerk gevorm word, is nie noodwendig ooreenstemmend nie en kompeteer dan met mekaar op dieselfde wyse as wat diskoerse in ?n prim?re openbare sfeer met mekaar kompeteer. Wedywerende openbare menings tree dus op hul beurt op soos kompeterende diskoerse. Soos met sisteme binne ?n polisisteem, wat voortdurend wedywer om meer gekanoniseerde rolle in die totale polisisteem te vervul, en in die proses mekaar be?nvloed en vorm (Even-Zohar, 2005:3-4; sien die bespreking in Hoofstuk 1), speel die openbare menings van openbare sfere wat getuig van beter kundigheid op ?n gebied en van ?n groter inagneming van universele ideale (vgl. Hauser, 1999:xi) ?n sterker kanoniserende rol in die heersende openbare mening van die totale netwerk of polisisteem (arena). Hauser stel egter voor dat die lede van ?n openbare sfeer aan twee basiese voorwaardes moet voldoen om effektief te kan kommunikeer: eerstens plaas hy groot nadruk op die bestaan van ?n gedeelde verwysingsraamwerk tussen die lede. Sodoende kan die lede met mekaar identifiseer en uiteindelik kan simboliese betekenisoordrag meer suksesvol plaasvind (sien Hoofstuk 1, Afdeling 1.1.3 vir die bespreking). Hierdie gedeelde verwysingsraamwerk bestaan uit algemene betekenisse en kulturele norme as basis vir interaksie (Hauser, 1999:69, outeur se kursief): If those participating in a public did not share this reference world, its community status would be severed. [...] A public?s emergence is not dependent on consensus but on the sharing of a common world, even when understood and lived differently by different segments of society. Tweedens moet hierdie publiek beskik oor retoriese vermo?ns (White, 1984, in Hauser, 1999:33): Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 84 Both in perception and fact, membership in a public requires rhetorical competence, or a capacity to participate in rhetorical experiences. Their members, on balance, must be receptive to alternative modes of expression, engage in active interpretation to understand what is being said and how it relates to them, and be open to change. 1.4.2 Hauser se begrip van die retorika In oorstemming met die benadering wat ek tot die retorika sal volg in Hoofstuk 3 en 4, is ook Gerard Hauser se gebruik van di? konsep gegrond op Aristoteles se doktrine, met spesifieke klem op die epideiktiese rede. Hy pas hierdie teorie op Habermas se openbare sfeer toe om sy voortbou daarop te verduidelik. Hauser verteenwoordig ook die ruimer denkwyse van die ?nuwe retorika? deurdat hy die retorika eerstens as ?n nuwe vorm toepas op die openbare sfeer en dit tweedens nie beskou as ?n vaste model nie, maar as ?n dinamiese metode wat gevolg word ten einde publieke/gemeenskappe te oorreed om ?n gemeenskaplike mening te vorm (vgl. Van Zyl, 1995:33; Hauser, 1999:18). Soos Aristoteles volg Hauser ?n benadering tot die retorika wat klem l? op die oorredende aard daarvan en die kommunikasiesituasie waarbinne dit afspeel. Hy benadruk eweneens die inventio (die vind van enige beskikbare strategie? tot oorreding) as essensi?le taak van die retoriese instansie, sowel as die bestaan van ?n enkele, duidelike onderwerp: ?rhetoric not only refers to suasive discourse, but also to a method for thinking about communication, especially its heuristic concerns for invention? (Hauser, 1999:33). In sy bespreking van die openbare sfeer beklemtoon hy dat ?n kwessie as gespreksonderwerp bepaald moet wees en dat dit bydra tot die retoriese aard van hierdie ruimte (vgl. Hauser, 1999:63). Aristoteles se beskouing van die retorika as die ?kuns? (techne) van oorreding, omdat dit te make het met die vind en uitbou van argumente (insluitend di? wat van simboliese aard is as ?n alternatiewe ?heuristiese metode?) om die bepaalde saak te steun (Hauser, 1999:18; Leeman en Braet, 1987:10), dien as vertrekpunt vir Hauser wat dit ook tegnies benader (Hauser, 1999:14, sy beklemtoning): [The use of ?rhetoric?] here is technical. I use rhetoric broadly to mean the symbolic inducement of social cooperation. It is an inevitable consequence of language. As Kenneth Burke (1969) teaches, we cannot address others without our symbols encouraging a response. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 85 Die ontvangers binne s? ?n retoriese, kommunikatiewe situasie ?ontvang? dus oorredende betekenis (aan die hand van ?simbole? as produkte van die inventio) om tot die aksie van ?sosiale samewerking? oor te gaan (as doelwit of intentio van die bepaalde retoriese situasie, vgl. Leeman en Braet, 1987:99). In die geval van die openbare sfeer as Hauser se toepassingsveld, as ?n ruimte vir gesprekvoering en debattering, word die simboliese voorstellings wat in die betekenisoordrag gebruik word oorwegend beperk tot die medium van taal, alhoewel ander media (byvoorbeeld visuele kunste) ook gesprek kan uitlok. Hauser stel voor dat die retoriese werking van die openbare sfeer ooreenstem met die beginsels van Aristoteles se epideiktiese rede. In hierdie tipe redevoering word betekenis wat reeds bekend en aanvaar is, benadruk en breed uitgemeet (amplificatio, sien Leeman en Braet, 1987:73) - die bekende word dus op ?n nuwe manier voorgestel en die oorredende impak kom tot stand deur die uitwerking wat hierdie indruk op die ontvangers laat. Volgens Hauser (1999:17) word deelnemers aan die openbare sfeer, wat tipies diverse standpunte huldig (Hauser, 1999:30), se ooreenkomstige eienskappe geamplifiseer om hulle onder die indruk te plaas (te oorreed) dat hulle meer gemeen het as wat voorheen aanvaar is. Hierdie gevoel van eenheid tussen die deelnemers word geskep deur die groepe se verwysingsraamwerke as middele tot inventio te gebruik en ooreenkomstige simbole as ?argumente? van homogeniteit te amplifiseer (Hauser, 1999:17): The praise and blame of epideictic address commemorates concrete moments of communal experience and memorializes them as paradigms of shared identity. And we should note that while it often elaborates upon our shared commitments, epideictic discourse can lead its audience in new directions (Poulakos, 1990). Die omvattende verwysingsraamwerke van deelnemers aan ?n openbare sfeer beteken dat die ooreenkomste waarop gesinspeel word, van uiteenlopende aard kan wees. Enersyds verwys Edwin Black (1965, in Hauser, 1999:17) na byvoorbeeld eenderse ?[bodies] of convictions, attitudes and values? en andersyds na aspekte soos ?ideas, relationships, emotional bonds, and courses of action? (Hauser, 1999:33). Deurdat die diskoerse handel oor gemeenskaplike kwessies, word die gemeenskappe of publieke se gesamentlike verwysingsraamwerke outomaties betrek (vgl. Victor Turner, 1985:84, se konsep arena as beskrywing vir die totaliteit van herkenbare verwysings vir ?n bepaalde gemeenskap, waaruit ?n seleksie in ?n sosiale drama ge?mplementeer kan word - bespreking op p.28) en die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 86 simbole wat daaruit geselekteer word om in die diskoerse toegepas te word (vgl. Victor Turner, 1985:84, se konsep veld as duidend op die seleksie bronne wat wel gebruik word, bespreking op p.28) en inspeel op hierdie ooreenkomste, word deur middel van die herhaling van gesprekke deur die loop van ?n byeenkoms geamplifiseer. In die proses word die deelnemers aan ?n openbare sfeer daarvan oorreed dat hulle ?n enkele, homogene gemeenskap vorm wat moet saamwerk (om byvoorbeeld gemeenskaplike kwessies op te los deur openbare mening te vorm). Opsommend is die eienskappe van die retorika binne die opset van Hauser se netwerkvormende openbare sfeer gevolglik funksioneel in twee opsigte: eerstens voer die diverse lede van die publiek(e) ?n eie diskoers wat hul standpunt teenoor die bepaalde, gemeenskaplike kwessie uitlig en tweedens dra elkeen van di? individuele diskoerse by tot die algehele sfeer se retoriese werking wat die gemeenskappe of groeperinge se gewaarwording be?nvloed. Nie alleen bring die enkele kwessie as retoriese onderwerp die versameling diskoerse wat heers tot ?n eenheid nie, maar die openbare sfeer werk in sy geheel ook as ?n epideiktiese rede wat, deur die nadruk en herhaling van die kwessie aan bod, die voorkoms van gemeenskaplike belangrikheid daarvan verhoog: ?[the] shared concerns that join us as members of publics are brought to consciousness through the process by which we discover and intensify them? (Hauser, 1999:14). Soos Catherine Palczewski (2000:682) noem in haar kritiek op Gerard Hauser se boek, word die sentrale konsep van ?vernacular rhetorics? nie sistematies gedefinieer nie. Ek maak egter die afleiding dat die groep ge?nteresseerde individue wat in ?vernacular discourse? met mekaar omgaan oor ?n spesifieke kwessie (Hauser, 1998:86,92) bydra tot die geheel van die openbare sfeer deur gebruik te maak van gedeelde verwysings na die alledaagse lewe (simboliese onderhandelings), wat enersyds die indruk by die verskillende mense skep dat hulle met mekaar kan identifiseer en hulle andersyds in staat stel om verstaanbare argumente te voer oor byvoorbeeld indrukke, gedagtes, waardes, menings en houdings. Hierdie simbole word gewoonlik deur die medium van taal oorgedra (gesprekvoering), maar kan ook na ander simboliese uitruilings verwys (vgl. Hauser, 1999:13). Volgens Hauser (1999:24) is die organisasie wat gewoonlik verantwoordelik is vir die tot stand bring van ?n openbare sfeer, dikwels ?n belangegroep (vergelykbaar met ?n sisteem Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 87 binne ?n polisisteem, gegroepeer om ?n gemeenskaplike kwessie) wat kompeteer met die openbare menings van ander belangegroepe. Benewens die graad van kundigheid en met inagneming van universele ideale wat sommige openbare sfere ?n mededingende voordeel bo ander kan gee, speel die mate van organisasie en beskikbare finansies ook ?n bepalende rol by die dominansie van een openbare sfeer bo ?n ander met betrekking tot menings vir of teen ?n voorstel. Daar is egter nie in openbare sfere sprake van ?n enkele retoriese sender wat die ideologiese uitkoms van die openbare mening stuur nie (vgl. Hauser, 1999:61). Die organisasie waarvolgens openbare sfere tipies funksioneer, deurdat diverse partye bydra tot die diskoers om ?n enkele kwessie as ?gemene deler? of aanknopingspunt, het dus tot gevolg dat hierdie ?metode? nie ingrypende beheer deur ?n retoriese instansie of ?sender(s)? nodig het om ?n onderlinge oorredende invloed uit te oefen nie. 1.4.3 Die retoriese eienskappe van die openbare sfeer Gerard Hauser bevestig die retoriese aard van ?n openbare sfeer deur op vyf eienskappe daarvan te wys wat ooreenstem met die beginsels van retorika. Omdat Hauser nie die basiese retoriese beginsels noem waarop hy sy bevindinge baseer nie en dus ?n bestaande kennis oor die retorika van sy lesers veronderstel, vul ek sy beskrywings aan met die relevante retoriese strategie?, soos deur Aristoteles uiteengesit. Die eerste retoriese eienskap gekoppel met die ?deursnee? openbare sfeer is volgens Hauser (1999:61) dat die diskoerse wat gevoer word, ge?valueer word op grond van die inhoud daarvan, eerder as die sosiale klas van die mense deur wie dit gevoer word. Hierdie beginsel stel die openbare sfeer dus oop vir enigiemand wat wil deelneem en beperk dit nie net tot bepaalde klasse nie. Hauser noem dat openbare sfere wel meestal gekenmerk word deur die deelname van mense uit ?n bepaalde dominerende klas, maar dat dit eerder ?n simptoom as ?n voorwaarde van so ?n organisasie is. ?n Klas-gedomineerde openbare sfeer is dus ?an empirical claim to be inferred from data rather than [...] a generating assumption? (Hauser, 1999:61). Beoordelaars van ?n ho? en dikwels meer geletterde profiel is tipies meer belese en ingelig omtrent ?n gemeenskaplike kwessie. Die ho?r sosiale klasse het waarskynlik ?n meer omvattende voorafkennis en sal moontlik meer belangstelling toon om deel te neem en ?n Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 88 ingeligte mening mee te deel. Die voorafkennis (wat onder meer deur omskrywings in die feesprogram geaktiveer kan word) herinner aan die inleiding (exordium) in retoriese tekste, wat dien as ?n bekendstelling van die saak onder bespreking. Die exordium speel s? ?n belangrike rol dat Barthes (1988) ?n Nash (1989, beide in Van Zyl, 1995:8) dit beskou is as een van die standhoudendste dele van die retoriese redevoering wat deur die eeue en vandag nog net so relevant gebly het. Dit het tradisioneel veral drie funksies (Van Zyl, 1995:8): eerstens om die ontvanger se aandag te trek (attentum), tweedens om die ontvanger bereid te maak om te luister (docilem) en derdens om die ontvanger welwillend te stem (benevolum facere). Die kans dat ?n potensi?le deelnemer by ?n openbare sfeer sal aansluit, is dus groter indien die saak onder bespreking reeds enigsins aan hom bekend is en hy dus tot ?n mate ?n eie exordium daaromtrent opgebou het: daar kan geredeneer word dat iemand wat byvoorbeeld reeds vooraf oor die saak gelees het, getoon het dat hy bereid is om te luister en dat sy aandag reeds getrek is. Indien die kennis waaroor so ?n persoon beskik hom welwillend sou stem, behoort die eerste retoriese taak in hierdie opsig afgehandel te wees by die aanvang van die byeenkoms. Op grond van ?n retoriese perspektief kan ook ges? word dat die diskoerse van mense met ?n ho? sosiale status, wat baiemaal saamgaan met ?n beter opleiding, meer aansien sal geniet weens hulle voorsprong wat etos en auctoritas (outoriteit) betref. In so ?n geval sal hulle dus ook meer gemotiveerd en selfversekerd wees om deel te neem. Volgens Aristoteles kan oorredingsmiddele of -strategie? van feitelike of nietegniese aard (in die sin dat dit so sterk oorredend is dat kunstegnieke nie ingespan hoef te word nie - atechnoi) ?f van kunstige, tegniese aard wees (waarby tegniek nodig is - entechnoi). Die laaste kategorie word verdeel in logos, patos en etos (Leeman en Braet, 1987:10). Etos as ?n kunstige oorredingstrategie behels dat ?n redenaar (as sender van ?n oorredende diskoers, in hierdie geval) die ontvangers (publiek) se vertroue wen deur die manier waarop die eie karakter voorgestel word. Volgens Aristoteles (in Leeman en Braet, 1987:67) word ?n karakter gunstig voorgestel indien drie eienskappe vertoon word: oordeelkundigheid (phronesis), deugsaamheid (aret?) en welwillendheid of betrokkenheid (eunoia). Hiervolgens kan selfs mense wat nie uit die staanspoor bekend is vir hul sosiale status of geleerdheid nie, dus steeds inventio gebruik (argumente vind) as maniere om hulself as oordeelkundig, deugsaam en betrokke by die behoeftes van die burgers voor te stel. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 89 Die tweede kenmerk van ?n openbare sfeer wat volgens Hauser ?n retoriese aard daaraan verleen, is dat die geslaagdheid en gewildheid van ?n gespreksdeelnemer se diskoers gemeet word aan redelikheid, sowel as aan die vermo? om relevante behoeftes van die aanhoorders te bevredig en hulle daarvan te oorreed dat hulle kan identifiseer met die belange wat in die diskoers aangespreek word (Hauser, 1999:61). Vir ?n redenaar om redelike argumente te voer, welwillend voor te kom en identifikasie deur die publiek aan te spoor, word weereens die gebruik van tegniese oorredingsmiddele vereis. Daar is reeds genoem dat ?n spreker homself welwillend kan voorstel (eunoia) deur van etos gebruik te maak om sodoende die publiek se vertroue te kan wen en hul te oorreed dat hy hul behoeftes wil bevredig. Deur ook van logos gebruik te maak, kan die redenaar die publiek oorreed deur logiese argumentasie, en deur middel van patos kan emosionele ontroering teweeg gebring word (Leeman en Braet, 1987:68-70). Logies uiteengesette argumentasie word met redelikheid verbind. Volgens Leeman en Braet (1987:70) is die enthymema, as sillogisme wat gevorm word uit algemene aanvaarde menings (eikota) en simbole (semeia), die sentrale logiese begrip uit Aristoteles se Rhetorica. Ander tegniese konstruksies wat op die rede kan inspeel, is ?n exemplum (die verwysing na ?n voorbeeld) of ?n sententia (slagspreuk) (Aristoteles in Leeman en Braet, 1987:69; Van Zyl, 1995:8). Patos verwys na strategie? wat aangewend word om ?n bepaalde gemoedstemming by die publiek teweeg te bring. Aristoteles (in Leeman en Braet, 1987:68) noem dat mense meer simpatiek en dus minder krities is teenoor ander met wie hulle kan identifiseer, op grond van byvoorbeeld leeftyd, karakter, posisie en herkoms. Deurdat die deelnemers aan ?n openbare sfeer verwysingsraamwerke deel en dit gebruik in hul diskoerse, leer die publiek in die proses om met mekaar te simpatiseer, en word hulle minder krities en meer ontvanklik vir mekaar se menings en standpunte. Die diskoerse wat die beste voldoen aan die uitvoering van hierdie tegniese retoriese strategie? (logos, patos en etos), sal uiteindelik die grootste bydrae lewer tot die algehele openbare mening (Hauser, 1999:61). Hauser (1999:79-80) stel ook voor dat die openbare sfeer ?n sterk graad van toleransie behoort te openbaar: lede van die publiek(e) met botsende menings moet dus verdraagsaam wees en mekaar se standpunte in ag neem. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 90 Hauser noem derdens dat ?n retoriese fokus in diskoers klem l? op die aanwesigheid van ?n groter netwerk menings oor die kwessie onder bespreking as wat in ?n openbare sfeer na vore kom. ?n Retoriese fokus beklemtoon verder hoe die bepaalde diskoers by hierdie kwessie aansluit: ?Each of these individualized, local associative spaces is potentially included in larger, more polyphonous exchanges. When the outcome is public opinion, what starts as a dialogue becomes part of the multilogue of voices along the range of individuals and groups engaged by a public question? (1999:62). ?n Retoriese invalshoek kweek dus ook ?n bewussyn van ander openbare menings wat in ander (netwerkvormende) openbare sfere gevorm word. ?n Retoriese argument is sterker indien meer universele ideale ook by ?n diskoers ge?ntegreer word, of as vooroordele wat uit ander openbare menings blyk, teengegaan kan word. Laasgenoemde weerlegging van ander argumente as retoriese strategie word refutatio genoem (Van Zyl, 1995:8). ?n Redenaar wat die menings in ander openbare sfere rondom dieselfde of relevante kwessies in ag neem, kan die openbare menings wat daaruit voortspruit selektief en funksioneel toepas om steun aan die eie argument te bied (as nog ?n produk van inventio). Omdat s? ?n argument berus op konkrete inligting, deurdat daar na gesprekke verwys word wat werklik plaasgevind het, word dus van nietegniese oorredingsmiddele gebruik gemaak (atechnoi). Die feit dat ?n openbare sfeer uit die aard van die saak gefokus is op een voorafbepaalde, gemeenskaplike kwessie as besprekingspunt, en gerig is op deelnemers as ontvangers binne ?n afgebakende ruimte, is volgens Hauser (1999:63) ?n vierde eienskap wat die retoriese opset daarvan illustreer. Hauser wys daarop dat die betekenis wat die retorika binne hierdie ruimte oordra, produserend van aard is - betekenis word dus deur strategiese voorstellings ?onstabiel? gemaak deurdat dit verminder, verander of vermeerder kan word ten einde die gehoor wat dit ontvang, van waardes te kan oorreed wat hul tot aksie sal laat oorgaan. Die basiese uiteensetting van die retorika wat Aristoteles voorgestel het, is dat ?n onderwerp (thesis) deur ?n spreker behandel word en lei tot ?n teks om ?n gehoor te be?nvloed (Leeman en Braet, 1987:46). In die geval van ?n openbare sfeer kan die retoriese teks egter verwys na die versameling diskoerse waaruit dit bestaan as epideiktiese rede ?f na elkeen van die enkeldiskoerse wat gevoer word. In die inleiding (exordium) van ?n retoriese teks (in hierdie geval van die diskoers of die sfeer as geheel) kan die spreker sy eie stelling (propositio) of Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 91 perspektief op die onderwerp (hypothesis) bekragtig (confirmatio) en die opponerende beto? van sy teenstanders weerl? (refutatio, in Van Zyl, 1995:8; Leeman en Braet, 1987:92). Deur refutatio word die betekenis wat deur opponente gevorm is, dus veranderd oorgedra. Bestaande vooroordele of verdagmakings teenoor ?n redenaar of die saak wat hy behandel, word ook baiemaal weerl? in ?n poging om sy eie etos op te bou (Leeman en Braet, 1987:67). Die betekenis kan vermeerder word deurdat byvoorbeeld kulturele betekenis wat reeds met bepaalde simbole geassosieer word, uitgebou of geamplifiseer word (amplificatio). Aanvaarde feite en die betekenis wat dit oordra, kan ook verklein of verminder word (minutio) en onder meer saam met patos gebruik word om die gehoor verontwaardig, entoesiasties of medelydend te maak (Leeman en Braet, 1987:73) Die laatste retoriese eienskap met betrekking tot openbare sfere wat Hauser (1999:63-64) uitsonder, is dat die openbare mening wat uiteindelik gevorm word, verteenwoordigend is van die publiek(e) of groeperinge se oorwegende oordeel. Alle mense moet in beginsel toegang h? om deel te vorm van die beoordeling, almal moet inligting oor die relevante kwessie kan bekom en almal moet die geleentheid kry om hul invloed te kan uitoefen. Hauser benadruk egter dat konsensus nie in alle gevalle moontlik is nie (Hauser, 1999:64): [A] rhetorical model also recognizes that in a democracy consensus is not always possible, nor is consensus the test for whether a public sphere has functioned openly and inclusively in encouraging the judgements that actually do accrue. Volgens Aristoteles (in Leeman en Braet, 1987:52) is die verantwoordelikhede van die retoriese sender met betrekking tot sy publiek drieledig: om hulle te kan oorreed van ?n standpunt moet die betekenis wat oorgedra word eerstens die ontvangers daarvan laat nadink (conciliare), hulle emosioneel beweeg (movere) en hulle onderrig deur middel van grondige bewyse (docere en probare). Indien ?n spreker dus hierdie take kan uitvoer, behoort lede van die publiek ?n ingeligte oordeel te kan vel. Om die betoog wat gevolg word so duidelik en sistematies moontlik oor te dra, behoort die propositio of benadering tot die onderwerp verstaanbaar verwoord te word deurdat dit ?n uiteensetting bied van wat sy saak behels, die probleem wat ondersoek word en die terme wat gebruik word. Die propositio behoort dan opgevolg te word met die partitio as ?n aankondigende indeling van die argumentasies wat gevolg sal word (Leeman en Braet, 1987:92) en ?n narratio as feite-oorsig sodat die publiek duidelikheid het oor die kwessies wat aangeraak word en hoe die waardes Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 92 wat oorgedra word, tot oplossings kan lei (vgl. Van Zyl, 1995:8; Leeman en Braet, 1987:94). Die stylkwaliteite wat van belang is by ?n voordrag en ook bydra tot die effektiwiteit waarmee betekenis oorgedra word, kan hoofsaaklik aan vier kriteria gemeet word: taalsuiwerheid, duidelikheid, versiering en passendheid (Leeman en Braet, 1987:101). Alhoewel Hauser se aanbieding nie altyd sistematies is nie en sy waarnemings nie altyd teoreties goed gemotiveer nie, kan dit myns insiens as vertrekpunt gebruik word om die diskoers oor die retoriese werking rakende openbare ruimtes, soos liter?re feeste in die geval van my studie, voort te sit, vergelyk Hauser (1999:11): [...] I hope to open a dialogue on the efficacy of a rhetorical framework for critically understanding the way actually existing publics function and for reclaiming our awareness of their contribution to the course and quality of civil society. In Palczewski (2000:684) se resensie oor Hauser se boek sluit sy aan by hierdie waarneming: ?I would encourage all who are interested in developing a rhetorical understanding of the public to read this book, valuing it more for the questions it raises than the answers it provides?. S? bied Hauser se bespreking van ?n tipe openbare ontmoetingsplek (die openbare sfeer) wat funksioneer as ?n retoriese sisteem, ?n raamwerk wat kan bydra tot ?n evaluering om te bepaal in watter mate die retorika in liter?re feeste, as ?n ander tipe openbare ontmoetingsplek, na vore kom. 2. Die liter?re fees as retoriese werktuig Om die moontlikheid te ondersoek dat liter?re feeste as organisasies retories funksioneer, word eerstens nagegaan tot watter mate hierdie feeste ooreenstem met Aristoteles se sistematisering van die retoriese kommunikasiesituasie. Soos in die vorige afdeling getoon, poneer Hauser dat retoriese strategie? binne ?n openbare sfeer gebruik word om samewerking tussen uiteenlopende groepe mense aan te moedig. Die evaluering of liter?re feeste retories funksioneer, sal as basis dien om terselfdertyd vas te stel watter ooreenkomste en verskille tussen die liter?re fees en ?n openbare sfeer bestaan - of beide retories funksioneer en, indien wel, die opsigte waarin die unieke vindings, strategie? en retoriese patrone (Van Zyl, 1995:49; bespreking op p.72) ooreenstem. Deur die uitwys van Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 93 ooreenkomste tussen hierdie twee tipes openbare ontmoetingsplekke, word die argument dat liter?re feeste retories funksioneer enersyds versterk en andersyds kan die unieke patrone wat in ?n openbare sfeer toegepas word moontlik insig bied in die manier waarop die retorika in liter?re feeste na vore kom. Aristoteles stel (soos voorheen genoem) die kommunikasieproses soos volg voor: ?n sender behandel ?n spesifieke onderwerp, wat lei tot ?n teks, met die doel om ontvangers te be?nvloed (Van Zyl, 1995:6). So ook behels die (liter?re) fees dat mense in ?n kommunikatiewe ruimte byeenkom rondom ?n bepaalde onderwerp as saak van gemeenskaplike belang, ten einde ontvangers (die feesdeelnemers) se gedrag te be?nvloed (deur hulle byvoorbeeld aan te spoor om meer aan liter?re aktiwiteite deel te neem). Die senders wat bepaal watter betekenis oorgedra word, hoe dit oorgedra word en watter invloed op feesgangers beoog word, is die instansies wat die fees strategies saamstel, naamlik die feesdirekteur, die direksie, ko?rdineerders en feesorganiseerders. Die breedvoerige bespreking van die fees as teks in Hoofstuk 1 het onder meer hierdie eienskap uitgelig as ooreenkomstig met die retoriese situasie. Die liter?re fees is dus ?n teks omdat dit interaktief is met betrekking tot die konteks waarbinne dit plaasvind, ten doel het om betekenis oor te dra, dit oor ?n kenmerkende struktuur beskik, binne ?n kommunikatiewe ruimte plaasvind en staatmaak op die gebruik van taal. Die ontvangers (van die betekenisoordrag) wat meestal aan liter?re feeste deelneem, is hoofsaaklik die groepe binne ?n gemeenskap se komplekse variasies van subkulture wat gelok word deur die manier waarop die fees aangebied word, asook mense met belange ten opsigte van die literatuur. Die basiese werking van die liter?re fees as sisteem stem ooreen met Aristoteles se voorstel vir die basiese werking van retoriese sisteme. Om die unieke retoriese patrone wat deur liter?re feeste gevolg word, na te gaan, word verdere ondersoek ingestel na die maniere waarop die senders van hierdie feeste die ontvangers probeer oorreed om tot die gewenste aksie oor te gaan. Dit word eerstens kortliks beskryf deur Gerard Hauser se openbare sfeer en ander retoriese strategie? breedweg te betrek en tweedens deur die strategie? van die twee gevallestudies, naamlik die US Woordfees en die Amsterdamse Weerwoordfestival noukeurig na te gaan in Hoofstukke 3 en 4. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 94 Volgens Gerard Hauser (1999:33) reflekteer die openbare sfeer Aristoteles se nadruk op die onderwerp (thesis) en inventio (die vind van oorredende argumente) as essensi?le eienskappe van retoriese tekste (vgl. Perelman, 1982:146; Van Zyl, 1995:6). Die bespreking van die werking en sosiokulturele impak van liter?re feeste in Hoofstuk 1 het reeds uitgewys dat liter?re feeste ook in hierdie opsig met die teorie van die retorika versoenbaar is. Daar is reeds genoem dat die onderwerp van ?n liter?re fees gefokus is op die literatuur en verwante aspekte, wat in verskillende opsigte gereflekteer word deur die gebeurtenisse waaruit die fees bestaan, en dat die vooropstelling van so ?n onderwerp een van die essensi?le eienskappe van hierdie tipe feeste is. So ook het openbare sfere altyd ?n onderwerp: dit is altyd ?n kwessie in die samelewing wat die diverse deelnemers gemeen het en wat in die diskoerse binne ?n openbare sfeer gevoer word. Hulle het dus nie noodwendig dieselfde belange by ?n gemeenskaplike kwessie nie, maar het wel verskillende belange by dieselfde kwessie. Soos die onderwerp van liter?re feeste deur middel van uiteenlopende gebeurtenisse na vore gebring word, so vorm diverse diskoerse in ?n openbare sfeer in ?n sekere sin ?n geheel deurdat almal op ?n bepaalde stadium aansluit by dieselfde kwessie as onderwerp. In die openbare sfeer word inventio as retoriese strategie in twee opsigte gebruik: in diskoerse wat aansluit by die onderwerp kan gemeenskaplike verwysingsraamwerke tussen die deelnemers as uitgangspunt dien, en simbole met ongeveer dieselfde semantiese inhoud vir die ontvangers kan strategies geselekteer word (inventio) as nietegniese oorredingsmiddele met die doel om die deelnemers met betrekking tot bepaalde waardes te oorreed en hulle tot die gewenste aksie probeer aanspoor. Die gemeenskaplike waardes wat oorgedra word, word geselekteer na gelang van die kwessie onder bespreking. Dit kan byvoorbeeld te doen h? met die meriete van ?n bepaalde erfenis of met die voordele van gemeenskapstrots en -ondersteuning, met die doelwit om die openbare mening te omvorm in belang van samewerking en versoening. Die simboliese betekenisoordrag wat in (liter?re) feeste na vore kom, kan ook retories funksioneer - daar kan geredeneer word dat die inventio as oorredende strategie in liter?re feeste selfs in meer opsigte na vore kom as in die openbare sfeer. Eerstens word die gebeurtenisse wat by feeste ge?mplementeer word, vooraf deur die feesorganiseerders Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 95 geselekteer (inventio) ten opsigte van hul bydrae tot die fees en sy fokus as geheel. Die gebeurtenisse wat binne ?n feesopset aansluit by die fokusonderwerp (liter?r-gerig in die geval van liter?re feeste), behels tweedens ??k gemeenskaplike simbole (as nietegniese oorredingsmiddele) wat verkies is uit ?n gedeelde verwysingsraamwerk (inventio) ten einde betekenis of feeswaardes effektief oor te dra. Volgens Leeman en Braet (1987:70; bespreking p.87) word ?n enthymema gevorm uit aanvaarde menings (eikota) en simbole (semeia). Hierdie simbole dien dus as tipe retoriese ?argumente? wat in diens staan van ?n logiese sillogisme (enthymema) om oorredende funksies te verrig. Derdens word die waardes wat oorgedra word, op hul beurt geselekteer (weer inventio) na gelang van die sosiokulturele feesdoelwitte wat nagestreef word. In beide die openbare sfeer en die liter?re fees is die gebruik van taal baie belangrik. Net soos in die openbare sfeer oorwegend staatgemaak word op taaldiskoerse as medium tot simboliese betekenisoordrag, is feeste as tekste afhanklik van taal as kommunikasiemedium. Veral liter?re feeste, wat die ?woord? sentraal stel, is aangewese op die gebruik van taal. Feesgebeurtenisse sluit egter dikwels ?n groter variasie mediums tot simboliese betekenisoordrag in as slegs taal - anders as wat meestal die geval by diskoerse is. Volgens Backman (in McKeon, 1971:xx) wys McKeon daarop dat die ?nuwe retorika? se inventio nie slegs na woorde nie, maar ook na byvoorbeeld feite, data, metodes en sisteme kan verwys. Die proses waardeur ?n gebeurtenis deur die organiseerders van ?n fees geselekteer word uit ?n groter aanbod van gebeurtenisse wat deur private belangegroepe gekonseptualiseer word, kan dus beskou word as ?n vorm van inventio. Terselfdertyd kan hierdie gebeurtenisse as sisteme binne die fees as polisisteem beskou word (sien die bespreking van Hauptfleisch, p.41-42). ?n Bepaalde debatvoering of ?n geleentheid vir verkope kan byvoorbeeld albei funksioneer as gebeurtenisse tydens die fees. Liter?re feeste kan ook liter?re tekste (byvoorbeeld gedigte of boeke) uit die samelewing se totale aanbod selekteer (inventio) en dit as belangrike simbole van die alledaagse in gebeurtenisse laat figureer. Alhoewel hierdie liter?r-verwante simbole in baie gevalle op hul eie retories funksioneer, staan hulle in ?n sekere sin ook in diens van die retoriese werking van die fees as geheel. Die beheer oor betekenisoordrag deur middel van inventio kom sterker in (liter?re) feeste na vore deurdat die senders (organiseerders) groter beheer uitoefen: anders as met diskoerse Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 96 in ?n openbare sfeer het die senders in die geval van ?n fees meer beheer oor die inhoud van gebeurtenisse deurdat hulle in ?n redelike mate vooraf kan nagaan wat dit behels en daarvolgens evalueer of dit deel kan vorm van die fees. Gebeurtenisse by feeste word wel nie alleenlik gekies op grond van hul potensiaal om by te dra tot die retoriese betekenisoordrag van die fees as geheel nie, maar ook om byvoorbeeld ander belangegroepe by die fees te akkommodeer (sien die bespreking oor die ?parameters? van belangegroepe wat deur Temple Hauptfleisch uitgewys is, p.42). Die moontlike retoriese impak speel egter ook gewoonlik ?n rol by besluitneming. Herman Kitshoff (2006:147) dui verder op die belangrike rol wat korporatiewe borge as ?parameters? by feeste speel in die uitkoms daarvan: ?Dit wil dus voorkom of korporatiewe borge, veral in die vorm van Media24, nie bloot ?n rol speel in terme van die finansiering van feeste nie, maar in die juiste karakter en identiteit daarvan?. Die deelnemers aan feeste kan enige gebeurtenisse bywoon, maar kan dit nie self bestuur soos deelnemers aan openbare sfere met betrekking tot hul diskoerse nie. Diskoersreekse as sodanig vorm egter baiemaal deel van die gebeurtenisse by liter?re feeste; tot s? ?n mate dat liter?re feeste ook ?n openbare sfeer of openbare sfere as gebeurtenis(se) kan implementeer om byvoorbeeld groepsolidariteit, netwerkvorming en openbare mening in ?n liter?re gemeenskap te probeer stuur of te versterk. In so ?n geval bly die openbare sfeer ?n gebeurtenis en dus ?n funksionele onderdeel van die fees as geheel, maar dit sluit terselfdertyd aan by ?n groter diskoers. Beide die openbare sfeer en liter?re fees behels dus kommunikasiesituasies waarbinne mense oorreed word om tot aksie oor te gaan op grond van wat vooraf deur die senders van die situasie beplan is (die doelwitte). Beide hierdie tipe kommunikasiesituasies sluit daarom aan by die teorie van die retorika, soos deur McKeon beskou: ?Ideas are expressed in structures developed to guide action - political communities, educational systems, business enterprises - as well as in the artifacts of literary or artistic creativity? (Backman in McKeon, 1971:xx). Liter?re feesgebeurtenisse kan beskou word as ?artefakte van liter?re en kunstige kreatiwiteit?, en funksioneer soms ook soos ?politieke gemeenskappe? (deur byvoorbeeld diskoersreekse) ten einde byvoorbeeld in te gaan teen negatiewe kontekstuele kulturele Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 97 sisteme, soos di? wat verantwoordelik is vir ?n swak liter?re kultuur of onenigheid in ?n taalgemeenskap, en dit positief te probeer be?nvloed. Soos die openbare sfeer retories funksioneer deur die oordrag van waardes aan die deelnemers ten einde aksie uit te lok (naamlik samewerking en groter konsensus in die openbare mening), kan die oordrag van liter?re waardes ook by liter?re feeste as aansporing tot aksie dien - dit kan dus ook in hierdie geval beskou word as retoriese strategie?. Liter?re feeste streef meestal ?n veelvoud sosiokulturele doelwitte na, waarvan die stimulering van diskoers en debat oor aktuele sake en die bevordering van ?n lees- en skryfkultuur twee kan wees. Soos op p.42-43 genoem, stel Cohen (1985, in Boissevain, 1992:11) voor dat simboliese aksie in die vorm van rituele (in hierdie geval feeste of die gebeurtenisse wat deel vorm daarvan) plaasvind om sosiale identiteit en groepsolidariteit te versterk wanneer gemeenskapsgrense en identiteite verdof of onbepaald raak. S? het sommige liter?re feeste ?n sterk fokus op een taal binne die literatuur. Taal verkry dan ?n kulturele simboolwaarde om ook waardes rondom erfenis en gemeenskapstrots oor te dra. In die proses word ?n verdere doelwit, naamlik versoening binne ?n taalgemeenskap, nagestreef. In Hoofstuk 3 word vlugtig ondersoek ingestel na die manier waarop die US Woordfees Afrikaans gebruik om versoening tussen verskillende subkulture binne die Afrikaanssprekende taalgroep teweeg te bring. Diverse mense ontmoet mekaar as een gemeenskaplike belangegroep en sodoende word daar gestreef na ?n sterker netwerk, versoening en eenheid tussen Afrikaanssprekendes wat verskillende kultuur-historiese polisisteme verteenwoordig. In Suid-Afrika ontvang heelwat Afrikaanse kunstefeeste omstrede aandag omdat sommige mense dit beskou as die voortsetting van ou Afrikanersentimente uit die apartheidsera ?and a traditional Afrikaans theatre which has been rooted in the movement whose goal was to establish a body of Afrikaans literature that would charge the Afrikaans identity? (Davis en Fuchs, 1996:197). Die gebruik van Afrikaans as voertaal op feeste om ?n Afrikaanse identiteit te versterk, is ?n algemene verskynsel in Suid-Afrika, maar dit kan funksioneer as ?n strategie tot versoening eerder as om verouderde apartheidsidees (gekoppel met onderdrukking en dominansie) te laat herleef. Dit kan juis funksioneel wees om die reste van apartheid, soos vooroordele tussen rassegroepe, af te breek deur ?n eenheidsgevoel te vestig ten opsigte van taal. By die amptelike opening van Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 98 Boekjol in 2008 het die Afrikaanse digter en politikus Mathews Phosa as gasspreker juis ?n toespraak gelewer oor die gebruik van taal as ?n werktuig vir versoening (Anoniem, 2008b). Een van die ontstaansredes vir die Grahamstown National Arts Festival wys dat ook Engels as voertaal by ?n Suid-Afrikaanse fees simboliese waarde kan h?. Hierdie fees het ontstaan in reaksie teen die bevordering van Afrikaans deur die Afrikaans-gedomineerde Nasionale Party in die 1970?s en wou ?n tuiste skep vir die uitbreiding van Engels in die uitdrukking van verskillende kunsvorme (Hemphill, 2008). Hauser stel dat die retoriese werking van die openbare sfeer ooreenstem met die beginsels van Aristoteles se epideiktiese rede. In hierdie tipe redevoering word betekenis wat reeds bekend en aanvaar is, benadruk en breed uitgemeet (amplificatio, sien Leeman en Braet, 1987:73) - die bekende word dus op ?n nuwe manier voorgestel en die oorredende impak kom tot stand deur die uitwerking hiervan op die ontvangers. Volgens Hauser (1999:17) word deelnemers aan die openbare sfeer, wat tipies diverse standpunte het (Hauser, 1999:30), se ooreenkomstige eienskappe geamplifiseer om hulle onder die indruk te plaas (te oorreed) dat hulle meer gemeen het as wat voorheen aanvaar is. Hierdie ooreenkomste kan geamplifiseer word deur die herhaling van bepaalde diskoerse gedurende ?n byeenkoms. Ook liter?re feeste kan as produkte van die epideiktiese rede beskou word: nie net het Aristoteles self feestelike byeenkomste hieronder gegroepeer nie (Leeman en Braet, 1987:11), maar boonop stem die eventiserende effek wat feeste op gebeurtenisse en kulturele simbole het, sterk ooreen met die amplifiserende effek wat openbare sfere op die betekenisoordrag van diskoerse het. Die eventiserende effek van die fees kan gevolglik in retoriese terme as amplifikasie beskryf word: die betekenis van kulturele simbole wat in ?n fees na vore kom en die waardes wat daardeur oorgedra word, word geamplifiseer deurdat die fees eerstens aan ontvangers ?n skeiding van die alledaagse lewe bied en daarmee die omstandighede skep waarin hulle in ?n verhoogde staat van konsentrasie kan verkeer en dus grondiger kan besin oor die representasies wat aan hulle voorgestel word (vgl. die besprekings oor Schoenmakers, p.33 en Victor Turner se liminale fase p.29). Die vrolike gees wat met die feesopset gepaardgaan, het tweedens ?n eventiserende effek, omdat dit die betekenis wat oorgedra word, besonder positief laai. Dit kan ook as amplifiserend beskou Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 99 word, omdat die betekenis sodoende sterker oorgedra word as wat die deelnemers dit gewoonlik ervaar. Hiermee saam werk die feesopset ??k amplifiserend op dieselfde wyse as die openbare sfeer. Net soos die herhaling van diskoerse oor dieselfde kwessie die belangrikheid daarvan amplifiseer en dit vooropstel as ?n gemeenskaplike instrument tot samehorigheid, bestaan die fees derdens uit ?n groot aantal gebeurtenisse wat almal in bepaalde opsigte verwant is aan die onderwerp waaroor die fees handel. Deur herhaling en die veelvoudigheid van gebeurtenisse binne ?n beperkte ruimte en tyd word hierdie onderwerp geamplifiseer en dus as belangrik vir die gemeenskap voorgestel. Op dieselfde manier word die kulturele of gemeenskaplike simbole wat uit die verwysingsraamwerke van deelnemers aan ?n liter?re fees of openbare sfeer geselekteer word, geamplifiseer deur die herhaling daarvan in verskillende gebeurtenisse en diskoerse. Soos reeds op p.35 genoem, sluit Wilmar Sauter (2003, in Kitshoff, 2006:136) se opmerking oor die werking van feeste goed hierby aan: ?During a festival, the density and temporal extention of the event heightens the awareness and displays the multitude of the experienced values?. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die fees as epideiktiese ?rede? in meer opsigte ?n amplifiserende effek het as die openbare sfeer, en daarom oor ?n sterker retoriese krag beskik. Die toepassing van die epideiktiese rede behels vierdens in beide die openbare ontmoetingsituasies dat herkenbare gemeenskaplike simbole gebruik word en dat dit anders as gewoonlik voorgestel word sodat dit nuwe betekenis kry. Sodoende word deelnemers aan openbare sfere ?n liter?re feeste aan representasies van hul bekende lewensorde blootgestel wat hulle aanmoedig om daaroor te reflekteer en hulle in die proses onder ?n bepaalde indruk plaas. Gebeurtenisse binne feeste kan as ?sosiale dramas? (spel of ritueel) optree wat deelnemers aanmoedig om oor die alledaagse lewe te reflekteer. Vir ?n retoriese instansie om deelnemers met sukses onder die gewenste indruk te plaas, moet, vyfdens, die verwysingsraamwerke van die ontvangers in ag geneem word (vgl. Leeman en Braet, 1987:46). In Gerard Hauser se model van die openbare sfeer noem hy dat die retoriese werking daarvan staatmaak op ?n gedeelde verwysingsraamwerk tussen die deelnemers en dit vereis ook dat hulle beskik oor ?n retoriese vermo?. Die openbare sfeer is volgens Hauser saamgestel uit partye met diverse belange by die gemeenskaplike kwessie en Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 100 deel baiemaal nie ?dieselfde? w?reld nie, maar Hauser (1999:69) stel voorop dat hulle wel ?n ?ooreenkomstige? (?common?) w?reld moet deel. Dieselfde beginsel kan met betrekking tot liter?re feeste waargeneem word, want mense uit verskillende agtergronde of ?w?relde? kom byeen binne een verwysingsraamwerk, naamlik die literatuur. Die Time of the Writer- fees vir 2009 beskryf hul deelnemers byvoorbeeld as volg (Centre for Creative Arts, 2009): [Time of the Writer 2009] draws perhaps the most diverse literary audience in the country, cutting cross race, class and age. The festival features a customary strong South African and African presence this year, with a diverse gathering of novelists, short story writers, journalists, cartoonists, and political commentators, presenting their ideas in the public arena. Die Time of the Writer-fees is dus gemik op mense uit diverse subkulture (di? van byvoorbeeld ras, klas en ouderdom), maar die fees skep tog eenheid tussen hulle deur staat te maak op gedeelde verwysingsraamwerke wat geografie (Afrika en veral Suid-Afrika) en literatuur in sy veelvuldige manifestasies betref. Liter?re feeste is uiteraard nie gemik op een gasheergemeenskap as sodanig nie, maar reflekteer eerder ?n meer universele liter?re kultuur wat ?ooreenstem? tussen verskillende w?reldlande of taalgroepe. Om hierdie rede is heelwat liter?re feeste in ?n meerdere of mindere mate internasionaal van aard. Die US Woordfees tree wel byvoorbeeld in ?n mindere mate as ?n internasionale fees op as die Winternachten of Poetry International in Nederland, maar sluit wel jaarliks gebeurtenisse in uit die Nederlande, wat die Nederlandse en Vlaamse literatuur en kultuur weerspie?l. Op p.16 is genoem dat deelnemers se kennis omtrent aspekte van die alledaagse lewe (die ?voorgrond?) wat deur die fees betrek word, belangrik is om verskynsels op die fees te verstaan. Sonder gedeelde verwysings wat die literatuur betref, sou liter?re feeste met ?n internasionale inslag dus nie kon funksioneer nie, want die organiseerders sou nie betekenisoordrag en ?n gepaardgaande positiewe invloed op feesdeelnemers kon bewerkstellig sonder die bestaan van simbole met ?n gedeelde betekenislading nie. In openbare sfere word diverse partye byeengebring en oorreed deurdat hulle ?n verwysingsraamwerk deel wat met ?n gemeenskaplike kwessie te make het, terwyl deelnemers aan liter?re feeste dus ten minste gemeenskaplike belange (die literatuur en verwante aspekte) as verwysingsraamwerk deel. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 101 Hauser (1999:33) noem sesdens dat deelnemers aan ?n openbare sfeer moet beskik oor ?n retoriese vermo? om dit effektief te laat funksioneer. Hy stel dit dat die gemiddelde deelnemers aan s? ?n byeenkoms ?n inklusiewe houding moet h? teenoor alternatiewe vorme van uitdrukking, dat hulle ?n aktiewe poging moet kan aanwend om nuwe voorstelle te begryp en te oorweeg, en dat hulle bereid moet wees om verandering te verwelkom. Vir liter?re feeste om effektief ?n impak op ?n gemeenskap uit te oefen, moet die deelnemers daaraan ook ontvanklik wees vir nuwe uitdrukkingsvorme of eksperimente in die literatuur, of vir ander standpunte en idees oor aktuele sake. Vir s? ?n fees om sy deelnemers van (nuwe) waardes te oorreed en gevolglik hulle tot veranderende aksie aan te spoor, moet hulle kan reflekteer oor hul bestaande verwysingsraamwerk en aspekte daarvan kan bevraagteken. Die feesopset word strategies saamgestel om deelnemers gunstig te stem en hulle sodoende meer ontvanklik te maak vir die oordrag van die betekenis. Feesdeelnemers word be?nvloed om meer positief te reageer op alternatiewe vorme van uitdrukking deur byvoorbeeld die manier waarop feesetikette benut word. Soos op p.26 bespreek, kan die program en programnotas deelnemers se informasieprosesse be?nvloed deurdat dit die verwysingsraamwerk waarmee ?n deelnemer ?n gebeurtenis interpreteer, stuur. Dit kan ook betekenisvolle onderdele van gebeurtenisse uitlig of uitsprake maak wat die waarde daarvan beklemtoon. ?n Ander funksie van feeste wat in Hoofstuk 1 (p.34) bespreek is, is die moontlikhede wat dit skep vir deelnemers om in ?n staat van opwindingstransformasie te verkeer. Behalwe dat opwindingstransformasie daartoe bydra dat deelnemers nuwe voorstelle sal oorweeg, help die manier waarop feeste saamgestel is, ook om deelnemers in ?n staat van verhoogde, ononderbroke konsentrasie (vloei, sien p.33) te laat verkeer waarin hulle gevolglik nuwe voorstelle beter kan interpreteer en begryp. Die simboliese bevryding uit die alledaagse bestaan wat ?n fees bied, in kombinasie met ?n heersende gees van vrolikheid, kan dus die indruk by die feesdeelnemers skep dat hulle tydelik geskei is van die sosiale orde en verpligtinge waarmee hulle bekend is. Die gevolg is dat hulle oopgestel word aan die moontlikheid om in ?n staat van ?vloei? te verkeer waartydens hulle hul volle aandag kan toespits op die verskillende boodskappe wat deur die fees oorgedra word. Deur hierdie proses kan die grense tussen verskillende gebeurtenisse selfs vir ?n feesdeelnemer vervaag, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 102 sodat die betekenis(s) uit die seleksie waaraan hy deelneem, ge?ntegreer word by die oorkoepelende feeswaardes wat oorgedra word. Soos in die geval van die ?deursnee? fees, kan liter?re feeste deelnemers ??k retories be?nvloed deur hulle meer positief te laat reageer op die idee van veranderende omstandighede. Mikhail Bakhtin (1984:9) stel dit dat nuwe feeste opgerig word met die doel om ?n bepaalde gemeenskap positief te stem teenoor verandering (bedreigend of nie- bedreigend) met betrekking tot enige aspek van ?n samelewing (sien bespreking p.17). Feeste is in beginsel ?n viering van een of ander aard en wil sodoende ?n gevoel van optimisme en hoop kweek om die deelnemers meer ontvanklik vir verandering te maak. Hierdie bewyse dat die samestelling van feeste strategies werk om deelnemers meer ontvanklik te stem vir retoriese betekenisoordrag, dra by tot die argument dat feeste as kragtige retoriese werktuie kan funksioneer ten einde die feesgangers gunstiger te stem om nuwe betekenis(se) wat oorgedra word, te ontvang. Volgens die bespreking in Hoofstuk 1 (p.29) vermeerder die mate van sukses waarmee betekenisoordrag plaasvind indien daar sprake is van ?n tipe skeiding van die alledaagse lewe. Feeste bied ?n skeiding deur die vrolike en egalitaritiese gees wat dit bied, die tydelike transformasie van ?n alledaagse omgewing tot ?n feesstruktuur en die groot hoeveelheid gebeurtenisse wat opeenvolgend binne ?n beperkte ruimte en tyd afspeel. Uit die feit dat Hauser nie hierdie aspek omtrent die openbare sfeer bespreek nie, kan afgelei word dat die openbare sfeer nie noodwendig hierdie skeiding van die alledaagse bied nie. ?n Openbare sfeer is wel ?n ruimer konsep as feeste in die sin dat die maniere waarop dit manifesteer, kan uiteenloop - van ?sfere? soos ?n vrye pers tot ?n ontmoeting in ?n kafee - met die gevolg dat veralgemenings minder haalbaar is. Tog kan ges? word dat die tipiese skeiding wat feeste van die alledaagse bied, die retoriese betekenisoordrag daarvan sterker waarborg, teenoor openbare sfere wat nie noodwendig met dieselfde vermo? verbind kan word nie. In hierdie opsig oortref liter?re feeste heelwat openbare sfere in retoriese krag. Een van die retoriese eienskappe wat Hauser wel aan die openbare sfeer toeken, is dat die ?belangegroep? of mense wat daaraan deelneem nie eksklusief hoef te wees ten opsigte van sosiale klas nie, maar dat die sfeer in beginsel juis inklusief en diskoers-gebaseerd is. Alhoewel liter?re feeste in sommige gevalle ook, soos in die geval van openbare sfere, met Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 103 die ho?r klasse geassosieer word, behoort dit ook voorgehou te word as inklusiewe en openbare ontmoetingsplekke. Die Franschhoek Literary Festival illustreer byvoorbeeld hoe feeste hierdie eienskap nastreef, deur te noem dat dit belangrik is om skrywers in te sluit wat lesers van verskillende tipe finansi?le vermo?ns verteenwoordig, omdat die doel nie is om ?n elite-fees te wees nie, maar ?n viering van boeke (Anoniem, 2009a). Enige fees is boonop in beginsel openbaar van aard en daarom inklusief - soos in die geval van openbare sfere. Soos Pierssens (1972, in Handelman, 1982:165) tereg noem, dien feeste dus ook as ?n ?symbol of a retrieved homogeneity? en die ?staging of a total unity? tussen mense, wat die geleentheid vir gemeenskappe bied om hulself oor te gee aan die ?exclusive law of mingling?. Ook Victor Turner (1967:100) praat van communitas, in die betekenis van ?n gelykheid en kameraderie tussen deelnemers, as ?n kenmerk van die liminale fase in rituele (sien p.36), wat kan ooreenstem met die werking van gebeurtenisse in feeste. Volgens Herman Kitshoff (2006:28) lei die informele aard van feeste daartoe dat gemeenskappe gemaklik met mekaar kan kommunikeer en hul kulturele identiteit kan uitdruk: ?Feeste het in hierdie verband die vernaamste middele van kulturele kommunikasie geword, juis vanwe? die informele en inklusiewe aard daarvan?. In ?n heterogene land soos Suid-Afrika is dit egter wel, weens die skeidinge wat gegeld het tydens die apartheidsbestel, een van die grootste uitdagings om inklusiwiteit te bewerkstellig oor grense heen wat lank as norm gegeld het. Allen et al. (1999:15) wys (in aansluiting hierby) daarop dat ?n fees kan dien as ?n platform vir die uitdaging van elitisitiese kunsvorme (soos die literatuur in hierdie geval) en dat dit popul?re kultuur kan huisves. In Suid-Afrikaanse liter?re feeste kan waargeneem word dat die egalitaristiese gees wat tydens feeste heers die retoriese funksies van etos ?n refutatio (weerlegging of teenargumente) kan aktiveer. Hierdie twee funksies kan in die praktyk in sommige opsigte as oorvleuelend beskou word in die sin dat beide gerig is op positiewe beeldvorming ten opsigte van die literatuur. Refutatio kan in diens van etos staan (bespreking op p.88) wanneer ?n liter?re feesprogram s? saamgestel word dat vooroordele teenoor die literatuur, as byvoorbeeld ?n elitistiese kunsgenre, afgebreek word (refutatio) om in die proses eties te verantwoord dat dit reg is dat mense uit verskillende sosiokulturele kontekste hulle met die literatuur bemoei. Gary Cummiskey, die stigter van Dye Hard Press, se kommentaar oor Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 104 Poetry Africa illustreer byvoorbeeld dat hierdie Suid-Afrikaanse liter?re fees daarna streef om vooroordele teenoor die literatuur, byvoorbeeld dat dit elitisties, ontoeganklik en nie- aktueel is, af te breek (Cimmiskey, in Van Eeden, 2009; my beklemtoning): Events such as Poetry Africa really help. They make people aware of what is going on, of what is being produced, what poetic energy is being generated. [...] People also need to realise that poetry is not just the historical-era poetry they were forced to read at school: all those poems written in a language and diction that they could not relate to, about things that they felt they could not relate to. Some poetry might well be about Greek goddesses and wandering lonely as a cloud, but it is also about supermarkets, shopping malls, taxi ranks, soccer stadiums, empty beer cans and ugly stains on a wall. Schools should teach more contemporary poetry, especially contemporary local poetry. Then people will not grow up thinking poetry is something alien that they cannot relate to. Nog ?n ooreenkoms tussen die liter?re fees en openbare sfeer is dat beide besonder interaktief is rakende die konteks waarbinne dit plaasvind. Eerstens word aktuele kwessies in albei gebruik om gesprekvoering en debattering uit te lok; tweedens maak diskoerse ?n gebeurtenisse staat op simbole uit deelnemers se gedeelde verwysingsraamwerke, en derdens funksioneer beide as (poli-)sisteme wat betekenis wil oordra en tot aksie wil aanspoor ten einde invloed uit te oefen op omliggende (poli-)sisteme. Volgens Hauser, wat verwys na die netwerkvormende openbare sfeer om die sistemiese aard daarvan binne ?n polisisteem te beskryf, maak retoriese instansies in ?n openbare sfeer gebruik van inligting uit die omliggende sisteme om meer universele ideale te verteenwoordig (en moontlike vooroordele teenoor ?n onderwerp of standpunt wat daarin na vore mag kom, af te breek) en sodoende meer oorredend te funksioneer. Soos die openbare sfeer moet die liter?re fees dus ook soveel moontlik universele ideale verteenwoordig en betrek. Daar is getoon dat hierdie tipe feeste dan inderdaad vooroordele afbreek (refutatio) en daarom ?n meer oorredende effek het. Uiteindelik kan die potensiaal van liter?re feeste om retories-funksionerende sisteme te wees, ge?valueer word aan die hand van dieselfde kriteria as wat Hauser vir openbare sfere voorstel (vgl. die bespreking op p.90-99). Soos openbare sfere kan ook liter?re feeste gemeet word aan ?poreuse? grense (die graad waartoe dit toeganklik is vir mense van enige profiel), die mate waarin deelnemers aktief optree op die fees, die mate waartoe die taal of ander media tot simboliese betekenisoordrag die deelnemers se gedeelde verwysingsraamwerke reflekteer, die mate waartoe die fees as gesaghebbend Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 105 (geloofwaardig) deur die deelnemers, ook van omliggende sisteme, beskou word en die graad van verdraagsaamheid wat tussen deelnemers heers ten opsigte van botsende standpunte. Slotsom: ?n Veelvoud bewyse toon dat liter?re feeste wel as retoriese instrumente beskou kan word. Nie alleen kan ge?llustreer word dat liter?re feeste self die retoriese eienskappe van Aristoteles se sistematisering reflekteer nie, maar die werking van hierdie feeste sluit ook aan by die funksies wat Gerard Hauser met retoriese openbare sfere verbind. Die senders van beide openbare kommunikasiesituasies werk onder andere volgens die beginsels van Aristoteles se epideiktiese rede om strategies waardes oor te dra ten einde die aksies van deelnemers na wense te be?nvloed. ?n Belangrike verdere ooreenkoms met die oog op die res van my bespreking, is dat feeste wat taal gebruik om versoening tussen subkulturele in ?n gemeenskap te bring en wat diskoersreekse implementeer, gebruik maak van dieselfde tipe retoriese strategie? as di? in openbare sfere. Daar kan selfs ges? word dat die beskouing van ?n openbare sfeer as ?n retoriese instrument in ?n samelewing as argument kan dien dat ?n liter?re fees besonder kragtig retories funksioneer, want dit kom voor asof feeste se retoriese potensiaal di? van die openbare sfeer oortref. Beide kommunikasiesituasies hou verband met ?n definitiewe onderwerp, maar meer toepassings van inventio is moontlik by liter?re feeste as in openbare sfere. Tweedens wil dit voorkom asof die senders by liter?re feeste ?n groter mate van beheer het oor die presiese betekenis wat oorgedra en die invloed op deelnemers wat nagestreef word. In die derde plek skep feeste ?n meer gewaarborgde onderskeid van die alledaagse lewe wat die oordrag van betekenis meer effektief kan laat plaasvind. Vierdens lyk dit asof feeste in meer opsigte amplifiserend werk as openbare sfere, en vyfdens is die feesformule s? saamgestel dat dit deelnemers daaraan gunstig stem om krities te reflekteer oor hul eie verwysingsraamwerk(e) - en gevolglik meer vatbaar te wees vir die retoriese krag van die fees. In die hoofstukke wat volg, word ondersoek ingestel na die mate waarin retoriese strategie? gebruik word in die aanbieding van die Suid-Afrikaanse US Woordfees (Hoofstuk 3) en die Nederlandse Weerwoordfestival (Hoofstuk 4). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 106 HOOFSTUK 3 Die retoriese werking van die Universiteit Stellenbosch Woordfees 1. Inleidend tot ?n vergelykende studie tussen twee feeste Daar is reeds in Hoofstuk 1 en 2 aangedui dat die liter?re fees eerstens as ?n teks in die ruimste betekenis van die woord beskou kan word en dat daar tweedens ?n retoriese werking van feeste kan uitgaan. Voortaan word hierdie teoretisering getoets deur middel van twee gevallestudies: die US Woordfees 2009 en die Amsterdamse Weerwoordfestival 2009. In hierdie hoofstuk word nagegaan hoe die US Woordfees van 2009 (met verwysing na ander jare) as ?n gevallestudie retories funksioneer binne die Suid-Afrikaanse konteks (maar met aandag ook aan ?n Nederlandse komponent) en in Hoofstuk 4 word nagegaan in watter mate hierdie voorgestelde retoriese werking vergelyk met di? van die Weerwoordfestival van 2009. Daar word getoon hoe die US Woordfees spesifiek twee feesdoelwitte nastreef deur middel van retoriese strategie?, naamlik die ontwikkeling van ?n lees- en skryfkultuur en die stimulering van diskoers wat handel oor aktuele kwessies. Hiermee saam word uitgewys hoe die US Woordfees vanuit die staanspoor ook versoening wou help bewerkstellig as addisionele doelwit - vergelyk die verwysing in een van die eerste Woordfeesvoorleggings aan Het Jan Marais Nationale Fonds, gedateer 2 Oktober 1999, na ?n ?groot, inklusiewe Woordfees, met die doel om aan te dui op watter wyse Afrikaans binne die taalkonteks kan optree as brugbouer en taal van versoening? (Van Zyl, 1999:1). Die volgende doelstellings het verder aanvanklik gegeld, soos uiteengesit in die genoemde dekbrief aan Het Jan Marais Nationale fonds (Van Zyl, 1999:1): Eerstens word genoem dat ?die letterkunde [...] nouliks? figureer by feeste en ander geleenthede, teenoor aandag aan musiek, die visuele kunste en toneel, en dat hierdie leemte dus gevul behoort te word. Tweedens word ten doel gestel om ?die opvoedkundige element? sterk na vore te laat kom deur middel van werkswinkels by skole. Die derde doelstelling was om die boekbedryf te bevorder ?deur die stimulering van belangstelling in die letterkunde?. In die Algemene Voorlegging (Van Zyl en Rosenstrauch, 2008:1), met die oog op Woordfees 2009, word die doelwitte soos volg omskryf: ?Die Woordfees streef daarna om geleenthede en 'n forum te skep vir verskillende soorte kunstenaars en skrywers, ten einde nuwe kreatiewe werk te Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 107 bevorder, entrepeneurskap in die kunste te stimuleer en ?n dinamiek rondom kuns, kultuur en die letterkunde op gang te bring en in stand te hou?. Hoewel dit hieruit wil voorkom asof ?n oorgang na ?n meer algemene kunstefees gemaak is, word steeds by die missie uit 2000 gehou en benadruk dat Woordfees ?die enigste Suid-Afrikaanse kunstefees [is] wat die Afrikaanse letterkunde sentraal stel? (dit was voor die eerste Woordpoort aangebied is). In Hoofstuk 4 word daarteenoor verwys na die Weerwoordfestival se doelstellings om ?n podium te bied vir die digkuns en om debat oor aktuele sake te stimuleer (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Die twee liter?re feeste onder bespreking in Hoofstuk 3 en 4 is dus wel beide in 2009 aangewend om ?n positiewe impak te h? op die liter?re situasie in die gemeenskap, maar die aspekte waarop gefokus is en die manier waarop die feeste strategies aangewend is vir di? doel, is bepaal deur die situasie en spesifieke behoeftes van die verskillende kontekste waarbinne dit plaasgevind het. Aansluitend by hierdie feeste se tekstuele eienskappe verwys ek in die loop van my besprekings in Hoofstuk 3 en 4 na die kommunikasiesituasie waarbinne boodskappe tussen senders (die feesorganiseerders) en ontvangers (die feesdeelnemers) oorgedra word. Die feesprogramme, -inhoud en ander relevante tekste as media tot betekenisoordrag word bestudeer om na te gaan hoe die US Woordfees onder meer strategies saamgestel is om ?n oorredende effek op feesdeelnemers uit te oefen. In beide hoofstukke word verder aangetoon hoe in 2009 gehou is by die basiese beginsels van liter?re feeste (wel met verwysings na ander jare) en op watter maniere hierdie eienskappe ooreenkom met erkende retoriese strategie?. Die polisisteemteorie is relevant, deurdat Even-Zohar (1990:18) spesifiek meld dat dit toegepas kan word om ?n bepaalde aspek van polisisteme (byvoorbeeld liter?re feeste as sisteme) uit verskillende gemeenskappe met mekaar te vergelyk. Di? teorie benadruk vanuit die staanspoor die veranderlikheid van sisteme en daarom kan die resultate van polisistemiese ondersoeke slegs geldig wees, en die kousale verbande wat uitgewys word tussen die sisteme slegs geloofwaardig, indien daar na ongeveer dieselfde tydstip in die geskiedenis verwys word (Even-Zohar, 1990:13) met betrekking tot beide ?n liter?re fees as sisteem ?n die omliggende sisteme wat dit be?nvloed en vorm. Daarom word hier (soos by die bestudering van ander kunstefeeste se programme in Hoofstuk 2) hoofsaaklik gefokus op die jaar 2009. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 108 Deurdat die ??n fees in ?n ontwikkelende samelewing opgerig is (die Suid-Afrikaanse konteks) en die ander een in ?n ontwikkelde samelewing (Nederland), kan ook ge?llustreer word hoe die retoriese strategie? aangepas is by die onderskeie kontekste ten einde aan verskillende behoeftes in die samelewing te voldoen. Om die retoriese krag van die twee feeste te kan nagaan, word die impak van die feeste ook gemeet aan die groei van getalle wat deelgeneem het aan die feesbedrywighede. Om die twee gevallestudies se retoriese werking te illustreer, word tipiese eienskappe van liter?re feeste soos die volgende vervolgens gemeet aan relevante retoriese strategie?: die feeste se interaktiewe verhouding met die konteks waarbinne dit plaasvind; die skeiding wat dit van die alledaagse lewensorde bied rakende tyd, ruimte en gedrag; dat dit as openbare gebeurtenisse literatuur as onderwerp vier en dus uitgaan van doelwitte wat verband hou met die literatuur; dat di? feeste dien as platforms vir ?n diverse versameling gebeurtenisse; en dat dit gerig is op bepaalde belangegroepe eerder as op ?n totale samelewing. 2. US Woordfees as liter?re fees en die retoriese aard daarvan 2.1 Die US Woordfees se interaktiewe verhouding met sy konteks Enige fees is (soos genoem) onlosmaaklik van die kontekstuele omstandighede waarbinne dit opgerig word en afspeel. Feeste word terselfdertyd gevorm deur omliggende sosiale konstruksies (sisteme) ?n tree op as gemeenskaplike instrumente wat op hul beurt invloed uitoefen op dieselfde sisteme (sien bespreking op p.40-42). Nie alleen bepaal die kulturele konteks waarbinne ?n fees plaasvind hoe dit uiteindelik ontvang en ge?dentifiseer word (vgl. Cremona, 2007:5) en word dit sigbaar gemaak deurdat tradisionele en heersende idees rondom byvoorbeeld die estetika in die feesprogram ge?ntegreer word nie, maar ook omliggende sisteme soos die historiese agtergrond, die politieke klimaat, maatskaplike situasie en die ekonomiese posisie van die feesomgewing bepaal in ?n groot mate die moontlikhede en uitkoms daarvan. Die behoeftes van die gasheergemeenskap spruit gewoonlik uit hierdie omstandighede voort en hou dus direk verband met die redes vir die oprigting van die fees en met die gepaardgaande feesdoelwitte, dit wil s? die opsigte waarin die bepaalde fees beoog om die omliggende sisteme positief te verander. Wilmar Sauter Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 109 (2007:18) noem daarom tereg dat ?n fees nie slegs ?n byeenkoms tussen mense, of tussen optreders en hul toeskouers is nie, maar dat dit aansluit by die kompleksiteite van die gemeenskap waarin dit plaasvind. Omdat die liter?re fees as sisteem optree wat ?n besonder interaktiewe verhouding het met omliggende sisteme, kan dit beskou word as ?n sisteem binne ?n polisisteem. Ter wille van insig in ?n seleksie van moontlike sisteme wat gekoppel kan word met die US Woordfees se ruimer konteks word vervolgens ?n beknopte oorsig gegee om te illustreer wat aanleiding kon gegee het tot die oprigting van die Woordfees in 1999/2000. Dit dien ook as agtergrond om ?n beter begrip te bied van die US Woordfees se strategiese samestelling ten einde relevante omliggende sisteme op sy beurt positief te be?nvloed, soos Afrikaans as gemarginaliseerde taalsisteem en die onderontwikkelde kulturele sisteme van skryf en lees wat veral sedert 2003, met die oprigting van die Woordfees se leesbevorderingsprojek vir voorheen-gemarginaliseerde leerders, die Woorde Open W?relde (WOW)-projek, toenemend aandag ontvang het. Daar word verder nagegaan in watter mate die eienskappe van die deelnemers wat hieruit afgelei kan word, in ag geneem is by die strategiese samestelling van die fees en na die mate waartoe die fees sy retoriese potensiaal vervul, aangesien oorreding volgens Leeman en Braet (1987:46) slegs suksesvol kan plaasvind indien die kulturele konteks van die ontvangers in ag geneem word. Daarnaas word verwys na die omstandighede gedurende 2008/2009, met die oog op die bespreking van die spesifieke manier waarop die US Woordfees in 2009 aangebied en sy doelstellings verwesenlik is. 2.1.1 Die redes vir die oprigting van die US Woordfees Op grond van Mikhail Bakhtin (sien p. 18) se idee dat feeste ?f ontstaan om ?n gevoel van optimisme te kweek in gemeenskappe wat bedreig voel deur nuwe omstandighede ?f gedurende tye waarin welkome niebedreigende veranderinge gevier word, lyk dit uit die kontekstuele omstandighede ten tyde van US Woordfees se ontstaan asof die fees terselfdertyd moes dien as ?n baken van hoop teen die bedreigende kwynende invloed van Afrikaans in Suid-Afrika ?n om die herstelde bande tussen Suid-Afrika en Nederland te vier ten einde eersgenoemde te help teenwerk. Waarskynlik het die toenemende druk op die Universiteit Stellenbosch om te verengels en die verset daarteen deur die US-bestuur onder Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 110 die rektorskap van prof. Andreas van Wyk, in die eerste plek aanleiding gegee tot die versoek in 1999 deur die toenmalige rektor en dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte dat die Departement Afrikaans en Nederlands ?sterker na buite moes uitstraal?. Die aanvanklike idee van ?n woordfees het egter reeds in 1994 posgevat toe gesprekke tussen Dorothea van Zyl en die Nederlandse Taalunie (met Greetje van den Bergh en Marc le Clercq) plaasgevind het. Met die afskaffing van apartheid en die hernuwing van bande tussen Suid-Afrika en Nederland is ooreengekom om Nederlandse en Afrikaanse woordkunstenaars gesamentlik te laat optree by liter?re gebeurtenisse. ?n Resultaat hiervan was byvoorbeeld die baie geslaagde Skrywers-Rendezvouz wat op 30 Maart 1996 in die Kaapse Kunsmuseum plaasgevind het (Van Zyl, 1996:1). Die vergelykende fokus op Afrikaans en Nederlands wat tot op hede jaarliks gereflekteer word in die Woordfeesprogram en wat ook in hierdie studie as uitgangspunt dien, het dus as ?n eerste aanset gedien, maar daar was ook ander oefenlopies, soos die organisasie van ?n Afrikaans Bo-fees vir studente en oudstudente ten tyde van die verhuising van die Departement Afrikaans en Nederlands na die Lettere-gebou (27 Mei 1997) en die organisasie van ?n Hennie Aucamp-dag (15 Augustus 1998), wat getoon het dat daar ?n belangstelling in liter?re gebeurtenisse is by die publiek (onderhoud met die Woordfeesdirekteur, Dorothea van Zyl, 27 Junie 2009, Stellenbosch). In Junie ? Julie is met finansi?le bystand van die Kaapse Forum vir Neerlandistiek besoeke gebring aan Poetry International in Rotterdam en aan die organiseerder van die Nacht van de po?zie in Utrecht met die oog op die aanbieding van kleiner Afrikaanse en Nederlandse feeste in Suid-Afrika (Van Zyl, 1996:1). Die eerste sogenaamde ?Afrikaanse Woordfees?, naamlik die Nag van Passie, is op 17-18 Maart 2000 gevier, as ?n deurnagfees met 60 skrywers. Na die sukses van die eerste fees met ongeveer 1000 feesgangers en deelnemers het die omvang bestendig bly toeneem. Met die viering van ?n tiende US Woordfees in 2009 was die duur daarvan 10 dae (6-15 Maart), ter aansluiting by die dekade van feesvierings. Boonop is die fees voorafgegaan deur ?n tweede Nag van Passie op 6 Februarie wat gedien het as programbekendstelling, met die tema ?Lag- lag tien jaar!? Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 111 2.1.2 Omliggende sisteme en die US Woordfees as sisteem Volgens Temple Hauptfleisch (2007:45; bespreking op p.40-42) kan ?n enkele fees nie ?n presentasie wees van ?n land se metropolitaanse kulturele industrie nie, maar is dit sterk gewortel in die plaaslike identiteit. Die US Woordfees word jaarliks in Stellenbosch in die Wes-Kaap aangebied en kan dus nie uit die staanspoor as verteenwoordigend van die totale Suid-Afrikaanse situasie ge?nterpreteer word nie. Daar is egter twee redes waarom nasionale faktore ook kan geld: Eerstens het die omvang van die Woordfees tot so ?n mate toegeneem dat dit ?n nasionale impak het en deelnemers van regoor die land lok (Van Zyl, 2008:1). Tweedens is die situasie in Stellenbosch in baie gevalle ?n uitvloeisel van die nasionale politiek en geskiedenis. Daar word vervolgens grootliks gesteun op nasionaal-verteenwoordigende bronne, maar ook op meer streeksgebonde bronne soos plaaslike nuusberigte, asook op ongepubliseerde rekenaarbronne en persoonlike gesprekke vir die kort oorsig oor eerstens die geskiedenis van Afrikaans en Stellenbosch binne ?n Suid-Afrikaanse konteks en tweedens die geskiedenis van die US Woordfees. Die oorsig bied terselfdertyd ?n illustrasie van die uitdagings waaraan ?n fees blootgestel word, en wat die voortbestaan daarvan kan bepaal. a) Historiese agtergrond van Afrikaans op Stellenbosch In die Wes-Kaap word die Paarl in ?n groot mate vereenselwig met die wortels van Afrikaans, sowel as met inisiatiewe om die taal uit te bou. Die Genootschap van Regte Afrikaners (GRA) wat in 1875 opgerig is, Di Afrikaanse Patriot (waarin die belangrikste Afrikaanse skrywers vanaf 15 Januarie 1876 tot voor 1900 gepubliseer het) ?n die eerste Afrikaanse Taalkongres (15 en 16 Januarie 1896), waar onder meer besluit is om die eerste Afrikaanse tydskrif (Ons Klyntji - Maart 1896 tot Desember 1906) uit te gee ?met di do?l om ons Afrikaanse letterkunde an te kweek en ons nasi te ontwikkel? (Coetzee, 1940:11), kan met die Paarl verbind word (Hugo, 2009:43). Ook Stellenbosch het egter vanuit die staanspoor invloed uitgeoefen, deurdat ?n groot aantal persone wat ?n belangrike rol in die uitbou en erkenning van Afrikaans ?n Nederlands gespeel het, soos S.J. du Toit, Nicolaas Mansvelt, P.J.G. de Vos (Steyn, 1980:193), J.B.M. Hertzog, D.F. Malan, C.J. Langenhoven, J.J. Smith, en andere op Stellenbosch gestudeer Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 112 en/of gedoseer het. Onze Jan Hendrik Hofmeyr se toespraak ?Is ?t ons ernst?? (oor die belang van Nederlands) is in 1905 op Stellenbosch gehou. Gustav Preller se pleidooi vir Afrikaans in antwoord hierop in De Volkstem, was een van die aanleidinge tot die kragtige tweede Afrikaanse taalbeweging vanuit die noorde (De Villiers, 1936:175). Die Universiteit Stellenbosch het uit die Victoria College ontstaan met behulp van ?n skenking van J.H. Marais in 1915, met die voorwaarde dat Afrikaans (en destyds Nederlands as verwante taal) nie ?n mindere posisie naas Engels moet inneem nie (Giliomee, 2003:374). Prominente persone op Stellenbosch was ook instrumenteel in die oprigting van koerante soos De Nationale Pers en De Burger in 1915, met D.F. Malan as eerste redakteur. J.J. Smith was nie alleen hoogleraar van Duits, Frans, Nederlands en Afrikaans op Stellenbosch nie, maar sedert 1916 ook redakteur van De Huisgenoot en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie se Taalkomitee wat die spelling van Afrikaans gestandardiseer het (Giliomee, 2003:373-375). Ook (enkele) vroue op Stellenbosch het ?n belangrike rol gespeel ?in die stigting van die Afrikaanse Taalvereniging in November 1907? en die vroeggestorwe Lydia van Niekerk het as hoogleraar in Nederlands en Afrikaans ?n ?belangrike aandeel aan die Afrikaanse taalstrewe op Stellenbosch? gehad, ?al was dit in ?n w?reld waar die mansgeslag oorheersend was? (Kapp, 2004:15). Die studente op Stellenbosch het baie gedoen om Afrikaans te bevorder deur ?n Afrikaanse Taalvereniging te stig wat nie alleen in 1911 ?n taalkonferensie gehou het nie, maar ook ?n Studente-Werdakomitee verkies het om toe te sien dat artikel 137 van die Unie-grondwet uitgevoer word. In teorie het hierdie wet gelyke regte aan Nederlands en Engels toegeken. Op 1 Maart 1913 is ?n groot fees, met landswye finansi?le steun, in die Kaapse stadsaal deur di? komitee georganiseer, met toesprake en ?n optog van tweeduisend studente na die Van Riebeeck-kasteel (Kapp, 1975:153-154). Op 8 Mei 1925 is Afrikaans (wat op hierdie stadium in status gelyk gestel is aan Nederlands), naas Engels as ?n amptelike taal in Suid-Afrika erken (Hugo, 2009:60). Tussen 1900 en 1980 het Afrikaans dus ontwikkel van ?n relatief beskeie spreektaal tot ?n hoogkultuurtaal wat alle funksies kan verrig, waarin politiek, wetenskap, filosofie en tegnologie beoefen kan word en waarin onderrig op tersi?re vlak aangebied kan word (Giliomee, 2007). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 113 Stellenbosch het ook ?n prominente rol gespeel in die opkoms van die nasionalistiese politiek en die instelling van apartheid nadat die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, met D.F. Malan as eerste minister. ?n Latere rektor, H.B. Thom, was n?? gemoeid met die oprigting van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (ondersteun deur die Broederbond), wat voorgestel is deur vyf Stellenbosse akademici (Giliomee, 2003:483). H.F. Verwoerd, wat bekendheid sou verwerf as die ?argitek van apartheid?, was ?n dosent op Stellenbosch voordat hy as eerste minister gedien het. Teenstemme teen apartheid, soos onder andere Bennie Keet en later Johan Degenaar het egter eweneens vanuit Stellenbosch gekom (Giliomee, 2003:463,555). Afrikaans het vir baie Suid-Afrikaners, ook Afrikaanssprekendes, sinoniem geword met die onderdrukkende landswette (Scholtz, 1980:9; Van Rensburg, 1997:53-54), soos ook geblyk het uit die Soweto-opstand in 1976. Uit protes teen di? eksklusiwiteit het sommige Afrikaanssprekendes geweier om selfs op uitnodiging lid te word van die destydse apartheidstaal en gepaardgaande kultuurorganisasies (vgl. Van Rensburg, 1997:55). Hierdie vooroordeel en agterdog jeens Afrikaans moet vandag met aktiewe pogings reggestel word (vgl. Van Rensburg, 1997:54; January, 1999:6). Benewens agterdog teenoor Afrikaans weens die rol daarvan gedurende die apartheidsjare, het apartheid ook die skadelike gevolg gehad dat dit kulturele en ekonomiese skeiding tussen verskillende Afrikaanssprekende rassegroepe veroorsaak het. Die ?aparte ontwikkeling? wat deur apartheidswette- en ideologie? voorgehou is, het veroorsaak dat die dominerende blanke Suid-Afrikaners veel meer geleenthede tot byvoorbeeld ekonomiese en opvoedkundige welvaart gehad het. Die skeiding tussen rassegroepe het dus kulturele en ideologiese patrone veroorsaak wat steeds vandag ?n uitdaging bied vir samehorigheid en ooreenkomstige belangstellings in sommige groeperinge (vgl. Giliomee, 2007). Die apartheidsera het onder meer tot gevolg gehad dat verskeie internasionale lande, onder wie Nederland, hul bande met Suid-Afrika verbreek het en sanksies toegepas het. Dit het ?vervreemding, antagonisme en selfs by tye ?n openlike vyandigheid [...] tussen Nederlanders en Afrikaners? (Hugo, 2008) geskep wat baie skadelik was vir die taalbande en kulturele kruisbestuiwings tussen Afrikaans en Nederlands. ?n Kulturele verdrag tussen Suid- Afrika en Nederland uit 1951, wat voorsiening gemaak het vir samewerking op geestelike, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 114 artistieke, wetenskaplike, opvoedkundige en tegniese gebied het weens die apartheidswette in Suid-Afrika in die 1970- en 1980-erjare in die spervuur beland in Nederland. Die Nederlandse regering het in 1977 besluit om die verdrag te vries en in 1981 is dit offisieel tot niet verklaar (Hugo, 2008). Nederlandse taal- en letterkunde is wel in hierdie tyd nog aan Suid-Afrikaanse universiteite onderrig, maar Nederlandse leesstof was moeilik bekombaar en die taal het geleidelik vir Afrikaanssprekendes vreemd geword. Met die be?indiging van apartheid in 1994 is alle boikotte opgehef en is ?n nuwe kulturele verdrag op 30 September 1996 met Nederland gesluit (Hugo, 2008). Daar is egter steeds bitter weinig Nederlandse publikasies in boekwinkels en openbare biblioteke beskikbaar (Hugo, 2008) - ook hierdie skade moet dus doelbewus reggestel word. b) Huidige situasie Na 1994, met die afskaffing van apartheid en die gepaardgaande pogings om gelyke regte aan alle landbewoners te bied, is Afrikaans en Engels as die enigste twee amptelike tale vervang met 11 amptelike tale in die nuwe grondwet (sien onder andere Van der Rheede, 2007a). Die voorneme met die oprigting van verskeie statut?re liggame was om elkeen van hierdie tale te ontwikkel, te beskerm en te bevorder sodat die onderskeie sprekers meer gelyke toegang tot welvaart en ontwikkeling kon verkry (Van Rensburg, 1997:57). In die praktyk speel Engels egter ?n dominerende rol as amptelike taal, tot nadeel van die ander amptelike tale, vergelyk Christo van der Rheede (2007a): ??n Oorwegend Engelse voertaalbeleid in die private en publieke sektor het [...] die deur wyd oopgemaak vir buitelandse mededingers wat ons plaaslike taalverwante industrie? letterlik versmoor?. Van der Rheede se kommer oor die verswakkende posisie van Afrikaans as inheemse landstaal, en die nadelige uitwerking daarvan op ?n groot aantal landsbewoners se ontwikkeling, word deur talle ander gedeel. Gerrit Brand (2008:157) wys byvoorbeeld daarop dat die grondwet ?verontagsaam? word deur Engels ten koste van ander landstale te bevoordeel. Volgens statistieke uit 2007 (Van der Rheede, 2007a) behels die eerstetaal- Afrikaanssprekersmark in Suid-Afrika ongeveer 5,7 miljoen mense, waarvan 2,9 miljoen bruin, 2,5 miljoen wit, 200 000 swart en 13 800 Indi?rs is. Die aantal tweedetaal- Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika beloop nagenoeg 1,1 miljoen, van wie 378 000 wit, 340 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 115 000 bruin, 310 000 swart en 46 000 Indi?r is. Die meeste Afrikaanssprekendes word in die Wes-Kaap aangetref (2,3 miljoen, of ongeveer 55 persent van die bevolking). Een van die maniere waarop die verswakte politieke posisie van Afrikaans in Suid-Afrika as uitvloeisel van die nuwe grondwet sigbaar is, is die stand van moedertaalonderrig in Afrikaans. Bertie du Plessis (2006) wys in ?n ?Beknopte verslag van verengelsing in Afrikaanse skole in [die] Wes-Kaap, Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo, 2003 en 2005? op die kwellende verengelsing van skole. Hy noem dat daar voor 1994 3700 Afrikaansmediumskole in die land was, waarvan tans ongeveer 300 oor is. Ook op tersi?re vlak word nie voldoen aan die behoeftes van Afrikaanstaliges nie: ?Slegs een uit die vier tersi?re instellings in die Wes-Kaap bied onderrig in Afrikaans aan, terwyl 55 persent van die Wes-Kaap-bevolking Afrikaanssprekend is? (Van der Rheede, 2007a). Die enkele Wes-Kaapse universiteit waarna Van der Rheede in 2007 verwys, naamlik die Universiteit Stellenbosch, se onderrigaanbod in Afrikaans het egter tussen 2000 en 2010 afgeneem - ?n verskynsel wat groot kommer veroorsaak oor die volhoubaarheid van Afrikaans as ?n akademiese taal. Alhoewel die US Raad aan die einde van die 1990?s (onder rektorskap van Andreas van Wyk) besluit het dat die onderrigtaal van die Universiteit Afrikaans moet wees, buiten in uitsonderlike gevalle, het verandering sedert 2002 snel begin plaasvind. Op inisiatief van die nuwe rektor, prof. Chris Brink, is reeds in 2002 ?n taalbeleid en taalplan (Giliomee, 2010:2-3) ingestel met klastaalkeuses wat ?n A-opsie (Afrikaans alleenlik), ?n Tweetalige of T-opsie, ?n parallelmediumopsie (afsonderlike klasse in Afrikaans en Engels) of, in uitsonderlike gevalle, ?n E-opsie (slegs Engels) behels het. Dit het heelwat kritiek uitgelok. Dit is in 2005 opgevolg met ?n taalbeleid wat die Engelse aanbod van die Universiteit verder vergroot het (Giliomee, 2010:5). Afwykings van die formele taalbeleid en -plan wat Afrikaans as oorwegende taal van onderrig uitstip, het toenemend plaasgevind. In 2006 het die gebruik van die T-opsie met meer as die helfte toegeneem en die A-opsie het met meer as 20% gedaal (Giliomee, 2010:8). Die getal Engelssprekendes het tussen 2005 en 2008 met 37% toegeneem, wat beteken het dat die aantal voorgraadse Engelstalige studente van 28% na 36% gestyg het (Giliomee, 2010:10). Statistieke toon dat bruin Afrikaanssprekendes tans die swakste deelname aan universiteitsonderrig het (met ?n gemiddelde deelname van 4.5 per 1000) en dat die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 116 toenemende onderrig met die T-opsie op geen manier hierdie groep, wat groter baat by Afrikaanse onderrig vind, werf nie (vgl. Giliomee, 2010:12). Die aangewese transformasietaak van die Stellenbosch Universiteit is dus veral om die ontstellende lae getal bruin Afrikaanssprekendes aan tersi?re onderrig-instellings doeltreffend te probeer verhoog, sodat agterstande uitgewis kan word (Giliomee, 2007). In 2010 duur die spanning oor die Universiteit Stellenbosch as die laaste tersi?re instelling vir onderrig in Afrikaans steeds voort, omdat gegewens op ?n snelle verengelsing dui. Die gevaar wat die afnemende aanbieding van Afrikaans by die Universiteit Stellenbosch inhou, word soos volg deur Herman Giliomee (2007): Val Afrikaans op Stellenbosch - en dit is nog steeds ?n moontlikheid - dan val Afrikaans in die land. Koerante, boeke en tydskrifte sal algaande verskraal. Afrikaans as geskrewe taal sal iets soos Jiddisj word. Die bevordering van ?n minderheidstaal soos Afrikaans, en die gepaardgaande sisteme soos die Afrikaanse literatuur, word dus nie voldoende ondersteun deur die regering of selfs universiteite nie en is ?n verantwoordelikheid wat in die praktyk grootliks oorgeneem is deur private belangegroepe en instansies. Belangrik binne die huidige konteks is veral om die taal te ?rehabiliteer? deur dit te bevry van die assosiasie met Afrikanernasionalisme en rassistiese ideologie? wat dit by sommiges oproep. Sosiale en kulturele strukture is verder sedert 1994 gevestig wat groot uitdagings bied vir hedendaagse demokratiseringsprosesse en die idee van ?n ?Afrika-renaissance? (January, 1999:6). In ?n onderhoud noem die Nederlandse digter Gerrit Komrij (27 Maart 2009, Amsterdam), wat gereeld besoek afl? in Suid-Afrika en ?n bloemlesing oor Afrikaanse gedigte saamgestel het, getitel De Afrikaanse po?zie in 1000 en enige gedichten, as deel van die reeks De Nederlandse po?zie in 1000 en enige gedichten, dat die nagevolge van apartheid steeds sigbaar is in Suid-Afrika deurdat byvoorbeeld groot skeidings tussen rassegroepe voortbestaan en daar nog nie sprake van ?natuurlike osmose? is nie. Komrij (2009) ervaar dus ook die stemming van Suid-Afrikaanse liter?re feeste as veel meer polities as di? in Nederland. Volgens hom word ?n fees soos die US Woordfees ?n politieke daad omdat Afrikaans belange het by die fees en ?verdedig? moet word. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 117 Herman Giliomee (2004, in Hugo, 2009:121) stel dat vir ongeveer ?n kwart van Afrikaanssprekendes - meestal uit ho? inkomstegroepe - die stryd om Afrikaans te behou as openbare taal futiel is, en dat dieselfde persentasie dit meer voordelig vind om hul kinders in Engels op te voed. Hierdie statistiek kan op ?n groot bedreiging vir Afrikaans dui, want een van die belangrikste faktore vir die behoud en die vernuwing van ?n bedreigde taal is die houding van die sprekers teenoor hul eie taal en die gewig wat hulle daaraan heg as ?n belangrike simbool van hul identiteit (Giliomee, 2007). Tog geld andersins ook die standpunt van onder andere Jan Rabie (1992, in Hugo, 2009:122) dat Afrikaans eintlik beskou kan word as die toonbeeld van die versoening tussen diverse elemente: Afrikaans is die grootste nierassige prestasie in ons Suiderland sover. Gesamentlik geskep deur mense van drie vastelande - Afrika, Asi? en Europa. En daarom is dit nie die besit van eensydige politieke partye nie, maar behoort dit aan almal wat dit praat, skryf en liefhet. Vanaf die negentiende eeu is daar ook ?n groeiende korpus Afrikaanse liter?re en ander tekste wat byvoorbeeld positief is met betrekking tot die ?ander? (Van Zyl, 2002:167) en wat, saam met ?n groot aantal uitsprake wat by Rabie se idees aansluit, beskou kan word as ?n kragtige refutatio ten opsigte van die negatiewe oordele oor Afrikaans. Teen 2000 is verskillende pogings aangewend om die ideologiese en fisiese posisie van Afrikaans te verbeter. Van Zyl (2000:3) skryf in Die Burger dat die eerste Woordfees, die Nag van Passie, plaasgevind het in ?n tyd waarin heelwat inisiatiewe om Afrikaanse literatuur op dreef te hou, ontstaan het: ?Afrikaanse tydskrifte het byna almal gereelde boekeblaaie, daar is ?n geskrop op die Webwerf Litnet, lewendige boekeprogramme op RSG en Punt Geselsradio en Die Boeksusters op KykNet. [...] Daar is ?n grootskaalse romanwedstryd, splinternuwe leesklub vir Beeld- en Die Burger-lesers, en die afgelope naweek is ?n Woordfees, Nag van Passie, op Stellenbosch aangebied.? Tot hierdie nuwe dinamiek, ook gevoed deur die ontstaan van die KKNK en Aardklop in onderskeidelik 1995 en 1998, het die Woordfees dus ook begin bydra. Die US Woordfees het dus in 2000 toegetree tot ?n groter belangegroep vir Afrikaans, in ?n politieke klimaat waar Afrikaans in sy onmiddellike ?n nasionale konteks (die universiteit Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 118 waaraan die Woordfees verbonde is en die nasionale regering) deur Engels bedreig word. Die direkteur van die US Woordfees, Dorothea van Zyl, terselfdertyd professor in Stellenbosch Universiteit se Departement Afrikaans en Nederlands, het in 2008 ?n rektorstoekenning ontvang vir die US Woordfees se rol in gemeenskapsinteraksie. In haar aansoek om vir hierdie toekenning genomineer te word, het sy die rol van die US Woordfees in die voortbestaan van Afrikaans as volg verwoord (Van Zyl, 2007:4): Daar word dikwels nie besef in watter mate die voortbestaan van ?n vak soos Afrikaans gekoppel is aan ?n wye reeks inisiatiewe oor ?n bre? front wat ?n sterk fokus op gemeenskapsinteraksie insluit nie. Die vak kan egter nie op eng skaal bevorder word sonder inagneming van die ruimer konteks waarbinne Afrikaans opereer nie. Hoe noodsaaklik ook al vir die ho?r funksies van die taal, ?n akademiese boek oor die Afrikaanse taal of letterkunde bereik ?n besonder klein groep mense. Dit is helaas nie op sigself voldoende om ?n klimaat te skep waarbinne ?n taal optimaal kan funksioneer nie. Gemeenskapsinteraksie is dus van kardinale belang ter bevordering van die taal en letterkunde. Afrikaans kan nie ?n ivoortoring- benadering bekostig nie. Die US Woordfees bevorder Afrikaans sedert 2000, asook sedert 2003 toe met die Woorde Open W?relde (WOW) leesbevorderingsprojek vir minderbevoorregte (veral bruin, Afrikaanssprekende) leerders en studente begin is, op uiteenlopende maniere. Daar word egter veral sorg gedra dat die feesorganisasie nie op ?n ouderwetse manier betrek word by politieke taalstryde nie, maar eerder op ?n positiewe, innoverende manier oorredend te werk gaan deur te fokus op Afrikaans as taal tussen tale (onderhoud met Dorothea van Zyl, 1 Mei 2010, Stellenbosch). c) Bestaande inisiatiewe vir Afrikaans en Nederlands Op die gebied van Nederlands kan die US Woordfees binne dieselfde konteks gesitueer word as ander inisiatiewe wat gevolg het op die herstelde bande tussen Suid-Afrika en die Nederlande, en wat die samewerking tussen Afrikaans, Nederlands en Vlaams bevorder. Daar bestaan noue samewerking met verskillende instellings soos die Kaapse Forum vir Neerlandistiek (KFN), Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN), met instansies soos die Van Ewijck-Stichting, Fonds Neerlandistiek, die Nederlandse ambassade en konsulaat, asook met die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV ? voor 2009 bekend as die Huis der Nederlanden of HdN). Die idee vir die SASNEV het in 1997 ontstaan, en kon uitgevoer word danksy die groot bydrae van die Stichting Willem de Zwijger, en (sedert 1998) van die ZASM (Zuid-Afrikaanse Stichting Moederland). Die Kaapse Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 119 Forum (met Dorothea van Zyl as een van die lede) was n?? betrokke by die beplanning en oprigting daarvan. Die HdN is in 1999 amptelik geopen, en het in Oktober 2010 heropen as SASNEV. Di? sentrum wat in Pinelands digby Kaapstad gele? is, nooi dikwels bekende skrywers, akademici en wetenskaplikes uit die Nederlande en het ten doel om gehore bloot te stel aan ?vars idees oor die Lae Lande en om ?n podium te bied vir besprekings oor kultuur, kuns en sosiopolitieke sake? (Anoniem, 2009c). Dit dien as ?n inligtingsentrum en multimedia naslaanbiblioteek met materiaal in Nederlands, Engels en Afrikaans. Die sentrum dien dus as ?n Nederlandse kultuurskat in Suid-Afrika en werk saam met inisiatiewe soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Afrikaanse Taalmuseum en die Vriende van Afrikaans (Anoniem, 2009c), asook met die Woordfees (die Nederlandse skrywers wat jaarliks Woordfees toe kom, het byvoorbeeld meestal ook ?n optrede gehad by die HdN, en die bedrywighede van die instelling word jaarliks by die Neerlandistiekdag aan studente bekend gemaak). Die sogenaamde Kultuurdagboek is nog ?n inisiatief wat in 2009 tot stand gebring is om kulturele kruisbestuiwing tussen Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere te stimuleer en wedersyds ?n podium vir kuns en kultuur te bied. Dit is finansieel moontlik gemaak deur die Nederlandse ambassade en verteenwoordigers van die Belgiese regering (Nederlands Vlaamse Dagboek in Suid-Afrika, 2009; telefoniese onderhoud met Mercia van Wyk van die Nederlandse ambassade in Pretoria, 14 Oktober 2009). Sedert 2010 word steeds meer aandag bestee aan projekte waarby die bre? Suid-Afrikaanse gemeenskap betrek word, soos die beskikbaarstelling van Nederlandse lespakkette in skole. Die US Woordfees word dus aangebied binne ?n konteks waarin kommer bestaan dat Afrikaans agteruit kan gaan weens die toenemend-dominerende rol van Engels, maar waarin daar terselfdertyd voortdurend nuwe inisiatiewe geloods word om die posisie van Afrikaans en die taal se bande met Nederlands te versterk. d) Maatskaplike situasie, lees en geletterdheid In Suid-Afrika as ontwikkelende land word die fondse vir prim?re behoeftes soos behuising, gesondheid, opvoeding en ander maatskaplike kwessies as ?n onvermybare prioriteit beskou bo sake wat die ontwikkeling van kuns en kultuur behels (Visser, 2007:105). Soos Frederick Engels (in Mazrui, 1996:176) noem, moet ?n mens oor ?n huis en klere beskik, en kan eet en drink ?before he can pursue politics, science, art, religion, etc.? In 2001 het die Departement Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 120 van Onderwys die sleutelfaktore wat ?n groot aantal Suid-Afrikaanse skoolkinders van voldoende onderrig weerhou, uitgestip. Die probleme is meer omvangryk as ?n blote tekort aan voedsel, beskutting en klere. Volgens die lys is sosioekonomiese struikelblokke, geweld en misdaad, MIV/Vigs, dwelm- en alkoholmisbruik, ?n onaanpasbare kurrikulum, problematiese onderrigtaal en gepaardgaande kommunikasiegapings, asook ?n tekort aan menslike hulpbronne, van die belangrikste faktore wat die kwaliteit van onderrig benadeel (Owen, 2009). Dit is dus nie alleen sosiale en kulturele aspekte van die Suid-Afrikaanse samelewing wat meer aandag verg nie. Weens verskeie faktore wek die stand van onderrig in Suid-Afrika ook groot bekommernis. Die lae geletterdheidsvlakke, asook swak lees- en skryfkultuur waarop Suid-Afrikaanse statistieke dui, is veral verteenwoordigend van armer gemeenskappe. In 2007 l? Christo van der Rheede (2007a) byvoorbeeld klem op navorsing deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing wat ?daarop dui dat die akademiese prestasie van arm Afrikaanssprekendes in die Wes-Kaap en Noord-Kaap op alle akademiese vlakke besig is om krisisafmetings aan te neem.? Jorisna Bonthuys (2000:16) doen verslag van 3 miljoen Suid-Afrikaners wat heeltemal ongeletterd is, saam met ?n verdere 5 tot 8 miljoen mense wat funksioneel ongeletterd is. Sy noem ook dat talle graad 7-leerlinge se leesvaardighede swakker is as wat dit op ?n gr.4-vlak behoort te wees. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het in 2002 die lees- en syferkundigheidsuitslae van ?n verteenwoordigende steekproef van graad 3-leerders in alle skole getoets. Die studie het bevind dat slegs 36% die leeruitkomste bereik het wat van graad 3?s verwag kan word, terwyl die meerderheid twee tot drie jaar benede die verwagting presteer (Wes-Kaap Onderwysdepartement, 2006:1). Ook internasionale peilings bevestig Suid-Afrika se kommerwekkende geletterdheidstatistieke. In 2006 het Suid-Afrika laaste gekom in ?n geletterdheidstoets, naamlik die Progress in International Reading and Literacy Study (Pirls), waaraan 40 lande en 45 onderwysstelsels deelgeneem het. Dieselfde studie het ook getoon dat amper 80% van Suid-Afrikaanse leerders nie die basiese leesvaardighede ontwikkel teen die tyd wat hulle graad 5 bereik nie (Van Heerden, 2008:14). Twee maniere waarop hierdie situasie in Suid-Afrika bekamp kan word, is deur kinders op ?n jong ouderdom in hul moedertaal te onderrig en hulle dan reeds aan te spoor om te begin Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 121 lees. Volgens Dani?l Hugo (2009:120) het die ANC as regerende politieke party nog weinig na 1994 gedoen aan die bevordering van moedertaalonderrig en blyk dit dat hulle daarvan oortuig is dat Afrikaans in die tradisioneel Afrikaanstalige skole gebruik word om die uitsluiting van rassegroepe in stand te hou. ?n Groot volume navorsing het egter reeds uitgewys dat moedertaalonderrig op ?n jong ouderdom van kardinale belang is vir akademiese prestasie (sien onder meer Mazrui, 1996:172; Anoniem, 2009b:44 en Owen, 2009). Daar is ook vasgestel dat kinders wat op ?n vroe? ouderdom begin lees meer waarskynlik ?n lewenslange gewoonte daarvan sal maak (Anoniem, 2009b:44). Inagneming van hierdie statistieke kan die ideaal van ?n geletterde, lesende nasie verwesenlik (Ideaal van ?n lesende nasie, 2000:12). Die probleem in Suid-Afrika is egter dat hulpbronne soos leesboeke nie altyd beskikbaar is nie. Tans het minder as die helfte van alle Suid-Afrikaanse kinders toegang tot boeke by die huis en nog meer kommerwekkend, as gevolg van die impak wat dit op leesvaardighede het, is dat 60% van Suid-Afrikaanse laerskole nie ?n biblioteek of klasbiblioteek besit nie (Owen, 2009). Toegang tot leesstof in kinders se moedertaal is ook nie altyd beskikbaar nie (Van Heerden, 2008:14). Minder as 10% van ho?rskole in Suid-Afrika het eie biblioteke (South African Yearbook, 2006/7:124). Wat openbare biblioteke betref, beskik die land oor ongeveer 1 800 biblioteke vir sowat 47,4 miljoen Suid-Afrikaners in totaal (South African Yearbook, 2006/7:124). Teenoor syfers in byvoorbeeld Wes-Europese lande soos Nederland is Suid-Afrika se liter?re kultuur dus (wat byvoorbeeld lees en skryf betref) veel swakker. As spesifiek gekyk word na Afrikaanse letterkundetitels, is daar tussen 1990 en 2001 slegs 3 455 Afrikaanse letterkundetitels gepubliseer waarvan alleenlik 43% nuwe uitgawes is en die res heruitgawes. Verder bestaan hierdie publikasies uit slegs 10,4% liter?re prosa, teenoor 80,3% popul?re prosa (Venter en Galloway, 2003:7). As hierdie statistieke beskou word as ?n refleksie van die lesersbehoeftes wat onder Afrikaanssprekendes bestaan het binne die tyd toe die US Woordfees ontstaan het, kan afgelei word dat hierdie subkultuur nie baie (Afrikaanse) boeke lees nie en dat diegene wat wel Afrikaans lees, meestal liter?r uitdagende en stimulerende leesstof vermy het. Venter en Galloway (2003:7) benadruk die feit dat hierdie tendense daadwerklik moet verander: ?Die tyd het aangebreek om ernstig te besin Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 122 oor strategie? vir die uitbreiding van ?n boekkultuur waardeur nuwe lesers gekweek en die massa kooiromanlesers se verwagtingshorison verskuif kan word.? Die uitgewersbedryf se lae verteenwoordiging van uitdagende literatuur kan ge?nterpreteer word as ?n refleksie op die leemte wat deur die tekort aan staatsubsidies vir kulturele praktyke veroorsaak is. Die leemte het tot gevolg dat die winsmotief bo-aan die agenda van mediamaatskappye geplaas word en dat media-inhoud in die proses benadeel kan word. Dit beteken enersyds dat die minder winsgewende posisie van uitdagende literatuur kan veroorsaak dat hierdie tekste nie gepubliseer word nie en dat die literatuur gevolglik vervlak, en andersyds dat die belange van ekonomies magtelose groepe gemarginaliseer word en dat hulle perspektiewe dus nie aan bod kom nie, vergelyk Hugo (2009:129), wat vind dat Naspers se ondersteuning van Afrikaans ondergeskik gestel word aan kommersi?le sukses (2009:133). Die vervlakking van die liter?re kultuur in Suid-Afrika word byvoorbeeld vir hom ge?llustreer deur die be?indiging van die ?intellektuele? nismarktydskrif Insig na amper twintig bestaansjare, en ook van die opvolgende kwartaalblad Boeke-insig in 2009: ?een van die merkbare kulturele slagoffers van die nuwe bedeling n? 1994? (2009:133). Volgens ?n uitgewerspeiling van Januarie 2009 het die bedryf in sy geheel net oor die R3 biljoen se inkomste in 2007 gegenereer. Plaaslik gepubliseerde boeke in Afrika-tale, hoofsaaklik boeke vir die onderrigsektor, het slegs R200 000 hiertoe bygedra. Afrikaanse boeke het R300 000 bygedra en Engelse boeke het die mark gedomineer met ?n inkomste van R1,5 biljoen (Anoniem, 2009b:44). Nie alleen word die oorheersende rol van Engels ??k in die Suid-Afrikaanse boekbedryf weerspie?l nie, maar die inkomste wat dit genereer uit ?n totale samelewing van ongeveer 47 miljoen mense dui verder op besonder lae aankoopsyfers - veral as in ag geneem word dat dit verpligte skoolaankope insluit. Gerrit Komrij (onderhoud gevoer, 27 Maart 2009, Amsterdam) noem dus tereg dat ?n liter?re fees in Suid-Afrika op die bevordering van ?n leeskultuur toegespits moet wees. Gerrit Komrij (2009) lewer ook kritiek op die geskrewe kultuur in Suid-Afrika. Hy noem dat die Afrikaanse letterkunde die indruk skep dat dit nie ontvanklik genoeg is vir die skryfwerk van jonger skrywers in die kanon nie en dat vernuwing in die proses ge?nhibeer word. Volgens Komrij word 35-jarige ouderdom in Suid-Afrika as jonk beskou om in die establishment opgeneem te word, terwyl die werk van 20-jarige Nederlandse skrywers reeds gepubliseer word. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 123 Die bevordering van ?n lees- en skryfkultuur is nie net van groot belang vir onderrig en uiteindelike ekonomiese welvaart nie, maar ?n gesonde demokratiese sisteem is ook afhanklik van ?n denkende, ingeligte nasie (Anoniem, 2009b:42). Jakes Gerwel het reeds in 2002 sy kommer uitgespreek oor die klem wat onderwys op vakgebiede soos wetenskap, ingenieurswese, inligtingstegnologie en sakebestuur plaas, omdat dit lei tot ?n uiteindelike tekort aan studente in die geesteswetenskappe: ?Dit kan lei tot ?n kritiese tekort in die toekoms aan nadenkende, intellektuele en humanistiese denkers. Ons demokrasie, wat vir almal in die land soveel beteken, kan nie gesond bly as daar nie mense is wat deurdagte, analitiese kritiek lewer nie? (Gerwel, 2002:4). Die ontwikkeling van ?n lees- en skryfkultuur is boonop noodsaaklik ten einde voorheen- gemarginaliseerde mense se potensiaal te ontwikkel, en om hulle finansieel en intellektueel in staat te stel om by te dra tot ?n meer ontwikkelde en welvarende Suid-Afrika. In Mei 2008 het die ekonoom Mike Sch?ssler in ?n ondersoek uitgewys dat opleiding en opvoeding die sleutel bied tot ?n goeie inkomste: iemand met ?n graad verdien ongeveer 350% soveel as iemand met matriek. Iemand wat wel matriek het, kan op ?n verdienste van gemiddeld twee keer soveel reken as iemand daarsonder. Weens onder andere beter opleiding is die inkomste van die blanke bevolking ongeveer 450% ho?r as di? van swart mense en ongeveer 400% meer as di? van bruinmense. Onderwys en opleiding is dus die sleutel tot die wegdoening met ekonomiese agterstande (Anoniem, 2008d:67). Die finansi?le bemagtiging en opleiding van armer gemeenskappe kan di? mense terselfdertyd in staat stel om onderliggende talente te ontwikkel en uit te leef (Meiring, 2007): Ons het ?n gemeenskaplike helpmekaar nodig om die kruipende armoede onder ons mense te stuit. Ons moet eenvoudig die talent en kragte wat daar in ons arm gemeenskappe is, ontsluit; die toekomstige Adam Smalls, Chris Chameleons, Taliep Petersens en Johan Bothas mag nie verlore gaan nie. Binne hierdie konteks word die fees deur sy organiseerders geposisioneer as ?n ?andersoortige fees met pitkos?, met die doelstelling om ook diepsinnige literatuur en gesprekke daaromtrent te bevorder: ?[dis] ?n fees wat nie net wil vermaak nie, maar ook wil inlig en opvoed? (US Woordfees Stellenbosch 6-15 Maart 2009, 2008:6). Beide die bevordering van literatuur ?n die blootstelling aan die verworwenhede van Afrikaans word opgesom in die fokus van die US Woordfees: om ??n viering van die woord? binne byvoorbeeld die kontekste Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 124 van die ?po?sie [en] prosa? te wees met ?n klem wat ?val op Afrikaans? (Rosenstrauch, 2009:2). Die tekort aan jonger skrywers in die Afrikaanse liter?re kanon word aangespreek deurdat die US Woordfees nie net onder meer ?gerig [is] op studente? nie (aansluitend by die Universiteit Stellenbosch as feesomgewing), maar ook deurdat die feesprogram slypskole vir aspirerende skrywers insluit. Tydens US Woordfees 2009 is twee slypskole aangebied, naamlik eerstens ?n Liriek-skryfskool onder leiding van ervare liriekskrywers. Gekeurde kandidate het die geleentheid gekry om tydens die fees saam met vooraanstaande kunstenaars op te tree. Tweedens is by die ATKV Kinderboekskryfskool riglyne aan aspirantskrywers gegee oor hoe kinders en tieners se verbeelding aangegryp kan word (Woordfeesprogram. 6-15 Maart 2009. Lag-Lag 10 Jaar, 2009:1). f) Sisteme wat daarop gerig is om geletterdheid te bevorder: Die Woorde Open W?relde (WOW)-projek en andere Alhoewel die Woorde Open W?relde (WOW)-projek self ?n direkte uitvloeisel is van die US Woordfees, is dit een van die belangrike sisteme wat ontstaan het om die vervlakking van geletterdheid in spesifiek die Wes-Kaap te beveg. Die WOW-projek word sedert Oktober 2003 aangebied met steun van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Sedert Oktober 2004 word dit bestuur deur Fiona van Kerwel. Die inisiatief hiervoor het ontstaan nadat berig is oor die groot agterstande van benadeelde leerders op die vlak van leesgeleenthede en -vaardighede, en hoe dit die kinders se ontwikkeling lewenslank ondermyn (WOW-projek: Kort geskiedenis en syfers, 2008:1). Die dekaan, prof. Hennie Kotze, was bereid om saadgeld te gee (en later toe te stem dat die Fakulteit Lettere die WOW-projekbestuurder se salaris dra), met dien verstande dat die WOW-projek daartoe sou bydra om meer Afrikaanstalige bruin studente van die moontlikhede tot en voordele van universit?re studie bewus te maak (onderhoud met die direkteur van die US Woordfees, Dorothea van Zyl, 26 Oktober 2010, Stellenbosch). Die WOW-projek fokus op leerders uit voorheen benadeelde gemeenskappe, ten einde hul belangstelling en vermo?ns in verskillende kunsvorms, en spesifiek die letterkunde, te bevorder. Van die WOW-projek se visies is om ?by leerders ?n liefde en trots vir hul moedertaal, Afrikaans, te kweek; aan hulle te toon dat Afrikaans ?n taal van moontlikhede en Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 125 hoop vir hulle is?, en om die ?US aan hulle bekend te stel as moontlike inrigting vir verdere studie? ten einde ?n meer verteenwoordigende studenteprofiel by die US te help bewerkstellig? (Van Zyl en Van Kerwel, 2008:2). Die projek reik uit na laer- ?n ho?rskole, en gebruik ?n verskeidenheid strategie? en projek-aksies om skoliere se belangstelling en vaardighede in Afrikaans, lees en skryf te ontwikkel, en hulle talente te ontgin. Vir leerders in die grondslag- en intermedi?re fase van oor die hele Wes-Kaap word daarna gestreef om kreatiwiteit en ?n liefde vir lees te bevorder deur middel van ?n sogenaamde Verf- en Verskompetisie. Hier word kinders aangemoedig om ?n kort gedig op ?n A3-vel te skryf en ?n kleurryke plakkaat daarvan te maak. Leesfeeste word ook by skole aangebied om jong kinders bloot te stel aan literatuur binne ?n prettige atmosfeer (Kemp, 2008:11). In 2008 is hierdie feeste byvoorbeeld by ses verskillende laerskole aangebied vir ongeveer 3 200 leerders. ?n Poppekasvertoning is aangebied en die skoolbiblioteek is aangevul met boekskenkings deur NB Uitgewers (Van Zyl en Rosenstrauch, 2009:11). Ho?rskoolleerders word op ?n groot aantal maniere gestimuleer in die letterkunde en om beter te lees en skryf. Graad 12 leerders van die Wes-Kaap se voorgeskrewe boeke word meer aktueel en verstaanbaar gemaak deurdat die skrywers van di? tekste skole besoek en die werk bespreek. Leerders kry ook die geleentheid om ?n voorgeskrewe werk in ?n eie dramaproduksie te omskep wat beoordeel word (Kemp, 2008:11). Die wenstuk word dan opgevoer op die WOW-dag tydens die Woordfees. Onderwysers word aangespoor om leeskringe en leeshoekies te vestig om ernstige leesprobleme te bekamp, en opvoeders word gelei in strategie? om lees te bevorder (Kemp, 2008:11). In 2009 is die eerste WOW- onderwysersforum tydens die Woordfees gehou vir 114 onderwysers. Hulle is toegespreek deur ?n leesspesialis, verteenwoordigers van die US skryflaboratorium en die WKOD Kurrikulumdienste (Rosenstrauch, 2009:12). Ander inisiatiewe is die WOW- skoolkoerantprojek wat sedert 2007 aangebied word saam met die Departement Joernalistiek (Rosenstrauch, 2009:12), skoliere wat gekorrespondeer het met Nederlandse skoliere via e-pos en ?n Idols-kompetisie vir skoolkinders wat tydens die US Woordfees se Mardi Gras plaasgevind het. Graad 12-leerders kry jaarliks tydens die Woordfees die geleentheid om ?Maties-vir-?n-dag? te wees waartydens hulle werksessies bywoon om skryfvaardighede op te knap, rolmodelle ontmoet en op kampustoere gaan. Hulle woon ook Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 126 die Mardi Gras-karnaval by (Kemp, 2008:11). Sedert 2006 het die Universiteit Stellenbosch twee US-studiebeurse spesifiek aan die WOW-projek gekoppel vir studie in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Vanaf 2008 het hierdie beurse vermeerder na 13 en word studente ondersteun deur ?n mentor (Kemp, 2008:11). Dit dien as ?n sterk motiveringsmeganisme en werf voorheen benadeelde studente om by die US te studeer. In 2008 is daar reeds ongeveer 10 000 leerders jaarliks bereik, en in 2009 16 763 leerders en 467 opvoeders van 139 skole. In 2010 is (v??r die Dramakompetisie, Koorsig - die jaarlikse koorkompetisie, en die Spelwedstryd) tot Oktober 12,765 leerders en 605 opvoeders bereik in 244 skole: 8,103 Graad 12-leerders van 59 skole is deur skrywers besoek; 905 leerders van 64 skole en 188 onderwysers was by die WOW-dag tydens die Woordfees; sewe skole het 85 leerders na ?n Joernalistiekwerkswinkel gestuur, en 85 jonger kinders is na die Kinderfees aangery. Met die Versindaba in September 2010 is Verf-en-vers werkswinkels vir 105 laerskoolleerders aangebied en Woelige werkswinkels vir 121 graad 5- en 6-leerders. Kultuurfeeste by ho?rskole het ongeveer 500 leerders en 14 onderwysers betrek. Voornemende en beginnende studente (tot dusver 24) ontvang hulp met beursaansoeke, ensomeer. Fiona van Kerwel sien om na ongeveer 30 studente, wat ook by die WOW-projek betrek word as rolmodelle (Van Zyl en Myburgh, 2010:12). Die WOW-projek (en dus indirek die US Woordfees) sluit gevolglik aan by die Universiteit se verantwoordelikheid teenoor die bruin Afrikaanssprekende studente in sy onmiddellike omgewing (vgl. Die Universiteit Stellenbosch. ?n Strategiese raamwerk vir die eeuwisseling en daarn?, 2000:7) deur uit te reik na voorheen-gemarginaliseerde skole, opleiding en fasiliteite te bied, WOW-beurse te gee aan skoliere wat goeie potensiaal toon en di? skoliere dan by te staan met mentors tydens hul studentejare. Op Woordfees 2009 se program was daar ook heelwat gebeurtenisse en verwante aktiwiteite wat daarop gerig was om ?n lees- en skryfkultuur te bevorder, byvoorbeeld die genoemde skryfskole (Liriek-skryfskool en ATKV Kinderboekskryfskool) en inisiatiewe gekoppel aan die WOW-projek, byvoorbeeld die WOW- dag vir graad 12-leerders, WOW-dag vir onderwysers, Derde WOW-skoolkoerantprojek, Woelige werkswinkels: OPSKRYF, OPS?, OPVOER - WOW!! en andere (Woordfeesprogram, 2009:1-4,29). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 127 Die WOW-projek deel sommige doelstellings met die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), maar het ?n sterker langtermyn opvoedkundige strategie ingevolge waarvan leerders jaarliks bereik en aangemoedig word tot verbetering, ten einde die deurvloei na naskoolse opleiding te vergroot. Die Stigting vir Afrikaans (SVA), later die SBA, het in 1992 met die steun van Nasionale Pers tot stand gekom om voorheen-benadeelde Afrikaanssprekendes te ondersteun met geletterdheidsprogramme, opleidingskursusse en kreatiwiteitswerkswinkels, en om moedertaalonderrig op prim?re, sekond?re en tersi?re vlakke uit te bou. Die SBA ondersteun veral Afrikaans, maar wil ook ander, meer gemarginaliseerde inheemse tale as Afrikaans, in die nuwe Engels-gedomineerde Suid-Afrika bevorder (Oor SBA, 2009). Ander inisiatiewe in Suid-Afrika bevorder ook die lees- en skryfkultuur in die ander amptelike tale naas Engels, maar Afrikaans word nie altyd ingesluit nie, of ontvang nie noodwendig genoegsame aandag nie. Voorbeelde van hierdie tipe inisiatiewe is die Inheemse Tale Uitgewersprojek (Owen, 2009) deur die South African Book Development Council en die Literatuurontwikkelingsreeksprojek (South African Yearbook, 2006/7:119) wat ten doel het om ?n skryf- en leeskultuur in Suid-Afrika te versterk, maar spesifiek in ander inheemse tale as Afrikaans. Die Inheemse Tale Uitgewersprojek behels dat een biljoen rand oor drie jaar bel? word in die verbetering van gemeenskappe se biblioteeksisteme. ?n Biblioteekweek in Maartmaand dra ook by tot onder andere die ontwikkeling van ?n lees- en skryfkultuur. Slypskole word verder aangebied vir mense wat belangstel in skryf (Owen, 2009). Die Centre for the Book in Kaapstad speel ?n belangrike rol in die proses om ?n lees- en skryfkultuur tot stand te bring - veral deur literatuur te ontwikkel wat deur aspirerende en opkomende skrywers in alle Suid-Afrikaanse amptelike tale geskryf is (Anoniem, 2009b:45; South African Yearbook, 2006/7:125). Die leemtes wat regeringsteun laat met betrekking tot die bevordering van moedertaalonderrig, asook van ?n lees- en skryfkultuur, skep ruimte vir inisiatiewe soos die US Woordfees en WOW-projek, wat enersyds in die algemeen gebeurtenisse aanbied wat deelnemers aanmoedig om meer te lees en beter te skryf, en andersyds spesifiek skoliere se onderrig in die Afrikaanse literatuur vanaf ?n jong ouderdom probeer komplementeer. g) Kulturele eienskappe van debatvoering Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 128 Gedurende die afgelope dekade is uit verskillende oorde kommentaar gelewer oor die ongesonde aard van debattering in Suid-Afrika. Waarskynlik weens die diversiteit van kulturele en belangegroepe in Suid-Afrika, word debattering in Suid-Afrika gekenmerk deur ?n besondere ho? mate van emosie en vooroordele of verdagmakings tussen die onderskeie partye (vgl. Dawie, 2005:16, en Scholtz, 2007:22). Die uiteenlopende belange wat verteenwoordig word, skep vrees vir die waarskynlikheid dat die voordeel van die een kant slegs ten koste van die ander behaal kan word, en dat ?n wen-wen benadering onmoontlik is (vgl. Dawie, 2005:16). Reeds in 2004 noem Leopold Scholtz (2004:14) die peil van die openbare debat in Suid-Afrika laag. Volgens hom word verskillende standpunte nie voldoende in ag geneem nie, omdat mense mekaar te vinnig ?etiketteer? op grond van vooroordele: ?As jy iemand s? ?n etiket op die voorkop geplak het, hoef jy nie ernstig op sy gesigspunte en redenasies in te gaan nie. Jy verdoem hom eenvoudig, en klaar. Dit is die einde van alle rasionele debatvoering.? Volgens Dawie (2005:16) kom hierdie neiging ook in die debatte rondom moedertaalonderrig en taalregte vir Afrikaans na vore (outeur se beklemtoning): ?Aan die een kant val die woord moedertaalonderwys, aan die ander kant word die woord (wit) rasse- eksklusiwiteit gehoor. Die een groep s? minderheidstaalregte, die ander groep hoor apartheid en bevoorregting.? Vooroordele weens die geskiedkundige konteks van apartheid waarbinne hierdie debatte afspeel, lei dus daartoe dat die argumente van Afrikaanssprekendes ?ge?tiketteer? word. Sodoende word logiese vooruitgang en probleemoplossing ge?nhibeer. Scholtz (2004:14) verklaar die problematiese aard van debattering aan die hand van ?n verkeerde toepassing van sillogismes: Wie onthou nog toe sekere baie geleerde akademici van Stellenbosch diegene wat Afrikaans as onderrigtaal daar wou behou, daarvan beskuldig het dat hulle heimlik of openlik na apartheid terughunker? Die [foutiewe] sillogisme wat toe ter sprake was, was min of meer: Daar is mense wat Afrikaans aan die US wil behou; Afrikaans is histories as apartheidsinstrument gebruik - en dus wil die betrokkenes terug na apartheid. Soos Scholtz (2004:14) tereg wys, is deurdagte debattering gesond vir die vooruitgang en konstante vernuwing van ?n samelewing. Hy skryf byvoorbeeld die lewenskragtigheid van die Westerse beskawing sedert veral die Renaissance, toe aan toenemende ope debatvoering waarin die ?mededinging van idees en intellektuele gisting toegelaat en aangemoedig? is, en vind daar moet na die volgende tipe debattering gestreef word (Scholtz, 2004:14): ??n Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 129 Hoogstaande debat beteken nie dat jy moet saamstem nie. Dit beteken wel dat jy allereers jou opponent se standpunt akkuraat moet weergee, en dat jy dan moontlike feitefoute aandui, of uitwys waar hy sekere oorwegings te swaar of te lig laat weeg, waar hy sekere relevante feite buite rekening laat, ensovoorts.? Hy vergelyk die Suid-Afrikaanse debatopset dan met di? van Nederland wat hy as ?veel ho?r en saakliker? bestempel (Scholtz, 2004:14). As ?n fees wat binne ?n kultuur plaasvind wat gekenmerk word deur ooremosionele debatvoering, moet die US Woordfees ?n fyn balans kan handhaaf tussen vrye spraak (waarvolgens sprekers bemagtig word om enige kommentaar te lewer op die omgewing en samelewing) en om na dieselfde omgewing se belange om te sien, omdat uitlatings op die fees die voortbestaan daarvan in die gedrang kan bring. ?n Fees kan probeer inklusief wees deur uiteenlopende standpunte te akkommodeer, maar in ?n polities-oorsensitiewe samelewing word dit maklik gebrandmerk deur enkele gebeurtenisse wat aangebied word. ?n Voorbeeld van ?n gebeurtenis by die US Woordfees wat groot opskudding en polemiek in die pers veroorsaak het, was toe die regse skrywer en aktivis Dan Roodt in 2005 uitgenooi is om eerstens aan ?n paneelbespreking deel te neem oor die Little Magazine-beweging en tweedens oor sy nuwe boek en lewensfilosofie te praat (Jordaan, 2005:2). Minstens vier skrywers het hul deelname uit protes onttrek, weens uitsprake van Roodt wat volgens hulle getuig het van ?haatspraak en rassisme?. Die beswaarmakers se standpunt was dat die Universiteit en die US Woordfees hulle met Roodt se uitlatings vereenselwig deur hom na die fees te nooi. Die US Woordfees, wat sigself daarteenoor posisioneer as demokratiese ontmoetingsplek wat debat om aktuele kwessies en die vorming van menings stimuleer, was gekant daarteen om Roodt se uitnodiging na die Woordfees te kanselleer. Die Woordfeesbeheerkomitee was naamlik daarvan oortuig dat dit teen die aard van die fees sou ingaan om sensuur toe te pas en dat ?verskillende ideologie? geakkommodeer behoort te word? (Hans Roosenschoon in Woordfeesbeheerkomitee-vergadering, 2005:2). ?n Lid van die Woordfeesbestuurkomitee, Temple Hauptfleisch, was van mening dat die bohaai oor Dan Roodt by die Woordfees simptomaties is van ?n landwye debat en dat dit nie t? ernstig opgeneem behoort te word nie. Alhoewel die insident die Woordfees in ?n slegte lig gestel het en ?n beduidende effek op die bemarking en reklame daarvan gehad het, was dit ook ?n toetssaak, waarin die rektor die outonomie van die Woordfees erken het en uiteindelik ?n Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 130 oorwinning vir vrye meningsuiting (Woordfeesbeheerkomitee-vergadering, 2005:2). Dit het ook nie implikasies gehad vir die aantal feesbesoeke nie - dit het toegeneem van ongeveer 16 000 (Woordfees Algemene verslag Mei 2003 - April 2004, 2004:1) tot 21 200, met ?n ho? lokaalbesettingsyfer van 74% (Woordfees Algemene verslag Maart 2004 - April 2005, 2005:3- 5). Die reklame het dus waarskynlik eerder gelei tot ?n groter bekendheid en blootstelling. Die debat wat ontstaan het na aanleiding van Dan Roodt se optrede by die Woordfees dien terselfdertyd ook as illustrasie van die oneffektiewe manier waarop debatvoering soms in Suid-Afrika plaasvind. ?n Liter?re fees moet enersyds kan funksioneer as ?n demokratiese ontmoetingsplek en gevolglik dien as ?n ?tuiste? vir vryheid van spraak, met ?n gepaardgaande aanmoediging van debattering oor aktuele sake wat eie meningsvorm stimuleer, maar andersyds kan juis hierdie eienskappe groot opstandigheid en ontevredenheid ontketen binne ?n kultuur waar vaardige debatvoering ontbreek. Alhoewel die Dan Roodt-debakel uiteindelik nie die voortbestaan van die Woordfees in die gedrang gebring het nie, het gebeurtenisse binne ?n fees wat negatiewe publisiteit veroorsaak die potensiaal om byvoorbeeld potensi?le feesgangers, borge en donateurs te oorreed om nie die feesverrigtinge te ondersteun nie. Botsende ideologie? tussen die feessamestellers en die samelewing waarbinne dit plaasvind, kan beslis ?n fees benadeel. h) Ekonomie Die meeste Suid-Afrikaanse feeste (ook die US Woordfees) sit met die voortdurende dilemma dat subsidies van die regering nie geredelik tot hul beskikking is nie. Private skenkers soos Nedbank, Sun International, Vodacom en die Nederlandse Regering dra byvoorbeeld sedert Oktober 1994 by tot die fonds van die Departement van Kuns en Kultuur, naamlik die Kuns en Kultuur Trust, om hierdie praktyke in Suid-Afrika te befonds en te bestuur (South African Yearbook, 2006/7:107). Die feeste wat deur hierdie fonds ondersteun word, is egter beperk en sluit min in wat op Afrikaans as taal van uitdrukking gerig is. In 2006-2007 is Arts Alive, die Manguang Cultural Festival (Macufe), die Cape Town International Jazz Festival, die Port St Johns Festival, die Splashy Fen Music Festival en die Grahamstown National Arts Festival byvoorbeeld ondersteun (South African Yearbook, 2006/7:113). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 131 Sonder staatsubsidies bied die organisasie van ?n oorwegend Afrikaanse liter?re fees dus groot finansi?le uitdagings en moet private en korporatiewe borge oorreed word tot steun. Gerrit Komrij (onderhoud gevoer, 27 Maart 2009, Amsterdam) noem in hierdie verband dat die organisasie van s? ?n fees in Suid-Afrika ?n ?dapper daad? is, omdat dit veel moeiliker is as in Nederland waar ?n groot hoeveelheid subsidies beskikbaar is. In Herman Kitshoff se proefskrif oor die KKNK (2006:31) wys hy daarop dat feeste wat staatmaak op private borge die gevaar loop om gekommersialiseerd oor te kom. Dit kan tot gevolg h? dat die fees van die betekenis wat dit wil oordra, verloor: ?Die kommersialisering van die kunste en van kunstoerisme kan [...] ?n beperkende effek op die egtheid van kulturele oordrag h? deurdat kragtige finansi?le en korporatiewe borge ?beheer? oor die bepaalde kunsproduk of die bemarking daarvan kan eis in ruil vir die borgskap daarvan.? As uitvloeisel van die tekort aan staatsubsidies in Suid-Afrika het Media24 (Naspers), die grootste Suid-Afrikaanse mediamaatskappy, toegetree as die borg van die meeste Afrikaanse feeste (vgl. Hugo, 2009:125), asook van Litnet en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Die implikasie van ?n borg soos Media24 by feeste is nie bloot finansieel van aard nie, maar be?nvloed uiteindelik die ?juiste karakter en identiteit? van ?n fees (Kitshoff, 2006:147). Met betrekking tot die US Woordfees het Media24 (Insig en vanaf 2002 Die Burger) die eerste Nag van Passie help befonds en is sedert 2000 ?n hoofdonateur en mediaborg. Die hoofdonateurs vir die US Woordfees 2010 was die US, Die Burger, Sanlam (Dramafees) en die ATKV (WOORDtroFEES en WOW-projek). Verder was ongeveer 60 ander donateurs en 15 mediavennote, asook 14 wynplase, 17 verblyfinstansies en 22 produkborge betrokke (Van Zyl en Myburgh, 2010:32). Die Nasionale Lotto het ook in die verlede drie keer bydraes tot die Woordfees gelewer, waarvan die laaste in 2008, maar dit gaan om sporadiese bedrae wat nie volhoubaarheid waarborg nie. Befondsing is dus voortdurend ?n uitdaging (onderhoud met direkteur van die US Woordfees, Dorothea van Zyl, 26 Oktober 2010, Stellenbosch). In finansi?le opsig verskaf die Universiteit Stellenbosch en die Fakulteit Lettere enersyds ?n mate van stabiliteit aan die US Woordfees deurdat twee tot drie salarisse van die Woordfeespersoneel sedert 2001 ten volle of gedeeltelik gedra word - in driejaarsiklusse ingevolge diverse onderhandelinge en sakeplanne. Sedert 2007 word drie vaste poste (een Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 132 vir die WOW-projek, befonds deur die Fakulteit Lettere) en twee befonds vanuit die verantwoordelikheidsentrum van die vise-rektor Gemeenskapsinteraksie, geheel of gedeeltelik gedra. Kantoorruimte word ook sedert 2000 verskaf (onderhoud met Dorothea van Zyl, 26 Oktober 2010, Stellenbosch). Hoewel die US andersyds goedgunstig is teenoor die Woordfees as die Universiteit se institusionele fees ? veral omdat dit ?n sterk been bied om op te staan wat die Universiteit se Afrikaanse identiteit en gemeenskapsgerigtheid betref ? bied hierdie omgewing egter ook ekonomiese uitdagings, soos ?n strak finansi?le sisteem sonder geriewe soos tjekboeke of kredietkaarte (onderhoud met Dorothea van Zyl, 26 Oktober 2010, Stellenbosch). Verder word geen kostes van die Woordfees- en WOW-projekte buiten die genoemde salarisse deur die Universiteit gedek nie, onder meer omdat universiteite self toenemende finansi?le druk ervaar (Die Universiteit Stellenbosch. ?n Strategiese raamwerk vir die eeuwisseling en daarn?, 2000:7). Fondse moet dus meestal self gewerf en ingesamel word, maar probleme soos die volgende word ondervind: donateurs dra reeds by tot ander inisiatiewe by die US, sodat sprake is van interne kompetisie; donateurs verkeer onder die indruk dat die US vir die Woordfees en WOW sorg en dat die fees dus nie daadwerklik fondse benodig nie; ?f donateurs wil nie vereenselwig word met die US se bagasie uit die verlede nie, ?f wil nie soseer in die huidige tydsgewrig met Afrikaans vereenselwig word nie (onderhoud met Dorothea van Zyl, 26 Oktober 2010, Stellenbosch). Die verbondenheid van die Woordfees aan ?n universiteit bring saam met ?n sekere geborgenheid ook mee dat die Woordfees en WOW-projek nie slegs onder die ?beheer? staan van buitedonateurs wat voortdurend in ag geneem moet word nie, maar ook onder ?beheer? van die Universiteit met betrekking tot die volhoubaarheid daarvan. In 2007 het die daadwerklike gevaar byvoorbeeld ontstaan dat die Woordfees om finansi?le redes nie sou kon voortgaan nie, toe een siklus van befondsing vir salarisse weens ?n verwisseling van rektore afgeloop het voordat ?n ander in die plek daarvan gestel kon word. Prof. Estian Calitz, die toenmalige Uitvoerende Direkteur Finansies, het egter die erns en dringendheid van die saak ingesien - en was daarom bereid om sy eie afspraak met die rektor deels af te staan aan die Woordfees. Dit het gelei tot ?n vergadering met die rektor, vise-rektor, dekaan, Dorothea van Zyl en prof. Estian Calitz (die destydse hoof van finansies) waarop besluit is dat Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 133 die Fakulteit Lettere en die Universiteit saam drie vaste poste sou dra (onderhoud met Dorothea van Zyl, 1 Mei 2010, Stellenbosch; Van Zyl en Myburgh, 2010:9-10). In 2008 is die Woordfees en WOW n? ?n voorlegging goedgekeur as ?n vlagskipprojek van Gemeenskapsinteraksie en is die twee salarisse waarvoor die US verantwoordelikheid aanvaar het, deels gedek. Hierdie status gee die Woordfees dus die sekuriteit van jaarlikse finansi?le steun (vgl. Van Zyl en Myburgh, 2010:10). Omdat die salarisbesluit egter ad hoc geneem is en nie deur die gebruiklike begrotingsproses gegaan het nie, was dit op die duur slegs deels volhoubaar ten opsigte van die salariskoste (Van Zyl en Myburgh, 2010: 10)9. Die onsekere posisie van die Woordfees binne die US gedurende die eerste dekade en langer, is onder meer daaraan toe te skryf dat ?n fees nie normaalweg tot die kernbesigheid van ?n universiteit gereken word nie en daar dus nuwe meganismes in plek gestel moes word vir die hantering daarvan. Anders as dosentposte wat subsidiegeld genereer deur gepubliseerde artikels, tesisse en proefskrifte, bly die US Woordfees daarby ?n uitgawe vir die Universiteit omdat dit (soos ander kunstefeeste) nie winsgewend aangebied kan word nie, maar steun op fondse van buite (onderhoud met Dorothea van Zyl, 1 Mei 2010, Stellenbosch). Aan die ander kant pas die fees juis goed in by die US se posisionering as gemeenskapsgerigte universiteit en genereer dit besonder baie positiewe reklame. Dit was waarskynlik belangrike oorwegings in die besluit wat die Rektor se Bestuurspan op 16 Augustus 2010 geneem het om die Woordfees ?n Korporatiewe Entiteit van die Universiteit te maak, soos die HB Thom Teater, Sasol Kunsmuseum, Konservatorium, Botaniese Tuin en US koor. Die besluit het die implikasie dat die US Woordfees ?deurdring? tot die US se hoofbegroting en dat groter bestendigheid kan volg (onderhoud met Dorothea van Zyl, 26 Oktober 2010, Stellenbosch). Met uitsondering van die Woordfeespersoneel se salarisse wat die Universiteit en Fakulteit dra (en aanvanklik slegs vir drie van die vyf personeellede), bly die Woordfees egter steeds afhanklik van buiteskenkings en -borgskappe (US Woordfees Stellenbosch 6-15 Maart 2009, 2008:6). 9 Sedert die begin van 2012 beskik die US Woordfees en WOW-projek oor vyf vaste Woordfeesposte en sedert 1 Maart oor ?n kantoorbestuurder wat die Universiteit befonds. Prof. Van Zyl beklee ?n 50/50-betrekking, gedeel tussen ?n dosentskap in die Departement Afrikaans en Nederlands en die Woordfeesdirekteurskap. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 134 Om die probleem van befondsing te probeer oplos, wou die feesdirekteur, Dorothea van Zyl, in 2008/2009 op advies van die dekaan ?n oorkoepelende sentrum op die been bring, met ?n akademiese benadering, as ?n bemarkbare entiteit. Dit het egter na ondersoek geblyk dat die sentrum, wat as die SELF sou bekend staan (Sentrum vir Leesbevordering en Feestebestuur), nie die geskikte struktuur vir ?n fees sou h? nie, en dat donateurs in elk geval eerder verkies om gevestigde merkname soos die Woordfees en WOW te ondersteun. Dit het finaal bevestig dat die mees geskikte weg was om die US Woordfees ?n volwaardige deel van die US-hoofstroom te maak - as Korporatiewe Entiteit van die Universiteit. Die volhoubaarheid van die US Woordfees hang dus grootliks af van die Universiteit se besluite en die plek toegeken aan die Woordfees binne US strukture (Van Zyl en Myburgh, 2010:14). ?n Ander finansi?le uitdaging vir ?n Suid-Afrikaanse fees soos die US Woordfees is dat die heersende maatskaplike situasie die meeste landsburgers verhinder om aan kulturele aktiwiteite soos feeste deel te neem omdat mense in ?n lae inkomstegroep dit nie kan bekostig nie. Die bekroonde dramaturg Mike van Graan (2008) stel dit soos volg: [...] over 40% of our country?s families survive on R20 per day. It is one thing to claim that you brought the biggest musical in the world to Africa, but it?s another thing when the cheapest ticket to The Lion King of R150 would feed such a family for a week. Deurdat die US Woordfees jaarliks sorg vir ?n verskeidenheid gratis en goedkoop gebeurtenisse op die program, word pogings aangewend om feesbywoning moontlik te maak vir minder gegoede mense en vir studente. Voorbeelde is boekbekendstellings soos van Digter wordende (Woordfeesprogram. 6-15 Maart 2009. Lag-Lag 10 Jaar, 2009:3) en Verbrande paradys (Woordfeesprogram. 6-15 Maart 2009. Lag-Lag 10 Jaar, 2009:7), sowel as die gratis Mardi Gras vir die bre? gemeenskap op die Braak (Woordfeesprogram. 6-15 Maart 2009. Lag-Lag 10 Jaar, 2009:27). Die US Woordfeeste van 2009 en 2010 het ?n verdere uitdaging beleef met die ekonomiese resessie wat feesgangers benadeel het. In Oktober 2008 het die waarde van die Rand met 20% gedaal teenoor die Dollar - die sterkste afwaardering sedert Augustus 1985, toe die destydse apartheidsbewind die vertroue van die finansi?le markte verloor het omdat die land nie meer sy skuld kon betaal nie. Die w?reldwye kredietkrisis het ook in Suid-Afrika sy tol begin eis sedert veral 2009, met heelwat mense wat hul werk verloor het (Thakali, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 135 2009:16). Die vraag na grondstowwe, van groot belang vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, het afgeneem en die Rand se posisie het verder verswak. Hierdie kombinasie van faktore het daartoe gelei dat die Rand (naas die Turkse Lira) in Suid-Afrika as een van die opkomende ekonomie?, die sterkste in waarde gedaal het (De Jager, 2008:171). Die verreikende implikasies van ?n uitdagende ekonomiese klimaat soos di? word ge?llustreer deur die organisasie van Woordfees 2010. Weens die nadraai van die resessie kon die SAUK byvoorbeeld nie bekostig om die RSG-omroepers soos gewoonlik na die Woordfees te laat kom nie, maar omdat die US Woordfees - en die US - staatmaak op die blootstelling wat die radiostasie bied, het die Woordfees vir die 22 vliegkaartjies betaal (onderhoud met direkteur van die US Woordfees, Dorothea van Zyl, 1 Mei 2010, Stellenbosch). Die resessie het besondere uitdagings gestel aan die program, maar ten spyte van die ekonomiese klimaat het die getal feesdeelnemers steeds toegeneem. Die US Woordfees, wat in 2000 as deurnagfees begin het met 1000 besoekers, het in 2008 reeds ongeveer 29 000 feesbesoeke getel. Dit het toegeneem tot 38 000 feesbesoeke in 2009 (?n groei van bykans 38%) en, ten spyte van die nadraai van die resessie en ?n hittegolf in 2010, is ?n verstommende 47 300 feesbesoeke (?n verdere groei van byna 18%) aangeteken. Nogtans stel die finansies ?n groot uitdaging met betrekking tot die voortbestaan van ?n fees soos die Woordfees, binne ?n konteks waar bystand van die regering ontbreek; waar tweedens staat gemaak moet word op beide private skenkers en die universiteit, wat beide bepaalde belange voorop stel wat nie noodwendig strook met di? van die fees nie; wat derdens afspeel binne ?n samelewing waarvan ?n groot gedeelte dit nie kan bekostig om te betaal vir die bywoon van gebeurtenisse nie; wat vierdens uitgelewer is aan beide nasionale en internasionale ekonomiese krisisse; asook vyfdens aan besluite op die vlak van Ho?r Onderwys wat universiteite raak. Soos die geval met feeste in die algemeen, toon die redes vir die oprigting van die US Woordfees en die maniere waarop dit jaarliks strategies moet aansluit by sowel die behoeftes van die universiteit en die gemeenskap as binne ?n groter nasionale konteks, dat die fees optree as ?n sisteem wat opgerig is om te wedywer en oorvleuel (Even-Zohar, 2005:3-4) met die omliggende sisteme (polisisteem) in Suid-Afrika, veral die Wes-Kaap, maar ook binne die universiteit. Soos Hauptfleisch dit stel (2007:39; sien bespreking p. 40-42), dra Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 136 die US Woordfees spesifieke waardes binne die kulturele polisisteem van Afrikaans en die literatuur oor, maar terselfdertyd tree die fees ook self op as ?n polisisteem, omdat dit uit diverse elemente saamgestel is wat saamwerk om oorreding te bewerkstellig. In die komende afdelings word veral na US Woordfees 2009 verwys om te illustreer hoe die diverse sisteme waaruit die fees self saamgestel word (die fees as polisisteem), saamwerk om terselfdertyd as een sisteem te funksioneer wat die retorika strategies toepas om sosio- kulturele doelwitte te bereik. Die bestuur van ?n liter?re fees soos die US Woordfees, wat daarop gerig is om as sisteem binne die konteks van omliggende sisteme ?n positiewe impak te maak, kan verklaar word met behulp van die retorika-teorie. In die volgende afdelings word vervolgens bespreek hoe die US Woordfees as liter?re fees retories funksioneer deur eerstens die samelewing waarbinne dit afspeel tot deelname te lok en tweedens die deelnemers tot die aanvaarding van liter?re waardes te oorreed. 2.2 Die US Woordfees as ?n openbare gebeurtenis met literatuur as onderwerp Deelnemers aan ?n liter?re fees moet in die eerste plek daartoe oorreed word om aan die feesverrigtinge deel te neem. Daarn? moet hulle oorreed word om die feeswaardes te integreer en tot gepaste aksie oor te gaan. In hierdie bespreking word eerstens aandag gegee aan ?n paar van die retoriese strategie? waarmee die literatuur as onderwerp op die US Woordfees aan potensi?le feesdeelnemers bekend gestel word. Daarna word die rol van die fees as openbare ontmoetingsplek tweeledig bespreek - eerstens as manier om feesdeelnemers te oorreed tot deelname, en tweedens die rol daarvan in betekenisoordrag tydens die fees. Die eerste indruk wat potensi?le deelnemers aan ?n fees vorm, kan vergelyk word met die funksies van die retoriese inleiding (exordium). Hiervolgens moet die spreker sy eie benadering tot ?n onderwerp (hypothesis) bekragtig (confirmatio), die opponerende beto? weerl? (refutatio), die ontvanger se aandag trek (attentum), die ontvanger bereid maak om te luister (docilem) en die ontvanger welwillend stem (benevolum facere) (sien bespreking op p.86). Die tweeledige onderwerp waaroor die US Woordfees handel, word reeds in die naam daarvan oorgedra (woord en fees). Deurdat die US Woordfees se hypothesis, naamlik die verbinding van fees en die Afrikaanse letterkunde, gedeeltelik in die naam vervat is, kan ges? Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 137 word dat die onderwerp inleidend tot die fees bekend gemaak word in ?n tipe exordium. Die feit dat ?Woordfees? ?n Afrikaanse woord is, impliseer reeds dat dit veral gaan om Afrikaans. Deurdat ?n verskeidenheid woorde in die vorm van ?n fees aangebied word, wat ontspanning, moontlik ligsinnigheid en vrolikheid impliseer, word ?n poging aangewend om vooroordele jeens die literatuur af te breek. By US Woordfees 2009 is die etos van die Woordfees as ?n fees wat vrolikheid en vermaak voorop stel, geamplifiseer (amplificatio) deur die tema: ?Lag-lag 10 jaar?. Ook in 2010 het die tema ?Baljaar?, aansluitend by die W?reldsokkerbeker-kampioenskappe wat di? jaar in Suid-Afrika aangebied is, terselfdertyd die betekeniswaarde van pret en vrolikheid versterk. Sportgesprekke, met SuperSport as vennoot, is ook vir die eerste keer aangebied ten einde die teikengroepe uit te brei. Feesdeelnemers wat ontspanning, vrolikheid en vermaak belangrik ag (eikota), sal waarskynlik aanklank vind by ?n tema wat dieselfde waardes weerspie?l (vgl. Leeman & Braet, 1987:46,68). Saam met die US Woordfees se naam as exordium vervul die jaarliks- veranderende tema ook ?n belangrike rol as exordium deurdat dit telkens nuut is en gevolglik potensi?le feesdeelnemers se aandag trek en hul belangstelling prikkel (attentum). Die verwysing na die tienjarige herdenking van die fees in die tema dra boonop by tot die betroubaarheid daarvan (etos), omdat die boodskap oorgedra word dat die fees se volhoubare sukses gemeet kan word aan die feit dat dit reeds vir ?n dekade lank jaarliks aangebied is. Hierdie inligting kan beskou word as ?n maatstaf van sukses omdat dit die idee vestig dat die fees vir ?n dekade lank reeds jaarliks genoeg steun en deelnemers kon trek om te oorleef. Potensi?le feesdeelnemers kan dus ook welwillend teenoor die fees gestem word (benevolum facere). In die exordium moet egter nie net die hypothesis gestel word nie, maar opvolgend daarop moet opponerende beto? teen die fees weerl? word. Omdat die liter?re kultuur in Suid- Afrika nie sterk is nie en meermale beperk is tot ?n klein groep lesers en gekultiveerde mense (sien bespreking op p.123), roep die woord literatuur in die algemeen assosiasies met elitisme en ?n ernstige bedryf op. Binne hierdie konteks sou ?n meer direkte hypothesis gekoppel met die naam van die fees, byvoorbeeld die ?US Liter?re Fees?, meer teenkanting opgeroep het by die meerderheid Suid-Afrikaners - en ingegaan het teen die funksie van die inleiding (exordium) van enige retoriese teks, naamlik om die ontvangers daarvan welwillend Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 138 te stem (benevolum facere). Dit kan dus ges? word dat die naam ?US Woordfees? twee belangrike eienskappe van ?n exordium balanseer: die gedeelte ?woord? dra genoegsaam by tot die assosiasie met literatuur (hypothesis), maar terselfdertyd vermy dit die beperkende, elitistiese beeld wat die direkte gebruik van die woord sou kon skep (benevolum facere). Dit gaan inderdaad by die Woordfees (soos die naam impliseer) nie slegs om die letterkunde nie, maar om alles wat woordgekoppel is - soos woordmusiek (?n Woordfees-neologisme), rap of kletsrym, liedere en lirieke, debatvoering, drama en onderwerpe waaroor gepraat kan word, selfs in die visuele kunste (vgl. p. 59). Daar kan egter ook geargumenteer word dat die naam van die fees verwarring kan skep indien ?Woord? in die eienaam geassosieer word met die Christelike Bybel (die ?Woord van God?). Deurdat die feesopset outomaties ?n uitnodiging rig tot ?n hele gemeenskap om deel te neem aan die verrigtinge, kan die eerste indruk wat potensi?le feesgangers van die fees ontvang reeds die vooroordele jeens Afrikaans afbreek. By die US Woordfees word potensi?le feesgangers verder welwillend gestem teenoor Afrikaans deurdat die fees (wat Afrikaans sentraal stel) inklusief is en gebeurtenisse op die program aanbied wat so divers is dat dit verskille in kultuur en gesofistikeerdheid in ag neem (lg. word bespreek in Afdeling 2.4). Vooroordele teenoor die taal, soos dat dit die wit Afrikaanstaliges en hul kultuur verteenwoordig en dat moontlikhede in die Afrikaanse literatuur beperk is, word dus implisiet in die opset van die fees weerl?. Dit is daarom ?n implisiete demonstrasie van refutatio as retoriese strategie. Aansluitend hierby is die fees se aanvanklike naam, die Afrikaanse Woordfees, in 2003 (Van Zyl en Myburgh, 2010:7) doelbewus verander na die Woordfees. Deurdat minder klem sodoende op die Afrikaanse aard van die fees geplaas word, word die inklusiwiteit van die fees as viering van Afrikaans as taal tussen ander verwante tale (Rosenstrauch, 2009:2) sterker voorop gestel. Die fees vertoon ook jaarliks binne ?n beperkte tyd ?n veelvoud van meestal Afrikaanse werke wat noukeurig geselekteer word. Dit kan moontlik daarop dui dat die kwynende rol van Afrikaans in Suid-Afrika hierdeur ?verdoesel? word (minutio). Terselfdertyd word breed aan die feesdeelnemers uitgemeet word hoe lewendig en vermaaklik Afrikaans steeds is (amplificatio). Reeds by die eerste Afrikaanse Woordfees in 2000 is die eksklusiewe assosiasies wat met Afrikaans en literatuur in Suid-Afrika gepaardgaan, afgebreek deur dit te open met die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 139 optrede van ?n baie jong Xhosa-pryssanger (imbongi) as eerste indruk of exordium. Daardeur is die Xhosa-kultuur vereer en die boodskap oorgedra dat die Woordfees ook hierdie liter?re erfenis belangrik ag (?n vorm van implisiete refutatio). Hierdie gebeurtenis het gedien as ?n belangrike kulturele simbool wat geselekteer is (vgl. arena, p. 28) uit ?n verskeidenheid kultuursimbole in Suid-Afrika (vgl. veld, p. 27) om die Woordfees se inklusiewe beskouing van kultuur, taal en literatuur oor te dra (inventio). Die plakkaat-collage deur Janienke van Zyl, ?n kombinasie van elemente uit feesplakkate gedurende die eerste tien jaar (maar met die byvoeging van ?n prominente nuwe fees- element in die vorm van ?n vrolike ?blaaswurm?), was potensi?le feesgangers se eerste indruk van die US Woordfees 2009. Naas op die plakkate was hierdie uitbeelding op die voorblad van die feesprogramboekie waarvan 20 000 gedruk is, asook op die voorblad van die feesbylaag in Die Burger wat versprei is aan bykans 100 000 mense (Rosenstrauch, 2009:3- 4). Die plakkaat het die boodskap oorgedra van diverse feesgangers wat gelok word om saam te kom partytjie hou. Een van die mees voor-die-hand-liggende leidrade is dat die meeste menslike karakters daarop ?n ander kleur het en daarom geassosieer kan word met rasvariasie. Een van die twee prominentste karakters (hulle is sentraal geplaas en die grootste) is ligblou en die ander een ?n kombinasie van groen en donkerblou. In die voorgrond verskyn verder ?n bruinkleurige fluitspeler, ?n dansende paar waarvan een wit en een swart is (wat kan dui op samewerking tussen rassegroepe), nog ?n swart danser, ?n koningsblou vrou met blonde hare en ?n wit man met ?n groen masker op. Die manier waarop pogings aangewend word om vooroordele jeens die literatuur tydens die feesverrigtinge self af te breek, kan derdens goed ge?llustreer word deur die rol daarvan te vergelyk met uitsprake oor die Versindaba. Versindaba is ?n jaarlikse projek, ook op Stellenbosch, wat die US Woordfees oorgeneem het by Protea Boekhuis en vir die eerste keer op 18 September 2010 aangebied het (Van Zyl en Myburgh, 2010:6). Reeds by ?n vroe?re Versindaba is ?n reaksie ontlok wat die US Woordfees se rol van refutatio in die literatuur goed demonstreer. Carina Stander, ?n digter wat aan Versindaba 2008 deelgeneem het, het naamlik die volgende waarneming daaroor gepubliseer (Stander in Anoniem, 2008c; Stander se beklemtoning): Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 140 Ek raai di? soort geleentheid vir digters is kragtig omdat dit die deure wyd oopgooi en buitestaanders na binne lok. So word die digkuns mos nes brood: alledaags, verteerbaar, sonder muwwerige terme soos oeuvre of enjambement. Gedigte kry gewoon gesig en stem, ?n kans om in die oopte/ openbaar asem te haal. En digters (wat dikwels in isolasie skep) kry ?n tikkie eerlike terugvoer van die gehoor. Uit Stander se uitsprake blyk dat sy die literatuur beskou as tekste wat gewoonlik nie as ?alledaags? ervaar word nie, omdat dit met akademiese jargon soos oeuvre en enjambement geassosieer word, en gevolglik as ?n teken van elitisme beskou word in die samelewing. Stander meen dat Versindaba in hierdie opsig deelnemers se gewaarwording omtrent die literatuur verander deurdat dit meer toeganklik voorgestel word (soos ?brood? ? daar is ook ?n spel met die woord broodnodig) en dus ?n nuwe betekenis kry wat die vooroordeel van elitisme afbreek. Sy noem dat literatuur ?gesig en stem? kry, sowel as ?n kans om ?openbaar asem te haal?. Dit kan ge?nterpreteer word dat literatuur deur sommige mense as ?n anti- sosiale kunsgenre beskou word - wat slegs in stilte en privaatheid geniet kan word. Ook hierdie beeld word gunstig voorgestel deurdat dit met klank (?stem?) en in ?n sosiale atmosfeer verbind word. Die beeld van literatuur word dus tydens gebeurtenisse meer positief oorgedra en vooroordele word afgebreek (refutatio), onder meer deurdat die groot hoeveelheid liter?re werke binne ?n kort tydsbestek die rol en krag van die letterkunde breed uitmeet (amplificatio). Stander se woorde kan van toepassing gemaak word op ?n rol wat die Woordfees speel, naamlik om juis die mens agter die boek bekend te stel en van hom of haar ?n ster te maak. In die proses word van buitestaanders ingewydes gemaak in die literatuur. Die openbare aard van enige fees is besonder belangrik, omdat dit eerstens ?n gevoel van inklusiwiteit aan die gemeenskap oordra. Tweedens kan dit meebring dat ?n groter aantal feesdeelnemers as in die gewone omgang die sosiokulturele waardes as boodskap van die betrokke fees ontvang, en derdens ontstaan groter moontlikhede vir samehorigheid en versoening tussen verskillende groepe feesdeelnemers as gevolg van die communitas. Vir ?n fees soos die US Woordfees, wat veral die Afrikaanse literatuur as onderwerp vier binne ?n verdeelde Afrikaanse gemeenskap, dien die openbare aard daarvan as belangrike retoriese eienskap om Afrikaanssprekendes te versoen en hulle te oorreed om ?n positiewe beeld omtrent Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde te vorm. Die openbare aard van die US Woordfees het nie alleen tot gevolg dat ?n groter aantal gemeenskapslede uiteindelik bereik Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 141 word nie, maar dit dien ook (naas die verdere retoriese funksie om feesdeelnemers se behoefte aan affiliasie te bevredig deur die kameraderie wat hulle ervaar) om groter inklusiwiteit te skep, met die moontlikheid dat sommige gebeurtenisse as openbare sfere kan optree waar openbare mening gevorm word. Saam met die skeiding van die alledaagse lewe wat ?n fees soos die US Woordfees bied (sien Afdeling 2.3), kan die samekoms van ?n groot aantal feesgangers dus ?n gevoel van communitas tot gevolg h?. ?n Vriendskaplike atmosfeer ontstaan waarin die alledaagse klasseskeidings wat tipies verdeeldheid in die (Afrikaanse) Suid-Afrikaanse gemeenskap tot gevolg het, tydelik vervaag. Die positiewe gemoedstemming wat heers, kan geassosieer word met die oorredingstrategie patos (emosionele ontroering), wat daartoe kan lei dat mense beter met mekaar assosieer en gevolglik minder krities is teenoor mekaar of die gebeurtenisse waaraan hulle sal deelneem. Communitas kan ?n versoenende rol binne die Afrikaanse gemeenskap bewerkstellig en die deelnemers sal terselfdertyd meer vatbaar wees vir die positiewe beeld wat die feesgebeurtenisse van Afrikaans en die Afrikaanse literatuur voorhou. Tydens US Woordfees 2009 is gebeurtenisse aangebied wat feesgangers goeie geleenthede sou bied om bevriend te raak met ander deelnemers. Benewens die Mardi Gras en Karnaval wat verskeie geselsgeleenthede gebied het vir mense wat byvoorbeeld byeen sou kom by stalletjies of mallemeulens, het ander gebeurtenisse ook volop geleenthede gebied waar feesgangers saam kon eet en gesels: die Aan Tafel- gebeurtenisse soos Aandwandeling met spoke het ge?indig met ?n aansit-ete (Woordfeesprogram, 2009:5); Storievuur het behels dat feesgangers ontmoet om ?n gesellige vuur en na stories luister (Woordfeesprogram, 2009:5); in Kombuis is feesdeelnemers uitgenooi om om ?n kombuistafel te kuier terwyl resepte voorberei is (Woordfeesprogram, 2009:6); Brekfis met Etienne is met ?n buffet-ontbyt gekombineer (Woordfeesprogram, 2009:6), en by die Boekmark (Woordfeesprogram, 2009:6) is heeldag ge?et, gekuier, gedrink en gekoop. Een van die belangrikste doelwitte van liter?re feeste, naamlik om debat oor aktuele kwessies te stimuleer, word ook verwesenlik deurdat so ?n fees openbaar van aard is. Die openbare sfeer word deur Gerard Hauser verwoord as ?n ontmoetingsruimte van verskillende mense binne een belangegroep, wat menings uitruil deur middel van diskoers Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 142 en uiteindelik die mees oorredende mening kies (die openbare mening). Volgens Hauser is een van die kriteria wat bepaal of ?n openbare sfeer suksesvol retories sal funksioneer, die inklusiewe aard daarvan wat enigiemand vry stel om by te dra tot die diskoers. Die gebeurtenisse waarin aktuele kwessies aan bod kom word by die US Woordfees gewoonlik gegroepeer onder Woordure (wat onderhoude en gesprekke met skrywers behels), Reekse en Diskoers (naamlik debatvoerings en relevante gesprekke met leiers wat in 2009 direk uitgesaai is op RSG) (Woordfeesprogram, 2009:9-12). Die teorie oor openbare sfere impliseer dat die deelname aan diskoerse binne ?n openbare sfeer dus ook nie beperkend behoort te wees ten opsigte van sosiale profiel nie. Enigiemand kan bydra tot deelnemers se meningvorming, maar sprekers wat bydra tot die diskoers behoort oordeelkundigheid, deugsaamheid en betrokkenheid te toon ten einde ?n bydrae te kan lewer tot die openbare mening. Die regse skrywer en aktivis Dan Roodt is (soos genoem) genooi na Woordfees 2005 om aan ?n paneelbespreking deel te neem oor die Little Magazine-beweging en om oor sy eie skryfwerk en lewensfilosofie te praat (Jordaan, 2005:2). ?n Hele aantal feesgangers het egter nie verstaan dat die US Woordfees nie vereenselwig kan word met hierdie individu se uitsprake nie, maar eerder met die openbare mening wat uiteindelik gevorm word. Hiertoe sou Roodt in ieder geval nie kon bygedra het indien die feesdeelnemers hom nie as oordeelkundig (phronesis) sou ontvang nie. Ten spyte van beswaarmakers se protes en aandrang dat die US Woordfees die uitnodiging kanselleer, is die versoek geweier juis omdat die Woordfees sy inklusiewe (maar ook retoriese) rol wou voortsit, vrye spraak wou bevorder en sodoende as ?n gunstige ruimte vir die optimale funksionering van verskillende menings wou bly optree. Hierdie tipe benadering wil uiteindelik groter konsensus tot gevolg h? wanneer die openbare mening gevorm word. Vir ?n retoriese instansie soos die US Woordfees om in te skerp dat Afrikaans en die literatuur in Suid-Afrika inklusief is en dat dit mense esteties en andersins kan verryk, moet die verwysingsraamwerke van die feesdeelnemers as ontvangers van hierdie boodskap in ag geneem word (vgl. Leeman en Braet, 1987:46). Die kontekstuele faktore in Suid-Afrika wys daarop dat Afrikaans in sommige kringe enersyds steeds beskou word as die taal van apartheid en dat dit dus met onderdrukking en uitsluiting geassosieer word, en andersyds Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 143 dat dit ?n kwynende taal is wat minder invloedryk as Engels raak. Boonop word die Afrikaanssprekende gemeenskap steeds gekenmerk deur ras-, kultuur- en ideologiese verdeeldheid. As feestelike byeenkoms kan die retoriese werking van die US Woordfees as geheel ten opsigte van feesgangers as ?n uitdrukking van Aristoteles se epideiktiese rede beskou word - waarvolgens feesdeelnemers nie oorreed word deurdat ?n gewenste oordeel gevel word nie, maar deurdat hulle eerder onder die gewenste indruk geplaas word. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 144 2.3 Die US Woordfees as ?n skeiding van die alledaagse lewensorde Die beperkte tyd waarin feeste plaasvind, die tydelike transformasie wat ?n bekende ruimte ondergaan en die buitengewone vrolikheid wat met feestelikheid geassosieer word, is ook kenmerkend van die US Woordfees ? wat ingevolge die teoretiese uitgangspunte dus ?n gepaardgaande eventiserende effek behoort te h?. In hierdie afdeling word die uitleg van die US Woordfees bespreek om na te gaan watter retoriese metodes die feesbestuur aanwend om hierdie drie strategie? te verwesenlik en feesgangers onder die indruk te bring dat hulle geskei is van die alledaagse sodat hulle meer vatbaar sal weer vir oorreding. Daar kan weereens onderskei word tussen die manier waarop die Woordfees hierdie aspekte benut om potensi?le deelnemers te lok en die sielkundige effek wat hierdie afwykings van die alledaagse op die feesdeelnemers uitoefen. Die afgebakende tyd vir die aanbieding van die US Woordfees is jaarliks in Maartmaand, maar die fees het mettertyd oor meer dae begin strek. In 2000 het die eerste Afrikaanse Woordfees oor een nag gestrek (?n deurnagfees as ?n tipe oefenlopie) en in 2001 was dit ?n naweekfees. US Woordfees 2009 is vir tien dae aangebied om die tienjarige herdenking van die fees te vier en, al is dit nie pertinent aangedui nie, het ook die groot Woordfees 2010 oor twee naweke gestrek - ongeveer tien dae. Die fees is dus besig om te migreer na twee naweke en ?n tussenweek, in plaas van een week wat oploop na ?n naweek soos tot 2008 die geval was. Die standaardlengte van die fees stem dus ooreen met die ideale lengte wat die Special Event Report (1983, in Getz, 1991:54) voorstel. Hiervolgens is vasgestel dat agt tot veertien dae die ideale lengte vir ?n fees is, omdat dit genoeg tyd bied vir die opbou van momentum en ook kort genoeg is dat die deelnemers steeds die dringendheid ervaar om die fees by te woon en gevolglik in groot getalle opdaag. ?n Groot getal feesdeelnemers, wat ?n gewenste verskynsel is vir enige feesorganiseerder, onder andere omdat dit die openbare aard van die fees tot sy reg laat kom, word dus beter verwesenlik. Die indruk word in die proses gevestig dat ?n fees soos die US Woordfees afwyk van die alledaagse en nie elke dag beleef kan word nie. Dit verklaar die jaarlikse opgewondenheid oor die programbekendstelling en opening van die kaartjieskantoor ? mense bel reeds weke voor die tyd om te hoor wanneer dit gebeur. Die eerste paar dae word verder (soos die laaste week) gekenmerk deur ?n stormloop vir kaartjies, te meer omdat feesgangers se ervaring in Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 145 die verlede geleer het dat venues redelik gou kan uitverkoop vir die gewildste vertonings (onderhoud met direkteur van die US Woordfees, Dorothea van Zyl, 27 Junie 2009, Stellenbosch). Die transformasie van ?n alledaagse ruimte, naamlik die Universiteit Stellenbosch waar onder andere studente en dosente daagliks verantwoordelikhede moet nakom, na een wat omskep word in ?n ruimte wat anders lyk as gewoonlik, het tot gevolg dat dit opnuut ervaar word en nie geassosieer word met die alledaagse bedrywighede wat daar plaasvind nie. Ooreenkomstig met die effek van ostranenie in die kunste (vgl. p. 22), word die alledaagse ruimte vervreem sodat feesontvangers dit vanuit ?n vars perspektief kan beskou en gevolglik minder afgestomp sal wees rakende nuwe betekenisse. Boodskappe wat binne hierdie feesruimte oorgedra word, dra meestal meer betekenis as wat buite die feesruimte die geval sou wees. Sodoende word die betekenis dus geamplifiseer (amplificatio). Die Universiteit Stellenbosch as alledaagse ruimte waaraan die US Woordfees gekoppel word, is in 2009 tot ?n feesomgewing omskep deur middel van ?n groot aantal groot baniere (Woordfees- ?feathers?), plakkate en vlae wat in die dorp gepryk het. Die feesterrein is ook op ?n besondere manier omskep deurdat Strijdom van der Merwe spesiaal vir die tiende Woordfees ?n landskaptentoonstelling met 24 glimlagbankies en ander glimlaggende lokaalaanwysings en glimlagte in die bome uitgestal het (Rosenstrauch, 2009:4). Die verskyning van hierdie besonder sigbare rooi-en-wit bankies was nie net uitsluitlik verbonde aan die feestydperk nie, maar het terselfdertyd as rusgeriewe vir feesgangers gedien en die vrolike stemming wat met die feesvierings gepaardgaan, gekomplementeer. Die feeskern word verder jaarliks as volg beplan: die Plataankafee, agtertuin van die Sasol Kunsmuseum vanwaar RSG ook uitsaai, word sedert 2008 as restaurant ingerig, met vrolike tafeltjies, sambrele en ?n tent in die vierkant saam met RSG se karavaan, ?n groot boektent (later ook ?n boekverkooptent) buite die hek. ?n Buitelug seekosrestaurant, De Vette Mossel, is vanaf 11-15 Maart 2009 op die parkeerterrein van die Kruiskerk ingerig, met etlike tonne sand wat ingery is (sedert 2010 word dit gevestig op die parkeerterrein van die Sasol Kunsmuseum ) as ?n volkome ander tipe kuierruimte. In 2009 het kykNET boonop ?n enorme blou opblaasleunstoel voor die Sasol Kunsmuseum geplaas. In 2009 en 2010 is die interieur van die kunsmuseum ook getransformeer deur groot konseptuele kunswerke. Naas die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 146 vervreemdingseffek is dit belangrik dat die kuierruimte so uitnodigend moontlik moet lyk ten einde feesgangers te lok om heeldag te kuier. Saans is dit nogmaals in iets anders getransformeer deurdat die Boektent verander het in die Sanlam Nagkat, met kabaretvertonings en ?n gekuier agterna by lamplig in die vierkant. Die ernstige stemming wat sommige boeke, dramas, musiekuitvoerings en debatte kan skep, is ook op ander maniere verdoesel. Die helderkleurige partytjiefluitjie of ?blaaswurm? op die die offisi?le feesplakkaat vir 2009, met karakters wat dans en musiek maak, is byvoorbeeld ?n herkenbare simbool uit die alledaagse lewe van feesgangers (simeia) van geselligheid en viering. Die stemming van die US Woordfees is nie alleen deur die helder kleurgebruik en oorspronklike grappigheid wat met landskapkuns soos die glimlagbankies gepaardgaan ligter gemaak nie, maar sommige feesbedrywighede staan ook jaarliks in die teken van vrolikheid en skouspelagtigheid. Die Karnaval (Woordfeesprogram, 2009:27) wat vir die eerste keer tydens die US Woordfees 2009 aangebied is, verskaf ?n ligte atmosfeer met behulp van mallemeulens, stalletjies en ?n buiteverhoog vol kunstenaars. As deel van die Karnaval was daar boonop ?n biertent waar ?n rugbywedstryd (?n belangrike simbool van ontspanning uit die Suid-Afrikaanse konteks) regstreeks uitgesaai is. Ook die Mardi Gras het ligte, maar skouspelagtige vermaak gebied in die vorm van trompoppies, ?n modevertoning, orkeste, plaaslike kunstenaars, stalletjies, springkastele en ?n gratis verhoog (Woordfeesprogram, 2009:27). Ander strategie? wat gebruik is om die US Woordfees se beeld as ?n vrolike byeenkoms te beklemtoon, is die gebruik van komiese gebeurtenisse en die skep van koddige feeskarakters. ?n Gebeurtenis, naamlik ?n Storie, ?n storie, my koninkryk vir ?n storie, was ?n reeks snaakse vertellinge deur bekendes (Woordfeesprogram, 2009:2). Koddige of komiese afbeeldings word ook soms as feesembleme gebruik, byvoorbeeld die sokkerbrommer, geskep deur die kunstenaar Piet Grobler, wat by US Woordfees 2010 gefigureer het. Die sokkerbalbrommer, met onskuldige rooi ogies en verflenterde wimpers, se doel was om die tema (?sport en sports?) uit te lig, aandag te trek, en deur die feesgangers te laat glimlag (patos), by te dra tot ?n vrolike feesatmosfeer. Die aanmoediging tot lughartige gedrag by feesgangers dien nie alleen die doel om ?n alternatief vir die alledaagse bestaan te bied nie, maar kan op meer as een manier Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 147 onafhanklik daarvan ?n retoriese rol speel. Eerstens dra ?n feesviering die boodskap oor dat dit wat vertoon word (deur middel van gebeurtenisse) positief en deugsaam is en d??rom gevier behoort te word. In ooreenstemming met die epideiktiese redevoering word feesdeelnemers dus van die standpunte oorreed deurdat hulle onder ?n bepaalde indruk geplaas word. Tweedens speel die vrolikheid in op feesdeelnemers se emosies en die moontlikheid van opwindingstransformasie veroorsaak dat hulle minder krities is oor gebeurtenisse wat bygewoon word (patos). Die totale effek wat die skeiding van die alledaagse (deur middel van tyd, ruimte en gedrag) op feesdeelnemers het, is dat betekenis wat tydens die fees oogedra word, ge?ventiseer word. ?n Groot aantal feesdeelnemers kom op een stadium byeen (communitas) in ?n gees van feesviering (patos) en raak dus minder krities teenoor die inhoud van gebeurtenisse. Terselfdertyd word die doeltreffendheid van betekenisoordrag sterker deur ostranenie en vind amplificatio dus plaas. Die indruk wat by feesdeelnemers geskep word - dat hulle tydelik van hul verantwoordelikhede in die alledaagse lewe geskei word - is boonop ?n verskynsel wat ?n besondere funksie vervul wat attentum betref. In die retoriese teks is ?n funksie van die inleiding om die ontvanger (feesdeelnemer) se aandag te trek. Deur middel van ?n sielkundige proses soos vloei, wat deur die feesomgewing aangewakker word omdat dit ?n skeiding van die alledaagse bied en die deelnemers in ?n verhoogde staat van konsentrasie laat verkeer, word aandag nie net getrek nie, maar sonder afleidings uit die omgewing word dit ook behou. Met verwysing na Victor Turner se liminale fase, wat volgens hom ook ?n skeiding van die alledaagse bied (sien p.29), kan verder ges? word dat die feesomgewing ook ?n tipe liminale fase vir feesdeelnemers skep om sodoende amplificatio optimaal te laat plaasvind. Soos in die geval van Turner se liminale fase, kan die slotsom bereik word dat die individu makliker oor alledaagse sosiale strukture sal kan besin omdat die persoon in ?n verhoogde staat van konsentrasie verkeer. By die US Woordfees sal die kwessies wat aan bod kom onder andere te doen h? met die literatuur, Afrikaans as taal, drama, musiek, woordmusiek, die visuele kunste, debattering en etes, asook bekendstelling aan kunstenaars uit Suid-Afrika en die Nederlande (Woordfeesprogram, 2009). Al drie kategoriserings van strategie? wat saamwerk om vir ?n beperkte tyd ?n ongewone, buitengewoon vrolike ruimte te skep - as ?n skeiding van die alledaagse - funksioneer Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 148 terselfdertyd as ?n retoriese exordium om lede uit die gemeenskap aan te moedig tot deelname aan die fees. Die omskepte ruimte, wat grotendeels gekenmerk word deur ?n groot aantal feesplakkate-, baniere en illustrasies, stel die gemeenskap bekend aan die vraagstelling (fees) wat ter sprake is (hypothesis), naamlik die wyse waarop woordgerigte aktiwiteite by die Woordfees aan bod kan kom. Die ongewoonheid van die ruimte en die vrolikheid prikkel die nuuskierigheid en trek dus aandag (attentum). 2.4 Die doelwitte van die US Woordfees rakende die literatuur Volgens Aristoteles moet enige retoriese kommunikasiesituasie ten doel h? om die ontvangers daarvan te be?nvloed. Dit ontstaan deurdat die sender ?n bepaalde onderwerp op ?n strategiese manier stuur sodat die uiteindelike teks (in hierdie geval ?n fees) die beoogde invloed kan uitoefen. Daar is reeds in Afdeling 2.2 genoem dat ?n liter?re fees soos die US Woordfees omgaan met die literatuur as onderwerp. Die manier waarop die senders (feesorganiseerders) hierdie onderwerp strategies aanbied om invloed op die feesdeelnemers uit te oefen, het te doen met die volgende doelwitte: om ?n lees- en skryfkultuur te bevorder; ?n bewussyn te skep omtrent (veral Afrikaanse) liter?re aktiwiteite; om liter?re netwerke tussen mense tot stand te bring en te handhaaf, en om diskoers en debat oor aktuele sake te stimuleer. Alhoewel my bespreking fokus op twee doelwitte, naamlik die stimulering van diskoers en die bevordering van ?n lees- en skryfkultuur, word vervolgens ook kortliks nagegaan hoe die fees kan bydra om liter?re netwerke tussen mense te verbeter en ?n bewussyn omtrent liter?re aktiwiteite te skep, omdat beide hierdie doelwitte terselfdertyd ook help bydra tot die bevordering van ?n lees- en skryfkultuur. In die nastreef van hierdie doelwitte word beoog dat deelnemers ?n sterker oortuiging sal h? dat die literatuur opvoedkundige, morele, estetiese en ander positiewe waardes bied, en dat hulle daarom tot aksie sal oorgaan deur byvoorbeeld meer aan liter?re aktiwiteite deel te neem en boeke te koop. Deurdat die retorika op kommunikasiesituasies van toepassing is, is dit maklik versoenbaar met analitiese besprekings oor die werking van betekenisoordrag (dat ?n boodskap deur ?n sender aan ?n ontvanger oorgedra word). Hierdie kommunikasiesituasies vind by feeste deur middel van gebeurtenisse plaas en dra alledaagse simbole oor in ?f die patroon van spel ?f ritueel. Elkeen van die genoemde doelwitte word vervolgens om die beurt bespreek om te Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 149 illustreer hoe dit in die praktyk, deur middel van gebeurtenisse tydens die US Woordfees, verwesenlik word. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 150 a) Die bevordering van ?n lees- en skryfkultuur By die skryfskole tydens die US Woordfees 2009 was die herkenbare simbole wat uit die alledaagse lewe (semeia) geselekteer is die bekende en hooggeagte skrywers (auctoritas) wat aan deelnemers leiding gegee het met verskillende tipes skryfwerk, byvoorbeeld Hunter Kennedy, Lize Beekman en Valiant Swart wat opgetree het by ?n liriekskryfskool; en Franci Greyling, Jaco Jacobs, Carina Diedericks-Hugo, Martie Preller, Fanie Viljoen, Hans du Plessis en Erika Lourens, wat ?n ATKV Kinderboekskryfskool gelei het. Die instansies (outoriteite) wat die gebeurtenisse aanbied en die verloop daarvan op die feesprogram bepaal, is meestal belangegroepe wat die Afrikaanse literatuur en kultuur bevorder, soos Litnet, NB Uitgewers, Protea, LAPA, Boeke-Insig en die ATKV. Sedert 2006 word jaarliks profiele aangebied van skrywers wat ?n mylpaalverjaarsdag bereik het of wat andersins ?n beduidende bydrae gelewer het tot die Afrikaanse letterkunde (onderhoud met Dorothea van Zyl, 27 Junie 2009, Stellenbosch). Uit beskikbare profiele word ?n paar geselekteer (inventio) wat so ?n impak gemaak het dat dit die deelnemers sal aanmoedig tot regstreekse aksie deur self te lees, na te dink, ensovoorts. Terselfdertyd word die gunstige beeld van hierdie bekende liter?re figure vooropgestel (amplificatio) deurdat hul optrede binne die feeskonteks aansluit by die retoriese beginsels van oordeelkundigheid (phronesis, wat na vore kom in hulle beheersing van die skryfkuns); deugsaamheid (aret?, omdat hulle die wenslike aksie van skryf uitvoer) en welwillendheid of betrokkenheid (eunoia), omdat hulle bereid is om feesgangers ?n kykie agter die skerms te gee - vgl. p.86). Die WOW-projek, wat veral gerig is op die bevordering van lees en die kunste by leerders, bied jaarliks ?n skoolkoerantprojek tydens die fees aan wat beoog om hierdie leerders te oorreed om meer betrokke te raak by die skryf van koerantberigte. Skoliere word eerstens onder die indruk geplaas dat die skryf van koerantberigte wenslik is en tweedens leer hulle die beginsels van hoe dit gedoen behoort te word. Volgens Aristoteles is die verantwoordelikhede van die retoriese sender met betrekking tot sy publiek drieledig (vgl. p.89): hulle moet oorreed word van ?n standpunt (dat die aksie van skryf byvoorbeeld wenslik is) deur hulle te laat nadink (conciliare), emosioneel te beweeg (movere) en hulle te onderrig deur middel van grondige bewyse (docere en probare). Die uitreik na skoliere deur Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 151 middel van die WOW-projek sluit direk aan by die US Woordfees se doelwit om ?n lees- en skryfkultuur te ontwikkel (Olivier, 2009, outeur se kursivering): [...] prof. Dorothea van Zyl, direkteur van die US Woordfees, [wil] die volgende moontlik [...] maak: volgehoue bewusmaking van die waarde van lees, leesontwikkeling en -ondersteuning in skole, beskikbaarstelling van leesmateriaal (kopkos naas kospakkies) aan veral ondervoorsiene gemeenskappe, asook die ontwikkeling en wye verspreiding van strategie? vir leesstimulering onder voorskoolse kinders. b) Die skep van ?n bewussyn omtrent (veral Afrikaanse) liter?re werke Gebeurtenisse wat in 2009 daarop gerig was om ?n bewussyn omtrent liter?re werke te skep, was boekdiskussies (byvoorbeeld Vir Leunstoelreisigers, Ligdans: Depressievegters se verhale van hoop, 3 Stemme uit Nuwe Stemme 3) en boekverkope by die KykNet Boektent en Boekmark (Woordfeesprogram, 2009:2-3,11). By die US Woordfees word Afrikaans uitgelig as taal waarin die literatuur kan floreer, deurdat hierdie taal met sy simboolwaarde besonder sterk figureer in die sosiale dramas wat tydens feesgebeurtenisse afspeel. Indien die term simbool beskou word as ?n indirekte betekenistoekenning wat aan ?n konkrete saak of handeling gegee word (vgl. Van Gorp et al, 1993:388), kan ges? word dat die gebruik van grotendeels Afrikaans en Afrikaanse literatuur byvoorbeeld die betekenis oordra dat dit mense in staat stel om kreatiewe, raak en invloedryke gewaarwordinge te maak. Die gebruik van ?n bepaalde taal as kulturele simbool kom nie by alle liter?re feeste ewe sterk na vore nie. Dit is ?n sterker element op die US Woordfees as byvoorbeeld by sommige internasionale liter?re feeste, wat byvoorbeeld ?n gebalanseerde aanbod nastreef van uiteenlopende tale of een taal (soos Engels) laat oorheers met die blote oorweging dat dit as lingua franca dien tussen verskillende taalgemeenskappe (vgl. p.64). ?n Voorbeeld van laasgenoemde fees is die Nederlandse Poetry International wat jaarliks in Rotterdam plaasvind. Die fees gebruik Engels as voertaal, maar skrywers van verskillende w?reldtale word genooi om deel te neem (Organisatie, 2009). Die gebruik van die Afrikaanse taal as kulturele simbool (sien bespreking op p.72) uit die feesdeelnemers se alledaagse lewe is nie die enigste manier waarop die US Woordfees die rol van Afrikaans in die gemeenskap uitlig nie. Ander kulturele praktyke waarmee Afrikaanssprekendes gemaklik en bekend voel, word terselfdertyd betrek. Alhoewel die volgende gebruike nie beperk is tot die erfenis van Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika nie, Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 152 word kampvure en braaivure, ?n orale tradisie (die vertel van stories en grappe as geselligheid), groot etes, langarmdans en samekomste om rugby te kyk, tog dikwels met hierdie groep vereenselwig. Hierdie kulturele simbole (vgl. p.18) is in 2009 betrek in gebeurtenisse soos Storievuur (feesdeelnemers kom byeen om te luister na storievertellings deur skrywers om ?n ?storievuur?). Deur Storievuur word Afrikaanssprekendes wat bekend en gemaklik voel met die orale tradisie blootgestel aan die oorspronklikheid van skrywers in Afrikaans. Sodoende word die feesdeelnemers aangemoedig om hierdie boeke te (begin) lees (vgl. Woordfeesprogram, 2009:5). ?n Groot aantal aanbiedings is ook gekombineer met etes, byvoorbeeld die Aan Tafel-reeks wat uit agt gebeurtenisse bestaan het (Woordfeesprogram, 2009:5-6). Die Langarm Snack Dans het ?n geleentheid gebied vir verskillende ouderdomme om ?hulle dansskoene [uit te haal] en by die Woordfees [te] kom afstof? (Woordfeesprogram, 2009:27). Rugby is in ?n biertent tydens die Karnaval vertoon sodat entoesiaste ?n Super 14-wedstryd kon kyk (Woordfeesprogram, 2009:27). Ander kulturele simbole wat betrek word, is wyn (Niel Pendock - suur druiwe?, 2009:7), die Christendom as dominerende geloofsoortuiging (Op reis met God en die gode van Egipte, p.8) en politieke veranderinge en onstuimighede (Is die Bruin-Belange-Inisiatief en die Swart Joernalistevereniging reg?; ?n Nuwe tydsgees in die politiek?; Is simbole gesond vir ons samelewing?, Hoe volwasse is ons demokrasie?; en Maatskaplike polarisering of eenheid?, p.12) (Woordfeesprogram, 2009:5,7-8,12). Boekverkope tydens die US Woordfees kry ook ?n ritueelwaarde omdat selfs hierdie handeling betekenis oordra oor die waarde van literatuur. Die handeling om ?n boek te koop kan beskou word as simbool omdat dit in die alledaagse lewe beteken kan dat ?n persoon sodoende sy/haar geletterdheid bevorder. Deurdat die handeling ??k binne die feeskonteks uitgevoer word, word dit as wenslike aksie voorgestel. Feesdeelnemers word terselfdertyd daarvan bewus gemaak van die groot aanbod Afrikaanse literatuur wat tot hul beskikking is deurdat ?n groot aantal boeke by een geleentheid beskikbaar gestel word (amplificatio). Boekbesprekings, gewoonlik in die vorm van onderhoude met die skrywers daarvan, verkry op dieselfde wyse ?n ritueelwaarde. Die outoriteite wat die gebeurtenisse stuur, is mense van ho? aansien binne liter?re kringe. Op grond van etiese oorwegings (etos) beskou feesgangers hul uitsprake as betroubaar en is dus welwillend en goedgesind. Outoriteite in Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 153 hierdie situasie is onder andere bekende openbare figure, skrywers of akademici soos professore aan die Universiteit Stellenbosch. Die funksie van die onderhoude wat hierdie outoriteite voer met die skrywers van aktuele boeke kan as drieledig beskou word. Eerstens word lesers aangemoedig om meer ondersoek in te stel na boeke en skrywers, tweedens word ?n tipe exordium (in die vorm van ?n bekendstelling) omtrent die boeke uitgevoer (feesdeelnemers word ingelig en nuuskierig gemaak omtrent die boeke en aankope daarvan word dus meer waarskynlik) en derdens amplifiseer die veelvoud van gebeurtenisse wat oor verskillende boeke handel literatuur as onderwerp en skep die indruk by feesgangers dat dit ?n belangrike deel van die samelewing uitmaak. Die bespreking van skrywers en boeke kan feesdeelnemers se deelname aan liter?re aktiwiteite soos lees aanmoedig, deurdat hulle ?n boek juis sal lees om voorbereid te wees op ?n onderhoud wat bygewoon word, of in so ?n mate gestimuleer sal word deur die gesprek dat hulle die boek agterna lees. c) Die handhawing van liter?re netwerke tussen mense Die ruimte wat deur die US Woordfees geskep word, kan dien as ontmoetingsplek vir feesdeelnemers en liter?re figure, maar ook vir liter?re figure om hul netwerke te versterk, in gesprek te tree oor die literatuur en groter blootstelling aan mekaar te kry as slegs deur liter?re werke uit die alledaagse lewe. Die mate van netwerkvorming wat feesdeelnemers en liter?re figure in die alledaagse lewe ervaar, sal egter bepaal of die ontmoetingsruimte wat geskep word, ervaar word as spel of ritueel. Vir diegene wat in die alledaagse lewe bitter weinig die geleentheid kry om (ander) liter?re figure te ontmoet, sal die fees as spel optree. Die liter?re figure kry binne die feeskonteks ?n simboolwaarde, word meer toeganklik voorgestel as in die alledaagse lewe en bied daarom ?n welkome verandering of voorstel vir hoe die samelewing moontlik behoort te funksioneer. Vir mense wat tot sterk liter?re netwerke behoort in die alledaagse lewe, kan sommige aanbiedings in die feesomgewing ritualisties funksioneer of die fees, wat jaarliks bygewoon word, raak self ?n tipe ritueel. Die netwerkvorming kan in hierdie gevalle ?n nabootsing wees van die alledaagse lewe. Die groter konsentrasie netwerkvorming wat binne die feesomgewing plaasvind, oorreed deelnemers daarvan dat hierdie aspek van die samelewing juis is en gevier behoort te word. Die handhawing en verbetering van netwerke word in die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 154 spel- ?n ritueelvoorstellings as ?n positiewe bydrae tot die gemeenskap uitgebeeld. Die epideiktiese staan dus op die voorgrond. Alhoewel die gebeurtenisse wat tydens ?n liter?re fees soos die US Woordfees aktualiseer, nie die enigste manier is waarop netwerkvorming kan plaasvind nie, bied ?n groot aantal wel geleenthede daarvoor. Feesgangers kry meermale ook die geleentheid om vrae te stel. Voorbeelde in die Woordfeesprogram (2009:1-11) by die Skrywersfees (2009:1-4) is, naas die skryfskole en onderhoude wat liter?re figure met die skrywers van veral nuut-gepubliseerde boeke voer, is onder meer die volgende: die Profiele dien as huldeblyke en besprekings van gevestigde skrywers se werk (2009:4-5). Aan Tafel (2009:5-6) bied ekstra-gesellige gebeurtenisse, omdat feesdeelnemers die minder strak omgewing van ?n ete kan gebruik as ontmoetingsplek, terwyl voorlesings plaasvind en onderhoude met bekende skrywers gevoer word. Ander gebeurtenisse wat geleenthede vir ontmoetings bied, is Stories agter stories (2009:6-8), Woord-ure (2009:9), en Reekse - wat gehandel het oor Suid-Afrikaanse musiek, Afrikaans se verhouding met die Akademie van Wetenskap en Kuns, en die rol van Nederlands in Suid-Afrika (2009:10-11). Studente en lede van die publiek kan jaarliks ook andere ontmoet by Soete Groete en die Neerlandistiekdag. Liter?re kenners kry nie alleen die kans om vrae te stel aan skrywers nie, maar skrywers word ook soms in ?n groep saamgesnoer om saam oor een aktuele onderwerp te gesels. In beide opsigte kry liter?re figure dus die geleentheid om mekaar te ontmoet, en terselfdertyd ervaar die feesgangers skrywers in lewende lywe en kry hulle die geleentheid om met die skrywers in gesprek te tree deur middel van vraagstelling tydens of n? geleenthede. Podiums tydens ?n liter?re fees dien as lok-aas vir boekkenners om byeen te kom. Tussendeur gebeurtenisse kan feesgangers in ?n meer informele hoedanigheid gesprekke aanknoop. Die feesomgewing maak dit dus vir enige deelnemer geriefliker om tot aksie oor te gaan as hy ?n liter?re netwerk wil skep of versterk. d) Die stimulering van diskoers en debat oor aktuele sake Hierdie doelwit van die US Woordfees kan nie geskei word van die literatuur nie, want die rol van literatuur in die samelewing stem baiemaal ooreen met di? van spel by ?n fees: lesers van liter?re werke word soms uitgedaag om die samelewing krities te beskou en te herbesin oor hul identiteit en die status quo. Vir ?n fees soos die US Woordfees, wat sigself ten doel Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 155 stel om die liter?re kultuur te bevorder, is dit gevolglik ook belangrik om enersyds feesdeelnemers se kritiese ingesteldheid te stimuleer en andersyds ?n bewussyn te skep rondom kwessies wat voorop gestel behoort te word. Tydens die US Woordfees 2009 het die Diskoers-reeks (Woordfeesprogram, 2009:11-12) agt gebeurtenisse aangebied wat verband hou met Suid-Afrikaanse politieke, maatskaplike en morele kwessies. As deel van Woord-ure het die gebeurtenis ?n Fees van tien jaar: waar is al die skrywers heen? bespiegel oor die graad waartoe die US Woordfees as ?n elitistiese fees beskou kan word en die mate van blootstelling wat aan opkomende skrywers uit voorheen- gemarginaliseerde gemeenskappe gebied word (Woordfeesprogram, 2009:9). Die geleenthede tot debatvoering wat deur die US Woordfees geskep word, kan feesdeelnemers retories onder die indruk plaas dat die stand van sake in die alledaagse lewe bevraagteken moet word deurdat dit terselfdertyd die strategie? van spel ?n ritueel volg. Deurdat die Diskoers-reeks op die feesprogram gekoppel is met RSG, asook met gesaghebbende figure uit die alledaagse lewe soos Koos Bekker, Sampie Terblanche, Pieter de Villiers en Helen Zille, en afspeel in die ?hart van die fees [...] waar heeldag gekuier, ge?et, gedrink en gekoop [...] word?, vind dit plaas binne ?n konteks waar die praktyk van kritiese besinning as deugsaam, maar terselfdertyd as vermaaklik, voorgehou word (Woordfeesprogram, 2009:11-12). Die praktyk van debatvoering by die fees kan dus beskou word as ?n tipe ritueel, maar terselfdertyd kan die inhoud (uitsprake) die kenmerke van spel vertoon. Tydens die debatvoerings word simbole (simeia) uit die alledaagse lewe geselekteer (inventio) en die orde daarvan in die alledaagse lewe word tipies deur die debatvoerders uitgedaag. Alledaagse politieke, maatskaplike en morele kwessies in Suid-Afrika het tydens die debatreeks van die US Woordfees 2009 gefigureer. Reeds voordat die debatte begin, lei die titels van hierdie gebeurtenisse die kritiese aard (ooreenkomstig met spel) daarvan in. ?n Vraagstelling soos Is die Bruin-Belange-Inisiatief en die Swart Joernalistevereniging reg? doen reeds ?n beroep op feesdeelnemers om te oorweeg of die praktyke van hierdie belangegroepe in die alledaagse lewe verbeterbaar is en dus moet verander. Ook die titel Hoe volwasse is ons demokrasie? daag feesdeelnemers by die aanhoor daarvan reeds uit tot nadenke oor die mate waarin hierdie kwessies die verlies aan eenheid en stabiliteit in die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 156 gemeenskap simboliseer. Die uitkoms met betrekking tot die openbare mening wat tydens die geaktualiseerde debatte plaasvind, hoef nie noodwendig die status quo te verwerp om ten minste gedeeltelik as spel op te tree nie, want die gees van bevraagtekening waaruit die debatte ontstaan, dra reeds die boodskap aan deelnemers oor dat vrae wel gevra behoort te word en dat kwessies nie onveranderd hoef te bly nie. Die gebeurtenisse wat diskoers en debat oor aktuele sake stimuleer, is in ?n sekere sin vergelykbaar met die epideiktiese rede, omdat dit inspeel op sake van die dag. Dit skep ?n bepaalde indruk by feesdeelnemers en laat hulle oorgaan tot die aksie om sosiale praktyke as juis te aanvaar of as verbeterbaar te verwerp. 2.5 Die US Woordfees as platform vir ?n diverse versameling gebeurtenisse Ooreenkomstig met ander liter?re feeste bied die US Woordfees nie net variasie in aanbod met betrekking tot gebeurtenisse wat met die literatuur te make het nie, maar dit word gekombineer met gebeurtenisse wat om ander kunsgenres gesentreer is. Uit die totale veertien hoofkategorie? op die US Woordfees 2009-program is nege reekse ingesluit wat direk met die literatuur te make het: Skrywersfees, Profiele, Aan tafel, Stories agter stories, Woord-ure (insluitend gesprekke oor Suid-Afrikaanse musiek, Afrikaans en die Akademie van Wetenskap en Kuns, asook die Nederlandse invloed in Suid-Afrika), Diskoers, Sanlam Dramafees, Musiekfees (omdat die Aan de Braak Fees grootliks op kabarette konsentreer) en Woordmusiek. Van die sewe ander hoofkategorie? sluit die een wat op ho?rskoolleerders en onderwysers toegespits is ook aan by die literatuur. Hierdie Skolefees behels gebeurtenisse soos opleiding aan onderwysers, en die WOW-projek bied werkswinkels aan graad 12- leerders oor kreatiewe skryf. Skoliere leer ook om skoolkoerante interessant en prakties aan te pak. Vier van die veertien hoofkategorie? fokus op ander kunsvorme as die literatuur, naamlik op musiek, visuele kuns (Kunsfees), die Kinderfees (naamlik gewilde kinderproduksies), Iets vir almal! en Spesiaal vir Studente! (laasgenoemde verwysend na meestal ligter kontempor?re musiek). Die Iets vir almal!-reeks het in 2009 gesellige ontmoetingsgeleenthede en ligte vermaak vir feesgangers gebied. Feesdeelnemers kry die geleentheid om hul eie vermaak uit ?n groot aantal opsies te kies, in vorme soos langarmdanse, sangkompetisies, stalletjies, ?n pretpark en gratis verhoog (Woordfeesprogram, 2009:i,10-11,22-23,27-30). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 157 Daar kan geredeneer word dat die prioriteite van die fees, naamlik die tipe gebeurtenisse waaraan voorkeur verleen word, gevisualiseer word in die volgorde waarop gebeurtenisse in die feesprogram voorkom. Die liter?re fokus van die fees word uitgelig deurdat die reekse wat handel oor die literatuur eerste in die program verskyn. Hierdie meer gesofistikeerde gebeurtenisse, omdat dit konsentrasie en soms ?n voorkennis van liter?re werke vereis, en daarom deur ?n groot persentasie Suid-Afrikaners as elitisties beskou kan word, word egter n??s ander kunsvorme en ligter vermaak ingesluit met die hoop om vooroordele teenoor die US Woordfees as elitisties af te breek. Dit dui op die gebruik van inventio as die strategiese seleksie van gebeurtenisse, dispositio as die strategiese ordening daarvan, refutatio as die afbreek van vooroordele en die skep van ?n etos wat deur die Afrikaanse gemeenskap as betrokke en verteenwoordigend ervaar sal kan word. Deurdat die US Woordfees gebeurtenisse insluit wat ?n verskeidenheid smake kan bevredig, en nie net slegs di? wat die literatuur uitlig as opvoedkundig, moreel en esteties nie, kan die fees op minstens drie maniere retories funksioneer om die liter?re kultuur in Suid-Afrika (veral in die Wes-Kaap) en versoening binne die Afrikaanse gemeenskap te bevorder: Eerstens lok die Woordfeesprogram (en al die reklame wat met die bekendstelling daarvan gepaardgaan) feesdeelnemers wat tydens die fees be?nvloed kan word om hul vooroordele teenoor die literatuur te laat vaar en die waarde daarvan te besef. Die waardering van literatuur in die samelewing kan ontwikkel omdat mense wat byvoorbeeld getrek word om ligter vermaak (soos die Karnaval, Mardi Gras of ligter kontempor?re musiek) te geniet, opwindingstransformasie kan ondergaan. Die positiewe ervaring van gebeurtenisse wat voldoen aan hul gevestigde smake kan met behulp van patos getransformeer word na eksperimentering met die bywoning van ander, meer gesofistikeerde kuns (soos die literatuur) waaraan blootstelling gegee word binne die ho? konsentrasie van gebeurtenisse in die feeskonteks. Nuwe smake kan dus aangekweek word deurdat feesdeelnemers ?n positiewe oordeel vel oor gebeurtenisse wat hulle ?f andersins minder sou geniet ?f waarvan hul hulself weens vooroordele sou weerhou het van verdere blootstelling (?n vorm van implisiete refutatio). Tweedens verhoog die groot aantal diverse gebeurtenisse waaruit deelnemers kan kies die moontlikheid dat die feesgangers ?n positiewe ervaring sal h? van die fees as geheel. Tydens Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 158 US Woordfees 2009 is 164 gebeurtenisse op die program aangebied - met sommige herhalings bybereken was daar uiteindelik 200 vertonings op die Woordfeesprogram (Van Zyl en Myburgh, 2010:11). Benewens die feit dat die US Woordfees nie alleen aan ?n beperkte aantal deelnemers se voorkeure voldoen wat vermaak betref nie, en dus potensieel ?n wyer korpus gemeenskapslede lok tot deelname, kan elke feesdeelnemer sy eie seleksie van gebeurtenisse maak om by te woon, en nagenoeg daarvan gewaarborg wees dat ten minste een gebeurtenis ?n genotvolle ervaring sal wees. Hierdie beginsel behels gevolglik dat feesdeelnemers beheer het oor ?n eie dispositio en dat hulle vir hulself die beste fees vir hulle spesifieke smake en belangstellings kan ?skep?. Deelnemers wat die fees as genotvol ervaar (patos) sal minder krities en meer ontvanklik wees vir die betekenis wat binne die omgewing aan hulle oorgedra word (logos). Daar kan ges? word dat die US Woordfees derdens ?n poging aanwend om ?n (kunsmatige) eenheidsgevoel onder die diverse gemeenskappe van Afrikaanssprekendes te skep. Die diverse versameling gebeurtenisse en die moontlikheid vir deelnemers om ?n eie seleksie saam te stel, kan teoreties gesproke tot gevolg h? dat ?n (kunsmatige) eenheidsgevoel onder die diverse gemeenskappe van Afrikaanssprekendes geskep word. Die diverse, meestal Afrikaanssprekende feesdeelnemers wat sonder die skeidinge wat die alledaagse lewe kenmerk dieselfde fees geniet, skep die indruk dat almal kan deel in dieselfde vermaak - almal kan dus dieselfde dink en wees. Die geldigheid van hierdie retoriese strategie kan egter twyfel oproep omdat die diverse versameling gebeurtenisse nie ge?ntegreerd genoeg is om werklik ?n eenheidsgevoel te skep tussen die verskillende teikengroepe wat daaraan deelneem nie. Op die progam van US Woordfees 2009 kan gebeurtenisse wat met ?diepsinnige? literatuur te make het (debatvoerings, onderhoude met skrywers, dramastukke, skrywerswerkswinkels en andere), byvoorbeeld onderskei word van meer ?ligsinnige? gebeutenisse (wat meestal deel uitmaak van die Karnaval en Mardi Gras). Soos by die ander Woordfeeste is die meer diepsinnige programme by Woordfees 2009 meestal gesitueer in die universiteitsgeboue-, teaters en by omliggende Stellenbosse restaurante en wynplase. Hierteenoor is die Mardi Gras op Stellenbosch se destydse paradegronde geplaas, naamlik op Die Braak, en die Karnaval op die Van der Stel Sportterrein. Weens hierdie geografiese en intellektuele/kulturele skeiding kan ?n feesganger dus deelneem aan die Karnaval of Mardi Gras sonder direkte blootstelling aan meer diepsinnige gebeurtenisse ?f Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 159 sonder om sosiaal te verkeer met die teikengroep(e) van hierdie meer diepsinnige gebeurtenisse. Alhoewel beide ?groepe? feesdeelnemers in teorie deel vorm van dieselfde fees, blyk dit dus uit die praktyk dat die fees gefragmenteer word eerder as dat ?n ware ?eenheidsgevoel? tot stand kom. Hierdie scenario kan inderdaad meebring dat die bestaande intellektuele/kulturele skeidings wat in die alledaagse lewe aangetref word, eerder herbevestig as opgehef word. ?n Fees kan andersins egter nie aangebied word sonder om uiteenlopende teikengroepe se behoeftes en wense in ag te neem nie en integrasie is nie afdwingbaar nie. ?n Groot uitdaging vir die US Woordfees is die distansi?rende effek van die universiteitsgeboue as venues, wat ?n vervreemding kan meebring by veral diegene met ?n geskiedkundige agtergrond van verwerping en kulturele verstokenheid uit die apartheidsera (sien die bespreking op p.111). Die US Woordfees 2009 is dus saamgestel op maniere wat op ten minste drie vlakke gunstig kan wees vir retoriese prosesse. Eerstens word deelnemers emosioneel ontroer (patos) deur gebeurtenisse wat in hul smaak val en herlei dan die gevoel van opwinding en genot na nuwe (liter?re) genres/gebeurtenisse wat nie noodwendig andersins in hul smaak sou val nie. Tweedens kan deelnemers kies aan watter vermaak hulle blootgestel word (dispositio) en derdens behoort hierdie diverse versameling smake wat geakkommodeer word tot gevolg te h? diverse teikengroepe byeenkom en ?n eenheidsgevoel ervaar omdat hulle aan dieselfde fees deelneem. Laasgenoemde doelstelling word egter nie noodwendig in die praktyk gerealiseer nie. 2.6 Die US Woordfees as viering gerig op bepaalde belangegroepe as gemeenskap Enige teks baken in ?n mindere of meerdere mate self die teikengroep waarop dit gerig is af in die oordrag van ?n boodskap. Die teorie van die retorika stip uit dat invloed slegs suksesvol op ontvangers uitgeoefen kan word indien hul verwysingsraamwerke in ag geneem word (Leeman en Braet, 1987:46). In die lig hiervan is dit die taak van die feessamestellers om groepe uit die gemeenskap te lok wat ongeveer dieselfde verwysingsraamwerk deel. Soos enige liter?re fees is die US Woordfees uiteraard eerstens daarop ingestel om mense met belange by die literatuur te lok tot deelname. Vir die fees om die beperkte liter?re kultuur in Suid-Afrika uit te brei, behoort mense wat nie in die eerste plek belangstel in die literatuur Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 160 nie, egter ook gelok te word. Deurdat die oorgrote meerderheid aanbiedings van Afrikaanse gebeurtenisse by die US Woordfees, insluitend gebeurtenisse wat met gewilde kunsvorme soos drama, musiek en selfs die visuele kunste te make het, gerig is op die onderdeel woord in sy ruimste betekenis in die feesnaam, brei die belangegroepe gekoppel met die fees uit tot enigiemand wat Afrikaans magtig is en belange by die kunste het. Uit die feesmissie van die US Woordfees kan verder afgelei word dat die fees nie net gemik is op mense wat belange het by die kunste nie. Hiervolgens is die US Woordfees gerig op ?studente, skoliere en die publiek en wil [dit] so inklusief moontlik wees (Rosenstrauch, 2009:2). Die profiel van mense wat genooi word tot deelname aan die fees is dus uiters divers, veral as boonop in gedagte gehou word dat die profiel van die ?US Woordfees? enersyds intellektueel aan die US (Universiteit Stellenbosch) en andersyds geografies aan die dorp Stellenbosch verbind word. Boonop sorg die kulturele, maatskaplike en ekonomiese variasie wat binne die gemeenskap van Afrikaanssprekendes bestaan ook dat hierdie belangegroepe divers is. Die aard van die gebeurtenisse op die feesprogram dien as belangrike instrumente by die lok van diverse belangegroepe, omdat dit gerig is op verskillende teikengroepe. Deurdat die totale fees gevolglik vergelykbaar is met ?n omvangryke teks wat in werklikheid uit ?n verskeidenheid gebeurtenisse as afsonderlike tekste bestaan, kan ?n liter?re fees as polisisteem in die geheel dus wenslike betekenis(se) oordra aan ?n groot aantal uiteenlopende belangegroepe. Studente is byvoorbeeld ?n geografiese belangegroep wat eksplisiet uitgenooi word tot feesdeelname deur middel van ?n gebeurtenisreeks Spesiaal vir studente ? wat veral uitgaan van komtempor?re musiek. Een van die maniere waarop die studente se verwysingsraamwerke in ag geneem word, word ge?llustreer deur die taalgebruik in die feesprogram. Die programnotas oor die studentegebeurtenisse sluit heelwat slengtaal in en boots sodoende die taalgebruik van studente na. Die gebeurtenis Snaarbasaar (reeds die rymende naam is opvallend) word byvoorbeeld as volg verwoord (Woordfeesprogram, 2009:28): Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 161 Verskeie bekende en opkomende bands soos Skuim, Valskerm, Die seisoen na somer en Hotelkat kom skop gat en wys hoe happy jy kan wees op Vrydag die dertiende. ?n Lekker gekuier tot laatnag! Ook by die programnotas van Neelsiefees - geraas innie gat, word vrylik van studentetaal gebruik gemaak (Woordfeesprogram, 2009:28): Die Neelsiefees bring jou weer - soos die afgelope drie jaar - van Suid-Afrika se topkunstenaars in ?n verstommende aand, met aKing en ander GROOT bands. MFM se DJ?s laat jou move op die musiek se maat. Kom vroeg! Kom rock tot laat! Kom wees deel van hierdie skreeuende, duikende, springende en vallende hoogtepunt! Die gebeurtenisse sal studente lok deurdat slengtaal soos ?skop gat?, ?wys hoe happy jy kan wees? en ?[k]om rock tot laat? gebruik word, maar daar word ook ingespeel op hul verwysingsraamwerke deur die keuse van musiekkunstenaars uit hul portuurgroep (aKing, Skuim, Valskerm, ensovoorts), asook verwysings na die studente-radiostasie MFM en vermaaklikheid soos DJ?s waaraan ?n bepaalde simboolwaarde toegeken word. Teenoor die manier waarop studente se verwysingsraamwerk betrek word, word mense wat by die literatuur en verwante sake belang vind deur middel van ?n ander tipe taalgebruik en simbole gelok. As deel van die Skrywersfees word ?n gebeurtenis waartydens skrywers en vertellers verhale vertel byvoorbeeld as Woordkaros in die feesprogram bekend gestel. Die programnota hieroor is as volg (Woordfeesprogram, 2009:4): Die ATKV se woordkaros l? oopgesprei vir skrywers en vertellers wat kom om jou met hul kwinkslae te vermaak! Kom luister na hul stuitig-, guitig- en ander heite en geite! Omdat die meer waarskynlike deelnemers binne die Afrikaanse belangegroep aan hierdie gebeurtenis mense sal wees wat waarde heg aan die literatuur en waarskynlik aan ?n meer estetiese en gesofistikeerde woordgebruik, word hierdie taalstyl in die programnotas gebruik. Die naam Woordkaros dien as metafoor wat eerstens die plaasoorsprong van baie Afrikaanssprekendes (en hul vertellinge) oproep en tweedens uitbeeld hoe die woorde wat vertel word, deelnemers gesellig sal omvou, soos ?n kombers. Karos is egter ook ?n ouer woord, wat kontreikuns en bepaalde ouer, meer gewestelike gemeenskappe in die geheue kan oproep. Woorde soos ?kwinkslae? en ?stuitig? sal ook nie noodwendig deur alle Afrikaanssprekendes verstaan word nie, maar sal wel deel wees van meer gesofistikeerde taalgebruikers se woordeskat. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 162 ?n Ander gebeurtenis wat deel vorm van die Skrywersfees, naamlik Hoe resenseer ons?, verleen simboolwaarde aan elemente uit die alledaagse verwysingsraamwerk van literatuuraanhangers - soos resensies, skrywers en liter?re kritici: Rachelle Greeff, Gerrit Brand en Ronel Foster (Woordfeesprogram, 2009:4). Deurdat feesdeelnemers se belange by die US Woordfees nie bloot geografies van aard is nie, maar verband hou met die literatuur en Afrikaanse taal, het byvoorbeeld studente in en aanhangers van die Nederlandse literatuur ook belange by die fees en word dit deur hulle bygewoon (vgl. Van Zyl en Myburgh, 2010:31). In 2009 het ?n groep van meer as twintig studente wat Nederlands bestudeer spesiaal uit Duitsland gekom om die fees by te woon (Rosenstrauch, 2009:2). Dit lyk egter asof die nadruk op Afrikaanse gebeurtenisse ?n vervreemdende effek mag h? op mense met belange by Engels. Waar die verkope van ander dramastukke in 2009 byvoorbeeld tussen 86% en 102% gestrek het, het Engelse produksies verreweg die swakste gedoen, met ?n bywoningspersentasie van minder as 30%. Die US Woordfees 2009 se verslag skryf dit toe aan die feit dat daar in die alledaagse lewe ?veel meer Engelse as Afrikaanse stukke in die Wes-Kaap te sien is en dat feesgangers dus kennelik die Woordfees sien as ?n geleentheid vir Afrikaanse toneel? (Rosenstrauch, 2009:6). Daar kan egter ook afgelei word dat Afrikaanssprekendes min Engelse stukke bywoon of dat min Engelse mense aan die US Woordfees deelneem. 3. Die impak van die US Woordfees Die US Woordfees is in 2011 reeds vir die twaalfde keer aangebied en het in die tydperk sedert 2000 gegroei tot een van die grootste liter?re feeste in Suid-Afrika ?n Afrika (Van Zyl, 2008:2), miskien selfs in die Nederlandse taalgebied. Een van die belangrikste maniere waarop die impak en groei van s? ?n fees gemeet kan word, is deur na die bywoningsgetalle daarvan te kyk. Ander maniere is om te verwys na die mate waartoe jongmense geleidelik meer betrek is by die fees, die wyses waarop dit meer geleenthede skep vir gevestigde en opkomende kunstenaars, die konkrete produkte wat reeds deur die US Woordfees moontlik gemaak is, die mate waartoe instansies geleidelik meer bereid geraak het om betrokke te Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 163 raak by die werk van die fees, die toenemende mediadekking en die ondersoek na ander liter?re feeste wat in navolging van die US Woordfees se sukses ontstaan het. Eerstens toon die US Woordfees se voortdurende groei in besoekersgetalle dat die belangstelling daarin bly toeneem het sedert die ontstaansjaar. Terwyl die eerste deurnagfees in 2000 ongeveer 1000 feesdeelnemers gelok het, het die vyfde fees reeds 17 000 feesbesoeke10 aangeteken (Woordfees 2005 Voorlegging, 2005:4). Teen die negende US Woordfees in 2008 is tussen 28 000 en 29 000 feesbesoeke gewerf. Ten spyte van die internasionale resessie wat gedurende 2009 en 2010 die potensi?le feesdeelnemers aan die US Woordfeeste ekonomies benadeel het, het die getalle bly toeneem. In 2009 is sowat 38 000 feesbesoeke aangeteken, met ?n 69% saalbesetting. ?n besondere ho? prestasie as dit vergelyk word met ander gevestigde feeste in Suid-Afrika, byvoorbeeld die Grahamstown National Arts Festival waarvan die bywoningsyfer ongeveer 35% is en di? van die KKNK 40- 45% (Van Zyl, 2008:2). Alhoewel die US Woordfees in 2010 ?n risiko aangegaan het om die fees steeds te laat groei n? die skynbare klimaks in 2009 as tiende bestaansjaar, het die getalle ook by hierdie elfde fees grootskaals toegeneem en ?n beraamde bywoningsyfer van 47 300 besoeke is aangeteken; gepaardgaande met ?n 71% venue-besetting. Die prestasie wat hiermee behaal is, word te meer indrukwekkend wanneer in ag geneem word dat Stellenbosch boonop ?n hittegolf beleef het wat heelwat deelnemers kon ontmoedig het om hul huise te verlaat (onderhoud met direkteur van die US Woordfees, Dorothea van Zyl, 1 Mei 2010, Stellenbosch). Die groot toename in getalle die afgelope twee jaar, ten spyte van faktore wat die teendeel tot gevolg kon gehad het, laat dit blyk asof die die US Woordfees in ?n gevestigde fees omskep is en dat ?nuwe feesgangers steeds bykom, terwyl voriges behou word? (Van Zyl en Myburgh, 2010:11). Weens die jaarlikse uitbreiding van die WOW-projek se twaalf groot, afsonderlike subprojekte word daar tweedens ?n groeiende aantal voorheen-gemarginaliseerde leerders (graad 1 tot graad 12) en onderwysers bereik - wat moontlik bydra tot die totstandkoming 10 Die woord feesbesoeke word ter wille van die akkuraatheid deur die Woordfeesbestuur gebruik, aangesien dit nie moontlik is in vas te stel hoeveel mense meer as een kaartjie vir Woordfeesgebeurtenisse koop of meer as een gebeurtenis bywoon nie. Dit gee nogtans ?n goeie aanduiding. Die getal mense per gebeurtenis word noulettend aangeteken (onderhoud met Dorothea van Zyl, 26 Oktober 2010). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 164 van ?n dinamiek rondom die letterkunde en die bevordering van Afrikaans. In 2008 is daar reeds ongeveer 10 000 leerders jaarliks bereik en deur die loop van 2009 is 16 763 leerders en 467 opvoeders in 139 skole bereik (vgl. Van Zyl en Myburgh, 2010:12). Tot Oktober 2010 is 12,765 leerders en 605 opvoeders reeds bereik in 244 skole (voor die aanbied van die uitgebreide Dramafees, Koorsig-koorfees en Spelfees; Van Zyl en Myburgh, 2010:12) Daarnaas is ondersteuning verleen aan 24 minder bevoorregte voornemende studente vir 2011, terwyl sowat dertig studente ingevolge die WOW-projek se doelstellings ondersteun word. Hulle tree op hul beurt gereeld (teen betaling) op as WOW-assistente (onderhoud met direkteur van die US Woordfees, Dorothea van Zyl, 26 Oktober 2010, Stellenbosch). Derdens skep die US Woordfees en WOW-projek voortdurend werk vir gevestigde en opkomende kunstenaars, sowel as ander mense wat betrokke raak by die feesorganisasie weens die kreatiewe moontlikhede wat dit bied (Van Zyl, 2008:2). In 2008 word verwys na ?n seleksie gebeurtenisse wat deur die Woordfeesorganiseerders gekonseptualiseer is en uiteindelik groot geleenthede vir kunstenaars tot gevolg gehad het (Van Zyl, 2008:3): Voorbeelde van Woordfeesaanbiedings wat deur die Woordfeesspan gekonseptualiseer is, is onder meer Samekoms, met Zanta en Laurinda Hofmeyr, wat ?n Kanna ontvang het by die KKNK en wat nou nog voortgaan; Dianne Ferrus se Ansela van die Kaap, geskryf op voorstel en in opdrag van die Woordfees, wat gelei het tot talle optredes en ?n CD, en veel meer. Die bereidwilligheid van instansies om meer betrokke te raak by die Woordfees dui op die vertroue wat dit inboesem. Behalwe die veelvoud van donateurs waarmee die US Woordfees skakel, byvoorbeeld Media24, Sanlam, die ATKV en nog sowat 60 ander donateurs en 15 mediavennote, 14 wynplase, 17 verblyfinstansies en 22 produkborge (Van Zyl, 2008:4; Van Zyl en Myburgh, 2010:13), is die fees sedert 2009 betrek by Media24 se Feestrust, ?n samewerking tussen die mees prominente Afrikaanse kunstefeeste in die land (KKNK, Aardklop, Woordfees, Volksbladfees, Inniebos en die Suidoosterfees? (Van Zyl en Myburgh, 2010:13). Die toename in mediadekking dui ook op ?n toenemende fees-impak op nasionale vlak. Dit het veral toegeneem toe RSG Nuus, met Foeta Krige, Cobus Bester en Iris Bester, asook Praat saam met Freek Robinson van RSG, sedert 2008 vir ?n week lank onder meer die Diskoers-reeks regstreeks vanaf die Woordfees begin uitsaai het na ongeveer 600 000 luisteraars per dag, wat ook kan inbel (vgl. Van Zyl, 2008:4). Die voortdurende groei, ook in Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 165 ander vorme van mediadekking, word ge?llustreer deur die woorde van die feesdirekteur, Dorothea van Zyl (2008:5): Die US Woordfees geniet jaarliks besonder positiewe nasionale mediadekking, wat in 2007 aansienlik uitgebrei is. ?n Groot aantal berigte in Die Burger, Eikestadnuus, asook in Sarie, Huisgenoot, Rapport, ?n jaarlikse bylae in Die Burger, pamflette, plakkate, ?n webwerf, asook heelwat lugtyd op MFM, Radio Helderberg, FMR, ens. sorg vir ?n groot hoeveelheid positiewe publisiteit [...]. Aanvanklik is kopie? gemaak van al die berigte vir donateurs, maar die afgelope aantal jaar het dit te veel geword en ?n CD word gevolglik nou saam met die Algemene Verslag uitgestuur. Die Burger as ?n mediavennoot en hoofdonateur (vanaf 2007) druk jaarliks sedert 2001 ?n bylaag van agt bladsye oor die US Woordfees om aan lesers te versprei. Sedert 2008 word groter blootstelling deur Die Burger gebied deurdat die US Woordfees se naam ook vir ?n tydperk op die voorblad in Die Burger se mashoof geplaas word. Ander media wat blootstelling gee aan die US Woordfees, is Matieland, Die Matie, streekskoerante soos Eikestadnuus, verskillende tydskrifte, sommige Engelse koerante en internetblaaie soos LitNet, Versindaba en Book SA (Van Zyl en Myburgh, 2010:12). Benewens RSG staan ook radiostasies soos MFM, FMR, Radio Helderberg en Radio Namakwaland heelwat lugtyd aan die fees af. TV-blootstelling is ook al op die volgende programme en kanale gebied: SABC 2, SABC 3 Nuus (vroegoggend), kykNet (Fiesta), Pasella, DeKat en Top Billing. Verder word die US Woordfees se eie webwerf besonder gereeld besoek (Van Zyl en Myburgh, 2010:13). Alhoewel die toenemende blootstelling wat die fees ontvang, nie werklik dien as ?n maatstaf om die impak daarvan te meet nie, kan wel afgelei word dat meer mense belangstelling in die fees begin toon en dat die media daarom toenemend berig oor die feesaktiwiteite. In hierdie opsig kan die gevolgtrekking dus wel gemaak word dat die fees suksesvol toenemende belangstelling lok. Die impak van die US Woordfees spreek vyfdens uit die hoeveelheid navolgers wat ook met liter?re feeste binne Suid-Afrika begin het - ?n teken dat die liter?re kultuur uitbrei en dat ?n dinamiek rondom die letterkunde toeneem (Van Zyl, 2008:2). Voorbeelde van feeste wat na die totstandkoming van die US Woordfees ontstaan het, is die Franschhoek Literary Festival (2007), Jozi Spoken Word (2007), BoekJol (2008) en Woordpoort (2009) (sien p.59). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 166 4. Slotsom Hierdie bespreking oor die US Woordfees het lig gewerp op veral die liter?re en taalkundige konteks waarbinne die fees ontstaan het en steeds plaasvind en hoe die doelwitte en retoriese strategie? wat die feesorganiseerders bepaal, spesifiek aangepas is sodat die fees binne hierdie konteks ?n positiewe invloed kan uitoefen. Beide die bre?r gemeenskappe in die Wes-Kaap (hoewel dit akademies as die sterkste provinsie beskou word) as onmiddellike konteks ?n Suid-Afrika as bre?r konteks word gekenmerk deur ?n beperkte liter?re kultuur en lae vlakke van geletterdheid, gekoppel met onvoldoende regeringsteun. Hoewel Afrikaans die meeste moedertaalsprekers het in die Wes-Kaap, verswak die posisie daarvan weens negatiewe politieke assosiasies met die verlede, maar veral weens ?n toenemende voorkeur aan Engels. Dit is verder ?n samelewing wat gekenmerk word deur diversiteit en verdeeldheid ? ook binne die Afrikaanssprekende gemeenskap. In reaksie op hierdie konteks het die US Woordfees vanuit die staanspoor die doelstelling nagestreef om versoening en ?n positiewe beeld vir Afrikaans te help bewerkstellig, asook om ?n leeskultuur te bevorder. Veral sedert 2003, toe met die WOW-projek begin is, is die sosiokulturele doelwit versterk om ?n lees- en skryfkultuur te bevorder by alle Afrikaanssprekendes; ?n bewussyn omtrent (veral Afrikaanse) liter?re werke te skep; liter?re netwerke tussen mense te handhaaf en uit te bou, en diskoers en debat oor aktuele sake te stimuleer. Met die oorkoepelende doel om invloed op die publiek uit te oefen deur hulle op positiewe wyse te oorreed om die literatuur te beskou as esteties, moreel en opvoedkundig waardevol, is dit nodig om eerstens soveel moontlik mense te lok tot deelname aan die US Woordfees. Strategie? met die oog hierop is feesetikette soos die feesnaam en -temas; koerantberigte, plakkate en programme oor die fees wat retories saamgestel is om te dien as exordia wat potensi?le feesgangers se aandag trek (attentum); hulle inlig omtrent die fees (nietegniese oorredingsmiddele en logos) en onderwerp (thesis); om verwagtinge dat die fees slegs gerig is op elitistiese belangegroepe en ernstig van aard is, af te breek (refutatio); en ?n beroep te doen op verskeie rasse- en kulturele groepe om aan die fees deel te neem deur klem te l? op Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 167 diversiteit en inklusiwiteit. Die feesprogram voldoen aan ?n verskeidenheid smake (ook buite die letterkunde) waaruit feesgangers (ook diegene wat literatuur voorheen nie as belangrik beskou het nie) kan selekteer in die saamstel van ?n eie feesprogram (dispositio). Hoogaangeskrewe gebeurtenisse en prominente liter?re figure word geselekteer (inventio) om byvoorbeeld die estetiese, morele en opvoedkundige waardes van literatuur uit te dra. Die feesomgewing as ?n skeiding van die alledaagse ten opsigte van die beperkings in tyd, die ongewone voorkoms van die plek waar dit aangebied word, en ?n vrolike feesatmosfeer, eventiseer (amplificatio) die genoemde waardes wat deur die gebeurtenisse oorgedra word. Die ses kunsgenres wat benewens die literatuur aangebied word, oorreed sommige deelnemers om naas positiewe ondervindings wat verband hou met hulle smaak in meer popul?re genres ook ander ervarings te beproef, en moontlik in die proses ?n verruiming te ondergaan. Daar kan uiteindelik afgelei word dat die US Woordfees al die eienskappe van ?n liter?re fees vertoon: dit handhaaf ?n interaktiewe verhouding met betrekking tot die konteks; dit is ?n positiewe, andersoortige openbare ruimte; dit bied ?n skeiding van die alledaagse lewensorde; dit het doelwitte wat verband hou met die literatuur en vier literatuur as onderwerp. Dit bied verder ?n diverse versameling gebeurtenisse wat gekoppel is met die kunste, maar bly prim?r ingestel op liter?r-geori?nteerde belangegroepe en op Afrikaans, eerder as op die totale samelewing. Uit die impak van die US Woordfees binne sy eerste twaalf bestaansjare kan afgelei word dat die fees wel ?n positiewe invloed kan uitoefen in die opsigte van die groeiende jaarlikse feesbesoeke. Boonop word ?n toenemende aantal skoliere jaarliks deur die WOW-projek bereik; kreatiewe moontlikhede word geskep vir gevestigde WOW-projek deelneem ?n opkomende kunstenaars; die fees boesem vertroue in deurdat donateurs en ander instansies toenemend bereid is om betrokke te raak, en die geweldige groei in mediadekking (selfs op televisie - ?n prestasie vir literatuur in Suid-Afrika) dien as ?n teken van die aandag wat dit trek en van die toenemende belangstelling in die fees. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 168 HOOFSTUK 4 Die retoriese werking van die Amsterdamse Weerwoordfestival 1. Weerwoordfestival as liter?re fees en die retoriese aard daarvan In die (ietwat korter) bespreking wat volg, word bespreek hoe die Weerwoordfestival opgerig is na aanleiding van behoeftes binne die Nederlandse konteks en hoe dit strategies saamgestel is om ?n positiewe invloed uit te oefen op hierdie konteks deur die manier waarop dit, soos ander liter?re feeste, die tipiese eienskappe daarvan vertoon. Soos in die geval van die US Woordfees word die volgende eienskappe bespreek: die Weerwoordfestival as ?n openbare gebeurtenis wat die literatuur as goed en deugsaam vier; die verskil wat dit van die alledaagse bied rakende tyd, ruimte en gedrag; die doelwitte van die fees as verbandhoudend met die literatuur as onderwerp; die diverse versameling gebeurtenisse wat dit bied en die teikengroep van die fees as ?n bepaalde belangegroep en nie van die samelewing in sy geheel nie. Die retoriese aard van hierdie fees se strategiese samestelling word terselfdertyd nagegaan. Die doel met hierdie vergelykende bespreking is veral om (ter kontrole) na te gaan in watter mate die US Woordfees as liter?re fees ooreenstem met en afwyk van ?n soortgelyke tipe fees binne die veel meer bevoorregte Europese konteks. Dit was in die eerste plek moeilik om ?n vergelykbare fees in Nederland te vind. Hoewel daar talle kleiner liter?re gebeurtenisse aangebied word, het die US Woordfees in so ?n mate ?n eie karakter ontwikkel deur die jare dat feeste soos Winternachten en Poetry International nie goed vergelykbaar is daarmee nie. Dit word onder meer daardeur meegebring dat veel meer spesialisasie kan plaasvind in ?n samelewing wat persentasiegewys veel meer lesers en boeke het as wat in Suid-Afrika die geval is. Die Weerwoordfestival is wel goed vergelykbaar met die US Woordfees, maar is jammer genoeg sedert 2010 nie weer aangebied nie. 1.1 Die Weerwoordfestival se interaktiewe verhouding met sy konteks Alhoewel die US Woordfees en die Amsterdamse Weerwoordfestival as twee liter?re feeste ooreenkomstige doelwitte het, verskil die kontekste waarbinne die feeste plaasvind in heelwat opsigte. Hierdie verskille het ?n groot impak op hoe die manier waarop die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 169 Weerwoordfestival saamgestel is, as eindproduk afwyk van die strategie? wat deur die US Woordfees toegepas word. Groot faktore wat ter sprake is wanneer die twee feeste vergelyk word, is dat die 2009 Weerwoordfestival eerstens plaasgevind het binne ?n konteks met Nederlands as ?n meerderheidstaal, teenoor Afrikaans as minderheidstaal in Suid-Afrika, en dat dit tweedens plaasgevind het in ?n ontwikkelde land (Nederland) teenoor Suid-Afrika as ?n ontwikkelende land. Uiteindelik word hierdeur gedemonstreer hoe ?n fees beskou kan word as ?n barometer van sy omgewing, omdat die manier waarop dit uiteindelik verwesenlik word ?n direkte uitvloeisel is van die kontekstuele omstandighede (vgl. p.40-42). Die omliggende sisteme wat bepaal het hoe die Weerwoordfestival in 2009 uitgevoer is, word kortliks nagegaan deur na die volgende aspekte te verwys: die historiese agtergrond; die huidige situasie; die maatskaplike situasie, lees en geletterdheid, die kulturele eienskappe van debatvoering en die Nederlandse ekonomie. Daar word ook ondersoek ingestel na die redes vir die oprigting van die Fees in 2005 en tot watter mate dit aansluit by hierdie omgewingsfaktore. 1.1.1 Die redes vir die oprigting en be?indiging van die Weerwoordfestival In die lig van Mikhail Bakhtin se verklarings vir die oprigting van nuwe feeste (sien bespreking op p.18) blyk dat die Weerwoordfestival nie ontstaan het weens veranderinge in die samelewing wat die toekoms van literatuur in Nederlands of die Nederlandse taal bedreig nie, maar dat dit juis weens die gunstige omstandighede wat Amsterdam (en die bre?r Nederlandse konteks) bied, opgerig is. Die konsentrasie van liter?re gebeurtenisse wat tydens die fees aangebied is, was nie soseer ?n kunsmatige konstruksie van ?n liter?re kultuur soos in Suid-Afrika nie, maar eerder ?n tipe weerspie?ling van die alledaagse bedrywighede in Amsterdam: ?Het programma weerspiegelt het rumoer van het Leidseplein, de verscheidenheid van de theaters en het debat in stad en land? (Weerwoord, 2009). Volgens die direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, was die aanvanklike doel met die Weerwoordfestival om ?n fees te bied wat spesifiek inspeel op die behoeftes van jongmense in Amsterdam, as belangegroep by die literatuur. Verstappen se indruk van bestaande liter?re feeste in Nederland was dat dit oormatig te make het met klassieke literatuur en dus nie genoeg tekste bied wat aansluit by die spesifieke belangstellings van jonger mense nie. Met die Weerwoordfestival is gevolglik vanuit die staanspoor beoog om Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 170 gekanoniseerde liter?re tekste te kombineer met nuwer - en veral eksperimentele ? tekste (onderhoud met direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, 28 Februarie 2010, Amsterdam). Die Amsterdamse Weerwoordfestival het in 2005 tot stand gekom nadat Marc Verstappen voorheen opgetree het as direkteur van ?n liter?re fees in Antwerpen, Belgi?, naamlik De Nachten ? ?n fees wat ook sy eie inisiatief was. Die Weerwoordfestival was dus enersyds die produk van ?n vertroudheid met feesbestuur, maar die doelstelling was andersyds om ?n geleentheid te skep waar Nederlandse en Belgiese skrywers en kunstenaars jaarliks kruisbestuiwing kan toepas en wedersyds optree by die liter?re feeste (onderhoud met direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, 28 Februarie 2010, Amsterdam). Dit toon ?n interessante ooreenkoms met een van die oorspronklike doelstellings van die US Woordfees, naamlik om Afrikaanse en Nederlandstalige skrywers en kunstenaars saam te laat optree (sien p.108). Nadat die fees sedert sy ontstaansjaar as een van twee jaarlikse liter?re feeste in Amsterdam plaasgevind het, naamlik die internasionale Amsterdam Literary Festival, ?n inisiatief van die Stichting Literair Activiteiten Amsterdam (SLAA), en die Weerwoordfestival, met die Stichting Samewerkende Leidsepleintheaters (SSL) as die verantwoordelike stigting gekoppel met die eerste vier uitgawes van die fees, het die Gemeente Amsterdam (die stadsbestuur) in 2008 die subsidies vir beide feeste gestaak. Die gevolg was dat ?de Leidsepleintheaters en SLAA besloten hebben op te gaan voor ??n internationaal literair festival en de oorspronkelijke afzonderlijke plannen van de organisaties samen te smeden tot ??n gezamenlijk plan?. Hierdie 'gesamentlike plan' is ingedien by die Amsterdamse stadsbestuur en goedgekeur (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Die resultaat van die SLAA se invloed op die beplanning van die voortaan gesamentlike fees was dat Weerwoord 2009 ?een duidelijker literair profiel? gekry het (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Teenoor die eerste Weerwoordfestivals wat volgens Verstappen gedien het as eksperimentele ?oefenlopies? deurdat die organiseerders ?verskillende dinge probeer? het, om te bepaal watter tipe gebeurtenisse die feesgangers die sterkste aanspreek, het die betrokkenheid van die SLAA bygedra tot ?n groter gedefinieerdheid van die feesuitleg en ?een aanscherpen van de identiteit? (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Die volgende Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 171 kernbegrippe is in die proses voorop gestel: ?aandacht voor de theatrale bewerkingen van literatuur, een festival als plek voor fel debat en (bestaat het nog?) polemiek, een festival dat zich eigenzinnig verhoudt tot de directe omgeving en tot de andere literaire festivals in Nederland, aandacht voor bijzondere literaire films, een festival dat door diverse schrijfopdrachten en opdrachten voor lezingen iets toevoegt aan het levend (literair) debat, het uitbouwen van een internationaal gerichte programmering? (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Alhoewel die Weerwoordfestival vanuit die staanspoor sterk gefokus het op ?fel debat? en aandag gegee het aan besondere liter?re films, het dit in 2009 ook tot ?n groter mate internasionaal uitgekring deurdat gebeurtenisse op die program ingesluit is wat verteenwoordigend was van ander Europese lande soos Duitsland en Frankryk. Dit het verder sterker klem geplaas op opdragte aan skrywers (onderhoud met Marc Verstappen, 28 Februarie 2009, Amsterdam). Die oormaat liter?re aktiwiteite in Amsterdam (later meer daaroor), onder andere dat daar voor 2008 twee liter?re feeste in Amsterdam plaasgevind het, het enersyds ?n finansi?le probleem vir die voortbestaan van die Weerwoordfestival beteken omdat die Amsterdamse stadsbestuur nie meer kans gesien het om beide die feeste te finansier nie, maar andersyds ook ?n geleentheid vir die fees geskep om met die ander een te konsolideer en uiteindelik ?n sterker identiteit uit te straal (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Daar is uiteindelik besluit om die feesnaam Weerwoord te behou en die program daarvolgens in twee tematiese hooflyne te verdeel, naamlik die ?Weerwoord van de dichter? (dus die ?antwoord? van die digter as verwysend na sy gedigte) en ?het Weerwoord aan de wereld? - as verwysend na debat en polemiek as ?antwoorde? deur sprekers op aktuele kwessies in die samelewing (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Nadat die stadsbestuur van Amsterdam weer in 2009 geweier het om ?n subsidie te gee vir Weerwoord 2010, het die fees egter tot ?n einde gekom. Volgens die produsent van Weerwoord, Harri?tte Haasen, is daar vooraf deur haar, Marc Verstappen en die direkteure van die Leidsepleinteaters ooreengekom om die fees te staak indien die bestuur se finansi?le steun nie toegestaan sou word nie. Om die fees te kon uitbou soos wat hulle beoog het om te doen na Weerwoord 2009, was dit te afhanklik van die staatsubsidie om vir die eerste keer na vyf jaar daarsonder te funksioneer (Haasen, 2010). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 172 1.1.2 Omliggende sisteme en die Weerwoordfestival as sisteem a) Historiese agtergrond Nederland, en veral Amsterdam, het ?n eeuelange tradisie wat die boekindustrie betref. Dit is een van die redes waarom hierdie land ?n veel meer welvarende liter?re kultuur beleef as byvoorbeeld Suid-Afrika. Die eerste Nederlandse boek is reeds in 1477 gedruk (Anoniem, 2006b:2) en Amsterdam se eerste eie boekdrukker het reeds met sy besigheid begin in 1506 (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:28). Die Nederlandse boekindustrie het veral in Amsterdam uitgebrei en begin floreer ? hoofsaaklik weens die feit dat Amsterdam reeds in die sestiende eeu opgetree het as ?n oop hawestad wat grootskaalse handel gevoer het met lande op die skeepsroetes (Harreld, 2010). Nederland het gevolglik uitgebreide kontak met die buitew?reld gehad en was reeds op hierdie stadium ontvanklik vir multikulturaliteit (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:8). Gedurende die sewentiende eeu het Nederland groot welvaart beleef as gevolg van die groot omvang van die handel wat gedryf is. Hierdie tydperk, wat as die Goue Eeu bekend staan, het veroorsaak dat baie drukkers en boekverkopers in Amsterdam gevestig is en dat die stad geassosieer is met die handel in boeke (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:28). Amsterdam het ook gedien as ?n hawe vir alternatiewe denkers en skrywers wat gevlug het van onderdrukking. Die ontvanklikheid van die Nederlandse boekhandel vir (buitelandse) skrywers het ?n stad geskep wat gekenmerk is (en word) deur outeurs, drukkers, boekwinkels, uitgewers en tweedehandse boekwinkels (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:8,26). b) Huidige situasie Die Nederlandse politieke sisteem bied veel minder uitdagings aan die Weerwoordfestival as die US Woordfees wat taal ?n finansies betref. Nie alleen is Nederlands die enigste amptelike taal in Nederland as geheel nie (vgl. Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:32), maar daar is ook ?n veelvoud maniere waarop die Nederlandse regering (?n stad Amsterdam) steun bied aan kulturele bedrywighede soos die handhawing en uitbou van ?n lees- en skryfkultuur. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 173 Met ongeveer 15 miljoen Nederlandse moedertaalsprekers uit die totale 16 miljoen landsburgers is Nederlands die enigste offisi?le taal in Nederland as geheel (Anoniem, 2005b). In 2005 is ?n wysiging egter aangebring aan die Algemene Wet insake Bestuursreg om ook die Friese taal ?n offisi?le status te gee, maar slegs binne die provinsie Friesland. Die minderheidstale in die land, in afnemende volgorde, is Turks (192 000 sprekers), Marokkaans-Arabies (100 000 sprekers), Papiamento (?n taal wat gepraat word in die Nederlandse Antille, 80 000 sprekers), Indonesies (45 000 sprekers) en Sranan (?n Surinaamse taal, 7 000 sprekers) (Anoniem, 2005c:1). Heelwat variante van Nederlands word ook vrylik gebruik, byvoorbeeld Fries (in die provinsie Friesland), Nedersaksies (wat amper uitsluitlik in die oostelike dele van die land gepraat word), en Limburgs, wat veral in die provinsie Limburg gepraat word (Anoniem, 2005c:1). Omdat meer as ?n derde van Amsterdam se inwoners van ?n nie-Westerse afkoms is, l? die kultuurbeleid van Amsterdam sterk nadruk op kunswerke se bydrae om ?n gemeenskapsgevoel onder verskillende kulture te vestig. Die liter?re sisteem gee ook spesiale aandag aan die behoeftes van lesers met ?n nie-Nederlandse agtergrond (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:54). Uit meningsopnames van uiteenlopende verteenwoordigers in Nederland kan boonop gesien word dat wydverspreide vooroordele nie jeens Nederlands of lees bestaan nie, maar dat dit meestal in ?n positiewe lig beskou word (onderhoud met direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, 28 Februarie 2010, Amsterdam). Volgens die Nederlandse Taalunie is nege uit tien Nederlanders trots daarop om Nederlandstalig te wees (Anoniem, 2005f:1). Ten spyte van die mate waartoe Nederlands skynbaar floreer in Nederland as meerderheidstaal, is daar egter steeds stemme van besorgdes oor moontlike bedreigings vir die taal. In ?n kongresreferaat gelewer deur Marijke van der Wal en Eep Franken in 2009, word die bedreigde posisie van Afrikaans vergelyk met di? wat Nederlands beleef tussen ander Europese tale (Van der Wal en Franken, 2009): De positie van het Afrikaans als een van de twee offici?le talen is na de apartheid ingeruild voor een plaats naast tien andere, officieel gelijk-berechtigde talen, waarvan er een, het Engels, sterker is. In hoeverre kan deze positieverandering worden vergeleken met de toekomstige plaats van het Nederlands ten midden van andere Europese talen in een zich verenigend Europa? Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 174 Alhoewel bekommerde stemme opgaan, is dit nie werklik vergelykbaar met die omstandighede waarbinne Afrikaans in Suid-Afrika verkeer nie. So byvoorbeeld word slegs die helfte van (alleenlik) magisterprogramme aan universiteite in Engels aangebied en, volgens ?n meningspeiling wat uitgevoer is deur die Nederlandse Taalunie, is ?n minderheid van 37% Nederlanders daarvan oortuig dat die instruksietaal aan universiteite oor vyftig jaar Engels sal wees. Die Nederlandse Taalunie het ook vasgestel dat 80% van Nederlanders nie glo dat hierdie taal selfs oor vyftig jaar deur Engels vervang sal word nie (Anoniem, 2005e:3). In ?n onderhoud met die Nederlandse skrywer Gerrit Komrij (onderhoud gevoer, 27 Maart 2009, Amsterdam) voer hy aan dat Nederlands nie daadwerklike bedreigings ervaar in Nederland nie. Hy noem dat buitelandse studente wel Engels op universiteit wil hoor, maar dat dit ?n algemene globale verskynsel is wat met kommunikasie te make het, en dat dit nie vergelykbaar is met die posisie van Afrikaans nie. Selfs vanuit ?n globale perspektief beskou, blyk dat Nederlands ?n sterk posisie tussen ander tale handhaaf. In 2008 is ?n Franse ondersoek gedoen oor die tale wat w?reldwyd die meeste voorkom met betrekking tot byvoorbeeld die aantal sprekers, sigbaarheid op die internet en die aantal state waarin dit ?n amptelike taal is. Vanuit 88 tale wat w?reldwyd op die ranglys verskyn het, het Nederlands die sesde posisie gehaal (Van Zyl, 2009:4). Die Nederlandse Taalunie is een van die regeringsinisiatiewe wat op heelwat terreine werksaam is om die toekoms van Nederlands te beskerm. Hierdie organisasie stel beleide op waarin Nederland, Belgi? en die Suriname saamwerk aan kwessies gekoppel met die Nederlandse taal, die onderrig van Nederlands en die Nederlandse letterkunde (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:53). Die organisasie het begin as ?n verdrag wat op 9 September 1980 gesluit is en waarin afgespreek is dat Nederland en Vlaandere in die vervolg saam die belange van die Nederlandse taal en van die sprekers van Nederlands behartig. Sedert 2004 is Suriname die derde lid van die Nederlandse Taalunie (Van der Bosch, 2005:1). Die Nederlandse Taalunie is ook sedert 1994 aktief werksaam in Suid-Afrika via verenigings soos die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN), Kaapse Forum vir Neerlandistiek en Noordelike Kennisnetwerk, by wyse van ?n inhaalslag na die vervreemding wat ingetree het met die kulturele boikot in die 1980?s (onderhoud met Dorothea van Zyl op 26 Oktober 2010, Stellenbosch). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 175 Die regering dra ook grootliks by tot die bevordering van lees en skryf in Nederland. Wim Knulst en Gerbert Kraaykamp (1998:23) stel die rol van die regering in hierdie opsig as tweeledig voor: aan die een kant skep die regering gunstige omstandighede vir die druk van boeke en diversiteit in boeke wat geproduseer word en aan die ander kant word lees self aktief aangemoedig. Die diversiteit aan boeke wat verskyn, word bevorder deur fasiliteite te bied vir die uitgewers van koerante en meningstydskrifte; deurdat vasgestelde boekpryse beskerm word; finansi?le subsidies word verstrek en spesiale boekleningsregte aan skrywers toegestaan. Lees word bevorder deur regeringsgefinansierde openbare biblioteke in selfs die kleinste dorpe en minder belasting word boonop op boeke betaal (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:46), anders as in Suid-Afrika. Ander inisiatiewe waarmee die Nederlandse Departement van Onderwijs, Cultuur en Wetenschap (OCW) die liter?re kultuur laat floreer, is onder andere die Amsterdamse Fonds voor de Kunsten - wat prosa, digkuns, biografie? en vertalings van individuele skrywers moontlik maak ? en die Fonds der Letteren, wat verantwoordelik is vir die implementering van sentrale regeringsbeleide wat te make het met liter?re outeurs en skrywers. Die sleutelrol wat laasgenoemde Fonds speel, is om beurse, toelae, subsidies en reistoelae vir nuwe ?f ervare outeurs en vertalers van alle genres te gee (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:46; onderhoud met die Nederlandse digter, voormalige direkteur van die Herfstschrift-fees in Groningen en bestuurder van die liter?re stigting No[o]rdschrift, Maria van Daalen, 10 April 2009, Amsterdam). Die Nederlandse Stichting Lezen doen navorsing om te kyk watter nuwe inisiatiewe op die gebied van leesbevordering ontwikkel behoort te word, byvoorbeeld vir diegene wat uit ?n taalarm omgewing kom of ander kulturele agtergronde het (Van der Spek, 2003:12). Die Nederlandse digter Maria van Daalen lig twee belangrike fondse uit wat spesifiek die finansi?le posisie van liter?re outeurs verbeter, naamlik die Fonds voor de Letteren en die Nederlands Literair Produktie- en Vertalingenfonds, wat beide in Amsterdam gesitueer is. Die Nederlands Literair Vertalingen en Productiefonds bevorder die vertaling van Nederlandse boeke in ander tale en andersom. Daar is ook ?n enkele organisasie wat die kontrakte re?l vir liter?re outeurs en dus as ?n tipe agentskap optree, naamlik die Stichting Schrijvers School Sameleving (SSSS). Feeste, biblioteke en ander gebeurtenisse kontak hierdie organisasie Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 176 wanneer hulle ?n skrywer wil laat optree. Die organisasie sorg boonop dat die skrywers betyds betaal word (onderhoud met Maria van Daalen, 10 April 2009, Amsterdam). Saam met die veelvoud vorme waarin die Nederlandse regering steun bied aan die liter?re kultuur, word ?n groot bydrae ook gelewer deur ?n groot verskeidenheid private inisiatiewe. So werk die groot hoeveelheid Amsterdamse boekindustrie? byvoorbeeld saam as ?n span wat gedurig ?n leeskultuur bevorder. Collectieve Propaganda van het Nederlandse Boek spruit voort uit hierdie samewerking en help met boekverkope en die ideologiese waarde wat daaraan geheg word. Een van die inisiatiewe wat spesifiek gerig is op geletterdheid is die Stichting Lezen en Schrijven, wat op 27 Mei 2004 tot stand gebring is deur H.K.H. (Hare Koninklijke Hoogheid) Prinses Laurentien. Die Stigting beoog om die aandag te vestig op di? Nederlanders wat nie volwaardig kan deelneem aan die samelewing nie, omdat hulle probleme ondervind met lees en skryf (Stichting Lezen en Schrijven, 2010). Ander sambreelorganisasies soos Literair Podia Amsterdam (LPA), Nederlandse Uitgevers Vereeniging (NUV), Vereenigde Openbare Bibliotheek (VOP) en die Koninklijke Vereeniging Boekhandel (KVB) bevorder ook lees en sorg dat die boekaanbod so divers moontlik is (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:26). c) Maatskaplike situasie, lees en geletterdheid Die laaggeletterde mense in Nederland is sowat 1,5 miljoen uit die totale samelewing van 16 miljoen mense (Anoniem, 2005d:5). Alhoewel hierdie breukdeel aansienlik beter klink as die vlakke van geletterdheid wat in Suid-Afrika heers, word dit binne die Nederlandse kultuurhistoriese konteks as kommerwekkend beskou, omdat ?n stygende tendens waargeneem word. In 2000 meld ?n ondersoek dat ongeveer 10% van die volwassenes in Nederland (sowat 1,5 miljoen) met ?n erge graad van ongeletterheid te kampe het en dat hulle gevolglik in ?n groot mate met alledaagse skriftelike take sukkel. Intussen is dit as ?n ernstige maatskaplike probleem verklaar (Kurvens, 2004:7). Die geletterdheidspeil van Nederland het gedaal vanaf ?n ongeletterdheid van 1-4% in 1977 tot 7% in die middel jare tagtig. Die feit dat die persentasie toegeneem het tot 10% in 2000, toon dat die geletterdheid ongeveer elke dekade met 3% daal. Ongeveer ?n derde van die ongeletterde mense is allochtone. ?n Verdere 27% van Nederlandse volwassenes is wel tot ?n sekere mate Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 177 geletterd, maar ook nie daartoe in staat om volwaardig te funksioneer in ?n kennisekonomie nie (Kurvens, 2004:10). Die redes wat aangevoer word vir die laaggeletterdheid blyk tot ?n mindere mate met armoede, maatskaplike omstandighede en hulpbrontekort te doen te h? as in Suid-Afrika. Die volgende oorsake vir laaggeletterdheid in Nederland is uitgestip: algemene leer- en gedragsprobleme; taalagterstande weens ?n buitelandse herkoms; ?n ?taalarm? omgewing sonder boeke, koerante en tydskrifte; langdurige afwesigheid van skool weens byvoorbeeld siekte; onvoldoende aandag en begeleiding op skool, en mense wat hul vaardighede verloor het omdat dit in onbruik geraak het. Die gebrekkige kennis van Nederlands in die allochtone groepe besorg die regering die laaste jare groot uitdagings, want ?n groot aantal van die Turkse en Marrokaanse immigrante, wat destyds as gasarbeiders na Nederland gekom het, is na selfs veertig jaar in Nederland nog steeds nie Nederlands magtig nie en dus leer hul kinders ook nie in hul ouerhuise om Nederlands te praat nie. Die gevolg is dat heelwat van hierdie mense groot taalagterstande het as hulle skool toe gaan (Stichting Lezen en Schrijven, 2010). In ?n ondersoek na die mate waartoe ?n lees- en skryfkultuur wel sigbaar is in Nederland, word daar eerstens na statistieke verwys oor die lees- en skryfgedrag van Nederlanders en tweedens na ander inisiatiewe en gebeurtenisse wat in Amsterdam en ander dele van Nederland plaasvind en hierdie gedrag bly aanspoor. Die Nederlandse bevolking blyk ?n liter?re kultuur te h? wat besonder sterk vertoon in vergelyking met heelwat ander lande in die w?reld. Nie alleen wys Engelse uitgewers daarop dat Engelse boeke in Nederland beter verkoop as in enige ander land ter w?reld nie (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:28), maar ook bevestig statistieke dat Nederlanders groot lesers is. Volgens die Nederlandse Taalunie lees mense in Nederland gemiddeld ongeveer sestien boeke ?n jaar (Anoniem, 2005a:5) en 47% van Nederlanders lees elke week ?n boek (Anoniem, 2006c:3). Ongeveer een uit sewe Nederlanders hou dagboek en 10% van die hele bevolking probeer soms prosa of po?sie skryf (Anoniem, 2005a:5). Alhoewel die leeskultuur afgeneem het deur die jare, bly die syfers steeds hoog. In 1975 het 96% van die bevolking weekliks in ?n boek, koerant, tydskrif of gratis drukwerk gelees, maar teen 2005 het die persentasie afgeneem tot 81% (Anoniem, 2006a:6). Boonop dink die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 178 meeste Nederlanders dat lees iets kan bied vir enige mens en dat dit eerder inspirerend as vervelig is, eerder aktief as passief is, en nie slegs bedoel is vir mense wat gedurig studeer of anti-sosiaal is nie (Anoniem, 2006d:2). Die posisie van Nederland blyk ook om besonder sterk te wees wanneer statistieke van die boekverkope nagegaan word. In ?n land waar slegs 16 miljoen mense woon, word ongeveer 16 duisend Nederlandse titels jaarliks gepubliseer. Nederlands as taal produseer nie net ?n groot aantal boeke en literatuur nie, maar die meeste liter?re aktiwiteite vind ook in Nederland plaas (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:28). Voorbeelde hiervan sluit lesings en besprekings in, asook feeste, opleidingskursusse, filmvertonings gebaseer op Nederlandse boeke en ?n aantal radio- en televisieprogramme wat toegewy is aan boeke en lees, in (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:28). Literatuur word selfs op televisie geadverteer (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:25). In Amsterdam spesifiek organiseer die Stichting Literair Activiteiten Amsterdam (SLAA) liter?re en kulturele lesings en debatte. In 2001 is die Literair Podia Amsterdam (LPA) op die been gebring om aandag te vestig op al die inisiatiewe en aktiwiteite wat die stad bied (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:40). Tydens my [JCL] eie navorsing in Amsterdam, mid-Januarie tot mid-April 2009, was ek self oorweldig deur die skynbare oorvloed van liter?re aktiwiteite, die sigbare rol wat dit speel en die gewildheid daarvan by gewone Nederlanders - vergelyk die volgende e-pos-uittreksel (L?tter, 2009): Saskia van Noort se gesig is te sien op enorme plakkate in boekwinkelvensters en deur die strate vir haar topverkoper ?Verbouwing?; so ook Herman Koch met ?De diner?. So asof hulle Brad Pitt of Angelina Jolie is [...] M?re-middag sal ek die Amsterdam Wereldboekenstad Leesclubmanifestasie bywoon ? ?n byeenkoms wat lankal reeds uitverkoop is en die organiseerders het selfs probeer om ?n tweede een te re?l weens die groot aantal mense wat hulle moet wegwys [...] Ook m?re-aand is die Boekennacht in samewerking met al die boekwinkels op Het Spui. Die aanvang is 18:00 en die program duur tot 03:00 die oggend! En Sondag is die begin van ?Amsterdam in Woorden?. Ek sien alreeds dat skrywerssitate in groot letters teen universiteits- of ander kultuurgeboue se vensters in Amsterdam geskryf staan, maar by hierdie geleentheid word 60 portrette van skrywers met sitate onderaan in die stad vertoon! ?n Belangrike Nederlandse gebeurtenis is die omvangryke jaarlikse Boekenweek wat as ?n bewusmakingspoging dien (daar is ook ?n Kinderboekenweek). Ooreenkomstig met sommige feeste word daar jaarliks ?n nuwe tema gekies. In 2009 was die tema ?diere in die boekebedryf?. Die week is geopen met ?n uiters eksklusiewe Boekenbal, ?amper soos ?n tipe Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 179 Oscar-aand waarheen skynbaar slegs noemenswaardige outeurs genooi word en waarvan die gewone gepeupel maar slegs na die tyd kan lees en skinder oor die gedansery en uitrustings van die ?sterre?? (L?tter, 2009). Maniere waarop die Boekenweek gewone mense bereik, is eerstens deur middel van ?n boekweekgeskenk en tweedens deur ?n spesiale aanbod van die Nationale Spoor (NS). Die boekweekgeskenk is ?n inisiatief van die Collectieve Propaganda van de Nederlandse Boek. Dis ?n verkose boek, spesiaal geskryf deur ?n bekende skrywer, waarvan jaarliks meer as 700 000 kopie? gedruk word (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:31) en verniet gegee word aan enigiemand wat 11 Euro?s of meer aan boekinkopies bestee, of binne die week aan liter?re aktiwiteite deelgeneem het. Die Sondag in Boekenweek het Nationale Spoor ?n spesiale aanbieding dat enigeen wat die boekweekgeskenk kan toon, vir die duur van die dag na enige bestemming in die hele land mag ry. Mense wat nie gewoonlik sou boeke koop of liter?re gebeurtenisse sou bywoon nie, word dus aangemoedig om dit wel te doen, want ?n onbepaalde treinkaartjie sal veel duurder kos. Tydens die Boekenweek word verskeie liter?re pryse ook toegeken (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:22). Alhoewel daar minder liter?re feeste van twee dae of langer in Nederland aangeteken is as in Suid-Afrika, moet daar dus in gedagte gehou word dat die variasie van ander soorte openbare liter?re gebeurtenisse in Nederland veel groter is as in Suid-Afrika. Benewens die verskeidenheid aktiwiteite wat aangebied word, is die infrastruktuur van Nederland, en veral Amsterdam, ook uiters geskik vir die handhawing en uitbreiding van ?n liter?re kultuur. Nederland het byvoorbeeld ongeveer dertig professionele liter?re uitgewershuise wat byna almal in Amsterdam gesitueer is (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:25). Amsterdam self het verder meer as 170 boekwinkels, dus een vir elke 4 000 inwoners. In Nederland as geheel is die gemiddeld een boekwinkel vir elke 15 000 burgers (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:28). In 2008 tot 2009 het Nederland erkenning ontvang vir die florerende boekbedryf ?n liter?re kultuur deurdat Amsterdam aangewys is as ?wereldboekenstad? deur UNESCO en ander samewerkende stigtings. Vanaf 23 April 2008 (W?reldboekdag en Kopieregdag) tot 22 April 2009 het Amsterdam hierdie titel beklee en is ?n program met ?n verskeidenheid gebeurtenisse aangebied wat spesifiek toegespits was daarop om die boek as ?n Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 180 kultuurinstrument vir vryheid van spraak te bevorder (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:10). Meer as dertig groot gebeurtenisse is as deel van die program dwarsdeur die jaar aangebied (vgl. Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:14-22). d) Ekonomiese posisie Nederland het ?n sterk ekonomie en ?n hoogs egalit?re samelewing waarin armoede byna nie bestaan nie. Dorothea van Zyl vergelyk Nederland se ekonomiese posisie soos volg met di? van Suid-Afrika: ?Al is Nederland effens kleiner as die Kruger Wildtuin, met ?n bevolking van 15 miljoen, het dit ongeveer die 8ste grootste ekonomie ter w?reld, met ?n jaarlikse begroting wat drie keer di? van ons eie bedra? (Van Zyl, 2009:4). Die werksmag van Nederland bestaan uit ongeveer 11 miljoen vaardige en opgevoede mense. Slegs 3% van die bevolking is werkloos (die laagste werkloosheidsyfer in die Europese Unie) en die mense wat as arm geklassifiseer kan word, maak slegs ongeveer 1% van die samelewing uit (Netherlands Economy 2010, 2010). Hierdie ekonomies gunstige posisie is voordelig vir die liter?re kultuur in Nederland, omdat die regering oor die nodige fondse beskik om die kunste te bevorder. Omdat Nederland omtrent 66% van sy inkomste deur middel van handel met die buiteland kry, het die w?reldwye resessie in tussen 2008 en 2009 die land groot finansi?le skade berokken (Netherlands Economy 2010, 2010). Die fondse wat die Weerwoordfestival in 2009 moontlik gemaak het, was die Nederlands Literair Productie- en Vertalingenfonds, die SNS REAAL-fonds, die LIRA-fonds en die Amsterdam Fonds voor de Kunst (laasgenoemde verskaf deur die Gemeente Amsterdam). Die fonds wat Weerwoord in die eerste vier jaar van sy bestaan finansieel ondersteun het, naamlik die VSB-fonds, is gestaak in 2008 nadat subsidies dramaties ingekort is. Die fonds skenk jaarliks ongeveer ?26 miljoen aan projekte wat ?n bydrae lewer tot die kwaliteit van die maatskaplike of kulturele samelewing van Nederland (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3; VSB fonds, 2010). Dit wil dus voorkom of die w?reldwye kredietkrisis ?n groot impak gehad het op die besteding aan die kunste in Nederland. Die Nederlandse omgewing, waar staatsbefondsing geredelik beskikbaar is, bied dus ?n mate van sekuriteit vir ?n fees soos die Weerwoordfestival. Omdat ?n Nederlandse fees soos die Weerwoordfestival egter plaasvind in ?n kultuur waar ?n veelvoud inisiatiewe bestaan om die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 181 voortbestaan van ?n liter?re kultuur te handhaaf, kan hierdie skynbaar positiewe omgewingsfaktor die voortbestaan van die fees ernstig bedreig wanneer ?n alternatief vir staatsbefondsing gevind moet word. Private instansies sal waarskynlik minder rede h? om geld te bestee op ?n inisiatief wat ?n bydrae probeer lewer in ?n amper ?versadigde? bedryf as vir ?n inisiatief soos die US Woordfees wat binne sy konteks skaarser is en daarom beskou kan word as meer onmisbaar. Daarby kom ook dat nie alleen maatskappye se sosiaal- maatskaplike verantwoordelikheid in ?n ontwikkelende land soos Suid-Afrika sterker benadruk word nie, maar ook die noodsaak daarvan dat buite amptelike kanale om vir die kunste gesorg moet word. e) Kulturele eienskappe van debatvoering Die Nederlandse kultuur van vrye spraak en inklusiwiteit teenoor verskillende kulture en ideologie? wat reeds vanaf ongeveer die sestiende eeu geld, het steeds vandag tot gevolg dat intellektuele vryheid en respek vir allerlei soorte oortuigings en idees ?n prioriteit is (Amsterdam World Book Capital 2008, 2007:8). Aansluitend by hierdie perspektief op die Nederlandse kultuur noem die Nederlandse digter Gerrit Komrij (2009) dat Nederlanders tipies in gelykheid met mekaar optree, selfs wanneer hul kulturele verwysingsraamwerke verskil. Die verdraagsaamheid wat Komrij (2009) in Nederland ervaar, is volgens hom ook van toepassing op die Nederlandse debattering. Hy vergelyk die gedrag waarmee Nederlanders debatteer met di? van Suid-Afrikaners. Volgens hom is Nederlandse debattering ?veel ho?r en saakliker?, en dus minder emosioneel. As ?n gevolg daarvan dat Afrikaans as taal toenemende druk ervaar in Suid-Afrika en deur onder andere feeste beskerm moet word, ervaar hy ook die stemming van ?n Suid-Afrikaanse liter?re fees as veel meer polities as di? in Nederland. ?n Fees soos die US Woordfees word beskou as ?n politieke daad en meer sensitiwiteit moet dus aan die dag gel? word ten opsigte van debatvoering wat Afrikaanse belange wil ?verdedig?. Omdat in Nederland nie ?n daadwerklike stryd om die oorlewing van Nederlands bestaan nie, hoef (liter?re) feeste nie as ?politieke dade? gelees te word nie. Binne hierdie kultuur wat vrye spraak hoog op prys stel, is die program van die Weerwoordfestival dus s? opgestel dat een van die fees se twee hooflyne vir die viering van die literatuur polemiek en openbare debat was (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 182 Simptomaties van die aanvaarding van vrye spraak as norm in die Nederlandse samelewing het daar (anders as wat die geval was met die Dan Roodt-sage by die US Woordfees) nooit debatte rondom die Weerwoordfestival se program ontstaan weens die keuse van of uitsprake deur gespreksleiers op die fees nie ? ten spyte van die feit dat daar reeds by die eerste Weerwoordfestival in 2005 ?n film vertoon is wat groot aanstoot in veral Moslemgemeenskappe kon uitlok, naamlik 06/05, ?n film vervaardig deur Theo van Gogh oor die moord op 6 Mei 2002 op die Nederlandse politikus Pim Fortuyn, wat die immigrasie van Turke en Marokkane deur middel van wetgewing wou probeer beperk (onderhoud met direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, 28 Februarie 2009, Amsterdam). Van Gogh is egter wel op 2 November 2004 deur ?n Moslem-aktivis vermoor, tot groot skok van die Nederlandse publiek. Dit het, saam met die moord op Fortuyn, daartoe gelei dat die veelgeroemde Nederlandse tolerantie die afgelope jare ?n knou weg het. Dit vind op politieke terrein neerslag deur die opkoms van partye soos Geert Wilders se Partij voor de Vrijheid, maar word steeds as ?n beginsel beskou. Uit bogenoemde blyk in watter mate die redes vir die viering van ?n liter?re fees, asook die spesifieke manier waarop die fees literatuur vier, bepaal word deur die konteks en die gemeenskapsbelange wat daarmee saamgaan. In die afdelings wat volg, word ondersoek ingestel na hoe die Weerwoordfestival ooreengestem het met die eienskappe wat aan liter?re feeste toegeken word. Daar word terselfdertyd ge?llustreer hoe hierdie eienskappe strategies toegepas is om ?n retoriese uitwerking te h? op die feesdeelnemers. 1.2 Die Weerwoordfestival as ?n openbare gebeurtenis met literatuur as onderwerp Soos in die geval met die US Woordfees, word in hierdie bespreking ook eerstens aandag gegee aan ?n paar van die retoriese strategie? waarmee die literatuur as onderwerp aan potensi?le deelnemers bekend gestel is; daarna word die rol van die Weerwoordfestival as ontmoetingsplek bespreek, deur te verwys na betekenisoordrag tydens die fees. a) Die oordrag van die literatuur as onderwerp Die onderwerp waaroor die Weerwoordfestival handel, korreleer (soos die Woordfees) goed met die naam. Met die veelvuldige assosiasies wat weerwoord oproep, word die hooffokus (onderwerp) van die Weerwoordfestival oorgedra. Eerstens kan ges? word dat die woord Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 183 voortdurend weer na vore kom as kunsvorm in sy verskillende vorme. Hierdie interpretasie word gestaaf deur die slagspreuk (sententia) wat op die voorblad van Weerwoord 2009 se jaarverslag en op sommige feesbaniere- en plakkate verskyn het, naamlik ?Wij geven u graag weer woord? (bv. Verslag Weerwoord 2009, 2009:voorblad). Ook ?n bekendstelling van die fees aan potensi?le deelnemers op die internet verwoord die oorkoepelende fokus daarvan as volg (Weerwoord, literair festival, 2007): In het festival WEERWOORD neemt ?het woord? een centrale plaats in: geschreven, gelezen, gezongen. Literatuur wordt getoond in al zijn uitingsvormen: de naakte tekst, de performance, de cross-overs naar beeld en muziek. Die direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, sluit hierby aan deur self te noem dat die woord in al sy fasette die onderwerp van die fees bly. As sodanig vertoon dit groot ooreenkomste met die US Woordfees se missie (sien p. 156). In sy geheel kan die woord weerwoord ook as sinoniem vir antwoord optree (vgl. Odendal en Gouws, 2000:1358). Volgens die Weerwoordfestival se jaarverslag van 2009 word die laasgenoemde assosiasie gebruik om die woord as sentrale onderwerp in twee hoofkategorie? op die fees voor te stel. ?Het Weerwoord van de dichter? en ?het Weerwoord aan de wereld?. Die antwoord van die digter verwys na po?sie wat ?n besondere sterk plek inneem in die fees en die antwoord aan die w?reld verwys na debatvoerings in reaksie op aktuele kwessies (vgl. Verslag Weerwoord 2009, 2009:4). ?n Derde betekenis wat opgeroep word, het te make met die ?krag? of ?elektriese ladings? van weerlig. Die naam reflekteer dus die kragtige debat en meningsverskille wat deur die fees aangemoedig word, soos bevestig deur die verslag van Weerwoord 2009. Hiervolgens stel die naam voor dat die fees pas by Amsterdam as ?n ?stad van mense met meninge?. Die volgende aanhaling deur die Nederlandse digter Frank Westerdam, wat met Weerwoord 2009 gebruik is om hierdie betekenis sterker oor te dra (amplificatio en sententia), is ?Frictie of non-frictie, daar gaat het om!? (Verslag Weerwoord 2009, 2009:4). Nie alleen lig die naam van die fees dus potensi?le deelnemers in omtrent die inhoud van die fees nie (logos), maar boonop stel ?n naam wat soveel relevante betekenisladings oproep die organiseerders van die fees as liter?r bekwaam voor. Die fees se karakter en geloofwaardigheid as liter?r-gerigte samekoms word dus deur die naam versterk (etos) en terselfdertyd stem die spel-element die feesgangers meer welwillend om die fees by te woon (benevolum facere). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 184 Die besondere vraagstelling wat deur die naam Weerwoordfestival opgeroep word, kan soos volg geformuleer word: Kan die Weerwoordfestival woordgerigte aktiwiteite soos po?sie en fel debatvoering stimuleer? Deurdat die fees se vraagstelling (hypothesis) rakende die onderwerp, naamlik feeste en die letterkunde, dus indirek in die naam vervat is, kan ges? word dat die onderwerp, by wyse van inleiding tot die fees, as exordium vir deelnemers dien. ?n Jaarliks veranderende tema, wat kan dien as ?n retoriese exordium wat potensi?le deelnemers se aandag trek (attentum) en hulle belangstelling prikkel (attentum), kom nie so gedefinieerd en duidelik na vore soos in die geval van die US Woordfees nie. Die reeds genoemde aanhaling deur Frans Westerdam, naamlik ?Frictie of non-frictie, daar gaan het om!? (Verslag Weerwoord 2009, 2009:4), het wel gedien as die tema vir Weerwoord 2009. Toe daar nog sprake was van ?n Weerwoordfestival in 2010, was die plan om die tema ?Niet normaal? te maak (Verslag Weerwoord 2009, 2009:21). Die eerste indrukke wat potensi?le feesdeelnemers oor die fees gevorm het, was by wyse van bekendstelling deur byvoorbeeld die feesprogram wat vooraf bekend gestel en versprei is, baniere en plakkate, publikasies in gedrukte media en op webwerwe, en dies meer. In die geval van Weerwoord 2009 het die ontwerp van die programvoorblad eerstens ooreengestem met baniere, plakkate en groot doeke in die Leidseplein-omgewing (naby die feesvenues). Geen beelde is gebruik nie, maar bloot tekste wat in ?n verfskrif gedruk is. Op die voorblad van die program staan die blote woorde ?Programma 2009? sentraal en in groot, swart letters gedruk, teenoor die veel kleiner teks in die linkerhoek bo wat vermeld ?literair festival op het Leidseplein?, met die feesdatums en webadres in selfs kleiner skrif onderaan. In die regterkantse onderste hoek is ook klein in swart en pienk die blote woord Weerwoord gedruk. Op die keersy van die voorblad staan ?Weerwoord? groot en sentraal gedruk, met ?n versameling sinonieme en assosiasies in Nederlands en ander tale wat in die feesprogram betrek word. Die woorde wat verskyn, is stickwort, replica, tegenstand, antwoord, wederwoord, polemiek, weerstand, repliek, replique, reply, Erwiderung en vara (Programma 2009, 2009). Die woorde wat met die feestitel gekombineer word, stel dus nie alleen bekend wat die fokus is van gebeurtenisse wat by die fees verwag kan word nie (logos), maar die verskeidenheid tale wat by die fees ingesluit word, l? boonop klem op die inklusiewe aard daarvan. Die indruk word geskep dat die fees verdraagsaam is teenoor verskillende kulturele herkomste en ?n podium skep vir diverse stemme (antwoorde) uit die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 185 totale liter?re samelewing. Die programboekies is aan 15 000 gemeenskapslede versprei (Verslag Weerwoord 2009, 2009:12) deur dit by biblioteke en ander liter?r-gerigte liggings soos boekhandels beskikbaar te stel en ?n verdere 7 000 mense wat op die Leidsepleinteaters se adreslyste is, het die boekies elektronies ontvang (Verslag Weerwoord 2009, 2009:15). Aansluitend by die bewoording op die voorblad van die feesprogram as ?n teks wat feesdeelname kan bepaal, is dit opmerklik dat die woorde ?literair festival? wel gebruik word ? anders as in die geval van die US Woordfees. Teenoor die Suid-Afrikaanse konteks, waar ?n onderontwikkelde liter?re kultuur tot gevolg kan h? dat gemeenskapslede ontmoedig voel om ?n fees met di? beskrywing by te woon, kan dieselfde benoeming juis ?n gunstige effek h? op deelname aan ?n fees wat afspeel in ?n Nederlandse, veral Amsterdamse, konteks met sy sterk liter?re kultuur. Dit bring mee dat daar nie soveel implisiete opponerende ?beto?? teen die letterkunde is dat nodig sou wees om die aard van die fees te verdoesel (minutio) nie. Die deursnee Amsterdammer sou moontlik juis positief gestem wees teenoor ?n fees (benevolum facere) wat benoem word as ?n liter?re fees (vgl. Programma 2009, 2009:voorblad). Vooruitlopend op Weerwoord 2009 is kort reklame-filmpies ook op die webtuiste YouTube beskikbaar gestel. Een van hierdie filmpies het gebruik gemaak van die gesaghebbende Nederlandse digter Remco Campert (auctoritas, as onderdeel van etos), wat later self sou optree by die fees. In die filmpie word sentiment en spanning by kykers aangewakker deur die klassieke agtergrondmusiek wat speel (patos) terwyl Remco Campert uit sy meenthuis vertrek en deur die strate van Amsterdam stap om ?n Weerwoordplakkaat met sy eie aanhaling op in verskillende oop areas op te sit. Daar word dus voorgestel dat die gesaghebbende figuur vereenselwig kan word met die aktiwiteite van die Weerwoordfestival en dat hy dit goedkeur deur ?n persoonlike bydrae te lewer tot die transformasie van ?n gedeelte van Amsterdam in ?n feesomgewing (Verslag Weerwoord 2009, 2009:12; Remco Campert Weerwoord, 2009). b) Openbare aard van die Weerwoordfestival Volgens die direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, het die konteks waarin die fees plaasgevind het geen noemenswaardige uitdagings gebied rakende klas- of Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 186 groepsverdelings nie. Gevolglik is hierdie aspek nie in ag geneem by die samestelling van die fees nie. Die groot aanbod van liter?re aktiwiteite in Amsterdam bied egter wel die uitdaging dat die gemeenskap ?n mate van ?versadigheid? toon en nie die dringendheid ervaar om die liter?re gebeurtenisse by die fees by te woon nie ? al vind dit slegs binne die bestek van enkele dae plaas (onderhoud met direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, 28 Februarie 2010, Amsterdam). Die Weerwoordfestival was dus nie soseer daarop gemik om ?n diverse gemeenskap te betrek nie, maar was wel op soek na ?n groter publiek (vgl. Verslag Weerwoord 2009, 2009:2). Dit gaan hier uiteraard om ?n veel meer homogene groep as by die US Woordfees, en dit wil voorkom of nie soseer geprobeer is om diverse groeperings mense uit byvoorbeeld die allochtone gemeenskappe te betrek nie, maar hoofsaaklik om letterkundig-ge?nteresseerdes te motiveer. Die motivering en oorreding vind dus op ?n ander manier plaas. Maniere waarop die fees geleenthede vir mense geskep het om ?n gevoel van communitas te geniet, was byvoorbeeld deur die Gedichtenbal en Afterparty wat dit opgevolg het (later meer daaroor - vgl. die Programma 2009, 2009:30-31). c) Weerwoordfestival as inklusiewe ontmoetingsplek wat meningsvorming stimuleer Een van die belangrikste doelwitte van liter?re feeste, naamlik om debat oor aktuele sake te stimuleer, word verwesenlik deur die openbare aard van so ?n fees. Volgens Gerard Hauser is een van die kriteria wat bepaal of ?n openbare sfeer suksesvol retories sal funksioneer, die inklusiewe aard daarvan. Dit is met betrekking tot die Weerwoordfestival veral ge?llustreer deur die sterk nadruk op vrye spraak op die openingsaand van die eerste fees in 2005, as ?n tipe exordium tot die bepaalde fees en di? wat sou volg, deur die avant-premi?re van die hoogs kontroversi?le film 06/05 deur Theo van Gogh aan te bied. Dit is gevolg deur ?n video van ?n onderhoud deur Theo van Gogh met die bekende Nederlandse outeur W.F. Hermans oor die belang en status van polemiek. Dit het plaasgevind minder as drie maande na die moord op Van Gogh (op 2 November 2004) deur ?n Moslem-aktivis ? na aanleiding van Van Gogh se film Submission, waar die Islam-geloof as onderdrukkend teenoor vroue uitgebeeld word (onderhoud met direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, 28 Februarie 2009, Amsterdam). Een van die twee voorveronderstellings waarvan die Weerwoordfestival uitgegaan het, naamlik om debat, polemiek en meningsvorming uit te lok, is sodoende uitgelig. Dit is wel Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 187 goed begelei: Indien 06/05 alleen vertoon sou word, sou die feesdeelnemers moontlik die foutiewe afleiding (logos) kon maak dat die Weerwoordfestival dit eens is met die ideologie dat Turke en Marokkane immigrasie geweier behoort te word. Deurdat hierdie film egter gekombineer (dispositio) is met ?n onderhoud oor die belang van polemiek is moontlike misverstande voorkom. Binne ?n kultuur waar die feesdeelnemers ?n verwysingsraamwerk deel wat uitgaan van ?n gemeenskaplike verdraagsaamheid teenoor vrye spraak, kan ?n exordium wat potensieel soveel emosie en meningsverskille uitlok, dus wel as ?n geslaagde retoriese strategie optree (vgl. Leeman en Braet, 1987:46). Binne die Nederlandse konteks sou die film wel aandag getrek het (attentum) en die feesboodskap bevestig het dat vrye spraak beskou word as ?n gesonde instrument tot debatvoering en meningsvorming. Hierdie films het gevolglik gedien as belangrike kulturele simbole wat geselekteer is (vgl. arena, p.28) uit ?n verskeidenheid kultuursimbole in Nederland (vgl. veld, p.28) om die Weerwoordfestival se houding teenoor vrye spraak oor te dra (inventio). Dit was nogtans ?n doelbewuste politieke daad, gerig op die daarstel van ?n podium vir die polemiese debattering van kwessies wat te doen het met verhoudinge tussen autochtone en allochtone. Anders as by die Woordfees, waar versoening en diversiteit in 2000 voorop gestel is met die optrede van ?n imbongi, het ?n andersoortige konteks dus in hierdie geval tot ?n veel meer polemiese openingstellinginname gelei. Gebeurtenisse by Weerwoordfestival 2009, wat debattering oor aktuele kwessies uitgelig het, was eerstens Vrouwen met meningen, waar die skrywer Tessa de Loo gepraat oor ?De demonisering van moslims ? Bush als trendsetter? en joernalis Amanda Kluveld menings gelug het oor die beskerming van diere. Die deelnemers uit die gehoor is aktief betrek en ?n gespreksleier, Annemiek Schrijver, het die verloop van die gesprek bestuur (Programma 2009, 2009:17). Tweedens is ?n debat oor die stand van sake in die hiphop-musiekbeweging inleidend tot die sanggroep double talk ? bb chronicles II ?wild style? se optrede gevoer (Programma 2009, 2009:26). Derdens het die reeks Het ultieme weerwoord? bestaan uit verskillende fel debatvoerings, soos di? van Kluun vs Arie Storm oor literatuuropvattinge, in reaksie op die verskyning van Storm se boek Het onontkombaar eigen van de Nederlandse literatuur (Programma 2009, 2009:28,30). Het Weerwoord van Joost Zwagerman het die geleentheid gebied aan die Nederlandse romanskrywer, digter en bloemleser om ?n lesing aan te bied oor die inhoud van sy nuwe boek, naamlik Hitler in de polder & Vrij van God Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 188 (Programma 2009, 2009:31). Heelwat gesprekke is ook deur middel van Weerwoordradio (Amsterdam FM) uitgesaai gedurende die feestydperk, met onderwerpe soos ?Print is dead? (Programma 2009, 2009:7-8). Dit wil dus voorkom of (in aansluiting by die feesnaam) Weerwoordfestival heelwat meer ingestel was op polemiek as die Woordfees, wat steeds meer op inligting fokus, asook op die verryking wat die literatuur en kunste meebring. In die eerste jaar van die Weerwoordfestival (2005) het die Woordfees, toe reeds in sy vyfde jaar, wel ge?ksperimenteer met die polemiese, toe besluit is om te fokus op die onstuimige tagtigerjare. Die bohaai oor Roodt se blote deelname het egter getoon dat die Afrikaanssprekende taalgemeenskap nog veel minder oop is vir debat en vrye spraak. 1.3 Die Weerwoordfestival as ?n skeiding van die alledaagse Die tydsbeperking, tydelike transformasie van ?n bekende ruimte en die buitengewone vrolikheid geassosieer met feestelikheid, het ook die Weerwoordfestival gekenmerk ? met die gepaardgaande eventiserende effek op die gebeurtenisse wat aangebied is. In hierdie afdeling word nagegaan op watter unieke maniere die Weerwoordfestival hierdie drie strategie? verwesenlik het in 2009, om die indruk van ?n skeiding van die alledaagse tydens die fees te bewerkstellig. Alhoewel weereens onderskei kan word tussen die manier waarop die Weerwoordfestival hierdeur potensi?le deelnemers gelok het en die sielkundige effek wat die afwyking van die alledaagse op die feesdeelnemers het, is dit die laasgenoemde funksie wat veral uitgelig word. Die Weerwoordfestival is jaarliks vanaf 2005 tot 2009 in die laaste week van Januarie aangebied om te oorvleuel met die jaarlikse nasionale Gedichtendag op die laaste Donderdag van Januarie (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Die duur van die fees was ongeveer vyf dae, in 2009 van 28 Januarie tot 1 Februarie (onderhoud met direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, 28 Februarie 2010, Amsterdam). Hoewel ?n beperkte feesduur die indruk van ?n tydelike skeiding van die alledaagse kan benadruk, is hierdie feesstrategie minder effektief binne ?n konteks waar ?n groot aanbod van liter?re gebeurtenisse bestaan. Volgens die direkteur, Marc Verstappen, het die konteks, waarin soveel gebeurtenisse moet kompeteer, tot gevolg dat die organiseerders van elkeen moet ?veg? vir deelnemers (onderhoud op 28 Februarie 2010, Amsterdam). Om ?n mededingende voorsprong te skep, is die strategiese besluit dus geneem om die Weerwoordfees te laat Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 189 oorvleuel met Gedichtendag en die inhoud van gebeurtenisse daarby te laat aansluit. Die tema van Gedichtendag 2009, ?Dichter des Vaderlands?, is dus ge?ntegreer by die inhoud van Weerwoord 2009: Digters op die Gedichtendag se langlys, soos Joke von Leeuwen, Erik Menkveld, Ilja Leonard Pfeijffer, Ingmar Heytze, Pepijn Lanen, Maria van Daalen, Tsead Bruinja, Robert Anker, F. Starik, Ruben van Gogh en Maarten Ingels, is gevra om spesiaal ?n gedig vir die Weerwoordfestival te skryf en dit te kom voordra (Verslag Weerwoord 2009, 2009:4). Gedichtendag as ?n herkenbare simbool uit die alledaagse (simeia) is dus deur die feesorganiseerders geselekteer (inventio) sodat die nasionale gees van literatuurviering wat daarmee geskep word, en wat jaarliks opnuut aandag vestig op die belange van po?sie in die samelewing (attentum, etos), kan bydra tot mense se motivering om ook die Weerwoordfees se gekoppelde liter?re aktiwiteite by te woon. Volgens Leeman en Braet (1987:70) is die gebruik van simbole (semeia) saam met ?n logiese sillogisme (enthymema), wat gevorm word uit algemene aanvaarde menings (eikota), die sentrale logiese begrip uit Aristoteles se Rhetorica. Die kombinasie van die Weerwoordfestival en Gedichtendag (dispositio) bring dus logiese sillogismes soos die volgende by potensi?le feesdeelnemers tuis, wat hul tot aksie kan aanspoor: Gedichtendag (as semeia) is ?n besondere geleentheid wat demonstreer hoe belangrik gedigte in die samelewing is (eikota); aan iets wat belangrik is, behoort deelgeneem te word (eikota); daar behoort dus deelgeneem te word aan Gedichtendag. Die kombinasie van die Weerwoordfestival met Gedichtendag roep ?n enthymema soos die volgende op: Daar behoort deelgeneem te word aan Gedichtendag; die Weerwoordfestival bied ?n podium vir gebeurtenisse te make met Gedichtendag; daar behoort dus deelgeneem te word aan die Weerwoordfestival. Hoewel die kombinasie op die oog af baie goed was ten einde meer relevansie aan die Weerwoordfestival te verleen, kon dit egter, agterna gesien, moontlik negatief ge?mpakteer het op Weerwoordfestival, aangesien die fees in die proses ?n eie karakter ingeboet en in ?n ondergeskikte, ondersteunende posisie te lande gekom het. Dit kon moontlik die idee by die fondsgewers gevestig het dat die Weerwoordfestival nie iets nuuts bydra nie (attentum). Die transformasie van ?n alledaagse ruimte is ?n tweede manier waarop ?n fees ?n skynbare skeiding van die alledaagse kan bewerkstellig. In die geval van Weerwoordfestival is die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 190 Leidseplein en die teaters in di? omgewing wat as feesvenues opgetree het, tydelik getransformeer om die fees sigbaar te maak. Die Leidseplein dien in die alledaagse lewe as ?n besigheidskern met heelwat winkels in die omgewing waar mense daagliks sake kan doen en saans uit ?n verskeidenheid teaters kan kies. Gedurende die Weerwoordfestival is hierdie feeskern omskep om anders te lyk as gewoonlik, en dus nuut ervaar te word (patos), om potensi?le deelnemers se aandag te prikkel (attentum). Deur ostranenie (vgl. p.22) is die alledaagse ruimte dus vreemd gemaak, sodat feesontvangers dit vanuit ?n vars perspektief kon beskou en gevolglik meer oop sou wees vir die nuwe betekenisse wat geamplifiseer word (amplificatio). In 2009 het die Leidsepleinteaters ?n groot aantal aanhalings vertoon van digters wat sou optree by die fees, en die titels van gebeurtenisse is op 45 A0-grootte en 780 A2-grootte doeke en plakkate uitgelig, soos Gedichtendag, Poetracks ? Hugo Claus, Vrouwen met meningen, ens. (Verslag Weerwoord 2009, 2009:9, 11). Aandag is getrek deur aanhalings met lang toue op te hang teen venues en br?e. Opvallende aanhalings uit die Weerwoordgedigte wat in opdrag geskryf is, soos ?De Nederlandse literatuur gaat ten onder aan onbenul? (Ilja Leonard Pfeijffer), ?De mensen praten over zichzelf of helemaal niet? (Michael Houellebecq), ?Schimpen op christenen is links en schimpen op moslims is rechts. Waarom eigenlijk?? (Joost Zwagerman) en ?Het maaksel zelf weet niet dat het kunst is/ Soms voegt een duif iets aan het standbeeld toe? (Remco Campert) (Verslag Weerwoord 2009, 2009:8) is op 125 A0-grootte doeke in veral die omgewing van die feesvenues soos Theater Bellevue, Melkweg, Stadschouwburg Amsterdam, De Balie en Paradiso geplaas (Verslag Weerwoord 2009, 2009:8-10; Programma 2009:agterblad). ?n Spandoek van 200m met ?n aantal van die aanhalings is ook voor die teaters opgesit (Verslag Weerwoord 2009, 2009:13). Die Melkweg-teater is verder tydelik ?[...] omgebouwd [...] tot Literaire Tempel? (Programma 2009, 2009:28). ?n Verandering van die alledaagse is ook teweeggebring deur daaglikse radio-uitsendings oor Amsterdam FM vanaf vieruur tot sesuur, van gesprekke wat tydens die fees plaasgevind het (Verslag Weerwoord 2009, 2009:14). Nie alleen is die fees en feestydperk sodoende onder die aandag gebring nie, maar potensi?le feesdeelnemers is ook ingelig oor wat verwag kon word (logos). Die oorspronklike Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 191 denke en liter?re vaardighede van die digters as outoriteitsfigure (auctoritas) wat uitgelig en met die Weerwoordfestival vereenselwig is, het gedien as exempla van die feesinhoud. Een van die ?guerilla?-strategie? (Verslag Weerwoord 2009, 2009:8) om lede van die gemeenskap se aandag te vestig op die fees (attentum), was deur die Leidseplein op Nationale Gedichtendag te transformeer in ?n gesellige ontmoetingsplek met wit rusbanke en rooi kussinkies. Voetgangers is deur jong, entoesiastiese studente (wat werksaam is by die Stichting Nieuwe Helden ? ?n organisasie vir die stimulering van jong talent in die teater - Programma 2009, 2009:13) genooi om na ?n gedigvoorlesing te luister wat (soos genoem) spesiaal deur Amsterdamse digters geskryf is in opdrag vir die fees, terwyl hulle gemaklik op ?n rusbank kon sit met ?n gratis koppie warm sjokolade - ?n welkome drankie op ?n yskoue wintersdag (patos en benevolum facere). Na afloop van die voorlesing het hulle ?n poskaartvormige pamflet met die Weerwoord-gedig op die een kant en ?n Weerwoordfestival-program op die keersy ontvang om hulle in te lig omtrent die feesverrigtinge (logos en atechnoi ? Verslag Weerwoord 2009, 2009:8,15), vergelyk die feesprogram (2009:13): ?[t]ijdens Gedichtendag verandert het Leidseplein in een tijdelijke po?tiese zone? en (oor die kafees waarin die digters opgetree het): ?[h]et bier wordt er vrolijker van; de koffie weemoediger?. Hierdie tipe oorreding getuig van ?n welvarende tipe fees wat geen probleem het met die druk van materiaal, ens. nie. Dit kontrasteer enersyds met die Woordfees wat ?n hoogsomerfees is, maar stem ooreen in di? opsig dat die Woordfees as lokmiddel ruimskoots gratis wyn van donateurs soos Distell verskaf by gebeurtenisse, in pas by die konteks van Stellenbosch as dorp in die wynlande. By ?n liter?re fees soos Weerwoord 2009 (soos by die Woordfees) is dit ook belangrik om strategie? toe te pas wat die vrolike atmosfeer van ?n fees behou en nie die ernstige stemming wat sommige boeke, dramas, musiekuitvoerings en debatte kan skep, te laat oorheers nie. Strategie? om die Weerwoordfestival se beeld as ?n vrolike byeenkoms te beklemtoon, was eerstens die atmosfeer wat geskep is by die Gedichtenbal met ?n gepaardgaande Gedichtenbal - de afterparty as openingsfunksie vir die fees. Die eerste gebeurtenis is as exordium ?n kragtige oorredingsmiddel, omdat dit die toon aangee van wat feesdeelnemers te wagte kan wees.Die venue waarin die gebeurtenis plaasgevind het, naamlik Paradiso ? ?n dansklub vir jongmense buite die feesseisoen ? kan reeds beskou word Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 192 as ?n simbool uit die alledaagse (simeia), gekoppel met informaliteit en ontspanning, wat sou ingaan teen die idee dat literatuur gepaardgaan met ?n ernstige atmosfeer (refutatio). Alhoewel die gebeurtenis behels het dat digters soos Remco Campert, Cees Nooteboom, Theo Nijland, Robert Anker, Luc de Vos, Pepijn Lanen en Mustafa Stitou uit hul gedigte voorlees en dat dit dus konsentrasie verg, is ?n vrolike en informele stemming op verskeie maniere gehandhaaf: met die aankoms, by die lokaal wat omgetower was met disko-ligte en feesspreuke, het elke feesdeelnemer ?n glas vonkelwyn (?n simbool van feesviering ? simeia) gekry. Aan die agterkant van die saal was ?n kroeg waar bier en ander drank gekoop kon word. Alhoewel die informele atmosfeer die nadeel gehad het dat mense rondbeweeg, geraas en gesels het en die voorlesings deels onhoorbaar geraak het, het dit wel bygedra tot ?n vrolike, informele atmosfeer. By die Gedichtenbal - de afterparty, na afloop van die Gedichtenbal, kon deelnemers saamdans op musiek deur DJ Saskia de Jong (Programma 2009, 2009:11). Ander voorbeelde van gebeurtenisse wat bygedra het tot die vrolike stemming, was die lughartige inhoud van Istvan Hitzelberger se Liedjes voor gelukkige mensen. Verder is Vrouwen met meningen, wat eintlik oor ernstige sosiale kwessies rakende vroue gehandel het, omskep in ?n informeler byeenkoms: die sprekers het ?n spelerige atmosfeer geskep deur elkeen ?n kort rompie saam met stewels aan te trek en hul hare wild te laat staan (patos). Soos by die Gedichtenbal, was daar ?n kroeg agter in die saal. In ooreenstemming met die epideiktiese redevoering is feesdeelnemers dus (soos by die Woordfees) eerstens onder die indruk geplaas dat die liter?re aktiwiteite goed en deugsaam is omdat dit gevier word. Tweedens speel die vrolikheid in op feesdeelnemers se emosies en die moontlikheid van opwindingstransformasie veroorsaak dat hulle minder krities is oor gebeurtenisse wat bygewoon word (patos). Terselfdertyd word die doeltreffendheid van betekenisoordrag sterker deur ostranenie en vind amplificatio daarom plaas. Die indruk by feesdeelnemers dat hulle tydelik van hul verantwoordelikhede in die alledaagse lewe geskei word, vervul die besondere funksie van attentum. Deur middel van ?n sielkundige proses soos vloei, wat deur die feesomgewing aangewakker word en die deelnemers in ?n verhoogde staat van konsentrasie laat verkeer, word aandag nie net getrek nie, maar sonder afleidings uit die omgewing word dit ook behou. Die drie tipes strategie? wat saamwerk om Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 193 ?n ongewone, buitengewoon vrolike ruimte vir ?n beperkte tyd te skep ? as ?n skeiding van die alledaagse ? funksioneer terselfdertyd as ?n retoriese exordium om lede uit die gemeenskap aan te moedig tot deelname aan die fees. Die getransformeerde ruimte, gekenmerk deur ?n groot aantal feesdoeke- en plakkate, stel die gemeenskap bekend aan die vraagstelling (fees) wat ter sprake is (hypothesis), naamlik die wyse waarop woordgerigte aktiwiteite by die Weerwoordfestival aan bod kan kom. Die ongewoonheid van die ruimte en die vrolikheid prikkel die nuuskierigheid en trek dus aandag (attentum). Dit is hieruit duidelik dat die Woordfees en die Weerwoordfestival as liter?r-geori?nteerde feeste op ?n soortgelyke manier funksioneer in retoriese opsig. 1.4 Die doelwitte van die Weerwoordfestival rakende die literatuur Volgens Aristoteles het enige retoriese kommunikasiesituasie ten doel om die ontvangers daarvan te be?nvloed. Dit ontstaan deurdat die sender ?n bepaalde onderwerp op ?n strategiese manier ?stuur? sodat die uiteindelike teks (in hierdie geval ?n fees) die beoogde invloed kan uitoefen. Die maniere waarop die senders (feesorganiseerders) van die Weerwoordfestival literatuur strategies aangebied het om invloed op die feesdeelnemers uit te oefen, het onder andere te doen gehad met die volgende doelwitte: om ?n bewussyn te skep omtrent liter?re aktiwiteite, veral po?sie en polemiek; om liter?re netwerke tussen mense tot stand te bring en te handhaaf; om vernuwing in die literatuur aan te moedig, en om polemiek en debat oor aktuele sake te stimuleer (vgl. Festival Weerwoord 2009, 2009; Verslag Weerwoord 2009, 2009:22). Anders as in die geval van die US Woordfees, blyk hieruit dat die organiseerders van die Weerwoordfestival nie soseer die doelwit gehad het om ?n lees- en skryfkultuur te ontwikkel of om ?n spesifieke taal soos Nederlands te bevorder nie. Die nadruk was eerder op netwerkvorming, vernuwing en polemiek binne ?n bestaande liter?re kultuur, ten einde deelnemers (opnuut) te oorreed dat die literatuur opvoedkundige, morele, estetiese en ander positiewe waardes bied, en hulle tot aksie aan te spoor om meer aan liter?re aktiwiteite deel te neem ?n krities te dink oor aktuele kwessies. Di? doelwitte word vervolgens bespreek aan die hand van Weerwoordfestival 2009. a) Die skep van ?n bewussyn omtrent liter?re aktiwiteite In die Weerwoordfestivalprogram van 2009 het die volgende gebeurtenisse kennelik ?n spesiale rol gespeel om ?n bewussyn omtrent liter?re werke te skep: eerstens het die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 194 sogenaamde Weerwoordradio (soos genoem) daagliks gesprekke oor Amsterdam FM uitgesaai. Aan de wereld (2009:7) het byvoorbeeld gehandel oor die invloed wat aktualiteit op die skrywer het en die plek van literatuur in die hedendaagse digitale samelewing: Het literaire voorjaar (2009:7) het die geleentheid aan uitgewers en redakteurs gegee om die werke van een bekende outeur en een nuwe talent bekend te stel; Print is dead (2009:8) het gehandel oor die alternatiewe vir die gedrukte boek; De stadsdichter van Amsterdam (2009:8) het ?n onderhoud behels met die nuutverkose Amsterdamse stadsdigter (wat by die Gedichtenbal aangekondig is), en Poetry Circle Nowhere (2009:8) het luisteraars voorgestel aan die jongste talent in die digkuns. Tweedens het ook die reeds-genoemde omskepping van die Leidseplein in ?een tijdelijke po?tiese zone? (2009:13) op Gedichtendag bygedra tot die skep van ?n bewussyn omtrent liter?re aktiwiteite, in hierdie geval veral van die nuwe gedigte wat spesiaal vir die Weerwoordfestival geskryf is. Derdens is die feit dat Amsterdam jaarliks ?n stadsdigter aanwys tussen 2006 en 2009 deur die Weerwoordfestival oorgeneem om van die geleentheid ?een echt literair project te maken met een veel grotere zichtbaarheid? (2009:4). Prominente digters wat ?n beduidende bydrae gelewer het tot die Nederlandse letterkunde, byvoorbeeld Robert Anker in 2008 en Mustafa Stitou in 2009 (Programma 2009, 2009:4; Verslag Weerwoord 2009, 2009:4,15,17), is tydens die Weerwoordfestival aangekondig. (Albei hierdie digters het ook reeds op die Woordfees opgetree.) Uit beskikbare profiele is dus een geselekteer (inventio) wie se werk s? ?n impak sou maak dat dit feesgangers sou aanmoedig tot regstreekse aksie deur self die gedigte te lees en daaroor na te dink. Soos met ander liter?re figure wie se tekste tydens die fees vertoon en voorgelees is (sien die paragraaf wat volg), wat ook deur middel van inventio geselekteer is, word ?n gunstige beeld van hierdie bekende liter?re figure vooropgestel (amplificatio) deurdat hul optrede binne die feeskonteks aansluit by die retoriese beginsels van phronesis, aret? en eunoia. Ander gebeurtenisse wat ?n podium gebied het vir digters en hul gedigte, was Poetracks ? Hugo Claus (wat behels het dat klassieke gedigte tot popmusiek omskep word; 2009:15), Dijkshoorns Weerwoord live (voorlesings deur Nico Dijkshoorn, Leon Verdonschot, Herman Koch en P.F. Thom?se; 2009:16), die vertoning van ?n Franse film deur Michel Houellebecq, La possibilit? d?une ?le, gebaseer op sy roman - ?n wetenskapfiksie oor klone en die gevolg Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 195 daarvan vir die mens (2009:20); Weerwoord cinema: Brinkmanns Zorn (2009:24), ?n dokument?re film oor hierdie digter en literatuurikoon; Het ultieme weerwoord? (2009:28- 31) ?n reeks met voorlesings deur Michel Houellebecq, Ilja Leonard Pfeijffer, die groep Weerwoorddigters, Joost Zwagerman, Cees Nooteboom en Remco Campert. Programma rond Jos? Eduardo Agualusa werp lig op hierdie skrywer se oeuvre en hy voer ?n onderhoud met outoriteitsfigure in die liter?re sisteem, naamlik Harrie Lemmens as vertaler en Hans Maarten van den Brink as skrywer en uitgewer (vgl. 2009:32). Op grond van etiese oorwegings (etos) beskou feesgangers die uitsprake van hierdie outoriteitsfigure, sowel as die digters en outeurs wie se werk voorgelees of vertoon word, as betroubaar en is dus welwillend en goedgegesind teenoor so ?n gebeurtenis. Die blootstelling aan liter?re werke by die Weerwoordfestival was nie beperk tot die vertonings self nie, maar deelnemers het ook ?n feesetiket (?dagklapper?) met ekstra inligting ontvang by elke gebeurtenis. Inligting omtrent ?n liter?re figuur en sy/haar werk is dus geselekteer (inventio) en op hierdie inligtingsblad gedruk. Deurdat die gebeurtenis gekombineer is met die strategies-geselekteerde inligting (dispositio) kon die deelnemer se interpretasie van die gebeurtenis (gunstig) gestuur word (vgl. Verslag Weerwoord 2009, 2009:14). Uit die omvattende teks wat in die ?dagklapper? van die Gedichtenbal verskyn het (tesame nege paragrawe), word die volgende paragraaf aangehaal om die retoriese krag daarvan te illustreer (Gedichtenbal en Afterparty, 2009:binneblad): De stad resoneert en vibreert in de gedichten van Remco Campert. ?Ik moet blijven/ bij wat me raakt/ en wat me raakt/ moet willen blijven bij mij?. Zo staat het in zijn prachtige bundel ?Nieuwe Herinneringen?. De meester zelf leest een eigenzinnige selectie uit zijn stadsgedichten. Hierdie lofrede (genus demonstrativum) dien op sigself as retoriese strategie om die deelnemer onder die indruk te plaas dat die digter Remco Campert besonder vaardig is (auctoritas). Benewens die gebruik van vleiende beskrywings soos ?zijn prachtige bundel? en ?[d]e meester? word ?n exemplum van sy digterlike krag gegee deur middel van die aanhaling. Die Gedichtenbal word in hierdie paragraaf as onmisbare geleentheid voorgestel deurdat die teks vir die leser beklemtoon (amplificatio) dat Campert as ?meester zelf? (my kursivering) ?n ?eie seleksie? uit sy werk sal voorlees. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 196 Anders as by die US Woordfees, wat veral Afrikaans (maar wel ook Nederlands, Engels en soms Afrikatale) uitlig as taal waarin die literatuur kan floreer, is die Weerwoordfestival juis daarop gerig om aan deelnemers blootstelling te bied aan die liter?re werke van ander tale naas Nederlands, byvoorbeeld nie-Anglosaksiese werke uit Duitsland, Frankryk, Skandinavi? en Oos-Europa (Verslag Weerwoord 2009, 2009:22) ? soos gedemonstreer deur die verwysing na die Franse film deur Michel Houellebecq. Die feesdirekteur Marc Verstappen het genoem dat dit by die Weerwoordfestival glad nie gaan oor Nederlands as taal nie, maar juis meer oor ander tale (onderhoud op 28 Februarie 2009, Amsterdam). Die fees maak deelnemers dus nie alleen bewus van die Nederlandse literatuur nie, maar maak ook werke uit ander lande meer toeganklik en voeg dit toe tot Nederland se ?cultureel (literair) erfgoed? (vgl. Verslag Weerwoord 2009, 2009:21). b) Die totstandbring en handhaaf van liter?re netwerke tussen mense Die ontmoetingsplek wat die Weerwoordfestival geskep het, het feesgangers en liter?re figure gehelp om hul netwerke te versterk, in gesprek te tree oor die literatuur en groter blootstelling aan mekaar te kry as in die alledaagse lewe. Die mate van netwerkvorming wat in die alledaagse lewe ervaar word, bepaal of genoemde ontmoetingsruimte ervaar word as spel of ritueel (vgl. p.29). Die handhawing en verbetering van netwerke word egter in beide die spel- ?n ritueelvoorstellings as ?n positiewe bydrae tot die gemeenskap uitgebeeld. Die epideiktiese staan dus op die voorgrond. Alhoewel die gebeurtenisse tydens ?n liter?re fees soos die Weerwoordfestival nie die enigste manier is waarop netwerkvorming kan plaasvind nie, bied dit wel ?n groot aantal geleenthede daarvoor, waar feesgangers byvoorbeeld kan deelneem aan diskussies. Sosiale interaksie is inderdaad as belangrik beskou by hierdie fees. Mense kon mekaar tydens die Weerwoordfestival 2009 byvoorbeeld by die Gedichtenbal, waar deelnemers ?n gratis digbundel deur die toenmalige stadsdigter Robert Anker ontvang het en die bundel persoonlik deur hom kon laat teken. Tydens ?weerwoordlesings?, as deel van Het ultieme weerwoord? (Programma 2009, 2009:30-31), kon deelnemers vrae stel en menings lug. Skrywers het saamgesels oor aktuele onderwerpe en saam opgetree, soos by die Po?tisch weerwoord, toe digters Cees Nooteboom en Remco Campert in ?n sogenaamde ?uitzonderlijk dichterlijk duet? saam gedigte voorgelees het (Programma 2009, 2009:31). Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 197 Liter?re figure het dus nie alleen die feesgangers ontmoet nie, maar ook mede-skrywers. Podiums tydens liter?re feeste dien verder in die algemeen as lok-aas vir boekkenners om byeen te kom, en tussendeur gebeurtenisse kan feesgangers in ?n meer informele hoedanigheid gesprekke aanknoop. Die feesomgewing skep dus die ideale ruimte indien iemand ?n liter?re netwerk wil skep of versterk. c) Vernuwing in die literatuur Omdat die Weerwoordfestival gerig was op ?n relatief jong teikengroep, was een van die doelwitte om besondere aandag te gee aan aktuele en eksperimentele literatuur, byvoorbeeld debute, nuwe boeke en voorpublikasies (Festival Weerwoord 2009; onderhoud met direkteur van die Weerwoordfestival, Marc Verstappen, 28 Februarie 2010, Amsterdam). Organiseerders van die Weerwoordfestival het die skryf van nuwe tekste aangemoedig deur tien lesings daaroor, asook deur die vyftien gedigte wat eksklusief en in opdrag vir die fees deur vooraanstaande Nederlandse digters, skrywers en denkers geskryf is (Verslag Weerwoord 2009, 2009:4,22). Gebeurtenisse op die Programma 2009 wat te make gehad het met vernuwende en eksperimentele literatuur, was byvoorbeeld Poetracks ? Hugo Claus (2009:15), opgedra aan Hugo Claus wat in 2008 oorlede is, oor verpopul?rende toonsettings van klassieke gedigte deur Gerard Reve, Harry Mulisch en W.F. Hermans. Liedjes voor gelukkige mensen was musikale bewerkings van bekende gedigte deur Bart Mouyaert en Charlotte Mutsaers (2009:25); en Double talk ? bboy chronicles II ?wild side? het ?n versameling van dansoptredes, graffiti, rap, spoken word, hiphop-musiek, lesings en werkswinkels deur sleutelfigure uit die ontstaansgeskiedenis van hiphop behels (2009:26). d) Die stimulering van polemiek en debat oor aktuele sake Benewens gedigte as liter?re genre was die ander sterkste uitgangspunt (soos genoem) polemiek en debat oor aktuele sake (Verslag Weerwoord 2009, 2009:22). Die geleenthede tot debatvoering het hoofsaaklik voorgekom in die fees se Het ultieme Weerwoord-reeks. Soos die geval is met debatvoerings by die US Woordfees, kon byvoorbeeld Joost Zwagerman se lesing ?Hitler in de polder en Vrij van God? deur deelnemers as ?n ritueel Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 198 ervaar word, maar het dit terselfdertyd spel-elemente getoon. As ?[r]omanschrijver, dichter, bloemlezer en laureaat van Gouden Ganzenveer 2008? (Programma 2009, 2009:31) blyk dit dat Zwagerman as spreker ?n besondere status in die Nederlandse liter?re sisteem geniet (auctoritas) en word die praktyk van kritiese besinning dus as deugsaam voorgehou (etos). Uit die titel kan afgelei word dat alledaagse kwessies wat in Zwagerman se lesing gefigureer het, die Nederlande is, waarvan groot dele onder seespie?l l?, die wreedheid van die Duitse leier Adolf Hitler gedurende die Tweede W?reldoorlog en die Christelike geloof. Reeds voordat die debatte begin, lei die titels van hierdie gebeurtenisse die kritiese aard (ooreenkomstig met spel) daarvan in. Die titel van Zwagerman se lesing kan byvoorbeeld reeds vrae oproep oor die mate waartoe Christenskap werklik beheer uitoefen oor die (etiese) optrede van Christene ? in s? ?n geval kan ges? word dat die lesing krities staan teenoor die onetiese optrede van Christene in die samelewing. Die titel kon ook moontlik deelnemers laat nadink het oor die moontlikheid dat ?n Nederlander (moontlik ?n politieke figuur), of Nederlanders, ideologie? koester wat met die ?volksuiwerings?-idees van Naz?sme ooreenstem. 1.5 Die Weerwoordfestival as platform vir ?n diverse versameling gebeurtenisse Soos die US Woordfees was die Weerwoordfestival ook in sommige opsigte ?n ?multidisciplinair festival? (Weerwoordfestival, 2009) ? deurdat gebeurtenisse oor die literatuur, soos lesings, onderhoude, debatte, toonsettings van gedigte, films en teatervoorstellings, aangevul is met aanbiedinge oor ander kunsgenres (Weerwoordfestival, 2009). Ander nieliter?re aktiwiteite (Programma 2009) was dans deur die deelnemers (Gedichtenbal ? de afterparty; 2009:11); instrumentale musiek, soos die tjello-musiek deur Roberta Petzoldt en Alezandra Duvekot in aanloop tot de afterparty (2009:11); die Belgiese Lady Angelina se konsertina-spel tydens Het ultieme weerwoord? (Het ultieme weerwoord?, 2009:binneblad); asook graffiti, podiumkuns, rap-musiek en hiphop as deel van Double talk ? bboy chronicles II ?Wild Style? (2009:26). Deurdat die Weerwoordfestival dus naas literatuur ??k gebeurtenisse insluit wat ?n verskeidenheid smake bevredig, funksioneer die fees retories op die volgende maniere: eerstens kon jongmense wat byvoorbeeld ?n gebeurtenis bygewoon het ter wille van die popmusiek, terselfdertyd blootgestel word aan klassieke po?sie deur W.F. Hermans, Gerard Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 199 Reve, Harry Mulisch en Hugo Claus (Poetracks, 2009:15), wat gekombineer word met ?n byderwetse en aktuele genre. Jong deelnemers se interpretasie van die betrokke gedigte word dus gunstig gestuur deur middel van ?n proses van ostranenie (sien p.22) en die ?vreemde? (vars) voordrag funksioneer as ?n genus demonstrativum. Opwindingstransformasie (wat met patos te doen het) kan tot gevolg h? dat jong deelnemers ook waardering vir literatuur ontwikkel. ?n Positiewe ervaring (patos) van ?n voorheen onbekende genre kan boonop lei tot eksperimentering met die bywoning van ander liter?re genres en tot ?n positiewe oordeel oor gebeurtenisse wat deelnemers ?f andersins minder sou geniet ?f waarvan hul hulself weens vooroordele (byvoorbeeld dat die werke ?ouderwets? is) sou weerhou het (?n vorm van implisiete refutatio). Tweedens verhoog die groot aantal diverse gebeurtenisse waaruit deelnemers ?n eie seleksie kon maak (dispositio) die moontlikheid op ?n positiewe ervaring van die fees as geheel. Ouer deelnemers aan die Weerwoordfestival (veertig jaar en ouer) was byvoorbeeld die vernaamste teikengroep vir ?n klassieke tipe teaterstuk soos Datumloze dagen (Programma 2009, 2009:23). Daarteenoor kon ?n jonger teikengroep nuwer en meer eksperimentele liter?re genres, soos byvoorbeeld popmusiek (Poetracks; Programma 2009, 2009:15) en rap (Double talk ? bboy chronicles II ?Wild Style?; Programma 2009, 2009:26) ondersteun (onderhoud met Marc Verstappen op 28 Februarie, Amsterdam) - dieselfde verskynsel as by die US Woordfees. Die program het eweneens retories gefunksioneer: Die versameling van verskillende genres liter?re en ander kunsvorme by die Weerwoordfestival dui naamlik op die gebruik van inventio as die strategiese seleksie van gebeurtenisse, dispositio as die strategiese ordening daarvan, refutatio as die afbreek van vooroordele en die skep van ?n etos wat die gemeenskap as betrokke en verteenwoordigend sou kon ervaar. 1.6 Die Weerwoordfestival as viering gerig op bepaalde belangegroepe Die program van die Weerwoordfestival was sterker gerig op spesifiek mense met bestaande belange by die literatuur, maar wel met verskillende verwysingsraamwerke (Leeman en Braet, 1987:46) as wat die geval is by die US Woordfees. Die feesprogramme en Weerwoordgedigte is byvoorbeeld vooraf beskikbaar gestel by spesifiek ?literaire plekken? soos boekemarkte, boekwinkels en biblioteke (vgl. Verslag Weerwoord 2009, 2009:15; onderhoud met Marc Verstappen op 28 Februarie 2009, Amsterdam). Die internasionale Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 200 aard van die fees, wat liter?re figure en kunstenaars uit ander Europese lande ingesluit het, het die Weerwoordfestival meer toeganklik gemaak vir sowel deelnemers van ander nasionaliteite as vir Nederlanders met ?n belangstelling in buitelandse literatuur (Verslag Weerwoord 2009, 2009:3,22). Tog, volgens die feesdirekteur Marc Verstappen, is diverse teikengroepe (rakende byvoorbeeld kulturele of maatskaplike herkoms) nie soseer by die samestelling van die Weerwoordfestival in ag geneem nie (onderhoud met Marc Verstappen op 28 Februarie 2009, Amsterdam). Alhoewel die Weerwoordfestival ?actief op zoek? was na ?nieuw publiek? en dus nie beperk was tot die lok van spesifieke groepe nie (Weerwoord, 2009), is veral geprobeer om jongmense te trek (onderhoud met Marc Verstappen op 28 Februarie 2009, Amsterdam). Hierdie teikengroep se verwysingsraamwerk is onder andere in ag geneem deur die openingsaand van die Weerwoordfestival in die vorm van ?n Gedichtenbal aan te bied ? ?n opset wat die stemming van ?n popkonsert aan ?n liter?re gebeurtenis gegee het. Nie alleen word die gebou Paradiso in Amsterdam geassosieer met ontspanningsgeleenthede spesiaal vir jongmense nie (simeia), maar jongmense woon ook graag ?popkonserte? (simeia) by. Die digters wat geselekteer is om voor te lees, naamlik Cees Nooteboom en Remco Cambert (inventio), staan boonop volgens Marc Verstappen bekend as die ?Rock ?n Roll van po?sie? (onderhoud op 28 Februarie 2009, Amsterdam), waaruit afgelei kan word dat hulle gewild is onder jongmense (auctoritas). Volgens ?n resensie oor die Gedichtenbal in 2009 het nie alleen jongmense egter die gebeurtenis bygewoon nie: ?Van hippe twintigers tot krassen zeventigers, het was in ieder geval een bonte verzameling op het Gedichtenbal (Verslag Weerwoord 2009:12). Die Gedichtenbal en gepaardgaande Afterparty het as exordium gedien om by te dra tot ?n vrolike feesstemming (patos) en om jongmense na die fees te lok (benevolum facere; onderhoud met Marc Verstappen op 28 Februarie 2009, Amsterdam). Soos reeds genoem, het sommige gebeurtenisse boonop spesifiek van popul?re, eksperimentele en vernuwende genres gebruik om jongmense se belangstelling te prikkel. Voorlesings deur ?n jong generasie digters het byvoorbeeld deel uitgemaak van Gedichtenbal ? de afterparty (Programma 2009, 2009:11); Poetracks het aan jong, eksperimentele musiekkunstenaars ?n podium gegee om hul werk te speel en klassieke gedigte is tot popmusiek verwerk (Programma 2009, 2009:15). Double talk ? bboy chronicles II ?Wild Style? Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 201 het eksperimentele dans, musiek- en grafiese kunswerke ingesluit (Programma 2009, 2009:26), terwyl Inktvingers spesifiek aan kinders die geleentheid gegee om hul kreatiwiteit uit te leef (Programma 2009, 2009:27). 2. Die impak van die Weerwoordfestival Die Weerwoordfestival het in 2009 vir die vyfde en ook die laaste keer plaasgevind. Die impak daarvan kan afgelei word uit aspekte soos die bywoningsgetalle, die bereidheid van instansies om betrokke te bly by die werk van die fees en die mate van mediadekking. Hieruit blyk ?n soortgelyke, maar ietwat stadiger groeikoers as wat die geval was met die US Woordfees gedurende die eerste vyf jaar. Die bywoningsgetalle van die Weerwoordfestival dui wel op ?n toenemende impak tot in die vierde jaar, maar in die vyfde jaar het die besoekersgetalle afgeneem. Teenoor 2 000 besoekers wat die Weerwoordfestival in 2005 bygewoon het, is in 2006 ?n groei van 150% aangeteken, met ongeveer 5 000 deelnemers. Weerwoordfestival 2007 het uitgegroei tot 7 444 deelnemers en in 2008 het die getalle toegeneem tot 8 146 feesdeelnemers, maar in 2009 het die getalle afgeneem tot 4 763 deelnemers aan die totale aanbod van 25 (22 sonder die herhalings van Datumloze dagen en Liedjes voor gelukkige mensen) feesgebeurtenisse (Festival Weerwoord 2009, 2009; Verslag Weerwoord 2009, 2009:24). Een verklaring vir die drastiese afname in getalle tussen 2008 en 2009 is dat die Stadschouwburg as venue nie gebruik kon word soos vorige jare nie weens restourasiewerk. Volgens die organiseerders sou ongeveer 2 000 ekstra besoekers kon deelneem aan verrigtinge indien die gebou wel beskikbaar was (Festival Weerwoord 2009, 2009). Die resessie het waarskynlik ?n groot impak gehad in 2008 en 2009 (anders as by die Woordfees, waar juis in 2009 ?n groei van 38% aangeteken is). Daarteenoor het die US Woordfees begin met ongeveer 1 000 feesgangers in 2000; 5 000 in 2001; 7 000 in 2002, maar dan ?n sprong na 15 000 in 2003; 17 000 in 2004 en 21 000 in 2005 (Van Zyl en Myburgh, 2010:29-30). In 2010 is, soos genoem, 47 300 feesbesoeke Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 202 aangeteken. Die groei in getalle is miskien onder andere toe te skryf aan die Woordfees se meer omvattende program: 60 skrywers in die eerste jaar; 72 produksies in 2002, 82 in 2004, 84 in 2005, 121 in 2006, (soos genoem) 164 met Woordfees 2009 en 204 met Woordfees 2010 (Van Zyl en Myburg, 2010:11). Die groot probleem vir die Weerwoordfestival was dat sommige donateurs sedert 2008 nie meer bereid was om fondse aan die fees beskikbaar te stel nie. Die Gemeente Amsterdam het wel die Weerwoordfestival in 2009 befonds, maar slegs nadat die fees met die Amsterdam Literary Festival saamgesmelt het. Die finansi?le steun vir ?n verdere gesamentlike poging in 2010 is egter afgekeur. Die VSB-fonds, wat vir die eerste vier bestaansjare van die fees as donateur opgetree het, is boonop gestaak n? Weerwoordfestival 2008. Die Weerwoordfestival is in 2009 moontlik gemaak met befondsing deur die Leidsepleinteaters self, sowel as ondersteuning deur die NLPVF, LIRA en die SNS Reaalfonds. Ook hierdie fondse het egter nie genoeg steun gebied vir die uitbou van die fees in 2010 nie (vgl. Verslag Weerwoord 2009, 2009:3). Die US Woordfees se redding het daarteenoor waarskynlik gel? in ?n wye netwerk met ?n groot aantal donateurs wat jaarliks relatief klein bedrae skenk, saam met ?n aantal groot instansies wat betrokke bly omdat hulle Afrikaans goedgesind is (?n sterker politieke situasie dus); die stabiliteit van die Universiteit Stellenbosch wat deurlopend sorg vir salarisse en oortrokke fasiliteite, asook die feit dat in Suid-Afrika sedert die negentigerjare geleer is om nie op staatsbefondsing te steun vir inisiatiewe nie, maar eie bronne te vind. Die mediadekking wat die Weerwoordfees geniet het, was wel aansienlik: sestien artikels het in koerante (Volkskrant, NRC Handelsblad, Het Parool, NRC Next, Amsterdams Stadsblad en Amstelveens Weekblad) verskyn, twee artikels het verskyn oor die Gemeente Amsterdam se staking van befondsing (o.a. ?Amsterdam is arm zonder eigen literatuurfestival? in die NRC Handelsblad ? 4 en 5 Oktober 2009). 34 Aankondigings van die fees het in koerante van Amsterdam en verskeie ander dele in Nederland verskyn: AD Rotterdams Dagblad, AD Den Haagsche Dagblad, AD Haagsche Courant, AD Utrechts Nieuwsblad, AD Rivierenland, AD Groene Hart, AD Dordtenaar, AD Amersfoortse Courant, NRC Handelsblad, NRC Next, Het financieele Dagblad, Parool, Volkskrant, VPRO gids, PS van de Week en Revu. ?n Verdere veertien advertensies het in Amsterdamse koerante verskyn en agt in Het Parool. 43 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 203 webtuistes het ook melding gemaak van die Weerwoordfestival (vgl. Verslag Weerwoord 2009, 2009:17-20). Alhoewel die Amsterdamse konteks die verwagting skep dat dit ?n gunstige omgewing is vir ?n liter?re fees weens ?n sterker liter?re kultuur, minder armoede, ?n groter homogene?teit en meer owerheidsteun, en dat dit dus nie dieselfde uitdagings as die Woordfees hoef te trotseer nie, bied dit egter wel ander, minder vanselfsprekende uitdagings ? wat bygedra het daartoe dat die Weerwoordfestival slegs vyf jaar kon oorleef. Die groot liter?re aanbod in Amsterdam het moontlik enersyds veroorsaak dat die Weerwoordfestival minder opvallend was, met ?n kleiner skeiding ten opsigte van die alledaagse. Deurdat die fees, met sowat 20 gebeurtenisse in 2009, boonop veel minder omvangryk was as die Woordfees (met sowat 200 gebeurtenisse in 2009), kon dit makliker ?gekamoefleer? raak tussen al die ander liter?re gebeurtenisse wat daagliks in Amsterdam plaasvind. Andersyds kon die bestaande liter?re kultuur die indruk by donateurs en borge geskep het dat die fees se voortbestaan nie werklik noodsaaklik was nie omdat dit nie soseer ?n belangegroep gedien het sonder ander alternatiewe nie. Dit is ook moontlik dat die konsep van private instansies wat welwillend optree deur gemeenskapsinisiatiewe finansieel te ondersteun, meer ongewoon is as in Suid-Afrika. Die uitdaging vir ?n liter?re fees soos die Weerwoordfestival was steeds om werklik ?n wesenlike impak te maak binne die konteks waarin dit afspeel. Met die krimp van besoekersgetalle in 2009 weens faktore soos ?n onbeskikbare venue en die resessie, het die openbare aard daarvan in die gedrang gekom ? met die gevolg dat die fees selfs minder sigbaar geword het en waarskynlik die vertroue van die befondsers ingeboet het. 3. Gevolgtrekkings: ?n vergelyking van die twee feeste Alhoewel dit ges? kan word dat beide die US Woordfees en die Amsterdamse Weerwoordfestival retoriese strategie? toepas om potensi?le feesgangers eerstens tot deelname aan die onderskeie feeste te oorreed en hulle tweedens tydens die feeste te oorreed tot die aanvaarding van liter?re waardes, blyk dat die doelwitte van die twee feeste verskil weens die andersoortige rolle binne hul onderskeie kontekste, gekoppel met die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 204 behoeftes van en moontlikhede wat die verskillende samelewings bied. Suid-Afrika se situasie as ontwikkelende land verskil ingrypend van di? in Nederland as ontwikkelde land. Deurdat die Suid-Afrikaanse samelewing gekenmerk word deur ongeletterdheid, ?n onderontwikkelde liter?re kultuur, politieke onsekerheid oor die toekoms van Afrikaans, beperkte fondse vir liter?re inisiatiewe, asook verdeeldheid op grond van kultuur, ras en ekonomiese klas (selfs binne een taalgroep soos Afrikaans), kan ges? word dat die US Woordfees ?n essensi?le funksie vervul. Anders as die Weerwoordfestival blyk dit asof die Woordfees 2009 s? saamgestel is dat dit daartoe in staat sou kon wees om spesifiek mense wat nie regstreekse belange by die letterkunde het nie, te oorreed om meer te lees en betrokke te raak by liter?re aktiwiteite, asook om die kommerwekkende posisie van Afrikaans te verbeter en in ?n mindere mate te help versoening bring binne ?n verdeelde Afrikaanstalige gemeenskap. Hierteenoor het die Weerwoordfestival moontlik meer ?n luukse posisie van statussimbool ingeneem in Amsterdam (vgl. Kaptein se waarneming in hierdie verband op p.15). Daar was geen bekommernis by die organiseerders oor ?n tekort aan belangstelling in literatuur in die samelewing nie. Die fees was nie gerig op diverse groepe nie, maar eerder op hoofsaaklik allochtone feesgangers met ?n letterkundige belangstelling. In berigte, plakkate, webtuistes en die program wat vooraf beskikbaar gestel is, is eksplisiet verwys daarna as ?n ?liter?re fees?. Benewens die kort filmpies wat vertoon is op die internet, het die feesreklame boonop slegs gebruik gemaak van woorde (plakkate, baniere en gedrukte doeke het in die stad verskyn met aanhalings en die name van gebeurtenisse op). Selfs die tema van Weerwoord 2009 was ?n aanhaling deur ?n bekende skrywer. Alhoewel dit binne die Nederlandse konteks as ?n goeie strategie beskou kan word om ?n fees so te bemark, sal dit nie mense met min of geen belangstelling in die literatuur trek nie. Woordfees 2009 se tema, feesplakkaat en -program het reeds getoon dat die fees ook deelnemers probeer lok wat nie eerstens in die literatuur belangstel nie. Reeds die naam Woordfees dra die liter?re aard van die fees meer subtiel oor; tweedens word die aandag op die plakkate en feesprogram getrek deur visuele kuns en nie slegs deur woorde en aanhalings nie, en derdens het die feesprogram in 2009 meer kunsgenres (vier) buiten die letterkunde ingesluit as die Weerwoordfestival (drie). Op die vlak van retoriese strategie? is Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 205 by die Woordfees veel meer sprake van implisiete refutatio (vergelyk aspekte soos die naam, die eerste Woordfees se opening, asook die inhoud en kombinasie van gebeurtenisse) ten einde feesgangers se gevestigde idees omtrent die letterkunde uit te daag en hulle meer gunstig te stem. Beide die Woordfees en Weerwoordfestival breek wel vooroordele teenoor die (meer klassieke) literatuur af deur dit te kombineer met onder andere popul?re musiek. Een van die prominentste doelstellings van US Woordfees, naamlik om ?n lees- en skryfkultuur te bevorder (onder meer met die WOW-projek), figureer geensins by die Weerwoordfestival nie. As gevolg hiervan is Woordfees se teikengroepe meer divers, teenoor die Weerwoordfestival wat veral gerig is op mense (veral ?n jonger generasie) wat belangstel in die letterkunde van verskillende nie-Anglosaksiese tale. Die Weerwoordfestival se belangrikste doelwitte was om polemiek en debat oor aktuele sake te stimuleer en ?n podium te bied aan die florerende digkuns in Amsterdam. Nie alleen val die liter?re klem van die Weerwoordfestival dus sterker op po?sie as op ander liter?re genres nie (anders as by die Woordfees), maar sterker poging is ook deur hierdie organiseerders aangewend om die openbare gesprek oor sosiale kwessies te stimuleer. Net soos die behoeftige omstandighede in Suid-Afrika ?n direkte oorsaak is van die Woordfees se nadruk op ontwikkeling en aandag aan gratis aanbiedings, kan afgelei word dat hierdie twee doelwitte direk aansluit by die Nederlandse kulturele omgewing. ?n Vergelyking tussen debatvoering by die Woordfees, wat in die verlede met oorsensitiwiteit gepaard gegaan het, en by die Weerwoordfestival, waar die vertoon van ?n polities-gelaaide film geen wrokgevoelens teenoor die fees laat ontstaan het nie, het uitgewys dat die Nederlandse samelewing waarskynlik ?n meer ontwikkelde en volwasse tradisie ontwikkel het van vrye meningswisseling. Die Dan Roodt-debat wat by die Woordfees 2005 in ?n groot debakel ontaard het, bevestig daarteenoor dat vrye spraak geensins ?n vanselfsprekende gegewe is in die Suid-Afrikaanse samelewing nie. By die Woordfees het die beginsel van die vrye meningswisseling sonder uitsondering gebots met ideologie? en politieke vooroordele wat ?n kenmerk is van heelwat debatte in Suid-Afrika. In Amsterdam, as ?n boekestad wat al sedert die sewentiende eeu met vrye spraak geassosieer word, is dit dus makliker om ?n fees op polemiek te baseer as in Suid-Afrika. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 206 Waarskynlik omdat Nederlands binne die Nederlandse konteks nie as bedreig beskou word nie, het die Weerwoordfestival nie soveel klem geplaas op spesifiek Nederlandse liter?re werke nie. Afrikaans speel daarteenoor ?n veel prominenter rol by die Woordfees. Beide feeste gaan egter in ?n sekere sin in teen die oorheersing van Engelse literatuur in die samelewing deur eerder op ander letterkundes te fokus: naas Afrikaans ook Nederlands en soms ander Afrika-literatuur by die Woordfees (die Engelse aanbod is beperk) en Europese letterkunde in veral Frans, Duits en Skandinawies by die Weerwoordfestival. Alhoewel die Nederlandse konteks die indruk kon skep dat die groot liter?re aanbod juis ?n groter belangegroep by die Weerwoordfestival sou betrek, kon dit egter juis die impak van die fees verminder. Een van ?n fees se wesenseienskappe waarmee dit deelnemergedrag kan be?nvloed, is naamlik om ?n pertinente onderskeiding van die alledaagse te bied. Dit is in die gedrang gebring omdat feesdeelnemers in Amsterdam in elk geval ?n ho? konsentrasie (liter?re) gebeurtenisse per jaar kan bywoon. Die gevolglik kleiner getal besoekers aan die Weerwoordfestival sou dan ook veroorsaak dat ?n ander eienskap van die fees minder tot sy reg kom: die gevoel van communitas wat ervaar word wanneer ?n groot groep feesgangers byeenkom. Weerwoordfestival het ongeveer 4 763 besoekers in 2009 gelok, teenoor Woordfees 2009 se ongeveer 38 000 feesbesoeke. Met die groter aantal feesdeelnemers kan dus in teorie ges? word dat die US Woordfees groter moontlikhede ingehou het vir ?n gevoel van communitas onder besoekers - wat tydens ?n fees kan bydra tot patos (as tegniese oorredingsmiddels en feesdeelnemers minder krities kan stem oor die inhoud van gebeurtenisse. Dit het ook die funksies van sowel attentum as amplificatio - die groter skeiding van die alledaagse maak die fees sigbaarder (veral op Stellenbosch wat veel kleiner is as die stad Amsterdam) en het ?n groter eventiseringseffek tot gevolg. Dit is ironies dat die Weerwoordfestival, wat in ?n skynbaar meer bevoorregte omgewing opgerig is, na vyf jaar be?indig is terwyl die Woordfees, wat afhanklik bly van befondsing in ?n ontwikkelende land, na twaalf bestaansjare steeds groei. Daar kan moontlik afgelei word dat die Suid-Afrikaanse konteks ?n tipe oorlewing-van-die-sterkstes-konsep tot gevolg het: feeste wat in Suid-Afrika die beginjare oorleef, ten spyte van byvoorbeeld kulturele, politieke en finansi?le uitdagings en bedreigings, bou waarskynlik ?n organisasie-struktuur en netwerke op wat sterk genoeg is om die voortbestaan daarvan te help waarborg. Teenoor Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 207 die Nederlandse Weerwoordfestival wat binne ?n omgewing opgerig is waar ?n groter belangegroep vir die literatuur en owerheidsbefondsing dit moontlik veel makliker gemaak het, kan ges? word dat die oprigting en uitbou van die US Woordfees en gepaardgaande WOW-projek pionierswerk en taaie volharding gekos het in die veel minder ontwikkelde Suid-Afrikaanse liter?re sisteem. Daar moes byvoorbeeld van die begin af hard gewerk word om verskillende vorme van befondsing te bekom. Tekortkominge in die struktuur en netwerke van ?n fees soos die Weerwoordfestival kon egter daartoe bydra dat die feessamestellers hul taak staak wanneer bedreigende veranderinge in omgewingsfaktore ontstaan, soos ?n resessie, en die literatuur en die kunste na luukse artikels laat lyk. Die fees was moontlik nie voorbereid op die skielike bedreigende omstandighede nie en kon daarom nie voldoende krisisbestuur toepas nie. Liter?re feeste soos die US Woordfees en die Weerwoordfestival pas dus ?n veelvoud van retoriese strategie? toe, maar die maniere waarop dit plaasvind, is afhanklik van die konteks waarbinne dit plaasvind. Ook die maniere waarop die literatuur gevier word, verskil na gelang van die feesomgewing. Alhoewel die literatuur die hooffokus bly, verskil die genres wat met literatuur gekombineer word, die taal of tale waarin dit aangebied word, die spesifieke liter?r-verwante doelwitte waaraan die meeste aandag bestee word en die aantal letterkundig-gerigte gebeurtenisse in vergelyking met ander vorme van vermaak en kunsgenres. Dit wil voorkom of die voortbestaan van ?n liter?re fees afhanklik is van die mate waarin geslaag word om sterk netwerke op te bou, om ?n behoorlike organisatoriese struktuur te vestig en in te speel op wesenlike behoeftes in die gasheergemeenskap. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 208 SLOTSOM Die eksponensi?le groei in die oprigting van nuwe feeste ? internasionaal sedert die 1970?s en nasionaal sedert die 1990?s ? en die toenemende impak daarvan op samelewings roep vrae op oor die spesifieke aard en funksie daarvan. Met behulp van Aristoteles se teoretisering oor die begrip retorika en Gerhard Hauser se toepassing daarvan op die openbare sfeer as inklusiewe ruimte vir demokratiese meningsvorming, is in die voorafgaande studie bewys dat die sosiokulturele impak van feeste op feesdeelnemers toegeskryf kan word aan ?n toepassing van die epideiktiese rede (genus demonstrativum). ?n Ruimer postmoderne interpretasie van begrippe soos teks, literatuur en retorika in di? studie het gelei tot die opstel van ?n interpretatiewe model vir die bestudering van veral die liter?re feesverskynsel. Aan die hand van verskeie fees-, ritueel- en spelteoretici se beskouinge is die volgende veralgemeenbare eienskappe van feeste eerstens vasgestel: dit vind binne ?n bepaalde konteks plaas; dit streef feesdoelwitte na wat onder meer ?n dieper semantiese waarde daaraan verleen; die besondere struktuur daarvan behels dat ?n skeiding van die alledaagse gebied word rakende tyd, ruimte en gedrag betref; dit tree op as (besonder omvattende) kommunikasiemiddel wat ?n belangrike rol speel in betekenisoordrag, en toon in verskeie opsigte ?n samehangende geheel van taalgebruik. Liter?re feeste ontstaan tweedens gewoonlik met die doel om ?n positiewe impak op die gasheergemeenskappe se liter?re sisteem uit te oefen. Aan die hand van feesprogramme, verslae en berigte is vasgestel dat liter?re feeste in Suid-Afrika en Nederland in sommige opsigte dieselfde eienskappe as ander feeste vertoon, maar gespesialiseerd is in die volgende opsigte: dit vier literatuur as onderwerp ?n die gestelde doelwitte hou verband met die literatuur; dit dien as platform vir ?n diverse versameling gebeurtenisse wat in ?n meerdere of mindere mate aansluit by die literatuur, en die viering is eerder gerig op ?n belangegroep van veral literatuurliefhebbers as op die samelewing in sy geheel. Aansluitend by Aristoteles se sistematisering van die retoriese situasie, is daarvan uitgegaan dat ?n liter?re fees, wat as ?n teks deur boodskappe kommunikasie bewerkstellig tussen senders en ontvangers, daarop gerig is om die ontvangers (feesgangers) te be?nvloed. Die Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 209 liter?re fees werk dus retories deurdat die feesorganiseerders (senders) die onderwerp literatuur op ?n verskeidenheid maniere in ?n teks (die fees) neerslag laat vind, met die oorkoepelende doel om die ontvangers (feesdeelnemers) te oorreed dat die literatuur iets positiefs is, sodat hulle in die proses die estetiese, morele en opvoedkundige waarde van die literatuur sal aanvaar, en ?n groter deelname sal toon aan liter?re aktiwiteite (soos lees en die koop van boeke). Daar is ook gebruik gemaak van Gerhard Hauser se opvattinge oor die retoriese werking van die openbare sfeer. Omdat dit eienskappe met die liter?re fees deel soos die openbare en inklusiewe aard daarvan, asook die voer van demokratiese debatte en polemieke wat daarmee gepaardgaan, word die retoriese werking van s? ?n fees verder benadruk. Beide die Universiteit Stellenbosch Woordfees en Amsterdamse Weerwoordfestival het, as gevallestudies vir die toepassing van retoriese strategie? in ?n feesopset, gedemonstreer dat ook liter?re feeste vergelykbaar is met die epideiktiese rede. Dit gaan hier veral daarom om feesdeelnemers te oorreed om liter?re waardes te aanvaar. Ook hier het geblyk dat die manier waarop ?n fees retoriese strategie? aanwend, direk verband hou met die konteks waarbinne dit afspeel. Aristoteles se nadruk op die inagneming van die ontvangers se verwysingsraamwerke by retoriese redevoering het dus in die proses gestalte gekry. Deur ?n liter?re fees se interaktiewe verhouding met sy konteks kan dit nie alleen ?n wesenlike invloed uitoefen op onder andere die gasheergemeenskap nie, maar verskillende kontekstuele veranderlikes het terselfdertyd ?n groot invloed op die moontlikhede en beperkings van die fees - in so ?n mate dat dit die voortbestaan daarvan kan bepaal. In aansluiting by Itamar Even-Zohar se polisisteemteorie kan ges? word dat die liter?re fees funksioneer as ?n sisteem binne ander, wedywerende sisteme in die samelewing (byvoorbeeld die liter?re kultuur, die politieke omstandighede, die ekonomiese klimaat en die maatskaplike situasie) binne die totale samelewing as komplekse, dinamiese en heterogene sosiale (poli-)sisteem. Onder gunstige omstandighede kan dit enersyds lei tot byvoorbeeld ?n meer gekanoniseerde rol vir die liter?re kultuur, maar ?n demonstrasie van die manier waarop omliggende sisteme negatief en nadelig kan impakteer op die liter?re fees as sisteem, is andersyds gelewer met betrekking tot die Amsterdamse Weerwoordfestival: ?n Verskeidenheid omliggende sisteme (onder meer die internasionale Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 210 kredietkrisis wat die befondsing in gedrang gebring het) het met die fees gewedywer en dit uiteindelik heeltemal oorheers. Die gevolg was dat die fees vir die laaste keer aangebied is in 2009. Die veelvuldige maniere waarop die organiseerders van die US Woordfees en WOW-projek retories te werk gaan om feesdeelnemers spesifiek binne die Suid-Afrikaanse konteks te oorreed om liter?re waardes te aanvaar, blyk uit die feesdoelwitte, soos onder meer verwoord in die missie en visie, maar vind veral op talle maniere prakties neerslag: in benamings, deur wisselende temas, op plakkate, in omskrywings uit uiteensettings in die feesprogram, asook in die wyse waarop die fees saamgestel en georganiseer word. Dit blyk dat, naas die uitlig van Afrikaans wat as taal van prestasie en versoening neerslag vind in die letterkunde, die sterkste sosiokulturele fokus van die fees is om ?n gesonde lees- en skryfkultuur te bevorder. Hierdie doelwitte sluit (soos genoem) n?? aan by die bre?r konteks van sowel Suid-Afrika in die algemeen as die Wes-Kaap meer in die besonder, wat gekenmerk word deur ?n beperkte liter?re kultuur, lae geletterdheid en onvoldoende owerheidsteun, gekoppel met die verswakkende posisie van Afrikaans weens ?n toenemende voorkeur aan Engels in ?n samelewing gekenmerk deur diversiteit en verdeeldheid ? ook binne die Afrikaanssprekende gemeenskap. Die US Woordfees is, in aansluiting by die retorika, op talle maniere gerig op oorreding: verskillende mediavorme dien byvoorbeeld as exordia wat potensi?le feesgangers se aandag trek (attentum), inligting verskaf (nietegniese oorredingsmiddele en logos), emosies wakkermaak (patos) en hulle aanmoedig dat dit die regte aksie is om die fees by te woon (etos), met benevolum facere as resultaat. Prominente skrywers en kunstenaars (auctoritas) wat gekombineer word in kreatiewe aanbiedings (waar thesis en hypothesis, asook ?n groot verskeidenheid sillogismes, enthymemae, exempla en sententiae onder meer ?n rol speel), is kragtige lokmiddels. Die veelvoud liter?re gebeurtenisse wat gekonsentreerd plaasvind (eventisering en amplificatio), en geselekteer (inventio) is op grond daarvan, vestig die indruk dat die (Afrikaanse) literatuur nie alleen floreer nie, maar veral estetiese, morele en opvoedkundige waardes bied wat liter?re deelname voordelig maak vir sowel individuele deelnemers as vir die samelewing in sy geheel. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 211 Hierdie boodskappe word oorgedra deur kulturele simbole uit die feesdeelnemers se alledaagse lewe te selekteer (inventio) en as tegniese oorredingsmiddele (entechnoi) in gebeurtenisse toe te pas. Die kombinasie van liter?re gebeurtenisse met ander wat te doen het met ander kunsgenres of ligter vermaak (dispositio) skep die moontlikheid dat deelnemers binne die vrolike feesatmosfeer sal afwyk van gevestigde patrone en ook ander gebeurtenisse sal bywoon, wat dan vroe?re persepsies kan transformeer. Ander vorme van kuns en vermaak as die letterkunde, soos (popul?re) musiekgroepe, mallemeulens en visuele kuns verkry ?n kulturele simboolwaarde wat ook positief reflekteer op Afrikaans. In sommige gebeurtenisse oorvleuel kunsgenres (byvoorbeeld po?sie en musiek om Woordmusiek te vorm) en bring opwindingstransformasie teweeg. Uit die impak van die US Woordfees binne sy eerste elf bestaansjare is afgelei dat die fees ?n positiewe invloed op die Stellenbosse ?n Suid-Afrikaanse konteks uitoefen. Positiewe omkering in standpunte word bewerkstellig deur implisiete (soms ook eksplisiete) refutatio waardeur deelnemers deur middel van die epideiktiese rede onder bepaalde indrukke omtrent Afrikaans en die literatuur geplaas word: Eerstens is dit tot ?n mate moontlik dat die Woordfees se feesomgewing wat as openbare ontmoetingsplek vir ?n groot aantal mense kan dien, deur communitas die positiewe indruk skep dat Afrikaanssprekendes onverdeeld kan kommunikeer en sosialiseer. Omdat verskillende gebeurtenisse op die Woordfeesprogram egter geografies van mekaar geskei is, word die impak hiervan nie noodwendig gerealiseer nie. Omdat die feesorganiseerders die ideaal het om versoening binne Afrikaanse gemeenskappe te bewerkstellig en die beeld van Afrikaans as onderdrukkerstaal te verander, kan die elitistiese universiteitsomgewing ook nadelig inwerk op die fees se beeld weens die assosiasies wat dit oproep met die akademie, erns, gesofistikeerdheid en eksklusiwiteit. Die skeiding tussen straat en ivoortoring, town en gown, word egter (soos aangedui) andersins doelbewus verklein. Die groot verskeidenheid gebeurtenisse wat in Afrikaans plaasvind en gekoppel is aan die Afrikaanse letterkunde en kunste, vestig daarmee saam die indruk van Afrikaans as ?n florerende taal met kreatiewe moontlikhede. Die Woordfees wend ook pogings aan om die kloof tussen Afrikaans en Nederlands te verklein deur die optredes van sowel vooraanstaande Nederlandstalige skrywers as bekende Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 212 kunstenaars soos Stef Bos en Tom Lanoye. Aan die studente wat uit die Oos-Kaap en Namibi? kom vir die Neerlandistiekdag word die boodskap oorgedra dat dit voordele inhou om Nederlands te studeer. Vir die WOW-leerders wat van heinde en ver na die Woordfees kom, geld dit waarskynlik ten opsigte van Afrikaans, wat in hulle gedagtes gevestig word as ?n taal van hoop en geleenthede. Die manier waarop die Amsterdamse Weerwoordfestival met die literatuur as onderwerp omgegaan het, reflekteer op sy beurt die meer ontwikkelde Amsterdamse en Nederlandse konteks, gekenmerk deur ?n veel sterker liter?re kultuur, ho?r opvoedingspeil en demokratiese kultuur van vrye spraak. Die staatsbefondsing vir kulturele sake is ook veel meer vrylik beskikbaar, Nederlands geniet veel groter amptelike erkenning as Afrikaans in Suid-Afrika, ?n groter gedeelte van die samelewing heg waarde aan die letterkunde (en selfs po?sie as meer gesofistikeerde genre) en die land handhaaf ?n sterk ekonomie en egalit?re samelewing ? wat kultureel en ideologies veel meer homogeen is as di? in Suid-Afrika. Dis dus te verwagte dat die doelwitte van die Weerwoordfestival nie in alle opsigte ooreenstem met die US Woordfees nie. Teenoor die US Woordfees, wat myns insiens die sterkste nadruk l? op die opvoedkundige krag van literatuur, in aansluiting by die universiteitsomgewing en ontwikkelende samelewing, blyk uit die Weerwoordfestival se doelwitte en feesinhoud dat sterker klem geplaas is op die skep (of herbewusmaking) van estetiese en morele indrukke ten opsigte van die literatuur. Enersyds is die belang van po?sie naamlik uitgelig, en andersyds die waarde van debat en polemiek oor aktuele kwessies. Etlike ander doelwitte stem wel ooreen, soos om ?n bewussyn omtrent liter?re werke te skep en liter?re netwerke tussen mense te handhaaf en uit te bou. Beide feeste gaan ook in teen die oorweldigende rol wat Engelse literatuur internasionaal speel deur eerder op ander tale te fokus. Ook die retoriese strategie? waarmee die Weerwoordfestival en die Woordfees feesdeelnemers tydens die fees van liter?re waardes oorreed, stem grootliks ooreen, maar daar is etlike klemverskuiwings (soos uitgelig in die vorige afdeling). Die exordia as maniere waarop potensi?le feesdeelnemers hul eerste indrukke omtrent die fees vorm, is byvoorbeeld veel duidelik gemik op mense wat ?n sterker liter?re verwysingsraamwerk het, want die teikengroep is beperk tot mense met ?n liter?re belangstellling. Net soos in die geval van die US Woordfees vervul hierdie exordia funksies Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 213 van hypothesis, attentum, en logos, maar refutatio as strategie kom veel minder na vore ? waarskynlik omdat daar nie soveel argumente teen Nederlands en literatuur in Nederland bestaan as teen Afrikaans en literatuur in Suid-Afrika nie. Die Weerwoordfestival se exordia daag wel ??k potensi?le deelnemers uit tot nadenke (conciliare) deur aanhalings van liter?re figure op prominente plekke te laat verskyn, maar die meer homogene en geletterde samelewing het tot gevolg dat die fees minder klem l? op versoening as die Woordfees. Die retoriese werking van debatvoerings en polemiek, wat op beide feeste gestimuleer word, kan verklaar word aan die hand van Gerhard Hauser se toepassing van die retorika op die openbare sfeer as ?n hoogs inklusiewe ruimte of ontmoetingsplek, waar ?n groep mense met ?n gedeelde verwysingsraamwerk byeenkom weens ?n gemeenskaplike kwessie en dan diskoerse uitruil om tot konsensus te kom (die openbare mening), al is dit nie altyd moontlik nie. ?n Retoriese beskouing van die openbare sfeer behels dat dit in sy geheel as ?n epideiktiese redevoering optree wat deur die nadruk en herhaling van ?n kwessie ondere bespreking die gemeenskaplike belang daarvan uitlig. Volgens Hauser vertoon die openbare sfeer die volgende retoriese eienskappe: eerstens word die menings inhoudelik ge?valueer eerder as op grond van die aanvoerder; tweedens word die geslaagdheid en gewildheid van ?n spreker se diskoers gemeet aan sy gebruik van logos, patos en etos; derdens word bestaande menings as nietegniese oorredingsmiddele gebruik en universele ideale sodoende geamplifiseer of ingegaan teen bestaande vooroordele; vierdens word ?n gemeenskaplike kwessie as onderwerp behandel, en vyfdens word die mees geslaagde redevoering demokraties verkies: alle mense moet in beginsel toegang h? om deel te vorm van die beoordeling, almal moet inligting oor die kwessie kan bekom en almal moet die geleentheid kry om hul invloed te kan uitoefen. Hieruit is afgelei dat gebeurtenisse binne ?n liter?re fees wat met polemiek en debat te make het, bydra tot die retoriese werking van die fees as geheel. Boonop bied dit ?n raamwerk waaraan die optimale funksionering van debatvoering gemeet kan word. Dit verklaar byvoorbeeld onder meer die US Woordfees se besluit om in 2005 nie die regse skrywer Dan Roodt toegang tot die fees te weier nie - ten spyte van sy nie polities-korrekte sosiale profiel. ?n Geleentheid tot debatvoering en polemiek wat gegrond is in die beginsels van die retorika behoort naamlik inklusief te wees en geen oordele behoort gevel te word op Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 214 grond van sosiale profiel nie, maar alleenlik na aanleiding van die oorredingskrag van die argumentasie. Die groot debakel wat ontstaan het na aanleiding van Dan Roodt se optrede by die US Woordfees het egter ook ge?llustreer dat botsende opvattinge van die feessamestellers en die ideologie? in die samelewing waarbinne dit plaasvind ?n fees kan benadeel ? in so ?n mate dat dit, in die afwesigheid van effektiewe krisisbestuur, potensieel die voortbestaan daarvan sou kon bedreig. Dit lyk asof dit makliker is om ?n fees wat op polemiek gebaseer is soos die Weerwoordfestival in Nederland te huisves as in Suid-Afrika, weens Nederland se sterker kultuur van toleransie en vrye spraak (al is dit deesdae onder vuur). Teenoor die Weerwoordfestival wat nie binne die konteks van ?n samelewing met ?n sterk ontwikkelde liter?re kultuur mense hoef oor te haal tot liter?re waardes nie, gaan die US Woordfees juis sterk oorredend te werk. Hoewel dit op grond hiervan lyk asof die Woordfees in ?n minder sterk posisie verkeer, het juis die bevoorregte fees egter tot niet gegaan na vyf jaar, aangesien dit (onder meer) waarskynlik nie as essensieel beskou is in ?n land waar die literatuur veel meer floreer as in Suid-Afrika nie ? sien ook die voorafgaande afdeling. Daarteenoor kan die US Woordfees donateurs en die Universiteit steeds oortuig dat beide die fees en die WOW-projek van kardinale belang is in Suid-Afrika weens die geweldige agterstande, en omdat dit wesenlike behoeftes in die samelewing aanspreek. Die tydelike ho? konsentrasie van gebeurtenisse en groot hoeveelheid deelnemers tydens die fees skep as?t ware ?n sterk liter?re kultuur om deelnemers bewus te maak van die moontlikhede wat dit inhou. Daar is dus afgelei dat liter?re feeste ?n sosiokulturele impak op ?n gemeenskap sal kan uitoefen deur retoriese beginsels toe te pas. Vir retoriese oorreding om suksesvol te kan plaasvind, moet sowel die kontekstuele faktore in die feesomgewing as die verwysingsraamwerke van die feesdeelnemers egter in ag geneem word. Omdat die ontwikkelende Suid-Afrikaanse samelewing en ontwikkelde Nederlandse konteks groot verskille toon, sal retoriese strategie? tussen liter?re feeste soos die US Woordfees en die Amsterdamse Weerwoordfestival dus nie sonder meer uitgeruil kan word nie. Om te kan voortbestaan en volhoubaar te wees, moet ?n liter?re fees inderdaad ?n sterk eie identiteit met goed onderskeibare en selfs unieke kwaliteite vestig; goed bestuur word (ook in Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 215 krisisse); doeltreffende netwerke tot stand bring en uitbou, en veral beide teikengroepe ?n belanghebbers oorreed dat hulle wen deur die fees te ondersteun. BRONNELYS Aardklop 2009 program. 2009. Absa KKNK program: 4-11 April 2009. 2009. Adendorff, E. 2005. Die Afrikaanse po?siesisteem teen die millenniumwending. Stellenbosch. Ongepubliseerde referaat gelewer by die Universiteit Stellenbosch, 1 Oktober. Allen, G. 2003. Roland Barthes. London en New York: Routledge. Allen, J., W. O?Toole, I. McDonnell en R. Harris. 20022(1999). Festival and Event Management. Australi? (Milton): Wiley. Amsterdam World Book Capital 2008. 2007. Aanlyn beskikbaar: www.ifla.org/II/announce /2008WorldBookCapital.pdf [Datum afgelaai: 3 Maart 2009]. (Tydelike elektroniese boek.) Anoniem. 1999. Die keuse wat in die begin van die eeu in verband met taal en politiek gemaak is. Die Burger, 11. 31 Maart. Anoniem. 2005a. Boeken en lezen. Taalpeil. September:1. Anoniem. 2005b. Hoeveel mensen spreken Nederlands als moedertaal? Nederlandse Taalunie Webtuiste. Aanlyn beskikbaar: http://taalunieversum.org/taal/vragen/antwoord/4/ [Datum afgelaai: 13 Oktober 2010]. Anoniem. 2005c. Het Nederlandse taalgebied. Taalpeil. September:5. Anoniem. 2005d. Schrijven. Taalpeil 5. September. Anoniem. 2005e. Verwagtingen over de toekomst van het Nederlands. Taalpeil 3. September. Anoniem. 2005f. Hoe trots zijn wij op het Nederlands? Taalpeil 1. September. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 216 Anoniem. 2006a. Daling in het lezen van boeken, kranten en tijdschriften zet door. Taalpeil 6. November. Anoniem. 2006b. Waarom lazen mensen vroeger? Taalpeil 2. November. Anoniem. 2006c. Wat zegt het taalpeilonderzoek? Hoe vaak lezen we? Taalpeil 3. November. Anoniem. 2006d. Wat zegt het taalpeilonderzoek? Lesers zijn gewone mensen. Taalpeil 2. November. Anoniem. 2007. Jozi Spoken Word 2007. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd= cause_dir_news_item&news id=12732&cause_id=1270 [Datum afgelaai: 28 Maart 2007]. Anoniem. 2008a. 5-8 March: BookFest at the University of Pretoria. Aanlyn beskikbaar: http://news.book.co.za/blog/2008/02/13/bookfest-at-the-university-of-pretoria/ [Datum afgelaai: 22 Februarie 2009]. Anoniem. 2008b. Universiteit van Pretoria bied vier-dag boekefees aan. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgibin/giga.cgi? cmd=cause_dir_news_item&news id=33539&cause_id=1270 [Datum afgelaai: 1 Maart 2009]. Anoniem. 2008c. Deelnemers aan Versindaba 2008 deel hul indrukke. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir news _item&news_id=54063&cause_id=1270 [Datum afgelaai: 10 Februarie 2009]. (9 Oktober 2008). Anoniem. 2008d. Net soveel beter. Die syfers bevestig dat naskoolse opleiding die moeite werd is. Finansies en tegniek. 31 Julie:67. Anoniem. 2009a. The Winelands Village of Franschhoek Opens its Doors Again for a Third Celebration of Books and Writers. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgiin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=59560 &cause_id=1270 [Datum afgelaai: 2 Februarie 2009]. Anoniem. 2009b. Between the Lines. Classic Feel. Mei:42-45. Anoniem. 2009c. Huis der Nederlanden. Aanlyn beskikbaar: http://www.hdn.co.za/afr /index.php?option=com_weblinks&catid=15&Itemid=23 [Datum afgelaai: 13 Augustus 2009]. Anoniem. 2009d. Koorsig. Woordfees webtuiste. Aanlyn beskikbaar: http://www.woordfees. co.za/articles/view/koorsig [Datum afgelaai: 22 September 2010]. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 217 Bakhtin, M.M. 19842(1965). Rabelais and His World. (1941, Vertaal deur H. Iswolsky). Indiana (Bloomington): Indiana University Press. Berezin, M. 1997. Politics And Culture: A Less Fissured Terrain. Annual Review Of Sociology 23:361-383. Best, S. en D. Kellner. 1991. The Postmodern Turn. New York: Guilford. Boissevain, J (red.). 1992. Introduction. Revitalising European Rituals. London: Routledge. Bonthuys, J. 2000. Veldtog wil almal aan die lees kry. Die Burger. 9 Desember:16. Brand, G. 2008. Brandpunte: sakelui en politiek. Maandblad Zuid-Afrika 85(9-10):156-157. Brits, A., J. Strydom en C. Van Zyl. 2007. Spesialebelangstellingstoerisme in Suid-Afrika: segmentering van die fees- en geleentheidsmark. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 47(2):221-242. Br?mmer, W. 2006. Lokale by Woordfees stampvol. Die Burger. 13 Maart:5 Burger, K. 2009. Windstilte vir Afrikaans in Oos-Kaap. Beeld. 16 Julie:6. Centre for Creative Arts. 2009. 12th Time of the Writer International Writers Festival 9 - 14 March 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.ukzn.ac.za/cca/Time_of_the writer.htm [Datum afgelaai: 25 Julie 2009]. Coetzee, A. 1940. Die verhaalskat van ONS KLYNTJI (1896 ? 1905). Johannesburg: Voortrekkerpers. Cremona, V. 2007. Introduction - The Festivalising Process. In: T. Hauptfleisch, S. Le- Aladgem, J. Martin, W. Sauter en H. Schoenmakers (reds.). Festivalising! Theatrical Events, Politics and Culture. Amsterdam: Rodopi. 5-13. Davis, G.V. en A. Fuchs. 1996. Theatre and Change In South Africa. Australi?: Harwood Academic. Dawie. 2005. Taal: haal debat uit die party-politieke arena. Die Burger. 26 Maart:16. De Jager, L. 2008. Economie. Maandblad Zuid-Afrika 85(11-12):171. De Villiers, A. 1936. Die Hollandse Taalbeweging in Suid-Afrika. Kaapstad: Naspers. Die Bybel: Nuwe vertaling. 1983. Kaapstad: Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die Universiteit van Stellenbosch. ?n Strategiese benadering vir die eeuwisseling en daarn?. 2000. Ongepubliseerde verslag, Universiteit van Stellenbosch. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 218 Don?t Miss the Wordfest, for Lovers of Reading and Writing. 2005. Litnet aanlynjoernaal (Argief). Aanlyn beskikbaar: http://www.oulitnet.co.za/indaba/wordfest.asp [Datum afgelaai: 19 Mei 2005]. Du Plessis, B. 2006. Beknopte verslag van verengelsing in Afrikaanse skole in Wes-Kaap, Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo, 2003 en 2005. http://www.tabok.co.za/images/navorsing%20dr%20bdpl.pdf [Datum afgelaai: 3 September 2010]. Even-Zohar, I (red.). 2005. Polysystem Theory (revised). Papers in Culture Research. Tel Aviv: Porter Chair Of Semiotics. (Tydelike elektroniese boek.) Even-Zohar, I. 1990. Polysystem Studies. Poetics Today 11(1):9-26. Falassi, A (red.). 1987. Time out of Time: Essays on the Festival. New Mexico (Albuquerque): University of New Mexico Press. Festival Weerwoord 2009. 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.weerwoordfestival.nl /?menuitem_id=11. [Datum afgelaai: 26 Januarie 2009]. Foster, P.H. 2001. ?n Pot ?truffels en paardenstront?. Die diskoers oor postmodernisme en po?sie in die Nederlandse taalgebied. Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans 8(1):1-16. Franschhoek Literary Festival. 2008. Aanlyn beskikbaar: http://www.flf.co.za/about2009.html [Datum afgelaai: 4 Augustus 2009]. Fraser, N. 1992. Rethinking the Public Sphere: A Contribution to the Critique of Actually Existing Democracy. In: C. Calhoun (red.). Habermas And The Public Sphere. Cambridge: MIT Press. 109-142. Gedichtenbal en Afterparty. 2009. Ongepubliseerde ?dagklapper? van die Weerwoordfestival, Amsterdam. Geerts, G. en H. Heestermans. 198411(1864). Van Dale. Groot woordenboek der Nederlandse taal: Deel 1. Utrecht/Antwerpen: Van Dale Lexicografie. Gerwel, J. 2002. Hettie Scholtz is beste boekjoernalis. Die Burger. 27 April:4. Getz, D. 1991. Festivals, Special Events, and Tourism. New York: Van Nostrand Reinhold. Giliomee, H. 2003. The Afrikaners. Biography Of A People. Kaapstad: Tafelberg. Giliomee, H. 2007. Afrikaans en haar geskiedenisse: andersmaak en saam maak. Kongres gelewer in Wellington, 28 Julie. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news id=22113&cause_id=1270 [Datum afgelaai: 23 September 2008]. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 219 Giliomee, H. 2010. ?n Nekslag vir Afrikaans. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause id=1270&news_id=80292 [Datum afgelaai: 12 September 2010]. (13 Januarie 2010). Grobbelaar, P. 1975. Die Afrikaner en sy kultuur deel III: ons volksfeeste. Kaapstad: Tafelberg. Habermas, J. 1989. The Structural Transformation of the Public Sphere: An Inquiry into a Category of Bourgeois Society (1962, vertaal deur T. Burger en F. Lawrence). Cambridge: The MIT Press. Handelman, D. 1982. Reflexivity in Festival and Other Cultural Events. Essays in the Sociology of Perception. London, Boston en Henley: Routledge en Kegan Paul. 162-190. Handelman, D. 1990. Models and Mirrors: Towards an Anthropology of Public Events. Cambridge: Cambridge University Press. Harreld, D.J. 2010. The Dutch Economy in the Golden Age (16th to 17th Centuries). Aanlyn beskikbaar: http://eh.net/encyclopedia/article/Harreld.Dutch [Datum afgelaai: 13 Oktober 2010]. Hattingh, M. 2005. Kontempor?re woordkuns as teatergenre: ?n ondersoek na die aard van die vorm van die werke van enkele Stellenbosche [sic] woordkunstenaars. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit van Stellenbosch. Hauptfleisch, T. 2001. The Eventification of Afrikaans Culture ? Some Thoughts on the Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK). South African Theatre Journal (SATJ) 15(1):169. Hauptfleisch, T. 2003. The Cultural Bazaar: Thoughts of Festival Culture After a Visit to the 2003 Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn. South African Theatre Journal (SATJ) 17(1):258-275. Hauptfleisch, T. 2007a. Festivals as Eventifying Systems. In: T. Hauptfleisch, S. Le-Aladgem, J. Martin, W. Sauter en H. Schoenmakers (reds.). Festivalising! Theatrical Events, Politics and Culture. Amsterdam: Rodopi. 39-47. Hauptfleisch, T. 2007b. In Search of the Rainbow: The Little Karoo National Arts Festival and the Search for Cultural Identity in South Africa. In: T. Hauptfleisch, S. Le-Aladgem, J. Martin, W. Sauter en H. Schoenmakers (reds.). Festivalising! Theatrical Events, Politics and Culture. Amsterdam: Rodopi. 79-96. Hauser, G.A. 1998. Vernacular Dialogue and the Rhetoricality of Public Opinion. Communication Monographs 65(2):83-107. Hauser, G.A. 1999. Vernacular Voices: The Rhetorics of Publics and Public Spheres. Columbia: University of South Carolina Press. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 220 Hegel, G.W.F. 1952. Hegel?s Philosophy of Right (1820, vertaal deur T.M. Knox). London: Clarendon. Hemphill, G. 2008. National Arts Festival, Grahamstown. Aanlyn beskikbaar: http://www.artzone.co.za/template_level2.asp?parentseq=4331 [Datum afgelaai: 1 Augustus 2009]. Het ultieme weerwoord? 2009. Ongepubliseerde ?dagklapper? van die Weerwoordfestival, Amsterdam. Hoey, M. 2001. Textual Interaction. An Introduction to Written Discourse Analysis. London/New York: Routledge. Hoyle, L.H. 2002. Event Marketing: How to Succesfully Promote Events, Festivals, Conventions, and Expositions. New York: John Wiley. Hugo, D. (red.). 2009. Halala Afrikaans. Pretoria: Protea Boekhuis. Hugo, D. 2008. Valse vriende: die gevaarlike avontuur van vertaal uit Nederlands. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd =cause_dir_news_item&cause_id=1270%60&news_id=48875 [Datum afgelaai: 10 Februarie 2009]. (16 Julie 2008). Ideaal van ?n lesende nasie. 2000. Die Burger. 26 Januarie:12. January, C. 1999. Alexander praat by ASV jaarvergadering. Die Burger. 16 Julie:6. Jordaan, M. 2005. Dan Roodt ?nie welkom by Woordfees?. Die Burger. 21 Februarie:2. Kamp, M. 2003. Festivalisering: een culturele stem van het Zuid-Afrika van vandaag. In een politieke, economische, culturele en kunsten context. Ongepubliseerde MA- verhandeling, Universiteit van Amsterdam. Kapp, P. 2004. Vrouepioniers aan US jare lank rolspelers. Woordfees vier vroue. Die Burger BY. 7 Februarie:15. Kapp, P.H. 1975. Ons volksfeeste. In: P.W. Grobbelaar (red.). Die Afrikaner en sy kultuur Deel 3. Kaapstad: Tafelberg. Kaptein, P. 1996. De beginperiode van het Holland Festival. Festivals en festivalisering. In: R.L. Erenstein (red.). Een theater geschiedenis de Nederlanden. Amsterdam: Amsterdam University Press. 672-680. Kavanagh, K. (red.). 20077(2002). South African Concise Oxford Dictionary. Kaapstad: Oxford University Press. Kemp, T. 2008. Wow, Fiona! In: M. Nel (red.). Matieland: BUVTON. Winter 2008:10-11. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 221 Kitshoff, H.V. 2004. Grahamstown National Arts Festival ? Grahamstown, 1-10 July 2004. South African Theater Journal (SATJ) 18(1):246-249. Kitshoff, H.V. 2006. Die opkoms, dinamika en betekenis van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees: 1995-2005. Ongepubliseerde DPhil-proefskrif, Universiteit van Stellenbosch. Komrij, G. 2009. Persoonlike onderhoud gevoer. Amsterdam, 27 Maart. Kurvens, J (red). 2004. Laaggeletterd in de Lage Landen. Den Haag: Nederlandse Taalunie. Leeman, A.D. en A.C. Braet. 1987. Klassieke retorica. Nederland (Groningen): Wolters- Noordhof en Forsten. Literatuurplein. 2010. Aanlyn beskikbaar: http://www.literatuurplein.nl/index.jsp [Datum afgelaai: 15 Oktober 2010]. L?tter, J.C. 2009. E-pos korrespondensie met D.P. van Zyl. 30 Maart. Magogodi, K. 2009. The Spoken Word. In Classic Feel (Februarie): 88-89. Mann, C. 2003. The Resilience of Words: Report on Wordfest 2003. Aanlyn beskikbaar: www.wordfest.co.za/uploads/Wordfest%202003%20Report.doc [Datum afgelaai: 23 Julie 2008]. Martin, D. 1999. Coon Carnival. New Year in Cape Town, Past and Present. Kaapstad: David Philip. Mazrui, A.A. 1996. The Muse of Modernity and the Quest for Development. In P.G. Altbach en S.M. Hassan (reds.). The Muse of Modernity: Essays on Culture as Development in Africa. Trenton, Asmara: Africa World Press. 174-201. McAdon, B. 2004. Reconsidering the Intention or Purpose of Aristotle?s Rhetoric. Rhetorical Review 23(3):216-34. McDonnell, I., J. Allen en W. O?Toole. 1999. Festival and Special Event Management. Brisbane: John Wiley. McKeon, R. 1987. Rhetoric: Essays in Invention and Discovery. Connecticut (Woodbridge): Ox Bow. Meiring, R. 2007. Ons is darem al op die stoep van die Afrikaanse huis. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news item&cause_id=1270&news_id=23691&cat_id=214 [Datum afgelaai: 22 Julie 2008]. (11 September 2007). Mesthrie, R. 2002. Language in South Africa. Cambridge: Cambridge University Press. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 222 Miller, J.H. 2002. On Literature. London: Routledge. Myburg, J. 2009. Fees bevorder skryf ?n lees. Die Burger. 14 Maart:1. NAF Booking Kit. 2009. National Arts Festival (Grahamstad) feesprogram. NAF Fringe Booking Kit. 2009. National Arts Festival (Grahamstad) randfees-program. National Arts Council of South Africa. 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.nac.org.za/ [Datum afgelaai: 19 Augustus 2009]. National Arts Festival Announces Winners of ?Writing Beyond the Fringe?. 2009. Classic Feel (Mei):22. National Arts Festival. About history., 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.nafest.co.za/ abouthistory.htm [Datum afgelaai: 13 September 2010]. Nederlandse Vlaamse dagboek in Suid-Afrika. 2009. Aanlyn beskikbaar: http://kultuurdagboek.co.za/wie.htm [Datum afgelaai: 13 Oktober 2009]. Negt, O. en A. Kluge. 1993. Public Sphere and Experience: Toward an Analysis of the Bourgeois and Proletarian Public Sphere. Minneapolis: University of Minnesota Press. Netherlands Economy 2010. 2010. Altius Directory. Aanlyn beskikbaar: http://www.altiusdirectory.com/Business/netherlands-economy.php. [Datum afgelaai: 13 Oktober 2010]. Nightingale, V. 1996. Studying Audiences. The Shock of the Real. London: Routledge. Odendal, F.F. en R.H. Gouws. 20004(1965). Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Midrand: Perskor. Olivier, R. 2009. ATR en US Woordfees pak leesprobleme aan. Die Afrikaanse Taalraad. Aanlyn beskikbaar: http://www.afrikaansetaalraad.co.za/?p=505 [Datum afgelaai: 7 Maart 2009]. Oor SBA. 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.afrikaans.com/content/oor-sba . [Datum afgelaai: 20 Oktober 2010]. Organisatie. 2009. Poetry International Web. Aanlyn beskikbaar: http://www.poetry.nl/read /2009NL/organisatie [Datum afgelaai: 8 Augustus 2009]. Over Winternachten. 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.winternachten.nl/winternachten /aorganisatie.php?taal=nederlands [Datum afgelaai: 8 Augustus 2009]. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 223 Owen, T. 2009. Research Reports: Media Election Coverage Confirms Disinterest in the Welfare of Children. Aanlyn beskikbaar: http://mediamonitoringafrica.org /index.php/resources/entry/ [Datum afgelaai: 20 April 2009]. Palczewski, C. 2000. Vernacular Voices: The Rhetorics of Publics and Public Spheres. Rhetoric Public Affairs 3(4):682-684. Perelman, C. 1982. The Realm of Rhetoric. London: University of Notre Dame Press. Perelman, C. en L. Olbrechts-Tyteca. 1969. The New Rhetoric. A Tretise on Argumentation. Notre Dame: University of Notre Dame Press. Poetry Africa. 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.ukzn.ac.za/cca/Poetry_Africa.htm [Datum afgelaai: 4 Augustus 2009]. Price, S. 2003. Dionysia. In: S. Price en E. Kearns (reds.). The Oxford Dictionary of Classical Myth and Religion. London: Oxford University Press. Programma 2009. 2009. Feesprogram van die Weerwoordfestival. Amsterdam: Stichting Weerwoord. Raidt, E.H. 19913(1971). Afrikaans en sy Europese verlede. Kaapstad: Nasou. Rasch, L. Sine anno. Onze seizoenfeesten ? hun oorsprong en betekenis. Amsterdam: Volk en Bodem. Remco Campert Weerwoord. 2009. You Tube webtuiste. Aanlyn beskikbaar: http://www.youtube.com/watch?v=Qg7IRcOMOIE [Datum afgelaai: 1 April 2009]. Rivkin, J. en M. Ryan. 2004. Literary Theory: An Anthology. Malden: Blackwell. Rosenstrauch, E. 2008. Woordfees 2000-2008. Oorsig oor Nederlandse komponent. Ongepubliseerde verslag van die US Woordfees, Stellenbosch. Sacks, D., O. Murray en M. Bunson. 1999. A Dictionary of the Ancient Greek World. London: Oxford University Press. Sauter, W. 2007. Festivals as Theatrical Events: Building Theories. In: T. Hauptfleisch, S. Le- Aladgem, J. Martin, W. Sauter en H. Schoenmakers (reds.). Festivalising! Theatrical Events, Politics and Culture. Amsterdam: Rodopi. 17-26. Schaffer, A. 2003. ?Ik hou van mij, ik hou niet van mij.? Het festival Winternachten als maatschappelijke barometer. Litnet aanlynjoernaal (Argief). Aanlyn beskikbaar: http://www.oulitnet.co.za/neerlandi/winter2.asp [Datum afgelaai: 2 Augustus 2009]. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 224 Schoenmakers, H. 2007. Festivals, Theatrical Events and Communicative Interactions. In: T. Hauptfleisch, S. Le-Aladgem, J. Martin, W. Sauter en H. Schoenmakers (reds.). Festivalising! Theatrical Events, Politics And Culture. Amsterdam: Rodopi. 27-38. Scholtz, J.D. 1980. Wording en ontwikkeling van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg. Scholtz, L. 2004. SA se politieke debat is op ?n ontstellende lae peil. Die Burger. 20 Augustus: 14. Scholtz, L. 2007. Leer van di? ou debat in Duitsland van 1947. Die Burger. 14 Desember:22. Seddon, D. 2008. Written Out, Writing In: Orature in the South African Literary Canon. English in Africa. 1(Mei):133-150. South African Book Events, Or: Who Says South Africans Don?t Read?. 2008. Aanlyn beskikbaar: http://book.co.za/bookchat/topic.php?id=2574 [Datum afgelaai: 28 Februarie 2009]. South African Yearbook. 2006/7. Pretoria: Government Printers. Staub, A. 1992. The Social Uses of Festival: Transformation and Disfiguration. South African Theatre Journal (SATJ) 6(1):25-32. Steyn, J.C. 1980. Tuiste in eie taal. Die behoud en bestaan van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg. Stichting Lezen en Schrijven. 2010. Aanlyn beskikbaar: http://www.lezenenschrijven.nl /nl/analfabetisme/omvang/ [Datum afgelaai: 13 Oktober 2010]. Thakali, T. 2009. SA Facing Worse Economic Dip in 30 Years. Saturday Star. 24 Januarie:16. Turner, V. 1967. The Forest Of Symbols: Aspects of Ndembu Ritual. Ithaca: Cornell University Press. Turner, V. 1968. The Drums of Affliction: A Study of Religious Processes Among the Ndembu of Zambia. Oxford: Clarendon. Turner, V. 1977. Symbols in African Ritual. In: J.D. Dolgin, D.S. Kemnitzer en D.M. Schneider (reds.). Symbolic Anthropology: A Reader in the Study of Symbols and Meanings. New York: Columbia University Press. 183-194. Turner, V. 1985. An Anthropological Approach to the Icelandic Saga. In: E. Turner (red.). On the Edge of the Bush: Anthropology as Experience. Arizona (Tucson): University of Arizona Press. 71-93. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 225 Turner, V. 1985. Epilogue: Are There Universals of Performance in Myth, Ritual and Drama?. In: E. Turner (red.). On the Edge of The Bush: Anthropology as Experience. Arizona (Tucson): University of Arizona Press. 291-301. US Woordfees Stellenbosch 6-15 Maart 2009. 2008. Ongepubliseerde voorlegging om befondsing aan KykNet. Van Daalen, M. 2009. Persoonlike onderhoud gevoer. Amsterdam, 10 April. Van der Bosch, L. 2005. Taalonderzoek in Nederland, Vlaanderen en Suriname. Taalpeil. September:1. Van der Merwe, L. 2009. Woordpoort ? planke toe! (24-27 September, Pretoria). Aanlyn beskikbaar: http://vetseun.wordpress.com/2009/06/23/woordpoort-%E2%80%9 [Datum afgelaai: 2 Augustus 2009]. Van der Rheede, C. 2007a. KKNK Oop gesprek: Val die dice steeds verkeerd? Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi? cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=18335&cat_id=214 [Datum afgelaai: 22 Julie 2008]. Van der Spek, H (red.). 2003. De taalgebruiker centraal: Nederlandse Taalunie 2003-2007. Den Haag: Nederlandse Taalunie. Van der Wal, M. en E. Francken. 2009. Symposium standaardtalen in beweging: standaardisasie en destandaardisasie in Nederland, Vlaanderen en Zuid-Afrika. Ongepubliseerde kongres gelewer aan die Universiteit Leiden. Van Dijk, A. 2009. Persoonlike onderhoud gevoer. Utrecht, 10 Maart. Van Eeden, J. 2008. Poet or Publisher? Janet van Eeden Meets Gary Cummiskey of Dye Hard Press. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.litnet.co.za/cgi- bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=53547&cat_id= 180 [Datum afgelaai: 10 Februarie 2009]. Van Gorp, H., D. Ghesquiere, D. Delabastita en J. Flamend. 19933(1980). Lexicon van literaire termen. Groningen: Wolters-Noordhoff. Van Graan, M. 2008. Die stand van die feeste: die stand van die nasie. Ongepubliseerde kongres gelewer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Oudtshoorn. 23 Maart. Van Heerden. 2008. Vir R80 kan jy kinders iets gee om te lees. Die Burger. 21 April:14. Van Heusden, B., W. Steffelaar en P. Zeeman. Literaire cultuur. 2001. Nijmegen: Uitgewerij SUN/Open Universiteit Nederland. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 226 Van Kerwel, F. 2008. Leesfees & verf- en verskompetisie!!! Ongepubliseerde faks aan L. Flowers. 11 Junie. Van Rensburg, C. (red.). 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: Van Schaik. Van Wyk, G.J (red.). 2003. Etimologiewoordeboek van Afrikaans. Stellenbosch: Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Van Wyk, M. 2009. Telefoniese onderhoud gevoer. 14 Oktober. Van Zyl, C. 2006. Motivating Factors of Local Residents for Attending the Aardklop National Arts Festival. South African Business Review 10(2):150-171. Van Zyl, D.P. 1995. Salomo syn oue goudfelde. Op die spoor van die retorika in die Afrikaanse romankuns. Stellenbosch: Ongepubliseerde DLitt-proefskrif, Universiteit van Stellenbosch. Van Zyl, D.P. 1996. Woordfeesprojek. Ongepubliseerde voorlegging om befondsing aan die Kaapse Forum vir Neerlandistiek. 20 Mei. Van Zyl, D.P. 1999. Ongepubliseerde dekbrief by voorlegging om befondsing aan Het Jan Marais Nationale Fonds. 2 Oktober. Van Zyl, D.P. 2002. ?Base en klase?: perspektiewe op en deur die ?ander? in enkele 19de- eeuse Nederlandse en Afrikaanse tekste, met ?n fokus op naamgewing en aanspreekvorme. Stilet XIV(1) Maart:167-184. Van Zyl, D.P. 2006. The Rhetoric of Festivals. Internasionale konferensie oor die lettere in die samelewing. Skotland (Edinburgh). 15-18 Augustus. Van Zyl, D.P. 2007. US Woordfees en Woorde Open W?relde (WOW-)projek: Aansoek om ?vlagskipstatus?. Ongepubliseerde aansoek aan die Universiteit van Stellenbosch: Stellenbosch. 30 November. Van Zyl, D.P. 2008. Voorlegging: Rektorstoekenning vir gemeenskapsinteraksie. US Woordfees. Ongepubliseerde voorlegging. 17 September. Van Zyl, D.P. 2009. ?De alchemie het Nederlands en het Afrikaans?: Nederland/Afrikaans op skool, universiteit en ander terreine. Kongres gelewer by die Roots-konferensie aan die Universiteit van Wes-Kaapland, 23 September. Litnet aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: https://www/litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item &cause_id=1270&news_id=76203&cat_id=163 [Datum afgelaai: 15 Oktober 2010]. Van Zyl, D.P. 2009. Persoonlike onderhoud gevoer. Stellenbosch, 27 Junie. Van Zyl, D.P. 2010. Curriculum Vitae. Ongepubliseerde Curriculum Vitae. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 227 Van Zyl, D.P. 2010. Persoonlike onderhoud gevoer. Stellenbosch, 1 Mei. Van Zyl, D.P. 2010. Persoonlike onderhoud gevoer. Stellenbosch, 26 Oktober. Van Zyl, D.P. en E. Rosenstrauch. 2008. Woordfees 2009: Algemene voorlegging. Ongepubliseerde voorlegging. 24 Julie. Van Zyl, D.P. en E. Rosenstrauch. 2009. Woordfees 2009: Algemene jaarverslag. Ongepubliseerde jaarverslag van die US Woordfees, Stellenbosch. Van Zyl, D.P. en F. Van Kerwel. 2008. Woorde Open W?relde (WOW)-projek. Ongepubliseerde voorlegging om befondsing. Van Zyl, D.P. en M. Myburgh. 2010. Die US Woordfees as korporatiewe entiteit van die Universiteit Stellenbosch. Ongepubliseerde sakeplan aan die Universiteit van Stellenbosch. 15 Oktober. Van Zyl, D.P. Sine anno 2008 (1993). Afrikaans in die media. Ongepubliseerde studiegids, Universiteit van Stellenbosch. Van Zyl, J. 2000. Blaas af daai stof! Die Burger. 22 Maart:3. Venter, R.M.R. en F. Galloway. 2003. Boekkultuur kort dringend ?n inspuiting. Die Burger. 6 Januarie:7. Verd?, S. 2000. Fifty Years of Shannon Theory. In: S. Verd? en S.W. McLaughlin (reds.). Information Theory: 50 Years of Discovery. New Jersey: IEEE Press. Versfeld, S. 2007. 10th Time of the Writer 19-24 March 2007. Aanlyn beskikbaar: http://www.ukzn.ac.za/cca/Time_of_the_writer.htm [Datum afgelaai: 13 April 2007]. Verslag Weerwoord 2009. 2009. Ongepubliseerde jaarverslag van Stichting Weerwoord, Amsterdam. Verstappen, M. Persoonlike onderhoud gevoer. Amsterdam, 28 Februarie. Visser, G. 2007. Festival Tourism in Urban Africa. The Case of South Africa. In: C.M. Rogerson, G. Visser (reds.). Urban Tourism in the Developing World: The South African Experience. New Brunswick: Transaction Publishers. 101-126. Volksblad-kunstefees Woordprogram. 2009. VSB fonds. 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.vsbfonds.nl/ [Datum afgelaai: 3 November 2010]. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 228 Wagenaar, J. 2005. Origin and Transformation of the Ancient Israelite Festival Calender. Wiesbaden: Harrasowitz Verlag. Weerwoord, literair festival. 2007. Schoolderpo?zie aanlynjoernaal. Aanlyn beskikbaar: http://www.schoolderpoezie.nl/nieuws/40-weerwoord.html [Datum afgelaai: 3 Oktober 2008]. Weerwoordfestival. 2009. Aanlyn beskikbaar: http://www.weerwoordfestival.nl/?menuitem_id=1 . [Datum afgelaai: 26 Januarie 2009]. Wes-Kaap Onderwysdepartement. 2006. WKOD geletterdheid-en-syferkundigheidstrategie 2006-2016. ?n Versterkte, geko?rdineerde en volhoubare benadering. Wes-Kaap: Kaapse Provinsiale Regering. Woordfees 2005 Voorlegging. 2005. Ongepubliseerde Woordfees-voorlegging aan die Universiteit van Stellenbosch: Stellenbosch. Woordfees is groter as woorde. 2005. Aanlyn beskikbaar: http://www.woordfees.co.za/ articles/view/153 [Datum afgelaai: 3 September 2009]. (1 November 2005). Woordfees Program. 6-15 Maart 2009. Lag-Lag 10 Jaar. 2009. Woordfeesbeheerkomitee-vergadering. 2005. Ongepubliseerde notule van Woordfeesbeheerkomitee-vergadering, Universiteit van Stellenbosch. 27 Julie . WOW-projek: Kort geskiedenis en syfers. 2008. Ongepubliseerde US Woordfees-verslag, Stellenbosch. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za 229 211 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za